Saturday 2 February 2013

WILDSPASTEIE



WILDSPASTEI
Pastei-Kors
1 eier
125ml olie
125ml melk
1k meel
2t bakpoeier
2ml sout
Klits eiers,olie en melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Meng eiermengsel in jou meelmengsel en gooi oor pastei [moenie te styf wees nie]
Sny uie ringe en pak bo-op pastei en sprinkel bietjie Paprika bo-oor
Bak in voorverhitte oond 180*C vir so 25min tot mooi bruin*21/6/12 Helena Chilli Kruger*
— at Die Grasdak Bultfontein.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html





Susan Koster

Blesbok pastei met my weergawe van lui huisvrou pastei. Het dit vir midddag ete gemaak.26/5/13


Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak “in die deeg in”. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is. Kotie Wagenar !!!!!!12/10 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html



KAMMA WILDSPASTEI
(Gekry by Rina J v Rensburg van Stilfontein)
2kg Stowe beesvleis sonder vet
100 g Varkspek, gesnipper
75 ml Asyn
75 ml Worcestersous
15 ml Sout
10 heel Kruienaeltjies (Nie die bees se naels nie!....)
50 ml Water
Swart peper na smaak
Plaas alle bestanddele in die drukkoker en stoom vir 50 min todat die vleis van die been afval. Verwyder bene en naeltjies en maak vleis fyn. Prut gewoonweg vir 15 min.
Pasteikors
1 Eier
125 ml Melk
125 ml Kookolie
375 ml Koekmeel (1½ k)
¾ tlp Bakpoeier
Knippie sout
Meng alle bestanddele. Skep vleis in gesmeerde bak en skep kors bo-op. Bak vir 20 min by 200ºC.*
Dalene Brits  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html

SAPPIGE WILDSPASTEI
Rapport boekie – Aletta Linvelt
Ek is seker jy kan eers die boud net so bedien en dan ‘n lekker pastei maak van die vleis wat oorbly
Sit ‘n 1kg wildsboud saam met ‘n hele knoffelbol, ‘n groot wortel, twee kopies vleisaftreksel en 1 koppie rooiwyn in ‘n oondbak, bedek en bak in die oond teen 110°C vir 6 ure. Trek die vleis van die been en meng met ¼ koppie van die aftreksel.
Meng ½ pakkie spek opgesny en twee koppie gekapte sampioene en braai lekker bruin. Meng alles saam en skep in ‘n oondbak.
Bedek met ontdooide blaardeeg en bak vir 30min teen 180°C. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html 


Wildspastei
Marietjie Koekemoer Swanepoel

Boudvleis is effe te droog vir pasteimaak. Gebruik wildsskenkel selfs rib of nek. Kook die vleise op met lamsskenkel in soutwater. Geur met bruin asyn, witpeper, heel naeltjie ( so 3) en gerasperde heel neut. Ek skroei koljandersade en maal dit dan saam met 'n korrel of 5 pimento. Voeg by. Wanneer die vleise van die been afgekook het, flok dit en verwyder alle beentjies. In Leipoldt se boek word daar verwys na garingvleis. Jou vog moet nie te veel wees in jou eindproduk nie, anders kook die deur jou kors. Vir die kors kan jy self een maak van bruismeel, sout, gerasperde botter en as vog yskoue sodawater en 'n skoot brandewyn. Rol 3x uit, sit in yskas in tussenposes. Of andersins, koop een. Bak jou pastei teen 180grade C vir ongeveer 50 min tot die kors bruin en bros is. Bedien met droëvrugte wat oornag geweek is in portwyn, 'n droë lemoenskil en kaneelstok. Voeg n hoogvol telepel vlapoeier by wanneer jy die opkook. Wonderlike metgesel. Asook vars groen ertjies. Kweper natuurlik komplimenteer wildsvleis gunstig. Hierby die kors foto. Stuur nou 'n foto van die wilsdpastei aangesien ek net een kan aanheg.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html 

WILDSPASTEI

(Bedien 10-12)
1.5 kg wildsblad of -boud
375-500 ml karringmelk
125 g swoerdlose spek, gekap
2 e botter
1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
500 g skaapskenkels, in 25 mm-skywe gesaag
2 e koekmeelblom
1 t sout
vars gemaalde swartpeper
1 heel ui, geskil met 5 naeltjies daarin gesteek
2 lourierblare
2 t fyn koljander
2 k aftreksel, verhit
1 k rooiwyn
400 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Marineer die wildsblad of boud in karringmelk vir een dag in die yskas. Druk vleis droog en gooi karringmelk weg. Sny dit in 25-mm blokkies.
Braai spek in verhitte botter of olie tot bros en skep uit. Braai gekapte ui in dieselfde kastrol tot sag saam met die knoffel. Skep uit. Voeg ‘n bietjie olie by en braai lamskenkels in dieselfde kastrol tot goudbruin. Skep uit.
Bedek die stukkies wildsblad of boud met koekmeelblom en braai ‘n paar stukkies op ‘n keer tot goudbruin. Voeg lamskenkels, spek en uie by wildsvleis in kastrol. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper, en voeg die heel ui met naeltjies by. Voeg ook die lourierblare en koljander by, gevolg deur aftreksel en rooi wyn. Verhit tot kookpunt, verlaag temperatuur en bedek met ‘n deksel. Laat prut 3-4 uur, of tot die vleis sag is en van die bene afval. Laat afkoel en verwyder bene en heel ui. Vlok vleis. Prut die sous totdat dit dik is. Laat afkoel.
Meng sous by die vleis soos verlang, skep in ‘n groot pasteibak en versier met deegrepies. Prik deeg met ‘n vurk. Verf met geklitste eier en bak 15 minute by 230°C. Verlaag temperatuur tot 180°C, en bak nog 30-35 minute. Bedien met gestoofde droëvrugte. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html 

Rene Truter Wessels

WILDSPASTEI.

1 kg fyn afgekookte wildsvleis
3 koppies vars broodkrummels
½ koppie rou sago
7 ekstra groot eiers, geskei
2 groen rissies, ontpit, in blokkies gesny
2 middelslag uie, gerasper
150 ml tamatie puree
50 ml peperwortelsous
7 ml sout
10 ml bruinsuiker
Pietersielie na smaak
2 blikkies geroomde sampioen sous.
50 ml droe mostertpoeier
2 ml kremetart
Week die sago 30 minute lank in 250 ml koue water
Voor verhit die oond tot 180 drage Celsius
Berei n 2-L oondbak voor[smeer]
Meng die vleis[afgekoel wees] broodkrummels saam
Voeg die eiergele by, dan die sago
Voeg by smoor uie en soet groenrissies
Voeg by tamatie puree, peperwortelsous sout, suiker, pietersielie, geroomde sampioene.
Meng die vleismengsel liggies deur
Meng die die mosterdpoeier met n bietjie water om n pasta te vorm. Gebruik die helfte in die vleismengsel.
Skep in bak en bak vir ongeveer ½ uur of tot ligbruin van bo.
Klits die eierwitte en kremetart styf en voeg die res van die aangemaakte mosterd by. Klits goed tot gemeng en smeer oor die vleislaag. Plaas terug in die oond totdat die bo-laag ligbruin is. uit Ma Susie se boekie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wildspasteie.html 


No comments:

Post a Comment