Wednesday, 6 February 2013

GESTOLDE SLAAIE




OUMA SE BEETRING


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html

Meng 
1 blik kondensmelk en 
1 pakkie gladde maaskaas , 
voeg 1/4k suurlemoensap by! 
En 1t gelatien (reg aangemaak ;-))
gooi in ring en laat goed stol!
Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit leka beet is)
meng 1 pakkie jelly net so droog by
(ek het hier nog 1t gelatien (aangemaak) by gesit
Laat stol!!!! Dis heerlik en bietjie iets anders saam braai*
Benhet Nieuwenhuis

.
Gerdie van Zyl 
Ek het dit die naweek gemaak en my beet het net komplimente gekry. Ek het net die asyn van die beet afgegooi en toe bietjie verhit in die mikrogolfoond en die jelliepoeier eers opgelos in die warm asyn en toe die gesponsde gelatien ingeroer. Hoop dit help Armand. Die slaai is defnitief 'n wenner. Probeer gerus weer.



.

WENKE VIR FLATERVRYE GELATIEN GEREGTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
a.Week die gelatienpoeier of – velle eers ‘n paar minute in koue water.

b. Die geweekte gelatien kan dan by ‘n warm mengsel ingeroer word. Die mengsel moenie kook nadat die gelatien bygevoeg is nie. Dit smaak sleg en voorkom stolling.
c. Roer met ‘n metaal lepel sodat jy makliker kan agterkom wanneer die gelatien opgelos het.
d. Voor jy geweekte gelatien by koue mengsels voeg, moet jy dit oor kookwater smelt.
e. Roer altyd eers van die koue mengsel by die opgeloste gelatien in. Moenie die gelatien regstreeks by die mengsel voeg nie.
f. Kook pynappel, papaja en vye voor jy dit met gelatien meng.*26/8/12*
*Kos vir kampeerders met idees vir kampering*



GESTOLDE PIESANGSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1pk Suurlemoenjellie
1 k Mayonaise
1 k Kondensmelk
l t Mosterd
6-8 Piesangs


Los jellie in 1 kookwater op.
Sny piesang in skyfies en gooi by jellie sodat almal bedek is.
Meng kondensmelk, mayo en mosterd.
Voeg by jellie, meng goed en gooi in bak of vorm.
Plaas in yskas tot gestol.* 




KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE -SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1 Groen Jellie[greengage]
1+1/2e Gelatien
1k Kookwater
1/2k Koue water
Smelt jou jellie in die kookwater en voeg die kouewater by
Laat afkoel
Rasper 2 Komkommer en 1 gekapte klein uitjie en plaas in jou vergietis om die vog te laat dreineer
Wanneer die Jellie mengsel afgekoel het
Voeg by:3/4k Gerasperde Kaas
1/2k Fyngekapte Pynappel
3 e Asyn
2e Mayonaise
Gerasperde komkommer
Gekapte uitjie


Meng alles en gooi in n nat vorm en plaas in jou yskas om te stol
Ontvorm en versier soos jy wil !!!!HELENA KRUGER 6/12/11
N.S Ek het nie die komkommers geskil nie !!  .*

Helena Kruger

                                                    Foto>Boonste resep> Helena Kruger


Komkommer-slaaivorm

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html

Dis maklik en vinnig om te maak en behoort by almal byval te vind.
1 groot Engelse komkommer
pakkie (80 g) suurlemoenjellie
250 ml kookwater
15 ml gerasperde ui
125 ml gekapte dille komkommertjies
125 ml gekapte rooi of geel ontpitte soetrissie
250 ml appelkoos-jogurt
Rasper die komkommer met skil en hou eenkant. Los die jellie op in die kookwater en laat effe afkoel.
Berei 'n ringvorm deur dit met kleefwerende sproei te spuit.
Meng al die bestanddele en giet in ringvorm. Plaas in yskas tot gestol.
Ontvorm op opdienbord en garneer na smaak. .**
Berie Smith

GESTOLDE HASELNEUT- EN MARSCAPONE-GROENTEVORM

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html

(Berei reeds vorige aand voor)
100g McCain Carrots Julienne
100g McCain Broccoli Cuts
150ml seldery, dun en diagonaal gesnipper
10g (1 koevertjie) gelatien
180ml verhitte groente- of hoenderaftreksel
45ml koue water
250g Marscaponekaas
1–3 huisies knoffel, gesnipper
100g haselneute, gerooster en velletjies afgevryf
4 heel sprietuie, dik gesny
125ml basiliekruidblare
geurmiddels: kruiesout en gemaalde swartpeper na smaak

Berei McCain groentes voor volgens aanwysings op verpakking en plaas in mengbak. Sny groter groentes kleiner sodat dit eenvormig is. Blansjeer seldery, voeg by groentes en sit opsy. Laat gelatien in koue water spons en voeg dit dan by warm aftreksel. Roer tot opgelos en sit opsy. Verwerk res van bestanddele (hou ‘n paar neute uit vir garnering) tot syglad. Voeg mengsel by groentes, giet gelatienmengsel in en meng goed. Voer ‘n klein broodpannetjie (of ander geskikte houer) uit met kleefplastiek, spuit met olyfoliesproei en plaas mengsel daarin. Laat 4 uur in yskas staan of tot dit ferm is. Dop uit op ‘n bord, verwyder plastiek en garneer. Bedien as voorgereg met Melba roosterbrood of met ‘n kraakvars slaai en volgraanbroodjies as ‘n ligte maal.

GESTOLDE TUNAGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html

Hierdie reseppie is dood maklik om voor te berei.
Maak dit sommer drie dae voor die tyd, en hou in yskas tot benodig.
Bestanddele.
3 Blikkies Tuna (in water)
1 Groterige ui. Baie fyn gekap.
3 Gekookte eiers, fyn gekap.
4 Klein agurkies, fyn gekap.
1 Koppie Mayonaise.
1 Koppie kookwater,
1 Pakkie suurlemoenjellie.
1 Teelepel gelatien.
Varsgemaalde Swart peper.

Metode.
Dreineer die tunavis.
Los Jellie en ekstra gelatien in kookwater op.
Meng al die bestanddele, maar vou mayonaise laaste in.
Maak vorms of houers eers nat voor mengsel ingegiet word.
Stol in klein kelkies of een groot ring.
Genoeg vir plus/minus 25 kelkies
Bedien op vars slaaiblaar met pietersielie en klein tamaties vir garnering.



 

                                                     Foto >Helena Kruger


Gestolde wortel slaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html

3 x Koppies fyn gerasperde wortels
'n knippie sout
125ml suiker
125ml vars room
1 x blik 410gr fyn pynappel moes
1 x pakkie lemoen of pynappel Jellie

Metode;
Sif pynappelmoes, hou sap eenkant
Meng wortels/sout/ suiker en pynappelmoes saam in 'n mengbak, verseel en sit eenkant,
Vul pynappelsap met water tot 250ml en giet in kastrol en kook/ gooi jellie poeier in terwyl dit voordurend geroer word totdat al die jellie gesmelt het, haal af van stoof en laat dik word maar nie gestol nie, roer by mengsel en klits apart die room totdat dit dik is. Meng room saam met die mengsel en plaas in yskas tot heeltemal gestol.




GESTOLDE MAAS- KAASSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1 x 80g-pakkie groenpruimjelliepoeier;

250ml kookwater;
1 x 440g-blik fyn pynappel (1 blik);
30ml asyn;
125ml joghurt;
100g korrelrige maaskaas (100ml);
50ml pietersielie, fyn gekap;
knippie rooipeper.
*Los die jelliepoeier in die kookwater op.
Dreineer die pynappel en behou die stroop.
Voeg genoeg water by die pyn appelstroop om 200ml te maak.
Voeg die pynappel stroop by die jellie.
Verkoel die jellie totdat dit begin stol.
Voeg die pynappel en die res van die bestanddele by.
Meng alles goed saam.
Gooi die mengsel in 'n vorm wat liggies met olie besmeer is.
Verkoel dit tot dit gestol het en keer dit uit op 'n bord.*
Berie Smit

.
GESTOLDE ASPERSIE- SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1 x 80g-pakkie suurlemoenjellie;

200ml kookwater;
125ml koue water;
12,5ml suurlemoensap;
25ml mayonnaise of suurroom;
75g laevet-maaskaas (75ml);
sout en swartpeper na smaak;
75ml joghurt;
250ml aspersies, fyn gekap;
125ml gaar ertjies;
125ml appel, gekap;
pietersielie en suurlemoenskyfies vir garnering.
*Los die jelliepoeier in die kookwater op.
Laat afkoel.
Voeg die koue water, suurlemoensap, mayonnaise of suurroom, maaskaas, sout en peper en joghurt by.
Meng goed.
Verkoel die mengsel totdat dit begin stol.
Voeg die aspersies, ertjies, en appel by die jelliemengsel en meng goed.
Spoel 'n vorm met koue water uit.
Gooi die mengsel in die nat vorm en verkoel dit totdat dit gestol het.
Keer dit uit op 'n bord en garneer dit met pietersielie en suurlemoenskyfies.

.
BEVRORE PYNAPPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
220g ingemaakte fyn pynappel ('n halwe x 440g-blik);

2 eiers, geklop;
100g suiker (125ml);
50ml suurlemoensap;
50ml water;
knippie sout;
500ml ongeskilde appel, gerasper;
50g neute, gekap (125ml);
250ml room, styf geklop.
*Verhit die pynappel, eiers, suiker, water, suurlemoensap en sout oor lae hitte totdat dit begin verdik.
Laat afkoel.
Roer die appel en neute by.
Vou die geklopte room in.
Gooi die mengsel in 'n vorm.
Bevries dit totdat dit styf is.
Laat staan dit tien minute lank by kamertemperatuur en sny dit in blokkies.
Bevries dit weer.
Wenk: Die slaai hou weke lank goed in die vrieskas.

.
Gestolde Hoenderslaai Supreme.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
500 ml gaar gekapte County Fair Hoenderborsies

375 ml tamatiesop
20 ml gelatien
125 ml gekapte komkommer
125 ml warm water
125 ml ingedampte melk
60 ml mayonnaise
sout en peper
blaarsaai klein kersie-tamaties
gestopte olywe en pietersielie klein gekleurde piekeluitjies skyfies suurlemoen

Metode:
Meng die melk en sop deeglik.
Los gelatien in die warm water op en voeg dit by die sopmengsel.
Voeg die oorblywende bestanddele by.
Gooi in mooi vorm en verkoel tot gestol.
Opdiening:
Rangskik skoon kropslaaiblare op 'n plat ronde bord.
Keer nou gestolde slaai uit vorm en plaas versigtig bo-op slaaiblare in die middel van die bord.
Garneer nou volgens keuse met bestanddele om dit 'n mooi aantreklike voorkom te gee.
Dien op in skywe met brood en kaas-poffertjies.
Perskeroom met brandewyn kan as nagereg voorgesit word.
.


Berie Smith
Gestolde Klapper slaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat
Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies..



Gestolde Aartappelslaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
600ml tamatiesop
15g gelatien (25 ml) - geweek in
50ml koue water
5g sout (5 ml)
500mg peper (1 ml)
12,5ml druiweasyn
5g bruinsuiker (5 ml)
400g gaar aartappelblokkies (500 ml)
fyngekerfde slaaiblare
pietersielie
Metode:
Verhit die tamatiesop tot kookpunt en voeg die gelatien by. Roer die sout, peper, asyn en suikr by totdat opgelos.
Skep die helfte van die gelatienmengsel in `n klam vorm en plaas in `n koelkas totdat dit begin stol.
Skep die aartappelblokkies hierop en giet die res van die gelatienmengsel oor. Laat in die koelkas totdat dit gestol
het en keer uit op n bord gevoer met fyngekerfde blaarslaai. Garneer met pietersielie, 600ml tamatiesap of - moes,
berei van vars tamaties, kan gebruik word ipv
die tamatiesop. .


GESTOLDE BEETSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
3 bete
80g braamjelliepoeier
25ml asyn
sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir garnering
Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is. Dreineer dit, maar behou 375ml van die
water waarin die beet gekook is. Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou
dit eenkant. Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol. Vryf
intussen die beetskille af en rasper die beet. Roer die beet by die jellie wanneer dit begin
stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm. Verkoel dit totdat dit gestol het. Ontvorm dit op
slaaiblare en garneer dit mayonnaise..


AVOKADO SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1 groot avokado, fyngedruk 1 pakkie suurlemoenjellie
375ml kookwater 1 klein gerasperde ui
25ml mayonnaise
Maak suurlemoenjellie aan met die kookwater. Voeg avokado, ui en mayonnaise by.
Meng goed en laat stol. .


Komkommer-mousse

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
125 g roomkaas
175 ml jogurt
½ Engelse komkommer
15 ml suurlemoensap
15 ml gelatien
125 ml hoenderaftreksel
sout
witpeper
Sous:
250 ml jogurt
30 ml mayonnaise
sout
witpeper
30 ml varsgekapte dille
Klop die kaas en jogurt saam tot dit glad is.
Rasper die komkommer en voeg saam met die suurlemoensap by die kaasmengsel.
Sprinkel die gelatien oor die aftreksel en roer tot dit opgelos is. Gooi by die komkommermengsel en roer goed.
Proe vir sout en peper.
Gooi in jou vorm/s en plaas in die yskas tot dit gestol is.
Vir die sous meng bloot al die bestanddele goed saam.
Vir opdiening gooi jy die sous in 'n bordjie en plaas dan die gestolde mousse daarin. Garneer met komkommer.
Gebruik dit as 'n bykos of bedien dit as 'n vingerete saam met beskuitjies of roosterbrood.





Mosterdring

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
4 eiers,
250 ml water,
125 ml asyn ,
140 g bruinsuiker (175 ml),
15 ml gelatien,
15 ml mosterdpoeier,
2 ml droë borrie ,
1 ml sout ,
250 ml room, geklits.
Klits eiers in boonste deel van dubbelkastrol. Voeg water en a...syn by terwyl aanhoudend geklits word. Meng suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout. Roer suikermengsel by eiermengsel. Roer oor kokende water tot mengsel begin verdik. Laat afkoel tot louwarm. Vou room in mosterd mengsel in. Giet in 'n ringvorm wat met koue water uitgespoel is. Plaas in yskas om te stol. Ontvorm en bedien saam met gemengde mosterdpiekels. Plaas dit op 'n mooi glasbord en versier met slaai. .


GESTOLDE WALDORF SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
Elsie Dreyer
1 pakkie Groen jellie opgelos in 1 koppie kook water, laat afkoel.
1/2 koppie mayonnaise
1 1/2 to 2 koppies gekapte appels.
3 eetlepels suurlemoen sap
1 koppie gekapte seldery
1/2 koppie gekapte neute...ek gebruik wat ek in my kombuis het....
2/3 koppie geklopte room of wat julle ookal daar kry.
Meng die mayonnaise en jellie saam en verkoel tot amper gestol.
Meng appels met suurlemoen sap...meng seldery en neute by appels..
Voeg geklopte room by Jellie en mayonnaise en meng in by appel mengsel
gooi in n 12 x 9- slaaibak (gesprei met Cook & Spray) en verkoel goed. sny in skywe en sit voor op enige groen slaai blare....Heerlik en mooi vir die Kerstafel Ek gebruik Rooi appels, dit gee kleur aan die slaai want dit word nie geskil nie.....Geniet 5/12/11
* .

GESTOLDE APPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
2 pakkies greengage jellie

2 kop kookwater
1 teelepel gelatien (opgelos in bietjie koue water oor beker kookwater)
6 Granny Smith appels, grof gerasper
1 blik grenadilla moes
1 blik fyn pynappel(sonder stroop)
Maak jellie aan met kookwater en laat effens afkoel.
Voeg res by en laat stol.*
.



Appel- en Pynappel vorm slaai

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
julle hier is 'n heerlike Appel en Pynappel vormslaai reseppie saam met braaivleis. Het dit ook as deel van my kersete hierdie jaar gemaak vir die groen en rooi tema lol
(Heeeeeeerlik saam met braaivleis)
2 pakkies groen jellie
1½ koppie kookwater
1x 439g blik tertappels
1x 439g blik fyn pynappel
2eetl asyn
Sout

Los die jelliepoeier in die kookwater op.
Laat dit afkoel en voeg dan daarby die appel, in groterige stukke gesny, die pynappel en pynappelstroop, die asyn en die sout.
Skep die mengsel in ‘n “met olie gesmeerde” ringvorm met ‘n inhoudsmaat van omtrent 1 liter. Ontvorm dit wanneer dit gestol het en sit dit voor op vars slaaiblare.

Garneer met pynappelringe en mooi gesnyde dwergkomkommers of snoep tamatietjies
**
Linda Hanekom.*.


KOMKOMMERVORM

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
Dora du Plessis van Bloemfontein het hierdie vinnige resep by haar ma gekry. "Dis al hoe ek nou van komkommerslaai hou," se sy.

2 middelslag-komkommers
1 pakkie (80 g) pynappeljelliepoeier
250 ml kookwater
1 houertjie (175 ml) pynappeljoghurt
stukkies pynappel vir garnering (opsioneel)


Skil en rasper die komkommers grof. Laat dit in 'n vergiettes goed dreineer.
Maak die jelliepoeier met die kookwater aan. Laat dit afkoel tot dit dik is en net-net wil stol. Klits dit dan tot skuimerig. Vou eers die joghurt en dan die komkommer liggies daarin.
Giet die mengsel in 'n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Laat dit in die koelkas stol.
Ontvorm die slaai op 'n mooi slaaibord en garneer dit met pynappelstukkies.
Lewer 6 tot 8 porsies.

.
AVOKADOPEER RING 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gestolde-slaaie.html
1 pakkie groen of geel jellie
250ml kookwater
2 groot, ryp avokado’s
15ml suurlemoensap
sout en peper
10ml mosterdpoeier
160ml asyn
1blik kondensmelk
1/2 ui, fyngekap
SO MAAK JY:
Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.*

Tiana Botes >Bron: Watertand resepte vir oud en jonk 
.

No comments:

Post a Comment