Tuesday 26 February 2013

JODE-TERTE / VLA-TERTE




JODETERT
Henriette Wessels
Kors
:
3 eetl botter
1 kop Suiker
Klits tot romerig
2 eiers
2 ½ kop koekmeel
2 teel bakpoeier
2 ml sout
Meng alles saam. Verdeel jou deeg in 5 ewe groot stukke en een Klein stukkie. (Ek rol dit soos 'n wors en is Dan maklik om te verdeel).
Druk met die hand jou deeg in laagkoek panne (as jy net 2 het bak 2 op 'n slag) en bak teen 180°c vir 7 minute tot ligbruin. Laat eenkant afkoel
Vulsel
1 liter melk
1 ½ kop suiker
3 eiergele
4 ½ eetl maizena
1 Teel Vlapoeier
1 teel Vanielje Geursel
Kook die melk.
Klits eier, maizena, suiker, vlapoeier apart om pasta te vorm
Voeg stadig by die melk wat kook en roer om klonte te vermy
Kook tot die 'n lekker dik pap vorm en roer vanielje in as jy dit afhaal
Deel jou deeg sommer so met lyne wat jy met die lepel in jou pot Bo-op trek ook in 5 (dis maar net om te verseker jou vulsels is eweredig deur die lae.
Laat effe afkoel werk net makliker en koek "slide" nie
Sit Dan een kors neer, smeer vulsel oor, Dan weer kors en so gaan jy aan tot jy al 5 jou korse gebruik het. Eindig met vulsel.
Krummel Dan die ekstra Klein stukkie oor die vulsels as versiering.
Laat staan om heeltemal af te koel en dat die kors net lekker sag word van die vlavulsel. Bedien!
Ek bere myne in die yskas veral as dit baie warm is!
N.S>Onthou die kors is sag as jy dit uit die oond haal...word dan hard (gereed v uitkeer) en dan word dit weer sag na dit in lae gepak is met vla. As hy een dag staan is hy op sy lekkerste. Hoop almal verstaan dit nou xxx
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html


Louise Groenewald
JODE-TERT
1 eetlepel botter
¼ koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
1½ koppie meelblom
Klits die botter en suiker tot room. Voeg die eiers ná mekaar by. Voeg droë bestanddele by om ‘n rolbare deeg te vorm. Rol baie dun uit en verdeel in vyf ewe groot ronde skywe. Bak in 375 grade tot gaar.
Vulsel:
2½ koppies melk
2 eetlepels meelblom
½ koppie suiker
1 teelepel vanielje
2 eiers
Verhit die melk tot onder die kookpunt. Klits eiers en suiker deeglik en voeg die meelblom by. Voeg eiermengsel by die melk en roer tot dik. Kook 2 minute. Voeg vanielje by. Laat koud word. Sit lae opmekaar met vulsel tussenin. Bedien die volgende dag.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html




JODETERT
Vanessa Wilkinson McLaren
 Klink na 'n Jodetert, Yolanda. Hier is my resep wat ek by my skoonmoeder gekry het - heerlik: JODETERT
1 blik kondensmelk
125ml room, styf geklits
100ml suurlemoensap
 1 pak Marie beskuitjies
500ml dik louwarm vlasous
Meng kondensmelk en suurlemoensap.
 Pak 'n laag beskuitjies in 'n tertbak en smeer 'n laag van die kondensmelkmengsel bo-oor, daarna 'n laag vlousous.
Herhaal lae en eindig met 'n laag kondensmelk. Versier met room en verkoel.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html


Charlotte Verwey da Silva
OUMA SE JODETERT:
Korse:

425g (800 ml) koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
Knypie sout 200g (250 ml) Suiker
250g Margarien/botter
2 Eiers, geklits
Vulsel:
1.375 ml (5 1/2 koppies)
200g (250 ml) Suiker
4 Eiers
100g (180m ml) Koekmeelblom
10 ml Vanieljegeursel
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die witsuiker by en meng. Vryf die botter/margarien in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels is. Voeg die eiers by en meng tot 'n sagte deeg. Verdeel die deeg in ses ewe groot stukke, plaas dit in 'n houer met 'n deksel en laat dit 'n rukkie rus.
Bak die korse soos volg:
Draai koekpanne met 'n deursnee van 20cm om sodat die die boom bo is. Bespuit met kleefwerende sproei of smeer baie goed. Rol 'n stuk deeg met 'n rolstok dun op ;n omgekeerde pan uit en sny die rand netjies (hou die afgesnyde deeg vir die sewende kors) Bak die korse in 'n voorverhitte oond by 180 grade Celcius tot 'n baie ligte bruin. Maak dit versigtig van die panne los met 'n eierspaan en laat dit op 'n draadrak afgly om af te koel. Bak al 6 die stukke deeg sowel as 'n sewende laag van die afvalstukke deeg. Smeer na elke bak die panne goed.
Laat die melk vir die vulsel amper kook. Klits die eiers en die suiker goed saam en klits dan die koekmeel by. Meng die warm melk geleidelik met 'n draadklopper in die eiermengsel in en gooi dan terug in die warm kastrol. Plaas terug op plaat en kook stadig tot dik oor lae hitte terwyl dit aanhoudend geroer word. Laat die mengsel amper heeltemal afkoel voor die vanieljegeursel ingeroer word. Skep ewe veel van die vulsel op elke kors en smeer gelyk. Stapel die korse met vulsel dadelik versigtig opmekaar met behulp van eierspane. laat die Jodetert 'n dag of wat in 'n toe houer verouder in die yskas voor dit gesny word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html

Karen Mackay
Net 'n vinnge raad: Ek rol die deeg uit vir die korse merk die boom van die koekpan af, sny uit en bak dit dan sommer op bakplate, soos kry jy 2 korse in een pan en gaan die bak bietjie vinniger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html

Charlotte Verwey da Silva
Vir 'n vinniger weergawe kan julle ook die volgende doen:
SMEERKORSE:

125 ml Koekmeel
50 ml Margarien
4 eiers
50 ml Suiker
10 ml Bakpoeier
Melk
Metode:
Meng suiker en margarien goed saam. voeg eiers een vir een by en klits goed. Sif die droe bestandele saam en voeg by. Maak aan met melk tot sagte deeg. Smeer oondpan en voer uit met waspapier, trek sirkels met behulp van 20cm koekpan op die waspapier en smeer die deeg op sirkels. Bak tot gaar by 180 grade Celcius.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html

Helena Enslin Laubscher
Jode tert met met gekookte kondensmelk
Petro van der Westhuizen
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
2 teelepels vanielje
½ koppies suiker
2 eetlepels botter- botter is die beste om mee te bak.
knippie sout
2 eiers
Smelt botter en klits eiers daarin. Sif droë bestandele en meng met botter mengsel. Gooi vanielje by en meng tot rolbare deeg. Deel in 6 dele en rol apart uit. Smeer agterkant van koekpan en sit een deel daarop. Bak tot gaar en doen dieselfde met ander dele. Laat afkoel. Smeer tussen 5 lae gekookte kondensmelk, karamel of dikgekookte vla. Smeer ook bo-op. Krummel 6 de deel en gooi bo-oor
Versier met kersies en room.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html

Helena Enslin Laubscher
JODE TERT:
500ml meelblom
¼ koppie suiker
10ml bakpoeier
10ml vanillageursel
¼ koppie botter of margarien
2 eiers
knippie sout
Klop botter en suiker tot room. Voeg eiers een vir een by en klop goed. Voeg geursel by. Sif droë bestanddele saam. Meng met bottermengsel tot beskuitjiedeeg. Sny in 6 gelyke dele, rol elkeen uit en sny in rondtes. Steek vol gaatjies met vurk en bak tot ligbruin.
VULSEL:
625ml melk
125ml suiker
2 eiergele
5ml vanilla
25ml mielieblom ( Maizena)
Klits eiergele en suiker, maak mielieblom met bietjie melk aan en meng saam met eiermengsel. Maak hiermee 'n dik vla met orige melk. Sit vla tussen koekrondtes. Krummel een koekrondte en strooi bo-op en rondom.
Geplaas deur *Rene Truter Wessels *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html


KARRiNGMELK-VLA-YSKASTERT
500 ml melk,
60 ml vlapoeier
125 ml suiker,
25 g botter/margarien,
175 ml karringmelk,
paar druppels amandelgeursel,
2 pakkies mariebeskuitjies (200g elk),
125 versoete styfgeklopte room (opsioneel).

 METODE:
Verhit 450ml van die melk tot kookpunt.   Meng vlapoeier & suiker met oorblywende 50ml melk. Roer kookmelk geleidelik hierby, gooi terug in kastrol & roer oor lae hitte tot dik. Roer botter by & vou karringmelk & geursel in. Pak 'n laag koekies in pyrex/glasbak van 27x17cm & dan vulsel herhaal, eindig met 'n laag vulsel. Versier met room & gekrumelde mariebeskuitjies. Plaas in yskas om te stol. (Geursel kan vervang word met jou keuse).
Moira Botha Dyer*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html

DIE SUURLEMOEN VLA TERT
Bestanddele:
750 ml melk
125 ml vlapoeier
1 Pak tennisbeskuitjies
1 Blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap
Maak vla van die melk en vlapoeier. Laat effens afkoel.
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Pak ‘n lag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak.
Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.
Pak weer ‘n lag beskuitjies Bo-op en gooi die louwarm vla daaroor.
Rasper van die beskuitjies Bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
BRON: OFM BUBBLE GUM VD SIEL /CG van der Merwe**Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/jode-terte-vla-terte.html


No comments:

Post a Comment