Wednesday 27 February 2013

MAAK VAN SULT / BRAWN




MAAK VAN SULT / BRAWN
Frans se Brawn/sult

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
Frans Odendaal
jy koop vir jou skoon skaappens en(4) skaap pote , beespens is ook reg , die pens sny jy in repe , kry ook so paar(4) skoon "pork trotters" wat in 40mm stukke gesaag is , die pote maak die natuurlike gelatien wat die brawn of te wel sult , laat stol. Sout en peper en kerrie, asook borrie , groot pot met dik boom , baie water wat die vleis bedek , laat prut tot sag.Voeg water by indien nodig, as dit sag is moet jy nog so liter en 'n half sous oorhê wat deel van jou brawn word. Laat afkoel en haal al die bene uit , gooi in bakkies en sit in die yskas , jy kan dit vries ook .


BAIE OULIKE WENK**

Annelicia Savage Lamprecht
Ek gooi myne in n twee liter coke bottel waarvan nek afgesny is dan is dit mooi ronde skywe vir toe broodjies...[12/08/2015]





KERRIESULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
3kg beesskenkels (ék gebruik ook graag 'n mengsel van vark-pootjies ("Trotters") "Eisbeins" en skaap-skenkels! )
15ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2ml gemaalde koljander
Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit 'n uur lank. Giet dit in 'n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word. Retha "So maak mens " 4/9/10 Helena*
 

                                                   Foto>Helena Kruger>April 2014



N MOOI VERHAAL OOR BRON


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
Corrie Van Rooyen
My oorle' Pa was nou 'n boffin op sult. Maar kyk, hy sou dit nie 'brawn' noem nie, dis ingels en die ingelse het hier baklei toe Pa in 1899 gebore is teen die Transvalers.
Sult het my Pa ook nie geken nie, want dit het geklink na soutwater in Suidwes.

Boonop het Pa nou nie 'n hoë geleertheid gehad nie, net baie, baie ervare kundigheid.
Vir Pa was dit sommer net BRON - plain en simple goeie Afrikaans, BRON.

My Pa het daar n 1918 rond gedelf op Makwassie - maar die diamante was maar yl gesaai, en toe maak hy plan en smous skape aan die delwers.
Koop de skape teen 7/6 (75c) doer in die omgewing van Wolmaransstad, jag hule Makwassie toe, slag hulle vroeg in die môre so by vieruur rond en smous aan die delwers - kry so 15/- (R1.50) vir 'n karkas opgesny, plus nog 1/- vir die vel, en maklik nog 1/6 (15c) vir die afval.

In die winter het die afval ander pad geloop, want Pa het die pootjies, pensie, en kop sonder die harsings, alles stadig gekook in 'n pot oor 'n koolvuurtjie. Daar het hy net sout bygegooi vir smaak, en die spul gekook tot alles heeltemal van die been af val.
Dan haal Pa die bene en tanne en goed uit, kook die spul tot hy sien dis nou reg (daai punt weet ek nie hoe om te beskryf nie), dan skep hy die oortollige vet bo-op af, en gooi die spul in 'n broodpan wat hy by die ou in die tent langsaan syne se vrou geleen het.
Dié staan nou so oornag buite, dat God se yskas dit laat set - en volgende dag vat Pa die tannie se broodpanne terug, sê mooi dankie, en gee haar 'n stukkie BRON as teken van waardering.
Die ander res wat oorbly, vat hy saam kroeg toe as die delwers Vrydag daar kom sing en knerts. Verkoop daai goed in 'n japtrap vir meer as tweekeer die bedrag wat hy sou kry vir die pens en pootjies - dan kry hy só sy geld vir 'n paar Lion Lagers om saam met die manne te geniet.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 6/7/13>>>>>>>>>>>>>>Dankie Corrie>Helena Kruger.....
.



Lourette Cronje
Wat 'n pragtige storie, dankie Corrie. Dit was natuurlik afval wat hy laat stol het. My ouers het altyd brawn, Bron, sult of wat ookal net met die beengedeelte van slagdiere gekook. Dit moet stol, dus was die beespote 'n moet agv van die baie en lekker gelatin daarin. Ek gebruik bees, en vark skenkels saam met die beespote! Wanneer my ma te veel vleis ingesit het wou dit nie stol soos dit moet nie!6/7/13

Elda Lombard
Uit ouma se kombuis
BRON

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
2 beespote
2 varkpote
4 uie
1 Desertl kerrie poeier
Sout peper na smaak
115ml asyn
Metode
Kook vleis van bene
Kook baie pap
Sit deur vleismeule met ui kerrie sout peper asyn
Kook 15 t 20min
Gooi uit  Sit in yskas
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html


Annelore Von Solms Joubert
Hier is my sult sonder enige afval:
Koedoe-skenkel sult

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
2 Groot uie, gekap
2 Knoffelhuisies, gekap
Ongeveer 3 kg wildskenkels
1/2 koppie donker asyn
1/2 koppie water
Gooi bogenoemdes alles in 'n slow-cooker. Ek het my wildskenkels sommer gevries ingegooi, dit op hoog gekook vir 8 ure, tot die vleis van die bene afgeval het. Laat dit koud word, en ontbeen die vleis heeltemal.
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 teelepel koljander, fyn
1 teelepel gemmer, fyn
1 teelepel kaneel, fyn
Braai hierdie speserye in 'n bietjie olie vir 1 minuut in 'n groterige kastrol, gooi die vleis by.
Voeg by:
250 ml water
1 suurlemoen se sap
1 tl wit peper
6 eetlepels fyn appelkooskonfyt
sout na smaak
Verhit tot kookpunt, roer lekker deur. Haal van stoof af, gooi in 'n gesmeerde vlak pan en laat afkoel. Sit in yskas om te stol.
Dit is lekker om in die yskas te hou vir so tussen-deur pik, of vir 'n koue vleisbord saam met bietjie soet mosterd. .








VERNEUKBRON

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
1 Blikkie boeliebief
3 eetlepels gelatien
1 groot ui, gerasper
4 hardgekookte eiers, in skywe gesny
1 eetlepel kerrie
1 teelepel
borrie
1½ koppie koue water
Meng boeliebief, kerrie en koue water en sit so 'n ekstra kwart koppie warm water by gelatien om dit te laat smelt.
Meng alles saam.
Laat dit stol in yskas en sny in skywe**

Hannah Frauendorf Langenhoven* foto Charmaine Dixon 14/11/2015.


KERRIESULT
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html

ADELE VAN ZYL FILMALTER
(12 porsies)
2,5 kg beesskenkels, gewas
1 beespoot, gewas
2 varkpote, gewas
4 lourierblare
20 peperkorrels
3 vet knoffelhuisies, gekneus en geskil
3 groot uie, oorlangs (in die lengte) gehalveer, geskil en gekap
30 ml olie
50 ml matige kerriepoeier
375 ml asyn
gemaald peper na smaak
10 ml fynkoljander
20 ml sout
10 ml borrie
30 ml sagte bruinsuiker30 ml appelkooskonfyt
1. Plaas die skenkels en pote in 'n groot kastrol, bedek met koue waster en verhit tot kookpunt. Blansjeer die vleis en pote vir drie minute, verwyder en druk droog. Gooi die blansjeer-water weg.
2. Skep die vleis en pote in 'n groot kastrol en bedek met koue water. Voeg lourierblare, peperkorrels en knoffel by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte, bedek en prut 3-4 uur of totdat alles sag is. Laat afkoel, skep vleis en pote uit en laat koud word. Behou die vloeistof.
3. Braai uie in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Strooi kerriepoeier bo-oor en roerbraai vir 2-3 minute. Voeg asyn bietjie vir bietjie by sodra dit lyk of die kerriepoeier wil aanbrand. Roer elke keer goed deur. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut 5 minute lank.
4. Verwyder bene, sny die vleis kleiner of kap of maal dit fyn, na gelang van hoe grof of fyn jy van jou sult hou. Skep die vleis by die kerriemengsel en voeg van die behoue vloeistof (waarin die vleis gekook is) by sodat die vleis net-net met vloeistof bedek is. Prut een uur lank en roer af en toe deur. Indien nodig, kan nog van die behoue vloeistof bygevoeg word.
5. Giet die mengsel in 'n ge-oliede vorm, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas om te stol.
6. Keer die sult uit en sny dit in skywe..
.


KERRIESULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
(Peter Veldsman)
(12 porsies)
2,5 kg beesskenkels, gewas
1 beespoot, gewas
2 varkpote, gewas
4 lourierblare
20 peperkorrels
3 vet knoffelhuisies, gekneus en geskil
3 groot uie, oorlangs (in die lengte) gehalveer, geskil en gekap
30 ml olie
50 ml matige kerriepoeier
375 ml asyn
gemaalde peper na smaak
10 ml fyn koljander
20 ml sout
10 ml borrie
30 ml sagte bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
1. Plaas die skenkels en pote in 'n groot kastrol, bedek met koue waster en verhit tot kookpunt. Blansjeer die vleis en pote vir drie minute, verwyder en druk droog. Gooi die blansjeer-water weg.
2. Skep die vleis en pote in 'n groot kastrol en bedek met koue water. Voeg lourierblare, peperkorrels en knoffel by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte, bedek en prut 3-4 uur of totdat alles sag is. Laat afkoel, skep vleis en pote uit en laat koud word. Behou die vloeistof.
3. Braai uie in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Strooi kerriepoeier bo-oor en roerbraai vir 2-3 minute. Voeg asyn bietjie vir bietjie by sodra dit lyk of die kerriepoeier wil aanbrand. Roer elke keer goed deur. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut 5 minute lank.
4. Verwyder bene, sny die vleis kleiner of kap of maal dit fyn, na gelang van hoe grof of fyn jy van jou sult hou. Skep die vleis by die kerriemengsel en voeg van die behoue vloeistof (waarin die vleis gekook is) by sodat die vleis net-net met vloeistof bedek is. Prut een uur lank en roer af en toe deur. Indien nodig, kan nog van die behoue vloeistof bygevoeg word.
5. Giet die mengsel in 'n ge-oliede vorm, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas om te stol.
6. Keer die sult uit en sny dit in skywe. Sit voor met 'n tamatie-en-komkommer-sambal, slaphakskeentjies en lekker vars brood.
.


'n Wen-reseppie vir SULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
'n Wyle terug vir my ingestuur deur 'n anonieme leser)Sowat 1,5 kg skenkelvleis en 4-5 skaaptongetjies, in 'n pot geplaas met 'n koppie droë witwyn en net genoeg water om die vleis te bedek. Hierby kom 'n ui, twee wortels en twee selderystingels wat grof opgesny is, takkies roosmaryn, tiemie en pietersielie, 'n paar heel swartpeperkorrels, naeltjies en sout na smaak.
Onthou net dat heelwat sout gebruik kan word, want die sult word koud geëet, en dit demp dan die geur van die sout.
Prut nou die pot so twee uur, totdat die vleis maklik van die bene afval. Haal die vleis uit en laat afkoel.Verwyder alle bene. Laat die vloeistof in die pot nog 15 minute lank vinnig kook.
Dit is jou eie keuse of jy die velletjies van die tongetjies wil afhaal. Vir my pla hulle nie, want hulle kook nogal baie sag. Maar dalk verkies diegene met 'n fyner palet om die moeite te doen.(Ek, Retha, trek dit af, die velletjie maak die bron moeilik snybaar in sy koue vorm, en dit hoort eintlik af! )
Sny die tongetjies in skywe, plaas die vleis in 'n bak waarin jou sult gaan set, óf 'n broodpannetjie, óf 'n poedingbak.
Giet eers die vloeistof waarin die vleise gekook het deur 'n vergiettes en dan nog 'n keer deur 'n baie fyn sif.
Jy wil ontslae raak van enige stukkies wat ronddryf en as dit goed gesif is, gaan jy 'n helderbruin sous hê, eintlik nes consommé. Daar behoort omtrent 'n koppie en 'n half hiervan te wees.
Omdat die bene wat ek hier gebruik het, nie veel gelatien afskei nie, moet 'n bietjie kits-gelatien bykom. Hiervan neem ek drie teelepels en meng dit in 'n bakkie met 'n halwe koppie water. Dit staan so 10 minute om sag te word - dit stol eintlik heeltemal - en dan voeg ek dit by my steeds warm vleissous. Roer goed deur, proe of jy dalk nog sout nodig het en giet die sous oor die vleismengsel.
Plaas dit in die yskas en binne ses tot agt uur behoort dit goed gestol te wees. Oornag is die beste.
Om die sult uit die bak te kry, gly ek 'n mes om die rand van die sult en ek plaas die bak 'n paar minute in warm water.
Hou dan 'n bord oor die bak, draai dit om, en die sult behoort sagkens uit te val. As dit nie wil nie, sit dit net weer in warm water.
.


Nog 'n variasie is :
STERT en TONG SULT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-sult-brawn.html
Hiervoor gebruik jy 'n kilogram en 'n half osstert, 'n gepekelde beestong, een varkpoot en drie beesmurgbene.
Plaas in 'n groot pot met genoeg water om dit te bedek en met dieselfde groente en geurmiddels as hierbo.
Laat nou drie uur prut.
Haal die tong en beesstert uit, gooi die varkpoot, murgbene en groente uit en giet die sous soos in die vorige resep.
Plaas die sous weer oor die hitte en voeg 'n halfbottel rooiwyn daarby. Laat dit vinnig kook totdat die sous met die helfte afgekook is.Haal intussen die vleis van die stert af, trek die vel van die tong af en sny die tong in blokkies.
Giet dan die sous oor die vleis totdat die vleis net-net bedek is.
Weer yskas toe en laat dit stol

No comments:

Post a Comment