Friday, 15 February 2013

GEMMERBIER


GEMMERBIER


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html

Helena Kruger
20ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1.6kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10ml kremetart
10ml wynsteensuur
Metode:
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by
Giet die mengsel in 'n plastiekemmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.
Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie.
Plaas 2-3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas.
Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word. "Peterjasie" 31/3/11♥ .


Fotot<


Dot Gerhold
Heerlike gemmerbier
.
03/08/2015 Jenny Schneigansz: 
Wil net byvoeg, ek vries di oortollige rosyntjies en gebruik hulle in my volgende vrugte koek.



Elsie Moller
GEMMERBIER MET DRINK O POP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html

Ek gebruik die 200ml Drink o Pop gemmerbier op 10 litter water
Gooi 1 sakkie suurdeeg paar rosyne en 3 tot 4 koppies suiker by
Roer en laat staan tot rosyne bo dryf
Gooi in bottels met so 1 of 2 van die rosyntjies in die bottel
Hoe langer dit staan hoe sterker word dit
Dit word nie deurgesyg soos die gemmerbier met die fyn gemmer in nie
Dit gee ook nie sooibrand soos die gemmerbier wat met gemmer gemaak word nie*21/10/2015








GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
9 k suiker
2pk. Kitsgis [groen pakkie]
10ml. Kremetart
10ml. Wynsteensuur
20ml. Fyn Gemmer
1K Rosyntjies
12L Lou Water
METODE:
Meng alles goed en laat staan 24h[dag en n nag]
Syg deur en gooi in bottel plaas in yskas
Moenie proppe te styf vas draai nie!!lekker koud [gooi asb. die rosyntjies in asblik weg!!!!!!!
**
<Foto>Helena Kruger**


ek skryf hom net soos sy dit geskryf het**
OUMA SE GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
*eie Resep Helena Kruger*

4k Suiker [Geelsuiker]
2t Gemmer [fyn]
1t Creme of Tartar
1/4 t Tactaric Acid
20 Gebreekte Rosyne
1/4 t Korrel Suurdeeg
1 Gallon water of 8 Bottels water
Meng alles
Laat 2 dae staan
Syg deur doek
Voeg 1t Lemoen Essens by
Laat staan 1 dag voor jy dit gebruik
*Uit my Moeder se Handgeskrewe Resepteboek van 1966**






Helena Kruger

ANCHOR –GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
10 ml Anchor Aktiewe Droë Suurdeeg
6 Liter koue water
5 x 250 ml suiker
1 bottel Jamaika gemmer
10 ml gemaalde gemmer
Metode:
Roer suiker in 3 liters kookwater tot oplos.
Voeg daarby 3 liters koue water en roer.
Voeg Jamaika - gemmer en fyn gemmer by en laat tot lou afkoel. Neem 60 ml van lou mengsel en los suurdeeg daarin op
Voeg by die res en roer deeglik.
Vul en verseel bottels.
Proppe of skroefdopppe moet goed vas wees.
Laat verloop van ses tot agt uur voordat u dit in die koelkas sit.
In somerweer kan gemmerbier na vyf /ses uur gedrink word.
In die winter moet agt tot twaalf uur gewag word !!!!12/10/10 ♥  .


GEMMERBIER MET JAMAIKA GEMMER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html


Elrine Van Lill 1.25 kg suiker,
8 liter water,
2 botteltjies Jamaika gemmer (Lennon),
1x 10g pakkie kits gis (groen),
Rosyntjies.
Meng als behalwe rosyne tot suiker opgelos is.
Gooi in bottels met so 10 rosyntjies in, moet nie proppe opsit nie.
Laat 24 uur staan tot rosyne bo dryf.
Gooi deur sny teesif of doek.
Bottel met proppe op en verkoel. Heerlik en maklik.*24/11/2015



OUTYDSE GEMMERBIER


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
Hettie Botha

10 liter water
7 koppies suiker
3 eetlepels fyn gemmer
1 dessertlepel kremetart
1 dessertlepel wynsteensuur
3 eetlepels suurlemoen geursel
1 groot handvol rosyne
1 koekie saamgeperste suurdeeg

Kook 2½ liter water, die suiker en gemmer saam tot suiker heeltemal gesmelt is.
Voeg res van water, kremetart, wynsteensuur, suurlemoen geursel en rosyne by.
Laat afkoel.
As mengsel liggaamstemperatuur bereik, krummel suurdeeg by.
Gooi in emmer, sit deksel op en bind 'n groot doek oor.
Laat staan vir 24 uur.
Gooi deur doek of fyn sif en bottel met 'n paar rosyne in elke bottel.


Helena Kruger
OUTYDSE GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
10 Liter koue water
1 Koekie suurdeeg
2 Eetlepels Fyn gemmer
1 Pakkie Kremetart
375 ml Pitlose rosyne
7 k suiker
1 botteltjie "Lemoen essens"
Metode:
Meng al die bestandele, roer goed todat die suiker alles opgelos is. Voeg laaste die geursel en kremetart by.
Laat staan vir 24 uur, suig deur 'n sif, gooi in bottels en plaas dadelik in yskas om koud te word RIANA!!!!!12/10/10 


GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water.
Giet in 'n vaatjie en voeg
1 kg suiker
30g kremetart
2 dungesnyde suurlemoene by.
Wanneer die mengsel afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan.
Syg deur, gooi in erdekanne of bottels en kurk toe.
Na 36 uur sal dit gereed wees vir gebruik.
"Danie" 2/4/11 



Karien Coetzee

GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
9½ liter water
¼ teelepel wynsteensuur
20 rosyne
1 teelepel kits suurdeeg
7 koppies suiker
2 - 3 eetlepels fyn gemmer
2 teelepels kremetart
2 eierwitte (styf geklits)
Metode:
Meng alles saam behalwe die eierwitte en suurdeeg.
Wanneer al die suiker opgelos is, voeg die geklitste eierwitte by en meng deur.
Strooi die suurdeeg oor en meng goed deur.
Laat staan ongeveer 24 uur.
Suig die gemmerbier deur, bottell en laat koud word.
Moenie die bottels styf vas draai nie..

Yvonne Pelster

GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
1 kg suiker
5.25 l lou water
1 Pakkie kitsgis
10 ml Jamaica gemmer
 Handjie vol rosyne
Gooi alles bymekaar en roer. Laat staan oornag. Gooi in 2 liter plastiekbottels.
Alles tesaam maak 6 liter gemmerbier.



Berie Smith

GEMMERBIER RESEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
3 koppies suiker,
3 liter kook water,
3 liter koue water,
3 teelepels Jamaikagemmer,
1 koekie saamgepersde suurdeeg en
koppie rosyne na jou smaak.
Los die suiker in die kookwater op. Gooi die koue water by en roer goed. I...ndien dit nog baie warm is, laat afkoel tot louerig. Voeg die Jamaikagemmer, rosyne en suurdeeg by en roer tot al die suurdeeg goed opgelos is. Laat staan vir ten minste twaalf ure op 'n warm plek om te gis. Moet nie die bottels se proppe toedraai nie. Die goed sal ontplof.
Dan is dit yskas toe. Dit moet eers buite staan, anders stop die gissings proses.
.


Lizette Venter

Vinnige Gemmerbier

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
Resep: 8 liter Water (kraanwater),
1/2 liter lou water,
200 ml Sweeto Gemmerbier (botteltjie) ,
1 koppie suiker,
1 koekie Suurdeeg,
+- 50 Rosyntjies.
Metode:
Krummel suurdeeg in lou water en roer tot opgelos. Gooi suiker by 8 Liter water en roer tot suiker opgelos is. Gooi Swweto by. Gooi suurdeeg mengsel by en meng goed. Gooi Rosyntjies by. Maak toe en laat staan tot rosyntjies gas begin vorm (+- 5 - 8 ure). Gooi en bottels en bere in yskas tot koud. Resep kan ook gehalveer word. Blykbaar baie lekker, reseppie by iemand by die werk gekry wat dit al gemaak het.



Cornelia Bester Vlooi

GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
Ek het ook 'n baie lekker en maklike een. Amper dieselfde as Lizette sin.
'n Botteltjie sweeto gemmierbier aanmaak koeldrank 200ml, een pakkie kitsgis, 6 eetlepels bruinsuiker en 'n paar rosyne. Gooi die sweeto en kitsgis asook die suiker i...n 1.5l water, meng goed. Verdeel die mengsel in drie dele van 500 ml elk en gooi daardie 500ml dan in 3 lee 2l bottels. Maak vol met water tot entjie van bo af. Gooi so handvol rosyne in en draai toe. Laat 2 dae staan buite yskas, sit dan in yskas tot koud. Dis baie lekker en nie te sterk nie. Mens maak dan 6l gemmerbier uit die resep!!
.


Carol Elliott Claassen

GEMMERBIER MET KRISTALLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
BESTANDDELE
Plantjie
56g bakkersuurdeeg (die blokkies)
1 koppie water
2 gelykvol teelepels suiker
2 gelykvol teelepels fyn gemmer
Kristalle
2 suurlemoene
2 koppies kookwater
2 koppies suiker
Bier
1 koppie kristalle
2 koppies suiker
2 teelepels gemmer
24 rosyne
8 koppies water
METODE
Plantjie
Sit suurdeeg in 'n glasfles.
Voeg die res van bestanddele by.
Hou die plantjie in die yskas.
Voer die plantjie vir 7 tot 10 dae elke tweede dag met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer.
Dreineer deur gaasdoek en hou die afsaksel. (Moenie die vloeistof weggooi nie!!)
Die afsaksel kan weer gebruik word. Dit word gevoed met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer (soos hierbo).
Kristalle
Neem nou die vloeistof wat jy afgegooi het en voeg die sap van 2 suurlemoene, 2 koppies kookwater en 2 koppies suiker by.
Roer tot die suiker opgelos is.
Vul aan met water tot daar 4½. liter vloeistof is.
Gooi in bottels.
Laat staan oop vir 2 uur en skroef dan toe.
Wanneer die kristalle klaar gevorm is en jy wil nie die suurlemoen water gebruik nie, kan jy jou bier maak. (Gooi dit deur gaasdoek om kristalle te bekom).
Bier
Meng al die bestandele en gooi in bottels.
Dis reg vir gebruik ná 2 dae.
.



RIA SE GEMMERBIER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html

Ek kry altyd komplimente oor die resep..word gese' dis soos hul ma/ouma dit gemaak het..

5cm stuk gemmerwortel geskil en gekneus..
kook dit vir so 10 min in 1 liter water...
voeg nog 4 Liter kouewater by...
4 kop witsuiker..
12,5 ml kremetart...
7ml bloubierpot pakkie gis..dis die groter kitsgissakkie..
handvol rosyne gekneus met pitte...’

Roer alles tot suiker gesmelt is.
Laat staan 12 ure, syg deur kaasdoek en bottel.
Voeg van die rosyne in elke bottel.
Jy kan die afsaksel/moer vir 'n volgende keer bere, as 'plantjie'.

Die volgende brousel is dan sterker wees, voeg weer alles net by die 'plantjie'..hou in yskas..
Geplaas deur: Ria N. Pieterse



No comments:

Post a Comment