Saturday, 2 February 2013

GEMENGDE GROENTE / TERT


Dalene Brits
Ek het al agtergekom daar is sekere groentes wat eers op 'n later stadium bygevoeg moet word. Wortels mikrogolf ek eers, so ook brocolli en blomkool, maar kom eers later in. Bone sit ek nie meer in nie omdat dit gou brand, maar as jy dit wil inhe moet dit ook eers later inkom. Pynappel is 'n wenner daarin! Hierdie sousie daaroor is 'n wenner: Ek bedien die groente nog warm met die sousie daaroor.
GEMARINEERDE GROENTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html


2kg Verskeie groente
Olyfolie, seesout en swartpeper
Marinade:
60ml Olyfolie
1 Ui gekap
125ml gekapte pietersielie
250ml Witwyn
2 knoffelhuisies gekap
250ml Druiwe-asyn
250ml Water
2 Lourierblare
4 Peperkorrels
Tiemie of Roosmaryn
Sout en Peper na smaak.
Verhit alles saam tot kookpunt en prut liggies oor lae hitte vir ongeveer 1 uur.
Giet deur sif en laat afkoel tot kamertemperatuur. Rooster intussen die groente tot gaar, maar steeds ferm.
Laat afkoel en gooi afgekoelde marinade oor groente.


                                                             Stap 1>Helena Kruger 25/9/2014
                                                           Stap 3



                                                          Stap 2

**********************************************************************************************************



Louise Groenewald
Dis iets wat ek baie graag maak. En dit kom roasted uit met sulke klein swart puntjies hier en daar.
Dis die hele idee van oven roasted veg. Die groot geheim is om nie die oondpan vol te pak nie,
anders stoom dit en roast dit nie. Doen dit in twee batches as jy baie moet maak. Hier is my resep:
Oven Roasted Vegetables
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

(serves 6)
Learn to Cook with Louise
A great accompaniment to serve with any dish, even a braai. Very popular with everybody, even those “who don’t eat veg”. The secret of oven roasted veg is not to overcrowd the roasting tin, as it will steam and not roast.
Use a variety of fresh vegetables, for example:
Butternut, Sweet Potato, Baby marrows, Carrots, Onion, Baby tomatoes, Beetroot, Leeks, Broccoli, Cauliflower, Mushrooms, Red, Green and Yellow Peppers, Brinjals, Mushrooms, and even corn on the cob, cut into smaller pieces.
4 Sprigs of fresh Rosemary (this is very important, as it gives beautiful flavour)
Ina Paarman Seasoned Salt
4 Pinches of fine Cumin
5 Cloves of Garlic (do not peel)
Olive or Sunflower oil
Preheat the oven to 200° C.
Peel vegetables if necessary. (I do not peel the carrots and butternut). Cut all vegetables into chunky pieces. Use a large oven roasting tin and place the peeled and cut vegetables in the tin. Sprinkle with the Seasoned Salt and Cumin and drizzle some oil over. Tuck the garlic cloves in. Mix in by hand. Insert the 4 sprigs of Rosemary.
Roast for ¾ of an hour to 1 hour. Check if vegetables are done after ¾ of an hour by inserting a sharp knife into a biggish piece of veg. If not, give it another 10 - 15 minutes. Remove from the oven and remove the garlic cloves and squeeze out the soft flesh which is now sweet and fragrant. Mix with the veggies and serve immediately.
This dish can double up as a salad too! If any veg is left over, place in a sealed container in the fridge and sprinkle with French Vinaigrette dressing or mix in a few teaspoons of mayonnaise the next day. Add some seasoning if necessary.


Marleen Basson Niemandt
GEMENGDE GROENTE TERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

Maak 'n kors vir 'n souttert en druk uit in 'n dieperige bak. Kook gemengde groente tot gaar. Gooi nadat afgekoel in kors. Maak tamatie en uie smoor wat genoeg is om dit net-net te bedek. Klits bietjie mayonaise, eier en mostertpoeier (Genoeg om alles te bedek). Gooi bo-oor. Dan gereasperde kaas. Bak by 180C tot kors gaar en bruin bo-op. BAIE LEKKER


Gerty Duncan
Lekker groente pot op stoof
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

net 20 min! Anders raak als pap!
Braai 1 groot ui in dikboomkastrol tot sag.
Voeg 250gr bacon by. Braai saam met uie tot gaar!
Voeg 4 wortels( gesny) en 4 aartappels inkwarte ook by!
Sit deksel op en kook saam v 15 tot 20 min! Loer so nou en dan of daar genoeg sous in pot is.
Jy kan bietjie water byvoeg!n groen gesnyde appel bo op net so lekker!!!kook saam met kos!sout en peper ook


Elda Lombard
Groentedis
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

375 ml groente
375 ml gerasperde kaas
2 eiers
250 ml melk
15 ml gekapte ui
125 ml gaar gemaalde vleis
Sout peper na smaak
Metode
Klop die eiers met melk. Meng alles tesame en voeg sout peper by.
Bak in n matige oond


Geroosterde Groente-Tertjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html
Maklike maaltye - Rooi Rose
8 klein tertjies
500 g (1 pak) klaargesnyde groente vir rooster soos soetrissies, murgpampoentjies en rooi uie.
olyfolie om oor te sprinkel
sout en gemaalde swartpeper
hand vol kersietamaties, middeldeur gesny
POLENTAKORS
100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) kitspolenta
375 ml (1½ k) koekmeel
3 ml (½ t) sout
160 ml (2⁄3 k) koue botter, in blokkies gesny
30 ml (2 e) parmesaan
1 groot eiergeel
60 ml (¼ k) yskoue water
125 ml (½ k) gekrummelde fetakaas
125 ml (½ k) ricottakaas hand vol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Sit die groente in ’n diep oondpan, sprinkel die olie oor en geur na smaak. Rooster vir 20 min.
2 Sit die kersietamaties by en rooster vir nog 20 min.
3 POLENTAKORS:
Sit die polenta, meel en sout in ’n middelslagmengbak. Voeg die botter by en vryf dit tussen jou vingerpunte totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
4 Voeg die parmesaan, eiergeel en water by en meng tot dit ’n werkbare deeg vorm. Voeg 15 ml (1 e) water by as die mengsel te droog is. Sit vir 20 min. in die yskas.
5 Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 4 mm dik. Voer agt 10 cm-quichepannetjies met die deeg uit.
6 Bak die tertkorse blind vir 5-10 min. tot krakerig.
7 Meng die feta en ricotta en skep in die tertkorse. Skep die groente bo-op en sprinkel olie oor.
8 Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en bak die tertjies vir 5 min. tot deurwarm. 9 Strooi die basiliekruidblare net voor opdiening oor.


Elda Lombard
RADIO ROSESTAD
GROENTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

6 groot aartappels
1 heel knoffelbol
4 mielies, gehalveer
4 uie, in kwarte gesny
hand vol vars tiemietakkies
growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
150 ml olyfolie
METODE
Verhit jou oond tot 180 °C.
Sny klein kepies in elke aartappel – nét deur die vel.
Plaas al die bestanddele in ’n groot oondrooster bak.
Geur met sout en swart peper, gooi die olyfolie oor en maak die bak toe met tinfoelie.
(Die mielies moet eers ’n bietjie stoom.)
Plaas die bak in die oond. Haal die tinfoelie ná 30 minute af.
Draai die groente om en rooster verder – dit sal nog so 30 minute neem.


Carol Elliott Claassen
Gebakte Groente
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

255 g blomkool
140 g wortels, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in stukke gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in stukke gesny
2 knoffelhuisies, fyn gesny
2 takkies roosmaryn
3 takkies pietersielie
4 takkies tiemie
2 lourierblare
sout en peper
250 ml witwyn
60 ml olie
200 g kersie tamaties
Rangskik die groente in n braaipan saam met die roosmaryn, pietersielie, knoffel, tiemie en die lourierblare en geur met sout en peper. Gooi die wyn en die olie bo-oor die groente. Bak dit vir 20-25 minute lank in n voorverhitte oond van 200 Grade. Na 15 minute, voeg die tamaties by ( Boerekos)


Henriette Wessels
GEMENGDE GROENTE GEREG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

Hier is 'n heerlike gemengde groente gereg en ek bedien dit sommer by braaivleis ook eerder as aartappel gereg
1/2 Pak groente (die met blomkool, brocolli ens in)
Kook groente vinnig nie pap nie.
Meng 1 pak potatobak, 200 ml melk en 1 bakkie suurroom.
Gerasperde kaas. Pak eers groente in glas oond-bak, gooi potato bake mengsel oor
en gooi dan gerasperde kaas oor. Bak 35 min by 180 grade. Kaas begin net verbruin...
baie baie lekker - elke keer as ek dit maak vra mense die resep!


Groentepastei
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html
Geskryf deur: ilza  Boerekos.com
GROENTE
1kg gestoomde/gekookte, gemengde groente
1houer(250ml) suurroom
1houer(250ml) maaskaas
pakkie wit uiesop
medium ui, gekap en gebraai
3 eiers, geklits
1 kop Cheddar-kaas, gerasper
Meng room, soppoeier en geklitste eier. Voeg helfte van die kaas by en meng liggies.
Voeg gebraaide ui by.
Dreineer groente en meng met maaskaas.
Skep in bak en gooi roommengsel oor groente.
Strooi oorblywende kaas bo-oor.
Bak vir ongeveer 35 min. 180°C


Ade Le
GROENTEROERBRAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemengde-groente-tert.html

(Resep: Carol van Heerden Vroue-Beeld se kosskrywer)
40 ml olie;
1 groot ui, in ringe gesny;
1 rooi soetrissie, in repe gesny;
2 wortels, in repies gesny;
3 stingels seldery, in ringe gesny;
300 g broccoli, in klein blommetjies gebreek;
300 g (500 ml) stampmielies, gaar;
7 ml sout;
varsgemaalde swartpeper.
Verhit die olie, voeg die groente by en roerbraai die groente moet bros wees. Voeg die stampmielies en geurmiddels by en laat deurwarm word. Lewer 4 porsies.
WENK: Blokkies vleis kan bygevoeg word en as 'n noenmaalgereg voorgesit word.

No comments:

Post a Comment