Wednesday 27 February 2013

FETA-KAAS / MAASKAAS / SMEERKAAS





GILLIAN SE FETA KAAS
Meng 2l melk en 4 El asyn/ suurlemoensap in deursigtige houer met deksel.
Laat staan oornag of tot definetief geskei.
Gooi uit in kaasdoek/vadoek wat in n sif oop gemaak is. voeg dan jou flavour ...by soos gekapte olywe, mixed herbs, blou kaas ens. laat die water dreineer, sny in blokkies en gooi in bottel.
maak n sout oplossing aan met sout na smaak (ek gebruik 2el sout) en 1k kook water. laat afkoel en gooi oor kaas. bere in yskas vir omtrent n week
*

Bron: Gillian Logan Bredenhann* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html 




MAKLIKE FETAKAAS  
swart peper

Metode:
Bring melk tot kookpunt en gooi die asyn in. Dit skei binne sekondes. Sodra dit skei, haal af en gooi deur fyn sif en druk met lepel tot al die water uit is. Ek druk dit 'n bol in my hande en pers al die water ui. Gooi dan 'n knippie sout en swart peper by, druk dit styf in 'n bakkie en laat lekker styf word in die yskas. Plaas dit dan in water met 'n bietjie sout in. Gewone vars melk werk goed. Ek dink egter nie dis ekonomies nie, tensy jy die melk baie goedkoop kry. 2 L vars melk maak 2 van hierdie sirkels, hierdie is 6 L melk se feta.
Soutoplossing:
2 eetl sout en 1k kook water. Laat afkoel en gooi oor kaas. Bere in yskas vir omtrent n week.
Bron en foto:Francie Barnard 

Wenk:
Deon Janse Van Rensburg:  Jy maak meer met sakkies melk as vars melk uit n koei.

HOE OM FETAKAAS TE MAAK: 
ANNETTE DU PLESSIS
by" Kos vir kampeerders met idees vir kampering"
Jy benodig
'n termometer
10 liter melk
dubbelkoker
yswater
5 korrels gevriesdroogde suurselkultuur
2,5 ml Rennien (ook bekend as stremsel vir stolling)
'n groot plastiekemmer met 'n deksel
'n sif
'n skinkbord
'n PVC-pyp met dreineringsgaatjies as kaasvorm
5 ml wynsteensuur
100 g sout
Hou die termometer byderhand. Verhit die melk tot 68°C in die kastrol en plaas die kastrol daarna in die yswater om af te koel tot 32°C.
Voeg die suurselkultuur by en roer deur sodat dit eweredig deur die melk versprei.
Laat staan vir 'n uur en sorg dat die temperatuur deurgaans op 32°C bly.
Los die Rennien eers in 'n bietjie water op voordat jy dit nou by die melk voeg. Roer deur om dit te bind en laat staan vir sowat 40 minute sonder steuring sodat dit kan
stol.
Toets gereeld vir die regte temperatuur.
Sny daarna die stolsel in blokkies en roer dit baie stadig deur vir sowat 5 minute. 'n Geel, waterige stof (wei) word gevorm en die soliede deeltjies is wrongel. Laat staan weer 5 minute lank sodat die wrongel kan
afsak.
Herhaal die proses minstens drie keer en skep elke keer die wei af. Indien verkies, kan jy dit deursif sodat daar nie van die wrongel in die wei beland nie. Hou minstens 500 ml van die wei eenkant (die res kan
die varke kry) vir die pekel.
Voer die skinkbord met 'n (kaas)doek uit en plaas die PVC-pyp daarop. Skep die wrongel versigtig in die pyp. Plaas die skinkbord op die wasbak dat die wei kan
afloop. Draai die pyp na sowat 4 uur versigtig om en laat die wrongel oornag dreineer.
Die temperatuur bepaal die doeltreffendheid van die drieneringsproses. In die winter, en as die kamertempearuur nie beheer kan word nie, kan
dit maklik twee dae langer duur. As die wrongel nog sag is, het die suur nog nie behoorlik ontwikkel nie en moet dit langer staan. (In die Bosveld moet die kaas 2 dae lank staan.)
Haal die feta uit die vorm. Sny in blokkies en pak in skoon houers.
Maak 'n pekel van 500 ml water en 500 ml wei en voeg die wynsteensuur en sout by. Roer tot sout opgelos is en giet die pekel oor die kaas. Maak seker dat die kaas met pekel bedek is. 5/5/11 !! Baie Dankie n Puik Resep "Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html



FETA -KAAS
4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie) of suurmelk
¼ lebekstraktablet
Verhit die melk tot 35ºC. Roer die mesofil by en laat staan vir 30 minute. Los die lebekstrak op in koue water, gooi 'n knippie sout by en meng dit by die melk.
Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 45 minute teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 3 cm dik. Laat 15 minute staan om dik te word. Gooi die wei af wat uitloop.
Plaas dit in vierkantige kaashouers wat uitgevoer is met kaasdoek. Draai dit om na een uur. Laat dit oornag staan sodat die wei uitloop.
Sny dit nou in kleiner blokke van so 2 x 5 cm en besprinkel met sout. Laat twee ure staan.
Die kaas word nou in soutwater geplaas (15% soutoplossing). Seel die houers goed indien dit vir 'n lang periode moet hou. Onder die regte omstandighede kan hierdie kaas tot 'n
jaar hou.  "UIT KOOKKUNS" Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


MAASKAAS
4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie)
¼ lebekstraktablet
 Meng die melk en mesofil. Los die lebekstrak op in koue water en meng dit by die melk. Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 20 uur teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 12 mm dik. Laat 15 minute staan om dik te word.
Verhit nou die stremsel stadig oor 30 minute tot 43,5ºC. Kook vir 'n verdere 45 minute teen die temperatuur. Roer gereeld. Die stremsel behoort te krimp en af te sak.
Plaas 'n kaasdoek in 'n gaaitjiesbak en dreineer die kaas vir vyf minute.
Lig die kaasdoek met die kaas uit en dompel aanhoudend in yskoue water vir drie minute.
Dreineer en plaas in 'n bak en geur met een teelepel sout of net waarmee jy wil. Verseël en hou in die yskas. "UIT KOOKKUNS" Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Maklike Kaassmeer
1 kg prosseseer kaas
1 l lang lewe melk
 Plaas die melk in 'n pot op die stoof oor matige hitte, en sny die kaas in stukkies in die melk. Roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt het om klontjies te voorkom. Sodra die kaas heeltemal ingesmelt het, kan jy jou eie inisiatief gebruik vir enige ekstras wat jy wil bysit; bv fyn biltong, peper, ens. Dit maak 'n redelike groot hoeveelheid kaassmeer en is BAIE goedkoper as die wat jy in die winkels aankoop en dis baie lekker! "Kosmater" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


SJOKOLADE  SMEERKAAS 
 200g melksjokolade [bak]
250g margarien [wit/wooden spoon]
1 blik kondensmelk.
Smelt sjokolade en margarien saam vir 3min in
mikro by 70% krag. Roer goed tot als gesmelt is. Gooi dan jou kondensmelk by en
sit in yskas. Klits Orley Whip styf sit
dit by en smeer op ñ koek. "Kosmater" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Gerdie van Zyl
Maak jou eie Maaskaas van afgeroomde melk
Posted by: Teresa   Date posted: 20/3/2007
Hi Yvonne en al julle ander maters wat dalk in dié resep van my mammie sal belang stel. Ek myself eet dit!
Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik - sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in 'n gaasdoeklap (cheese cloth material). Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in 'n sif oor 'n bak en plaas 'n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag. Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil - fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop - heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Carol Elliott Claassen
Liquid to store your feta cheese in
Add eight cups of water to a saucepan.
Add a 1/2 cup of kosher salt to the water.
Bring the water to a boil on the stove. This will adequately dissolve the salt in the water.
Remove the brine from the stove top.
Set the brine aside while it cools to room temperature.
Chill the brine in the refrigerator for at least 45 minutes.
Place the feta in a plastic tub that has an airtight lid.
Fill the tub with the brine solution so that the feta is completely covered.Store the feta in the refrigerator.
Carol Elliott Claassen Erika ek hou my fetakaas vir maande in die oplossing , in n tupperware houer in die yskas . Jy kan dit sonder die oplossing ook vries vir tot 3 maande , maar dan krummel hy te veel.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Tiana Botes
MAAK JOU EIE KAAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html

"Ek het dit op Gordon Ramsay se program gesien. Ek sit soms biltong by of grasuie. Ek weet nie hoe lank dit hou nie want myne maak ek soos ek dit nodig het."
1 Liter melk,
1 x 250 ml ongegeurde jogurt
sout


Metode:
Verhit die melk tot net voor dit kook en roer dan die jogurt en sout by. Gooi deur 'n moeseliendoek en druk die oortollige water uit. Rol in bolletjies en gebruik.
"Ek sit soms biltong by of grasuie. Ek weet nie hoe lank dit hou nie want myne maak ek soos ek dit nodig het."

 
Helena Enslin Laubscher
Ek het Maaskaas
gemaak en dit proe heerlik. Dis goedkoop en ek kon nie die verskil tussen 'n gekoopte maaskaas bakkie en my eie proe nie. Dis baie goedkoper om dit self te maak en dis soooooo maklik:
Resep:
een liter gewone jogurt
1½ opgehoopte teelepel sout
Meng dit goed saam.
Plaas 'n sif oor 'n bak/skottel.
Skep die jogurt in 'n gaatjie papier vadoek wat in die sif geplaas is. (Die blou of groen vadoek wat jy by Checkers koop met die gaatjies in)
Laat dit staan vir so 2-3 dae. Die water drein in die skottel. Jy kan druk toepas na so 2dae, maar ek het nie en dit het heerlik uitgekom. Ek het dit in bakkies geskep en een bakkie uitgehou, die ander het ek gevries. Dit vries heerlik. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Alida van der Linde
MAAK VAN ROOMKAAS
Ek neem Amazi. Gooi dit in skoon doek, bind toe en plaas in plastiese sif in 'n houer 12- 24 uur. Volgende dag skep ek dit in 'n margarienbak waarin ek gaatjies gesteek het met 'n naald. Die plaas ek weer oor 'n bakkie sodat indien daar nog vog afkom uit drup. ...Dis weer 'n goedkoop roomkaas wat gemeng kan word met fyn biltong,of enige iets waarvan jy hou...Dit hou nie lank in my huis nie...dus weet ek nie of dit goed vries nie....http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Brenda Bester
How to Make Mascarpone Cheese Recipe
Guest Author - Paula Laurita
Finding mascarpone cheese can be difficult. When you do find it it can be expensive. Making your own is easier than you think.
Marscapone cheese is best known as an ingredient in tiramisù. It also makes a tasty alternative to cream cheese for cheesecake.
This recipe is easy to follow. The hardest aspect will be obtaining tartaric acid. Tartaric acid is naturally occurring in grapes. You should be able to purchase it at pharmacies, grocery stores, or stores that sell wine making supplies. It's inexpensive, so you can buy a large quantity to keep on hand. Do not confuse tartaric acid with cream of tartar.
While making mascarpone cheese isn't difficult, you need to plan ahead. The cheese will need to rest for at least a day before use. This cheese won't have preservatives and will need to be consumed within a few days.
Marscapone Cheese
Ingredients
•1 pint heavy cream
•1/2 tsp tartaric acid
•1/4 tsp confectioner's sugar


Directions
1.Fill the bottom of a double boiler with enough water to touch the top pan, but the top should fit neatly and not "float." Bring to a simmer.
2.Pour the cream into the top of a double boiler and place over simmering water.
3.Add the confectioner's sugar and whisk constantly.
4.When the cream is warm add the tartaric acid. Whisk over the heat until the cream reaches a temperature of 180 degrees.
5.Remove from heat and allow to cool, whisking occasionally.
6.Pour the mixture into a bowl through a thick cheesecloth, or line a fine metal strainer with a coffee filter.
7.Cover the bowl and refrigerator for at least 12 hours before use.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html

No comments:

Post a Comment