Friday 15 February 2013

MAROELAS / BIER / KONFYT / JELLIE



Janine Engelbrecht
Drie in een Resep
MAROELAS
Graag stuur ek vir jou 'n resep wat om alles met maroelas te doen.
 Die beste van alles is jy gebruik dieselfde maroelas!!
3 kg maroelas (2.5 kg ryp en 500 gm groenerig)
Kneus maroelas en maak 'n snit so halfpad oor elkeen. Sit in plastiese skottel.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


MAROELA KOELDRANK

Smelt die volgende saam:
10 k suiker
10 k kookwater
3 t engelse sout
3 t wynsteensuur
4 t sitroensuur
Gooi hierdie mengsel kokend oor maroelas. Laat oornag staan.
Syg die volgende oggend deur. Hou sap in yskas en Verdun na smaak met yswater om te drink.
Let wel! Jy kan dieselfde maroelas weer gebruik en die resep weer oor maak. Dit kom net so lekker. Of jy kan die volgende daarmee doen:*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


MAROELA JELLIE

Bedek maroelas met water en kook stadig tot sag Laat afkoel.
Gooi deur 'n sif.
Met hierdie vloeistof kan jy nou maroela jellie kook.
Gebruik 2 k van die vloeistof en 1 k suiker.
 Bring tot kookpunt oor matige hitte.
Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by en kook tot jellie stadium.
Skep bietjies op piering uit om te toets tot jellie.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


MAROELA KONFYT

Gebruik dieselfde maroelas. Druk die pitte uit en gooi weg
Gebruik die pulp en skille (gemors) om heerlike konfyt te kook.
Gebruik 1 k suiker vir elke 2 k gemors.
Verhit oor matige hitte en kook tot konfyt.
Baie lekker en mens het net die pitte weggegooi.
Dan kan mens natuurlik nog die maroelas laat gis ook en
word jy hoenderkop...
Janine Engelbrecht*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 MAROELABIER

1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1.6 kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
 10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by.
 Roer dit totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by. Giet mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.
Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels.
Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas. Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.13/02/12*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

1 comment:

  1. vqndg jou maroela jellie resep probeer vir eerste keer maar wat n sukses

    ReplyDelete