Wednesday 27 February 2013

MAAK VAN SOUTVLEIS





Helena Kruger
Pekel vir jou Soutvleis
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html
Kook jou water en ander bestandele en laat afkoel!!
12kg vleis
5lt water
 500ml growwe sout
25ml salpeter
90ml bruinsuiker
25ml koeksoda
Swartpeperkorrels,
bietjie heel koljander sade,
 3-4 heel wonderpeper
 Onthou om jou vleis in houers van emalje,plastiek of die outydse erdeware te laat le en ons het altyd n mooi ronde klip in sout water gekook tot dit mooi skoon is en bo-op geplaas sodat die vleis altyd onder pekelwater bly.Los dit vir so 7dae..hoe langer jy dit los hoe souter sal dit wees[ groot stukke].
Pekeling
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html
Annelien Pienaar

Vark, bees, skaap...
Les:
1. Ons gaan die natpekel metode toepas omdat dit die vleis baie minder laat krimp as met droogpekeling en ek gaan 'n soetham resep gee.
2. Die water moet eers gekook word om dit suiwer te maak.
3. Voeg dan die sout, suker en koeksoda (salpeter kan ook gebruik word) en roer goed totdat alles opgelos is. Giet die mengsel deur 'n gaasdoek om onsuiwerhede te verwyder. Laat die oplossing heel te mal afkoel.
4. Vir 'n boud van 5-15kg gaan jy 'n sout oplossing maak van:
10l water
90-120g Salpeter of Koeksoda
120g suker
1.9kg sout
5. In 'n bondeltjie bind jy met gaasdoek die volgende korrels vas wat in die pekel saam met die vleis gaan...
30g swartpeper
30g wonderpeper
45g koljander
30g foelie (dit is 'n krui nie die metaal)
6. Onthou 'n ontbeende boud neem vinniger om te pekel as een wat nog been aan het.
7. Wanneer die boud wel ontbeen word moet jy gelatien in die holte strooi, rol die boud op met die velkant na buite. Waar die velgedeeltes bymekaar kom, werk vas met tou en bind die boud verder vas met 'n tou netwerk om alles mooi bymekaar te hou en ook vorm aan die vleis te gee.
8. Vir 'n 6kg varkboud aan die been is die pekeltyd 4-6 dae, as dit ontbeen is: 3-4 dae. Onthou die pekel se indrining is 25mm in 2 dae...onthou ook dat ontbeende vleis vinniger pekel.
9. Jy kan ook van die pekel met 'n beesspuit naald in die vleis spuit om die pekel tyd te bespoedig. Maak seker die spuit word met seep en water skoon gemaak en los van mekaar gestoor sodat bakteriee nie kan groei.
10. Plaas die vleis in die afgekoelde pekel en stoor dit in 'n PLASTIEK en geen metaal houer in die yskas vir die verlangde tyd. Draai die boud elke dag.

Gaarmaak van gepekelde boud
Ek sny die vark se velle 'n diamant patroon en bak dit vir 1 1/2 uur in die oond sonder die sousie en geur middels. Vir die laaste 30-60min voeg ek die volgende taai sous wat ek eers effens verhit om alles te laat smelt by die vleis...verf met intervalle met kwassie oor.
1/2k Melasse
1/2k Sagte bruinsuiker
1/2k Fyngemaakte pynappels
1/2k Heuning
1/2k Appelsap
1/2k Woestersous
Sout en peper na smaak
Resep: Mev. A Pienaar. Food Prep, 2004, Tshwane North FET


 

Stefaans Blaauw‎
PEKEL OPLOSSING..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html
VLEISLAND se Maklike Resepte
10 liter water
1 kg sout
100 gram bruinsuiker
1 teelepel Salpeter
1 pakkie Pickle spice
1 teelepel swart peper
Kook alles saam tot dit kookpunt bereik en die bestandele (Salpeter, suiker en sout)opgelos is,
koel oornag af, en laat le dan die vleis vir 24-48 uur in die oplossing voor dit gerook word..


 



Dalene Brits
Pekel Mengsel

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html

1/4 cup kosher salt
1/4 cup packed brown sugar
4 cups water

Directions
In a medium bowl, combine the salt, sugar and water. Whisk vigorously until all the salt and sugar is dissolved. Then pour this mixture over the meat, poultry, or fish that you are preparing. Soak for several hours, or overnight. (Note: Make certain the meat is fully submerged in the brine, and make more brine as needed to fully cover the meat.)

PEKEL:
Vir HAM, gebruik die volgende Pekel resep :


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html

30 ml salpeter
250 ml bruinsuiker
28 g koeksoda
9 tot 12 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 2 kg fyn sout

Roer salpeter, bruinsuiker en koeksoda in koue water tot opgelos.
Gebruik hout of erde vaatjie, maar nie metaal houer nie.
Sit die heel, ongebreekte eier in die dop, in die oplossing.
Voeg die sout bietjies-bietjies by en roer elke keer tot opgelos.
Hou aan om sout by te voeg en goed te roer tot die eier bo op dryf.
(Jy doen dit om 'n versadigde oplossing te bereik, die eier is 'n uitstekende aanwyser daartoe, daarom moet dit 'n vars eier wees,
'n ouer eier sal nie in die versadigde sout oplossing dryf nie.. sien ek's amper Wetenskap onnie ook! )
Verwyder dan die eier, en plaas jou varkboud of ham in die pekel oplossing, hou onder die pekel vloeistof vir 3-5 WEKE. # pekel, gepekel en gerook


Sout BeesVleis of -Tong

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maak-van-soutvleis.html
Heiner Lange*13/09/2017
(Joodse resep)
Los n ¾ teelepel salpeter (by apteke bekombaar) in ¼ koppie warm water op.
Voeg by 2 eetlepels suiker (bruin), 2 huisies knoffel gesny, 2 teelepels rooipeper (paprika), 1 eetlepel gemengde pekelspeserye (peperkorrel, wonderpeper, naeltjies, ens.) en 1 koppie sout, opgelos in in 4 pinte (2¼ Liter) water.
Gooi die mengsel oor ’n borsstuk (bees) van 5 - 6 pond (2.25 - 2.75 Kg). (Vir my is die lekkerste snitte vir soutvleis eintlik die stertstuk - “aitchbone” - of die skof, hoewel ’n skof gewoonlik langer gekook moet word om sag te kry).
Plaas ’n bord met gewigte op. Laat so drie weke staan (draai gereeld om).

Bron: ’n Flentertjie koerantpapier wat uit n ou kookboek uitgeval het.**Heiner Lange*13/09/2017**

No comments:

Post a Comment