Saturday 2 February 2013

VLEISPASTEITJIES / SOUTTERTJIES


CORNIESE PASTEITJIES
500g aartappels, blokkies wortels
500g sagte vleis, in dobbelsteentjies gesny
1 medium ui - grofgekap
10ml sout
1ml peper
10ml asyn
5ml suiker
500g meelblom
250g botter (275 ml)
yswater


Metode:
Skil die aartappels en wortels dun en sny in dobbelsteentjies. Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper,asyn en suiker by.Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie. Laat afkoel. Berei `n borstertdeeg
van die meelblom, botter, sout en yswater. Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels. Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel. Kwas die kante met koue water. Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas. Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm. Kwas met melk of verdunde eier. Bak 200° C,15 min. Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdere 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word.
Helena Kruger > http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html

SNACKWICH VLEISPASTEITJIES
2X200 g Blaardeeg rolle
160ml Gaar Bees/hoender vleis klaar gegeur
50ml kaas


Metode:
Sny jou deeg so groot soos n sny brood of so groot soos jou snackwich is . Bestryk die een kant van jou deeg met gesmelte botter ..plaas op rooster , skep jou vulsel op en plaas die ander deel bo-op..bestryk weer met botter en braai goudbruin..[Moenie jou deeg te dun uitrol nie...] Helena baie lekker!> 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html



SOUS VIR VLEISPASTEIE
Bestanddele:
1 & 1/2 kop Water
1 teel Bisto
1 eetl Maziena
Bietjie worcestersous & tamatiesous & 1 t botter.


Metode:
Meng alles en kook tot jou sous dik is, net so 5min.
Helena Kruger.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html





TAMATIE-EN-KAASPASTEITJIES
Porsies: 14-16
Voorbereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 20 minute
2 x 200 g-rolle blaardeeg, ontdooi
1 x 410 g-blik Italiaanse geur tamatiesmoor
100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 eier, geklits
2 ml sout
10 ml gedroogde origanum
vars origanumblare vir garnering


Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepanne met botter of margarien.
2. Rol die blaardeeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels uit wat groot genoeg is om in die holtes van die pan te pas.
3. Plaas die deegsirkels in die holtes van die gesmeerde panne.
4. Meng die tamatiesmoor, kaas, eier, sout en origanum en skep lepelsvol op elke deegsirkel.
5. Bak die tertjies ongeveer 20 minute lank tot ligbruin.
6. Sit louwarm voor en garneer met varsgekapte origanumblare.
Variasie: Die tertjies kan ook in groter panne gebak word. Dit kan dan as ligte ete met ‘n groenslaai voorgesit word.

Molly-Ann Underwood Schmidt> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html

Shaker Souttertjies

Winnie Jordaan
Hierdie is 'n maklike handtertjie met groooot verskeidenheid!! Nog 'n bonus is min skottelgoed
Direk in die shaker:
125ml Melk
75ml Kookolie
200ml Koekmeel
2tl Bakpoeier
Knippie Sout
2 Eiers


Skud alles goed saam en gooi in gespuite klein kolwyntjie panne (grotes kan ook werk, jy kry net minder uit).
Sit vulling van keuse in.
Bak by 180? vir ± ½uur of tot goudbruin.
Voorbeelde van vullings:
Stukkies bacon, ui, pittersilie en kaas met bietjie chutney.
Bullibief, ui, kaas, pittersillie en chutney
Tuna, ui,kaas
Net kaas
Oorskiet hoender, vleis, mince etc
Basies enige iets wat jy aan kan dink wat lekker gaan smaak in ’n souttertjie! Eksperimenteer en deel lekker nuwe idees.
Jy kan dit ook in een groterige bak gooi en vulling op sit, bak en in blokkies sny.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Summer sausage rolls
2 large skinless chicken breast
1 garlic clove, crushed
2 rashers bacon, thinly sliced
handful of basil leaves, chopped
4 sun dried tomatoes chopped
375g pack ready-roll puff pastry
flour for dusting
1 egg yolk beaten
25g sesame seeds (optional)

Whizz the chicken and garlic in a processor until minced. Tip in the bacon and sun dried tomatoes and basil. Pulse for 5 secs to mix. Season well.
Roll the pastry onto a floured surface and cut in half lengthways. Spread half of the chicken along the middle of one of the pastry strips. Cut into desire size.
Heat oven to 180C, place rolls onto a large baking tray,Unrush with egg and sprinkle with sesame seeds. Bake 20 minutes or until golden brown.
*Uncooked rolls can be frozen for up to 1months.Riana Groenewald> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html




Karmen Von Benecke
 Maak maalvleis gaar na smaak. (Nie souserig nie)
Foto Karmen Von Benecke

Henriette Wessels
Lekker vleispasteitjies met 'n skons-tipe degie. Maak maalvlies gaar met chutney, uie ens... SKONDEEG VLEISPASTEITJIES
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat

Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in
skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
WENK
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.>  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


HOENDERLEWERPASTEITJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html
Lewer 8 pasteitjies
1 ui gekap
2 knoffelhuisies fyngedruk
olie
500ml gaar hoender in stukkies gevlok
125ml hoenderlewersmeer
1 blik (400g) sampioenroomsop
60ml mayonnaise
suurlemoensap, sout en peper na smaak
1 rol skilferkorsdeeg ontdooi
eiergeel geklits met bietjie water

Voorverhit die oond tot 200Grade C.  Soteer die uie en knoffel in bietjie olie tot sag.  Verwyder van die hitte.
Voeg die res van die bestanddele, buiten die deeg en eiergeel by en meng goed.  Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper.
Rol die deeg effe dunner uit.  Sny sirkels groot genoeg vir die holtes van 'n diep muffinpan.  Smeer sowat 8 holtes en voer uit met die helfte van die deeg sirkels
Skep die vulsel in en smeer die rand met eiergeel.  Plaas die ander deeg sirkel bo-op en druk teen die kante vas.  Verf die kors met eiergeel.
Bak sowat 20min tot die deeg gaar en uitgepof is. > Bron:Huisgenoot resep



Carmen Meyer
Steak-bier-en-spek-pasteie
Kos & onthaal Idees tydskrif
Probeer dié watertand-resep – jou gaste sal beslis beïndruk wees.
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd
Baktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
• 10 ml sonneblomolie
• 250 g strepiespek, gekap
• 2 uie, gekap
• 1,5 kg dikrib of stowe-steak, in klein blokkies gesny
• 150 ml beesvleisaftreksel
• 150 ml bier
• 3 ml droë tiemie
• 5 ml fyngedrukte droë brandrissies (opsioneel)
• 5 ml selderysaad (of gebruik selderysout)
• 50 ml mielieblom
Deeg
• 450 g koekmeel
• 450 g witbroodmeel
• 10 ml bakpoeier
• 150 g kookvet (ons het Holsum gebruik), in blokkies gesny
• 150 g botter, in blokkies gesny
• 250 ml yskoue water
• 1 eier, liggies geklits
1 Deeg Sif die mele, bakpoeier en 1 ml sout saam. Vryf die vet en botter met jou vingerpunte in. Voeg die yskoue water stadig by en meng tot die deeg ’n bol begin vorm. Voeg nog water by indien nodig. Moenie dit te veel meng nie. Bedek en sit vir drie tot vier uur in die yskas.
2 Vulsel Verhit die olie en braai die spek en uie tot die uie sag is.
3 Voeg die vleis by en roerbraai vir twee minute. Voeg die aftreksel, bier, 2 ml varsgemaalde swartpeper, tiemie, brandrissie (as jy dit gebruik) en selderysaad by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 1-11/2 uur prut of tot die vleis sag is.
4 Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water en voeg ’n bietjie van die warm vleisaftreksel by. Roer by die vleismengsel, laat prut en roer tot verdik.
5 Wanneer jy gereed is, verdeel driekwart van die deeg in ses tot agt stukke. Rol dit uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny sirkels uit wat groot genoeg is om individuele panne te voer – dit moet groot genoeg wees sodat die deeg effens oor die kante hang. Sit die deegsirkels op ’n gevoerde bakplaat en sit vir 30 minute tot ’n uur in die yskas. Rol die res van die deeg uit en sny sirkels daaruit wat groot genoeg is om die pasteie te bedek. Sit dit ook in die yskas.
6 Smeer die pasteipanne en voer dit met die groot deegsirkels. Skep die afgekoelde vulsel daarin. Sit die kleiner deegsirkels bo-op en knyp die rande toe. Maak ’n gaatjie in die middel waardeur die stoom kan ontsnap. Verf met geklitste eier en bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Alida Siebert Rozaan,
Hoender vulsel vir vleispasteitjies
ek het nie soseer 'n resep nie, maar ek gebruik gewoonlik twee gaar hoenders, ontbeen hulle, kap 'n ui en braai dit tot bruin, maak 'n pakkie sampioen sop aan met of die water van die hoender kook of 'n koppie water, prut alles saam tot die sousie gaar is maar nie te souserig is nie. Passop vir sout bygooi, want die soppoeier is reeds sout. Mens kan ook gekapte spek saam met die uie braai as jy wil http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Hannah Frauendorf Langenhoven
WARM WATER DEEG 
(Lekker vir vleispasteitjies)
Sny 500g botter in klein blokkies in mengbak, giet 250 ml kookwater oor botter.
Roer tot gesmelt.
Sif 500 g (2 koppies) meelblom en 5 ml sout by mengsel.
Meng goed en plaas in yskas vir 1-2 ure, selfs oornag. Rol uit en gebruik.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Dalene Brits                                              

Ons het baie jare grootmaat, dan bedoel ek soos in 100dosyn op 'n slag, pasteitjies gebak vir fondsinsameling. Ons het hierdie resep gebruik
DALENE SE VLEISPASTEITJIES


 (Deeg)
12 k Koekmeel
2 t Sout
5 t Bakpoeier
3 Eiers
2 Eetlp Wit Asyn
750g Margarien
Rasper margarien in meel, sout en bakpoeier.
Voeg genoeg water by asyn om 350ml te maak en klits eiers by. Meng met meel. Bak 25 min by 230°C.
Lewer 11 dosyn. Vries rou en bak soos benodig.
Ons het destyds nog die 'panelite' tafels gehad in die kombuis en die hele tafel vol deeg uitgerol.
 Dan het ons stroke deeg in die lengte van die tafel gesny, vulsel ingesit in die hele strook en toegerol. Dan het ons 'n mosterdpoeierblikkie gebruik om die lengte af te merk sodat almal ewe lank is.


Vulsel:
2 kg Maalvleis 

2 kg Aartappels
2 eetl Steak & Tjops 

2 tlp Sout
½ kg Gemengde groente


Kook vleis gaar en droog en voeg gaar groente en aartappels by. Maak goed fyn.
Ons het sommer deur die vleismeule gemaal, of as ek minder maak het ek die voedselverwerker gebruik. Ons het dan die koekiespuit gebruik om die vleis op die deeg te sit, daarom moes dit redelik fyn wees. As jy 'n teelepel gaan gebruik kan die vulsel maar growwer. wees. #koekverkopings, basaarpasteitiets, koektafels. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Riana Du Plessis
SOUT DOPPIES -MET VULSEL
BESTANDDELE:
250 g botter of marg
2 eiers
1 kop gerasperde kaas (ek verkies cheddar)
2.5 ml sout
10 ml bakpoeier
3 kop koekmeel
METODE:
klits botter, eiers en kaas goed saam,
sif meel, sout en bakpoeier saam en voeg by botter mengsel en knie so bietjie
VULSEL:
125 ml melk
1 eier
2 kop gerasperde kaas
meng die saam
dan kan jy OF 250g gesnipperde bacon, of fyngemaakte hoender, of fyngemaakte viannas of tuna bysit en meng
indien verkies: bietjie rooipeper, 2 t gedroogde pietersielie, 2 t mixed herbs
druk deegsirkels uit sit in pannetjies en maak vol met vulsel en strooi sommer bietjie paprika oor! whala
BAK IN OOND BY 180 GRADE TOT GAAR
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Berie Smith
VINNIGE VARKVLEIS-PASTEITJIES
[Deur Barbara Joubert, SARIE KOS
Foto’s: Micky Hoyle Galery]
(4 porsies – 8 pasteitjies)
Verhit oond tot 180 °C.
Neem 2 velle (400 g elk) broskorsdeeg en druk 8 sirkels van 9 cm uit.
Voer gesmeerde standaard-muffinpan uit met sirkels. Verdeel 8 snye ham en plaas ’n stuk op elke sirkel.
Druk 8 varkworsies se inhoud op ham uit. Druk 8 sirkels van 7 cm uit die res van die deeg en plaas bo-op vulsel.
Druk deegrande van pasteitjies toe. Smeer met 1 geklitste eier. Druk ’n klein gaatjie bo in elke pastei. Sit in oond en bak vir 35 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor saam met piccalilli, agurkies en piekeluitjies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Judy Theunissen
MINI SOUTTERTJIES  
                    
Ek het so 5 viennas opgesny, 
1 klein pakkie vars spinasie,
 halwe pakkie vars sampioene, 
1 pakkie bacon stukkies, 
8 klein murgpampoentjies, 
3 butternut-wiele, 
1 medium ui, 
halwe tub gladde maaskaas, 
1 klein bakkie plain yoghurt, 
halwe teelepel knoffel, 
3 eiers, 
1 wiel feta, 
so 50ml melk. 

Ek het die murgpampoen, sampioene, bacon, ui en butternut eers elkeen apart gaargemaak. My dogtertjie het al die bestanddele per "cup" self gekies en ingesit en ek het die melk/eier/maaskaas/yoghurt mengsel ingegooi.
Bak 30 min teen 180grade
Koekoes Vorster
Souttertjies
200ml Uie – fyn gekap
250g Bacon stukkies en ham stukkies gemeng.
Braai
240ml Margarine
650ml Meel
2 L Melk
4 ½ k Kaas - gerasper
40ml Pietersielie
20ml Sout
8 Eiers
10ml Mosterdpoeier

Maak witsous en meng met vleis mengsel.
Skep in rou doppies en by 180g C vir ongeveer 30 min of tot gaar.
(Gaar gekoopte doppies werk ook)
Die rou mengsel en die gaar tert doppies kan afsonderlik gevries word. Ontdooi teen kamer temperatuur, vul en bak. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Jenny van der Westhuizen
BACON & SPINACH CHEESE TARTS
Eat in Magazine - Nov 2012)
1 tsp olive oil, for greasing
Plain flour, for dusting
375g ready-made puff pastry.
200g spinach
200g cheese, crumbled
4 rashers back bacon,cut in half
Salt and freshly ground black pepper
Mixed salad, to serve.

Preheat the oven to 200 degrees C, and line and grease a 28cmx35cm rectangular baking tray. Roll out the pastry on a clean surface lightly dusted with flour to a rectangle 2cm smaller on all sides than the baking tray. Cut into 8 equal squares and place, with a slight distance between them, on the tray.
Lightly cook the spinach in a bowl of boiling water for 1 - 2 mins until soft, then drain. Devide the cheese between the pastry pieces, spreading it out almost to the edges. Top each tart with some spinach and a piece of bacon and season with salt and pepper.
Bake for 12-15 mins, until the pastry has puffed up and the bacon is crispy. Serve 2 per person, hot or cold, with a mixed salad. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Romerige varkvleispasteitjies
Kos & onthaal – Idees resep
Hierdie pastei gevul met varkfilet, crème fraîche, appel en Franse mosterd is vinnig om te maak en boonop heerlik.
Genoeg vir: 4-6
Oondtemperatuur: 200°C
Pasteideeg
• 100g koue botter, in blokkies gesny
• 375ml koekmeelblom
• 250ml roomkaas
• 2ml sout
Vulsel
• 400g varkfilet, in skywe gesny
• 30ml koekmeelblom
• 30ml botter
• 2 knoffelhuisies, fyngemaak
• 250ml crème fraîche of suurroom
• 15ml Franse mosterd
• 125ml hoendervleis- of groente-aftreksel
• 1 blik sampioene, gedreineer
• 1 blik klein appeltjies, gedreineer
1 Berei die pasteideeg deur met die vingerpunte die botter by die meel in te vryf. Roer die roomkaas en sout in totdat die deeg vaskleef. Bedek die deeg met kleefplastiek en verkoel terwyl jy die vulsel berei.
2 Berei die vulsel deur meel oor die varkvleisskywe te strooi. Verhit die botter in ‘n swaarboom-braaipan en braai ‘n paar skywe varkvleis op ‘n slag bruin oor hoë hitte. Skep al die vleis terug in die pan en voeg die knoffel, crème fraîche, mosterd en hoendervleisaftreksel by. Roer ‘n paar minute lank oor matige hitte.
3 Hou vier tot ses appeltjies eenkant en sny die res in wiggies. Voeg die sampioene en die appelwiggies by die vleismengsel en laat vyf minute lank prut. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Haal van die plaat af en laat afkoel.
4 Rol die pasteideeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny vier tot ses deegvierkante.
5 Plaas die vierkante op ‘n gesmeerde bakplaat. Skep die koue vulsel in die middel van elke vierkant en vou die deegrande na binne bo-oor die vulsel, maar laat dit in die middle oop. Bak 30 tot 40 minute lank in ‘n verhitte oond, of totdat die pastei goud en bros is. Sit elke pastei voor met een van die appeltjies wat eenkant gehou is.
Goeie garneersels Baba-appeltjies en pere met stingels is aantreklike garneersels. Sit dit as bygereg voor saam met soutgeregte wat appels bevat, koek of nagereg, of versier koek of poeding daarmee. Dit lyk ook treffend onder in glase met sjampanje of ‘n eksotiese skemerkelkie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Dot Gerhold
PIE MAKER SOUTTERTJIES
1 Koppie Meel
1 Teel. Bakpoeier
3 Viennas fyngekap
Halwe koppie Cheddar kaas
1 Klein Ui
1 Teel. Vars gekapte knoffel (die wat mens in ‘n “tub” koop met die olie)
Halwe Teel. Grofgemaalde swart peper
Halwe Teel. Aromat
3 Eiers
Halwe Koppie Melk
Sif Meel en Bakpoeier saam. Klits eies en melk saam. Voeg die twee bymekaar en voeg dan die res van die bestanddele by.
Bak in Pie maker (maak holtes so driekwart vol). As ‘n tandestokkie skoon uitkom is dit gaar (+- 7 minute).
Maak ongeveer 30 tertjies.
(Petra Pretorius se reseppie bietjie aangepas) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


Petra Pretorius
Vleispasteitjies
rol jou deeg uit, druk 2 sirkels vir elke pastei uit, sommer onderstebo glas .. sit hulle in jou muffin pannetjies, skep jou keuse lekker maalvleis mengsel binne in, en sit die ander sirkel bo-op. Verf ook met eier bo op ...... bak ook in 180grade oond tot dit lekker bruin is. Eet lekker saam met tamatiesous
Petra Pretorius
Ek vat my maalvleis, 'n wortel gerasper, 'n ui fyn en speserye
(s + p) dan meng ek dit goed deurmekaar. Sny dan jou deeg en sit die vulsel daarin en vou die deeg dan oor die vleismengsel. Daar waar jy hom oorvou waar hy raak aan die onderste gedeelte, verf net so bietjie melk op voor jy hom toevou, klits 1 eier en verf jou worsrolletjies .. bak dan vir so 20min 180gC.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html

Louis Bronwen Bekker
recipe comes from Annette Human's Choice Recipes Book that I received as a birthday present in 1992 when we were still living in Secunda - now living in Oz.
CURRY CRUST CHICKEN PIES -
CRUST:
2 cups cake flour,
1 tbls curry powder,
2 tsps baking powder,
1/2 tsp salt, pinch cayenne pepper,
115g butter or marg,
1 cup grated cheddar cheese,
100ml iced water.
FILLING:
1 chicken,
2 tbls butter or marg,
4 tbls cake flour,
1/2 tsp salt,
1/4 tsp pepper,
1 cup milk,
1 can (410g) cream of mushroom soup.
 METHOD:
 Sift flour, curry powder, baking powder, salt & cayenne pepper. Rub in the butter or marg until well mixed. Add the cheese and mix. Cut in the iced water & press mixture together to make a stiff dough. Cover & set aside. Cook chicken until done - debone & deskin and cube the meat. Make a white sauce using the butter/marg, cake flour, salt, pepper & milk. Add the mushroom soup and chicken & mix well. Allow to cool down completely. Roll the dough out thinly on a floured surface. Press out circles as follows: 15 large circles which will line a muffin pan with large, deep hollows & 15 smaller circles for lids. Line the hollows with the large circles. Spoon in the chicken filling and mositen the edge of the dough with a little water. Press the smaller circles on top and seal the pastry edges. Brush with a little milk and make a small incision in the top of each. Bake the pies for 20-25 mins at 220C until golden brown. Allow to cool for a short while in pans before removing. MAKES 15 pies. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html



Aartappel-en-prei-pasteitjies
2 aartappels, in blokkies gesny
’n klont botter
2 preie, in skywe gesny
2 takkies tiemie
30 ml (2 e) mosterd
sout en peper
30 ml (2 e) room
500 g broskorsdeeg
meel, vir bestrooi
200 g cheddarkaas
1 eier

1.    Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels 5 minute in kookwater. Smelt die botter in ’n pan, voeg die preie en tiemie by en kook 5 minute oor lae hitte. Dreineer die aartappels en meng dit met die preie. Meng die mosterd in en geur met sout en peper. Roer die room in en laat afkoel.
2.    Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny ’n sirkel uit deur ’n kleinbordjie te gebruik. Meng die kaas met die preimengsel en stapel dit in die middel van die deegsirkel op.
3.    Verf om die rande met die eier, bring die rande bymekaar en knyp met jou vingers om te verseël. Plaas die pasteitjies op ’n gesmeerde bakpaat en bak 40 minute of tot goudkleurig.- Hope Malau. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


 Foto *Wilna Dorfling

Lekker vleispasteitjies met 'n skons-tipe degie
Maak maalvlies gaar met chutney, uie ens...
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in
skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.* Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html





BACON CHEDDAR POPOVERS

Ingr:

1&2/3 Cups fat-free milk,

1&1/2 Cups all-purpose flour,

3 large eggs, 1tsp salt,
1/4 tsp cayenne,
1&1/2 Cups grated cheddar cheese,
1/2 Cup finely chopped scallions, (about 4),
2 tsp fresh chopped rosemary,
6 bacon strips cooked & coarsely chopped.

METHOD:
(1) Preheat oven to 200dC.
Lightly spray a jumbo muffin pan with cooking spray.
(2) Combine milk, flour, eggs, salt & cayenne in a bowl , beat well until smooth.
(3) Stir 1 Cup cheese, 2/3 of the chopped bacon & scallions into the batter.
Spoon 1/3 Cup fulls of batter into muffin pans.
Sprinkle evenly with remaining cheese & bacon.
(4) Bake popovers 15 mins.
Reduce heat to 180dC & bake until golden brown for an additional 10mins.
Serve hot
Bron: The Kennancoo
Plasing Moira Botha Dyer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html


No comments:

Post a Comment