Saturday 2 February 2013

WORSROLLETJIES




WORSROLLETJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/worsrolletjies.html
Vulsel:
1kg maalvleis
15ml sout
25ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
knypie neutmuskaat
tafelsmaakmiddel na smaak
2 snye witbrood (gekrummel)
25ml asyn
10ml koljander
knypie kaneel
Deeg:
4 x 250ml koekmeelblom
500g botter
1 eiergeel
5ml sout
12.5ml suurlemoensap
250ml water
Vulsel:
Braai all vulsel bestanddele saam totdat totdat die vleis bruin verkleur. Laat afkoel.
Deeg:
Sif meelblom en sout saam. Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels. Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg water by om 'n hanteerbare deeg te vorm. Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit. Rol op. Verf mengsel van geklitse eiergeel en melk bo-oor. Bak vir 45 minute lank in 'n voor-verhitte oond teen 180°C tot goudbruin. Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies. uit ons kombuis*
Helena Kruger>



WORSROLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/worsrolletjies.html
4 bockwurst-worse
1 vel gekoopte blaardeeg
1 eier, geklits
Metode:
1. Verhit die oond tot 180 ºC. Vra ’n volwassene om te help as jy nie weet hoe nie. Sny worsies in die helfte. Plaas hulle op blaardeeg en sny bo- en onderkant van deeg sodat worsies mooi daarop pas.
2. Gebruik ’n kwassie en verf buiterande van deeg met geklitste eier.
3. Rol worsies toe en maak seker jy druk die deeg goed vas waar dit bymekaar kom. Plaas worsrolle op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Maak 3 klein snytjies bo-op elke worsrol. Sit bakplaat in die oond en bak vir 30 minute totdat deeg gaar en goudbruin is. Haal versigtig uit die oond en eet met tamatiesop Sarie Kos♥ >.


Adéle Van Zyl Filmalter
SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/worsrolletjies.html
30 ml olie
400g sampioene, fyn gekap
400g varkmaalvleis
6 sprietuie, fyn gekap
2 eiers
250 ml vars broodkrummels
125 ml gekapte pietersielie (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
3 rolle gekoopte blaardeeg, ontdooi
30 ml sesam- of papawersaad
soet brandrissiesous (opsioneel
Metode:
Voorverhit die oond tot 180'C.
Verhit die olie in'n braaipan en braai die sampioene tot al die vloeistof weggekook het.
Voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot gaar. Voeg die sprietuie by en braai dit nog 'n paar minute. Laat dit afkoel.
Voeg een eier, die broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Geur dit met sout en peper.
Klits die ander eier liggies. Verf die rande van elke vel deeg met geklitste eier en sny die deegvelle in die helfte,
Verdeel die vulsel eweredig tussen die deegvelle.
Vorm die vulsel in 'n wors op die een lang sy van elke deegvel en rol dit op. Druk dit goed vas.
Verf die rolle met geklitste eier, strooi die sesam- of papawersaad 00r en sny elke rol in 8 kleiner rolletjies.
Rangskik dit op gesmeerde bakplate.
Bak dit 20 minute of tot goudbruin.
Variasie : Vervang die varkvleis met hoendermaalvleis>.





WORSROLLETJIES
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/worsrolletjies.html

500 ml (2 k) koekmeel
2 ml (½ t) sout
250 g Stork Bake, in blokkies gesny
80 ml (¹/³ k) yskoue sodawater
30 ml (2 e) suurlemoensap
750 g lam- of varkworsies
1-2 eiers, geklits
tamatiesous, soet mosterd en blatjang om in te doop
Metode:
Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die sodawater en sap by en meng tot ’n stywe deeg. Vorm in ’n bal, draai in kleefplastiek toe en plaas vir 1 uur in die yskas.
Verhit intussen die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.
Rol die deeg op ’n meel-bestrooide oppervlak uit tot ’n reghoek van 3 mm dik. Druk die wors uit hul omhulsels en vorm die vleis tot ’n lang wors. Plaas die vleiswors op een kant van die deeg en vou dit toe. Verf eers die rand van die deeg met ’n bietjie geklitste eier om dit te ver-seël en verf dan die res van die rol daarmee.
Sny die rol in lengtes van 4 cm, pak dit op ’n bakplaat en bak 20 minute tot goudbruin en gaar.  STORK5/9/10 **Helena Kruger>.

No comments:

Post a Comment