Saturday 2 February 2013

GROENTE PASTEIE




PUMKIN PIE SOUFFLE
8 eggs, divided
2 cups pureed butternut squash
4 tablespoons melted butter
¼ cup honey
¼ teaspoon salt
2 teaspoons cinnamon
1/8 teaspoon ground cloves
1/8 teaspoon ground cardamom
¼ teaspoon ground ginger

Preheat oven to 350[180*c] degrees.
Separate egg yolks and whites.
Place whites in mixing bowl and yolks with cooled pumpkin puree.
Whip egg whites until light and fluffy.
Combine egg yolks, squash puree, melted butter, honey and spices.
Mix well.
Fold in egg whites gently.
Pour into a deep dish pie plate with optional crust.
Bake for 55 minutes for deep dish 30 for regular.
The middle should still jiggle slightly .
 Let cool, then slice and serve. Keeps five days in the fridge.*
goodlookingcook**
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pasteie.html



Helena Kruger
Pampoen pastei by Braai
Butternut soos nodig in blokke gesny sag gekook nie pap nie
Bruisuiker
Gooi pampoen in groterige vierkant bak.
Gooi ruim bruisuiker oor.
Meng nou :
Bruismeel knippie sout en Room
500gr en 2x room.
Deeg moet slap wees
Gooi oor pampoen
Bak 180c vir 1uur Kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pasteie.html


Maré Nieuwoudt
Pastei met geroosterde eiervrug en olywe
KOS & ONTHAAL
Probeer dié watertand-resep – jou gaste sal beslis beïndruk wees.
Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 1 uur
Baktyd: 20-30 minute
Oondtemperatuur: 190 °C
• 2 eiervrugte, in blokkies gesny, gesout en afgespoel
• 1 rooi-ui, opgesny
• olyfolie
• 125 ml swart olywe, ontpit en middeldeur gesny
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 blik tamatiepuree
• 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 3 ml droë origanum
• ’n hand vol gesnipperde vars basilie (of 10 ml gedroog)
• 2 rolle skilferdeeg
• 1 eier, liggies geklits
• 30 ml gerasperde parmesan
1 Pak die eiervrug en ui op ’n bakplaat en drup olyfolie oor. Roer deur om te bedek. Rooster in die verhitte oond vir 15 minute. Haal uit die oond en roer deur. Voeg die olywe by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit terug in die oond en rooster vir nog 20 minute of tot sag en bruin. Haal uit die oond en laat afkoel.
2 Terwyl die groente in die oond is, verhit ’n dun lagie olyfolie in ’n kastrol en voeg die knoffel by. Braai oor ’n matige hitte vir ’n minuut of twee tot geurig. Voeg die tamatiepuree, soetrissie en droe¨ kruie by. Laat vir 15 minute sonder ’n deksel prut en roer nou en dan. Geur met ’n knippie suiker, sout en varsgemaalde swartpeper. Die mengsel is reg wanneer dit ingekook en verdik het. Roer die vars basilie by, haal van die plaat af en laat afkoel.
3 Sny een rol deeg in ’n netjiese reghoek en sit dit op ’n bakplaat. Of sny die deeg in twee of vier kleiner reghoeke om kleiner pakkies te vorm. Verf die geklitste eier oor die rande. Smeer die tamatiesous oor die deeg, maar hou die rande skoon. Skep die geroosterde groente bo-op en sprinkel parmesaan oor.
4 Sny die ander rol deeg in 1 cm-repe. Pak die repe in ’n oorkruispatroon oor die groente. Druk die kante met ’n vurk vas om dit te seël. Verf geklitste eier oor en bak in die oond teen 200 °C vir 20 tot 30 minute of tot goudbruin. - idees.co.za http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pasteie.html


Estelle Campher Lizette,
KOOLPASTEI
ek maak 'n heerlike koolpastei. Dit moet so ongeveer 45 minute in die oond bak, maar dis heerlik.
Sny 'n stuk kool fyn. Klits eiers, melk, 2 el meiziena, broodkrummels, en jou sout, peper, en ander speserye as jy wil en bak by 180C. Ek het nie hoeveelhede nie. maak dit sommer uit my kop uit. Die broodkrummels is opsioneel, maar maak dit lekker.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pasteie.html


Jolindie van Biljon
MURGPAMPOEN PASTEI
SARIE KOS des.2011
4 porsies
1 vel blaardeeg
100 g gladde maaskaas
80 g pecorino-kaas, fyngerasper
4 groot murgpam-poentjies, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 200 °C. Sit blaardeeg op ’n uitgevoerde bakplaat. Vou rande van deeg so 2 cm na binne. Smeer maaskaas oor deeg. Sprinkel helfte van pecorino-kaas oor. Meng murgpampoentjies, knoffel en olyfolie in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Rangskik murgpampoentjie-skyfies bo-op maaskaas en sprinkel res van pecorino oor. Bak vir 45 minute totdat deeg gaar is. Sit warm voor http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pasteie.html

No comments:

Post a Comment