Friday 15 February 2013

NIE-ALKOHOLIESE MENGELDRANKIES



NIE-ALKOHOLIESE MENGELDRANKIE
Gooi 30 ml Grenadine in ’n glas vol ys.
Vul met koue gemmerlim of limonade, meng goed en skep ’n lepel vol vars room bo-op.!!Baie lekker
[Ek dink ons noem dit die” Shirley Temple”]
Helena 19/8/10
* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html .

Helena Kruger
LEMOEN EN GRENADELLASTROOP
750ml Stroop.
1Lt Lemoensap
375ml Suiker
2/ 85g blikkies grenadella pulp.
Metode:
Verhit die sap en suiker tot suiker opgelos is
Kook vir 15min.
Gooi die pulp by
Gooi in bottles
Bere in yskas.
Verdun of gebruik as n best. Vir mengeldrankies.
21/7/10* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html .



Helena Kruger

AARBEIPONS

750 ml sterk rooibos
1 liter helder appelsap
1 liter grenadillasap
750 ml rooi druiwesap
250 g vars aarbeie
, maak 125 g aarbeie fyn en hou 125 g heel vir versiering indien vars aarbeie nie beskikbaar is nie, kan 1 blikkie ingelegde aarbeie gebruik word.
1 lemoen, sny in dun skyfies
Vars kruisementblaarjies
3 ysblokkies
METODE
1. Meng die rooibostee, appelsap, grenadillasap en druiwesap.
2. Maak 125 g aarbeie byn en sny die ander 125 g aarbeie in die helfte. Meng dit by die vloeistowwe.

3. Voeg die vars aarbeie, lemoenskyfies, kruisement blaartjies en ys by. Onthou om die ys net voor bediening by te voeg, anders raak die pons waterig. . 
Rooibosteebeheerraad * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html  .


GRENADELLASTROOP

Halveer 20 grenadellas en skep die vleis uit. 
Voeg 750ml water en
600g wit suiker
by die vleis en verhit die mengsel stadig totdat al die suiker opgelos is, roer dit gereeld.  Verhoog die hitte en verhit die stroop tot kookpunt.  Kook dit 2 minute lank sonder n deksel.  Haal die kastrol van die stoof af en roer
7ml wynsteensuur by. 

Laat die stroop afkoel.  Syg dit deur en bottel en verseel die filtraat,  Bewaar die stroop in die koelkas.  Om die grenadellastroop te skink:  Verdun dit na smaak met yswater en voeg ysblokkies by.  Versier die glase met vars kruisement as jy so voel.  Geniet dit. 
*Lekker vir later* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html .


GRENADELLABIER

8-10 grenadellas
875g wit suiker
5 liter lou water
15ml (10g) aktiewe droëgis.
Halveer die grenadellas en skep die vleis uit.  Los die suiker in die water op en voeg die grenadellavleis en droëgis by.  Giet die bier in bottels en laat dit oornag sonder die proppe staan.  Draai die proppe die volgende oggend styf vas en laat die bier ongeveer 4 ur lank by kamer temperatuur gis.  Plaas die bottels in de koelkas wanneer die grenadellapitte begin opstyg en neerdaal.  
*Lekker vir later* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html 

AARBEI JELLIEPONS VIR KERSFEES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nie-alkoholiese-mengeldrankies.html
(Trudy Muller)‎

Ek het 'n heerlike ponsresep vir Kersfees wat ek graag met julle wil deel:

Bestanddele:
3 koppies plus 4 liter water
4 koppie suiker. 
4 pakkies aarbeijelliepoeier
2 liter pynappelsap (ek gooi bessie of aarbeisap by) 
1 koppie suurlemoensap
2 liter Ginger ale of lemonade

Metode:
Kook 3 koppies water en suiker saam tot suiker opgelos is. Gooi jelliepoeier in en roer tot opgelos. Voeg pynappelsap en suurlemoensap by. Gooi nou nog 4 liter water by. Gooi in groot houer of 2 kleiner houers en vries. Haal uit 'n rukkie voor nodig. Krap dit bietjie los en gooi ginger ale in en bedien. Heerlik vir 'n warm dag.

No comments:

Post a Comment