Saturday 2 February 2013

MAALVLEIS PASTEIE

MAALVLEIS PASTEIE

<Foto >Helena Kruger
Herderspastei













VOETSPORE SE HERDERSPASTEI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html

Uie en knoffel
500gr maalvleis
2 tot 3 pakkies tamatie puree
Gedroogte kruie, origanum, roosmaryn, tiemie
1 koppie rooiwyn
2 eetl bruinsuiker
sout en peper
Metode:
Sit die Gietysterpot bo-op vuur, braai uie en knoffel, voeg vleis by, en braai tot bruin.
Voeg die tamatie, kruie, wyn, suiker en sout by, roer goed.
Maak intussen kapokaartappels met bakpoeier, melk of room, en parmasaankaas, of enige kaas wat jy byderhand het, pak dit bo-op die vleis in die gietysterpot.
Sit deksel op, en pak gaar kole bo-op deksel.
Laat so staan vir 20 minute.
Haal deksel af, en geniet dit!*
Elda Lombard


Henriette Wessels

Lekker vleispasteitjies met 'n skons-tipe degie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
Maak maalvlies gaar met chutney, uie ens...
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in
skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.
                                         MAALVLEISPASTEI>>Helena Kruger 07/08/2015




VINNIGE MAALVLEISPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
1kg Maalvleis       
500ml Water
125ml Brood  
25ml Asyn
10ml Sout       
1ml peper
2ml Fyn naeltjies
2 Lourierblare
KORS
1 Eier 
125ml Olie
250ml Meelblom
10ml Bakpoeier
125ml Melk     
2ml Sout
METODE
1. Voorverhit oond tot 180C
2. Kook vleismengsel 5 min, en verwyde lourierblare
3. Gooi in gesmeerde vleisskottel
4. Klits eier, olie en melk saam
5. Sif meelblom, bakpoeier en die sout by
6. Meng meelmengsel met eier mengsel
7. Gooi die kors bo-op die vleis
8. Bak 30 min of tot goudbruin verkleur .


                                        MAALVLEISPASTEI.>>Helena Kruger> 07/08/2015


 
                                  MAALVLEISPASTEI >>Helena Kruger >07/08/2015
 



HERDERSPASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
1 ui, fyn gekap
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel
olie
60 ml gladde maaskaas
500 g maalvleis
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
50 ml suurroom
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml cheddarkaas, gerasper
10 ml worcestersous
paprika
30 ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
Voorverhit oond 180 grade. Bespuit oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer ui in olie tot sag. Voeg maalvleis by, roerbraai tot gaar. Voeg tamaties by, geur met sout en peper. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van hitte en voeg broodkrummels en eier by en meng goed. Kook aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn.
Voeg maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van maalvleis en aartappels in voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank**
Sanchen Grobler*.


Helena Kruger
MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
1 dik sny brood, korsies verwyder Bietjie melk
sout en peper na smaak

 5 ml koljander
37,5 ml asyn 

500g maalvleis
1 tamatie

 3 repies spekvleis
50 ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep kors oor vleismengsel.
Kors:
2 eiers 

125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter 

125 ml gaar rys
125 ml meelblom 

5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC Kosmater








Herderspastei

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis sonder vet
500 ml sagte broodkrummels
250 ml melk
1 eier
1 medium ui gekap
1 knoffelhuisie gekap
10 ml sout
knippie peper
5 ml Aromat
25 ml Worcestersous
50 ml blatjang
4 medium aartappels
Metode
Meng al die bestanddele, behalwe blatjang en aartappels
Druk liggies in ‘n gesmeerde oondskottel
Bak een en ‘n half uur by 160 grade C
Maak intussen van die aartappels kapokaartappels
Smeer die blatjang oor die vleis en skep die kapokaartappels bo-op en maak met ‘n vurk ‘n growwe oppervlak.
Bak in ‘n warm oond totdat die aartappelpuntjies ligbruin is. **
Helena Kruger



Herderspastei met botterskorsiebolaag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
Spogresepte se resep

6 porsies
Bestanddele:

10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat
Metode:
1. Verhit die olie in groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
2. Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
3. Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
4. Roer die groente by en geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 180?C.
6. Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ? bietjie water tot gaar. Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk. Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
7. Skep die vleis in oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor. Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin..**
Marlé Buysse
.
HERDERSPASTEI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
30ml sonneblom- of olyfolie

1 groot wortel, in klein blokkies gesny
1 ui, fyngekap

1 selderystok, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
650g beesmaalvleis
2 tamaties, in blokkies gesny
10ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500ml beesvleisaftreksel
30ml mielieblom 50ml water
KAPOKAARTAPPELS
8 groot aartappels, geskil 60ml botter
150ml warm melk sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olie in 'n kastrol. Braai die wortel, ui, seldery en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai totdat die vleis los is en nie meer pienk nie. Gooi die gekapte tamaties, gemengde kruie en beesvleisaftreksel by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut vir sowat 30 minute. Verdik die sous deur die mielieblom met die water te meng. Voeg by die vleismengsel en laat kook tot dik. Gooi die vleismengsel in 'n oondbak van 30 x 25 cm of in klein individuele bakkies. Verhit jou oond tot 180C. Kook die aartappels tot sag vir die kapokaartappels en dreineer. Druk dit fyn en voeg die botter by. Meng die botter deur en voeg die melk by. Meng goed en geur met sout en peper. Skep die kapokaartappels bo-op en bak in die warm oond vir 30 minute. Lewer 4 porsies12/3/13 .**
Janine Mostert



Geurige maalvleispastei:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maalvleis-pasteie.html
15ml olie

350g maalvleis
1 ui fyn gekap
1 knoffelhuisie gekneus
1 selderystingel gekap
1 wortel gerasper
100g sampioene in skyfies gesny
30ml tamatiepuree
10ml kerriepoeier
15ml meel.

Bolaag:
250ml ongegeurde jogurt;
2 eiers geskei;
50ml meel;
50ml gerasperde cheddarkaas;
sout en peper na smaak.

Verhit olie en braai vleis stadig bruin in kastrol. Voeg ui, knoffel, seldery en wortel by en roer braai tot glansend. Meng meel, vleisaftreksel, tamatiepuree en kerriepoeier saam en roer by. Voeg sampioene ook by. Skep mengsel in gesmeerde bak. Berei bolaag: Roer jogurt tot glad en voeg eiers by. Roer koekmeel by tot glad. Voeg nou die kaas by. Geur na smaak met sout en peper. Giet vloeistof oor maalvleismengsel in oond bak. Bak in voorverhitte oond teen 160g vir so 30 minute of totdat bolaag gestol het en goudbruin is. (Jy kan altyd bietjie meer kaas ook oor gooi met 'n titseltjie rooipeper).*12/3/13..**
Moira Botha Dyer

No comments:

Post a Comment