Tuesday 26 February 2013

Versameling - MELKTERT RESEPTE

Versameling - MELKTERT RESEPTE




Hiervan kan ek getuig, maak net dit. Jy kan enige kors gebruik.
"En hoe weet ek dit?
Want ek het 18 resepte voor die een probeer.
Niemand het 'WOW' gesê nie.
Met die een is dit al wat almal sê.
Met hierdie resep, hou die tert sy vorm as jy dit bedien.
Koop sommer 2 klaar gemaakte melktert korse by spar, nie worth it om jou eie te maak nie, dit vat forever!"

Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter.

STAP 1
Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met
2 tl botter en 1 kaneelstokkie.
Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.

STAP 2
Sit in jou liquidizer
80 ml koekmeel,
80 ml maizena,
1 ml sout,
125 ml melk,
200 ml suiker,
3 eiers en
5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is.

STAP 3
Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik.
Hou aan roer, anders brand dit vas.
Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.

STAP 4
Gooi dit in leë dop.
Sprinkel kaneel oor.

Wag as jy kan.  


WENK:
Rene Haasbroek Jy moet met n whisk klits terwyl jy di mengsel by die warm mengsel gooi in n dun straaltjie! Ek maak groot hoeveelhede gelyk dan voeg ek so 2koppies vd warm melk in n dun straalttjie by die eiermengesel terwyl ek klits en dan voeg ek weer alles in n straaltjie by die res vd melk op die stoof terwyl ek klits! Die tertvulsel is gaar sodra jy di kastrol skeef hou en die die vulsel ''skoon'' wegtrek vd boom of kante!03/11/2015

**************************

KORSLOSE MELKTERT
Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm.
Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.
1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html



**************************


YSKAS MELKTERT
Trippel melktert genot:

(Bron: Boerekos Kookengeniet's)
2 pakkies tennis beskuitjies
1 Liter Melk
¼ kop suiker
1 Eier
1 Blikkie Kondensmelk
1 Hoogvol eetlepel vla-poeier
2 Eetl Mielieblom (maizena)
Sout
METODE:
Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier
Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt
Voeg die vla pasta by met 'n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net 'n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik.
Gooi die helfte vd beslag oor die kors, pak nog 'n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor
Strooi bietjie kaneel en gekrummelde Tennis beskuitjies bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol.Gerrie Harmse
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


**************************


Vinnige Melktert
1 liter melk
1blik kondensmelk
500ml room
2 eetlepels suiker


Kook dit alles saam. Sodra dit begin kook meng by 3 eetlepels hoogvol maziena aangemaak met melk tot 'n dik pasta. Gooi oor tennis beskuitjies. Ek pak sommer laag koekies, mengsel, koekies.* Nicoline Fernandez du Preez
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


**************************


Erna
VINNIGE MELKTERT RESEP
Dit maak 2 ronde gewone silwer foelie bakkies vol of anders
die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik 'n kors van jou keuse.


1 Blik kondensmelk
50 ml Maizena
50 ml Vlapoeier
1 Eier
1 L Melk
Essense (Vanilla)
Kaneel


Metode:
Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol
melk in gooi saam met die kondensmelk.
Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik
kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook.
Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier
en Maizena.
Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk
mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is
geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die
essense by.
Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel
oorgooi.
Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit
in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie
dukker geword het voordat jy dit oorgooi.)
Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die
kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef
ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek
maak net seker dat dit nie oorkook . Egte Afrikanse Resepte  #maizena melktert

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html

**************************

Antonette Havenga
KORSLOSE KLAPPER-MELKTERT
Bestanddele
160 ml Snowflake-koekmeel (90g)
2 ml Bakpoeier
1 ml Sout
450 ml Melk
200 ml Suiker (150 g)
200 ml Droë klapper (60 g)
50 g Botter, gesmelt
3 Ekstragroot eiers
5 ml Vanieljegeursel


Metode
1.Sif meel en bakpoeier en voeg by res van bestandele. Meng goed. Skep uit in ‘n gesmeerde 23 cm-tertbak.
2.Bak 40-45 minute in voorverhitte oond by 180°C tot gestol en ligbruin. Laat afkoel.
Lewer 1 tert
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 

Carin Ras Wilson
KORSLOSE MELKTERT
(Mariette)
NG KERK GROOT-BRAKRIVIER
4 k melk
1 t bakpoeier
Sout
2 e botter
4 eiers
1 k meel
Vanilla
1 k suiker


Metode:
Skei die eiers en klits die wit van die eiers styf. Smelt die botter en meng met suiker en eiergele. Voeg bakpoeier by meel en meng saam met botter, suiker en eiergele. Klits melk en vanilla saam. Meng. Voeg nou styfgeklopte eierwitte by en klits goed. Gooi in panne en bak in matige oond totdat dit gaar is. (±1h @ 180°C).
As dit uit die oond kom – gooi kaneelsuiker op en laat koud word http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 

Tillie Venter
MY OUMAGROOTJIE SE DUITSE MELKTERT 
KORS:
2 Kop Meelblom
2 eetl Suiker
1 Desertlep. Bakpoeier
1/4 lb Botter
2 Eiers


METODE:
Meng al die droe bestandele en vryf die botter in.
Klits die eiers en maak die droe bestandele daarmee aan.
Voer 'n tertbord uit.


VULSEL:
3/4 Kop Klapper
3 Kop Melk
3 Eiers
1 1/2 eetl Meelblom
1 1/2 eetl Mielieblom
6 eetl Suiker
3 eetl Botter
1 telp Vanielje


METODE:
Bring die melk tot kookpunt.
Maak die meelblom en mielieblom aan met n bietjie melk en roer in die kokende melk.
Klits die geel van die eiers en suiker saam en roer dit in die mengsel.
Verwyder van stoof en vou die botter, vanielje geursel asook 'n knypie sout in.
Laastens word die styfgeklopte eierwit en klapper ingeroer.
Gooi in tertpan. En bak in matige oond tot ligbruin.
Strooi pypkaneel en suiker oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html

 
************************** 
Karien Coetzee
MELKTERT
Deeg
2 eetlepels botter
1 eetlepel suiker
1 eier
4 eetlepels meel
1 teelepel bakpoeier
sout
Metode:
Meng botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier by en meng goed Voeg die droë bestanddele by en meng tot 'n smeerbare deeg. Indien te styf voeg bietjie melk by. Smeer die panne
Vulsel
6 koppies melk
½ koppie botter
1 koppie suiker
4 eiers geskei
2 eetlepels meel
2 eetlepels maizena
sout
2 eiers
Metode:
Smelt die botter in die melk. Meng die 4 geskeide eiergele met die meel, suiker, sout, 2 eiers en maizena goed, voeg 'n klein bietjie melk by. Laat die melk kook. Gooi die eiergeel mengsel in die kokende melk en roer aanhoudend. Klits die eierwitte tot styf en roer in die melkmengsel in. Gooi in die kors, strooi kaneelsuiker oor en bak tot kors ligbruin en gaar is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 

KARAMEL MELKTERT
('n mikrogolf resep)
KORS:
6 Marie-beskuitjies
½ koppie sagte bruinsuiker
1 koppie klapper
½ koppie koekmeelblom
knippie sout
½ koppie botter of margarien
VULSEL:
2 ekstra groot eiers
4 koppies melk
½ koppie mielieblom
60g suiker
15ml vlapoeier knippie sout
12.5ml botter of margarien
5ml karamelgeursel


Rol die Marie-beskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100% krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg die beskuitjiemengsel by en meng. Hou 30ml van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res van die mengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op die boom van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag. Skei die eiers. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam die dieselfde bak waarin die botter vir die kors gesmelt is. Voeg die mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng. Voeg die res van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies met ‘n metaallepel by die vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 

Dalene Brits
MELKTERT MET SMEER DEGIE
Kors:
1/2 k Bruismeel;
1 Eier;
1 eetl Suiker;
1 eetl Sagte Botter;
knippie sout.
Meng alles saam tot smeerbare deeg Smeer met lepel in pan. Smeer dun want dit rys baie. Genoeg vir 3 foeliepanne.


MELKTERT
6 k Melk 7 Eiers (geskei)
250g Botter 1 ½ k Suiker
1t Vanilla 1 ¼ k Koekmeel
1. Verhit 5 k melk.
2. Kltis eiergele en suiker tot room.
3. Roer aanhoudend tot stywe pa.
4. Voeg meel en vanilla by en 1 k melk. Klits en voeg by melk op stoof.
5. Verwyder van hitte en roer botter in tot gesmelt.
6. Vou styfgeklopte eierwitte by papmengsel in.
7. Skep in rou kors en bak 20 – 30 min by 180º of tot bruin. Strooi pypkaneel oor en bedien koud. 1/10/2011
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 

Elize Van Zyl Louw
Maklike Melktert mikrogolf resep
1 liter melk
1 blikkie kondensmelk
1 eetlepel botter
1/4 teelepel kaneel
Gooi als in 'n mikrogolf bestande bak en sit in mikrogolf vir 10min op hoog.
Meng die volgende bestandele saam:
Half koppie Mazina
1 eier
1 teelepel vanilla
knippie sout
Klits by die warm melk mengsel met 'n hand "wisk".
Sit terug in die mikrogolf vir nog 10min op hoog. Klits elke 2minute.
Voer 'n bak uit met Tennisbeskuitjies en gooi die warm melk mengsel in. Strooi kaneel oor en laat afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Carol Elliott Claassen
KORSLOSE MELKTERT
2 Eetlepels Gesmelte botter/marg
3 Eiers, geskei
1 Koppie Suiker
1 K Meel
1teelepel Bakpoeier
1/4t Sout
1t vanilla
4 Koppies Melk
Klits die Botter, Eiergele en Suiker goed saam
Sif Meel, BPoeier en sout saam en voeg by botter-mengsel
Roer Melk en Vanilla saam en meng met bg.
Vou styfgeklitste Eierwitte by mengsel en gooi en gesmeerde terkbak.
Strooi kaneelsuiker oor
Bak totdat gestol is by 180 C   +/- so 40 min http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Marlé Buysse
Suikervrye kitsmelktert
Kors:
1 pakkie volgraan-digestiebeskuitjies
125 g botter of margarien
2,5 ml fyn kaneel
Vulsel:
625 ml afgeroomde melk
12 kunsmatige versoeter tablette of 24 druppels vloeibare kunsmatige versoeter
15 ml botter of margarien
10 ml vanilla
2,5 ml amandelessens
30 ml meelblom
30 ml mielieblom
2 eiers
1 pypkaneelstokkie
fyn kaneel
Maak die krummelkors deur die beskuitjies fyn te druk en voeg die fyn kaneel en gesmelte botter of margarien by. Druk vas in `n 23cm tertbak. Verhit die melk met die pypkaneel tot kookpunt vir die vulsel. Klits die eiers, vloeibare kunsmatige versoeter (indien die tablette gebruik word, voeg dit by die warm melk sodat dit kan oplos), meel- en mielieblom saam. Gooi die warm melk oor hierdie mengsel. Roer deeglik. Plaas terug in pan en kook, roer totdat die mengsel dik en glad is. Voeg die margarien of botter, vanilla-en amandelessens by. Gooi in die kors. Besprinkel met fyn kaneel. Laat afkoel. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Begin die bikinidieet môre’-melktert
Deur Huisgenoot Woensdag 29 September 2010
Lewer 12-14 porsies.
1 L (4 k) volroommelk
2 kaneelstokkies
60 ml (¼ k) vlapoeier
80 ml (1/3 k) mielieblom
1 blik (397 g) kondensmelk
100 g STORK BAKE, in blokkies gesny
1 eier, geklits
2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies
gemaalde kaneel
Verhit 750 ml (3 k) van die melk saam met die kaneelstokkies tot net onder kookpunt.
Laat 10 minute staan en verwyder die kaneelstokkies.
Meng die vlapoeier en mielieblom met die res van die melk en die kondensmelk tot glad.
Voeg by die warm melk, plaas terug op die plaat en bring tot kookpunt.
Roer voortdurend.
Laat prut tot verdik en gaar.
Haal van die plaat af en klits die STORK BAKE en eier by.
Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n bak van 35 x 20 cm.
Skep ’n dun lagie vla oor, sprinkel ’n bietjie gemaalde kaneel oor en pak nog ’n laag koekies bo-op.
Herhaal die lae vla en koekies en eindig met vla en gemaalde kaneel.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas oornag in die yskas. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Marlé Buysse
Heilie se vinnige melktert
RAPPORT 2012-02-25 14:22
Lewer 1 groot tert
Basis
125 g botter of margarien
200 g klapper- of botterbeskuitjies, fyngedruk
Suurlemoenlaag
385 g-blik kondensmelk
125 ml (½ k) vars suurlemoensap
Melktertlaag
375 ml (1½ k) melk
15 ml (1 e) botter of margarien
15 ml (1 e) koekmeelblom
15 ml (1 e) mielieblom
2 ml (¼ t) sout
2 ekstragroot eiers, geskei
80 ml (1/3 k) suiker
5 ml (1 t) vanielje- of amandelgeursel
fyn kaneel vir bolaag
Metode
1. Basis: Smelt botter en meng in die fyngedrukte beskuitjies. Druk mengsel vas in ’n gesmeerde tertbak van ongeveer 23 cm.
2. Suurlemoenlaag: Meng die kondensmelk met suurlemoensap en skep in tertkors. Laat in yskas om te set vir ongeveer 30 minute.
3. Melktertlaag: Verhit die melk in ’n swaarboomkastrol. Voeg botter by. Meng die meel, mielieblom, sout en eiergele.
4. Meng ’n bietjie ekstra melk daarby en voeg die hele mengsel by die melk. Bring tot kookpunt, terwyl aanhoudend geroer word. Laat verdik. Verwyder van hitte en voeg suiker en geursel by. Laat effens afkoel.
5. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou in die vlamengsel in. Laat effens afkoel en skep dan bo-oor die suurlemoenlaag. Sprinkel met fyn kaneel en laat set. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Driekie van Blerk
OUTYDSE MELKTERT
Driekie se Ouma se Melktert wat verskyn het in;
*Volkstem 1936*
KORS:
3 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels botter (rond vol)
Koue water om deeg mee aan te maak.
Meng droë bestanddele. Frummel botter in met vingerpunte. Maak sagte, rolbare deeg met koue water. Rol dun uit. Voer tertpanne uit en plaas in yskas solank vulsel voorberei word.
VULSEL:
6 koppies melk
1 en halwe koppie suiker
6 eiers geskei - gele geklits en 2 witte droog geklits.
1 desertlepel botter (rond vol)
1 en driekwart koppie meelblom
1 teelepel essence
knippie sout
Kook 4 koppies melk. Meng 2 koppies melk en meel. Voeg by kookmelk en roer voortdurend. Voeg gaar mengsel by eiergele en meng goed. Voeg botter en suiker by. Plaas terug op stoof en meng goed deur - roer aanhoudend. Haal van stoof af, roer eierwitte by en voeg essense by. Gooi in tert doppe. Plaas hier en daar 'n klontjie botter. Strooi kaneelsuiker oor en bak in warm oond.
Geen temperature nie, geen tyd nie, so ek weet nie - dit is hoe ek die resep gekry het........7/3/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
LOUISE GROENEWALD
Smulpaap Klub
MELKTERT
(HUISGENOOT 1987)
Ek het nog hierdie uitknipsel van die 1987 Huisgenoot met hierdie watertand Melktert-resep. Dis die een wat ek altyd maak. Hierdie is nie 'n tradisionele Melktert in die sin dat dit met skilferkorsdeeg gemaak word en dat die eierwitte styf geklits en laaste ingevou word nie. Die vulsel is romerig en die kors is vinnig....dis hoekom ek dit so like!
Ek kook die vulsel in 'n glas bak in die mikrogolfoond. Dan moet jy net bietjie geduld gebruik en dit kort-kort roer tot dit begin verdik. Die bak maak lekker vinnig skoon en daar is geen gevaar van aanbrand nie!
Kors:
125 g margarien
60 ml witsuiker
1 eier
500ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
Vulsel:
1,5 liter melk
60 ml (50g) margarien
4 eiers
250 ml witsuiker
150 ml mielieblom
125 ml koekmeelblom
knippie sout
5 ml vanieljegeursel
kaneel
Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter. Prik die korse en hou dit eenkant.
Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik. Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.
Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.
Giet warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak die terte ongeveer 20 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is. Sit dit louwarm of koud voor. ‘n Mens kan ‘n bietjie ekstra witsuiker oor die vulsel strooi, indien verkies.
Lewer twee middelslag-terte. 15/4/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Hannalie Kitshoff
Melktert met Kondensmelkbolaag
30 ml (2 eetl) Margarien
125 ml (½ kop) Suiker
2 Eiers, geskei
125 ml (½ kop) Koekmeelblom
5 ml (1 tl) Bakpoeier
Knippie sout
500 ml (2 kop) Melk
Bolaag
1 blik (397g) Kondensmelk
125 ml (½ kop) Suurlemoensap
2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel)
Klits margarien en suiker saam. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed.
Voeg droë bestanddele bymekaar.
Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel.
Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op.
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond gehaal was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tert
Krummel Tennisbeskuitjies bo-oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html

 

Tiana Botes
Easy milk tart
(Makes 2 tarts)
Base
250 ml Snowflake self-raising flour (140 g)
1 ml salt
80 ml sugar (65 g)
100 g butter
1 extra large egg, beaten
Filling
750 ml milk
80 g butter
80 ml Snowflake self-raising flour (45 g)
1 ml salt
4 extra large eggs, separated
100 ml sugar (75 g)
ground cinnamon for sprinkling
Base: Sift flour and salt. Add sugar. Rub in butter. Add beaten egg, mix well and spread dough into base of two greased 23 cm pie dishes. Filling: Heat milk in a heavy-based saucepan and add butter. Sift flour and salt, add egg yolks and sugar and beat well. Add some of boiled milk to egg mixture, stir and pour back into saucepan. Boil for a few minutes until thick, stirring constantly, and remove from heat. Beat egg whites until soft peak stage and fold lightly into cooked mixture. Pour filling into bases. Bake in a preheated oven at 180°C for 20 min, sprinkle ground cinnamon over the top and bake for another 10 min.
Tip
To easily beat egg whites, add a few drops of fresh lemon juice. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


Tiana Botes
Melktert
Hiervoor word gewoonlik skilferkors gebruik.
Skilferkors:
1 pond Meelblom
1 pond Botter
2 eetlepels Suurlemoensap
½ pint vloeistof bestaande uit – 1 geel van eier en Water
Sif die meelblom, voeg sout by. Druk al die water uit die botter en deel in drie. Neem nou ‘n klein stukkie van een deel af en vrywe dit in die meelblom, maak nou aan met die ½ pint vloeistof en knie deeg baie goed. Die deeg moet geknie word totdat dit soos ‘n stuk rek is. Strooi nou meelblom op ‘n plank en rol die deeg baie dun uit. Neem nou een deel botter en sit dit in klein stukkies op die deeg, strooi effens meelblom oor en vou deeg toe en drie. Laat lê deeg nou ‘n rukkie. Neem nou die tweede deel botter en herhaal die proses en dan weer die derde deel botter ook op dieselfde manier. Rol nou die deeg uit en voer die nodige tertborde daarmee uit en gooi die volgende vulsel daarin:
Meltert vulsel:
6 koppies Melk
6 Eiers
2 koppies meelblom
2 onse Botter
1 ½ koppie Suiker
Sout na smaak
Maak die meelblom aan met ‘n deel van die melk, sit die ander melk op die stoof om te kook, roer die aangemaakte meelblom in en kook goed deur,voeg die suiker en botter by. Klits eiers goed op,maar hou die wit van drie uit. Haal nou die vulsel van die stoof af en roer die eiers ook by,kook weer goed deur. Klits nou die wit van drie eiers styf en vou in die mengsel in,gooi dadelik in die uitgevoerde tertborde. Bak in ‘n baie warm oond. Pypkaneel en suiker word oorgestrooi sodra melktert koud is. Dit word ook net so bedien.
Let wel: Die vulsel moet altyd kokend warm in die uitgevoerde tertborde gegooi word. Brandewyn kan in plaas van suurlemoensap vir die vloeistof gebruik word. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


Tiana Botes
BESONDERSE MELKTERT
Hierdie melktert het 1ste prys verower in n koswedsttryd wat die Huisgenoot in 1983 gehou het.
Dit lewer 2 middelslag melkterte.
KORS
275 g bruismeel (500 ml)
15 ml vlapoeier
knypie sout
125 g botter of margarien
2 eiers
100 g suiker (125 ml)
5 ml vanielje geursel
KLAPPERLAAG
100 g suiker (125 ml)
80 g klapper (250 ml)
50 g botter of margarien (60 ml)
50 ml melk
10 ml vanieljeg eursel
MELKVULSEL
1 liter melk
125 g botter of margarien
5 ml vanieljegeursel
4 eiers - geklits
100 g suiker(125 ml)
40 g mielieblom (75 ml) - ek het so 2 tl meer ingesit
kaneelsuiker na smaak
Sif die bruismeel, vlapoeier en sout saam.
Vryf die botter en margarien liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in.
Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel saam, voeg dit by die meelmengsel en meng tot 'n deeg.
Bedek die deeg en verkoel 'n uur in die koelkas.
Voorverhit die oond tot 200 grade C.
Smeer twee tertborde met 'n volume van 1 liter elk, of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Druk die tertdeeg ewe dik teen die wand en op die boom van die tertborde.
Sny die rande netjies en maak riffels daarin met die tande van 'n vurk.
Bedek die boom van elke kors met 'n sirkel waspapier en plaas 'n laag droëbone daarop.
Bak die korse 10 minute lank op die middelste oondrak.
Verwyder die waspapier en droëbone en bak die korse 'n verdere 2 minute.
Hou eenkant tot benodig.
Meng die suiker, klapper, botter of margarien, melk en vanieljegeursel in 'n kastrolletjie.
Verhit die mengsel tot kookpunt en smeer dit dan op die boom van die gaar korse.
Kook die melk, botter of margarien en vanielje geursel saam.
Meng die eiers, suiker en mielieblom, roer 'n bietjie van die melkmengsel hierby en roer dan hierdie eiermengsel baie vinnig by die res van die melkmengsel in die kastrol - oppas vir klonte!
Kook die vulsel ongeveer 5 minute lank oor lae hitte tot 'n pap.
Gooi dit in die tertkorse.
Laat die terte afkoel en strooi dan kaneelsuiker oor. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html



Tiana Botes
OUTYDSE MELKTERT
DEEG
225g meelblom
30ml (2T) strooisuiker (castor sugar)
125g botter - yskoud en in klein blokkies gesny
1 eiergeel
45ml (3T) koue water
1 ml (1.4t)sout
(Vir die deeg moet al die bestandele so koud as moontlik wees)
Plaas die meel, suiker, sout en botter in 'n mengbak.
Gebruik 'n vurk of 2 messe en sny vinnig die bestandele tot dit soos growwe brood
krummels lyk.
Meng die eiergeel en water en gooi in 'n holte in die dr. bestandele.
Werk met 'n vurk die eiergeel mengsel deur en dan liggies met
die vingers om 'n bal te vorm.
Druk effens plat en sit in die yskas terwyl vulsel berei word.
*Die deeg moet koel genoeg wees om uit te rol en in 'n gesmeerde tert bak
van 23 - 25cm te plaas. Steek gaatjies in die bodem met 'n vurk en bak vir 10
tot 15 minute.
Laat afkoel voor vulsel ingeskep word.
VULSEL:
250ml (1 cup) room
250ml (1cup) melk)
1 stokkie kaneel
2 groot eiers (geskei)
80ml strooisuiker
80ml Meelblom
2 ml (1/2t) bakpoeier
25g botter
1 t Vanilje essens
Verhit die room en helfte van die melk effens, saam met stokkie kaneel in 'n
kastrol.
Meng apart saam die res van die melk, die eiergele, meelblom,
strooisuiker en bakpoeier.
Voeg stadig die warm room in die meel mengsel, meng goed.
Plaas weer in die kastrol en verhit, roer totdat die vlae mengsel verdik.
Haal van hitte af en laat effens afkoel, voeg by die botter en vanilje essens.
Klop die eierwitte tot skuimerig.
Voeg die sout by en vou bietjie-bietjie in die vlae mengsel in.
Skep die mengsel in die tert dop en bak teen 180c vir tien minute.
Verminder na 160c en bak vir verdere 20min tot gaar. bestrooi met fyn kaneel.
Bedien warm
*My ma het van die deeg vir die kors, sulke lang repies gesny en dan bo oor die vulsel geplaas .. ewe grend gevleg en dan gebak. Njammmmie!! Een tert het sy kaneel oor gestrooi en die ander ene klapper.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


Tiana Botes
Griekse melktert
Hierdie Griekse weergawe smaak vorentoe
6 porsies
Jy benodig
400 ml melk
8 velle fillodeeg
200 g (220 ml) botter, gesmelt en tussen twee bakkies verdeel
3 eiers
2 eiergele
100 g (125 ml) suiker
75 g (120 ml) semolina
8 sade van 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
Verhit jou oond tot 190 °C. Gooi die melk in ’n kastrol en verhit tot net by kookpunt. Laat afkoel. Voer ’n oondbak van 20 x 30 cm met bakpapier uit. Sif ’n bietjie meel oor die papier. Plaas een vel fillodeeg in die oondbak. Die deeg moet reg rondom oor die rand van die bak hang. Gebruik nou een van die bakkies gesmelte botter (die ander bakkie hou jy vir die vulsel) en smeer die fillodeeg goed. Herhaal die proses met nog drie velle. Klits die eiers, eiergele en suiker tot lig en romerig. Voeg die semolina, vanielje en melk geleidelik by. Gooi die mengsel in ’n kastrol. Verhit terwyl jy aanmekaar roer totdat dit romerig en dikker word. Haal van die hitte af en voeg die tweede bakkie gesmelte botter by. Meng goed. Gooi die mengsel in die bak wat met die fillodeeg gevoer is. Vou die deeg wat oor die rand van die bak hang bo-oor die vulsel. Halveer die orige vier velle fillodeeg en plaas een halwe vel bo-op die vulsel. Smeer met gesmelte botter en herhaal met die orige sewe velle. Smeer goed bo-op met botter. Sny die tert in porsies met ’n baie skerp mes. Plaas in die warm oond. Draai die hitte ná 15 minute af na 160 °C. Bak verder vir 30 minute tot mooi goudbruin en bros.
Kook intussen die stroop.
Stroop
Jy benodig
300 g (375 ml) suiker
200 ml water
15 ml suurlemoensap
2 ml vanieljegeursel
Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy elke nou en dan roer. Prut vir sowat 10 minute. Gooi die warm stroop oor die melktert wanneer dit uit die oond kom.
Onthou!
Moenie die tert toemaak nie, anders sal die deeg pap word.
Fillodeeg-wenk
Hierdie deeg is papierdun en kan vinnig uitdroog terwyl jy daarmee werk. Maak dit met ’n klam afdroogdoek toe
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


Tiana Botes
Outydse melktert
Kombuis: Suid Afrikaans
Ons het die melktertvulsel in klein fillodeegdoppies gebak. Bak eers die doppies voordat jy dit vul en bak daarna weer vir sowat 15 minute.
Ingredients and Method
Genoeg vir: 1 melktert (8-10 porsies)
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 15 minute vir die kors en 20 minute vir die voltooide tert
800 g skilferkorsdeeg
1 eier (geklits saam met 10 ml melk vir verglansing)
MELKVULSEL
600 ml melk (of, indien verkies, 400 ml melk en 200 ml room)
1 kaneelstokkie
60 ml koekmeel
60 ml suiker
30 g botter
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
60 ml suiker gemeng met 7,5 ml kaneel
1 Rol skilferkorsdeeg oop en sny ‘n sirkel groot genoeg om ‘n tertbord uit te voer. Bedek en sit in die yskas as jy dit nie onmiddellik gaan gebruik nie.
2 Prik die bodem van die tert met ‘n vurk en verf die rand met die eierglaseersel. Bak die kors blind vir sowat 15 minute. Verwyder die boontjies en papier en plaas terug in die oond vir sowat 5 minute sodat die bodem ook kan deurbak.
3 Sit die kaneelstokkie in die melk (of melk en room), en verhit dit tot net onder kookpunt om die melk te geur. Vir optimale geur kan jy die kaneelstokkie stukkend breek voordat jy dit saam met die melk verhit.
4 Verwyder die kaneelstokkie. Meng die meel en suiker in ‘n mengbak. Giet die kokende warm melk by die meel en suiker terwyl jy dit met ‘n draadklitser klop. Gooi dit terug in die uitgespoelde kastrol en laat dit vir
5 minute oor matige hitte kook terwyl jy dit aanhoudend roer. Haal van die plaat af en roer die botter by. Laat dit eenkant staan om bietjie af te koel en voeg dan die eiers een-een by terwyl jy dit ná elke byvoeging deeglik klop. Voeg die vanieljegeursel by. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Tiana Botes
Die Melktert-Punt
Kors:
125 g Margarine
2 k Koekmeel (+_)
2-3 dessertlepel Versiersuiker
Knippie sout
Vulsel:
1 L Melk
3 t margarine
3 Eiers (geskei)
¾ k Suiker
2 dessertlepel hoogvol Koekmeel
2 dessertlepel Mielieblom
Knippie sout
Kaneel
Metode:
Voorverhit oond tot 180*C of 350 *F.
Smeer groot ronde tertbak.
Berei tertkors:
Smelt margarine.
Roer versiersuiker, sout en meel daarby in.
Voer gesmeerde tertbak met korsdeeg uit.
Bak vir 10 minute.
Berei Vulsel:
Meng suiker, koekmeel, mielieblom, sout, eiergele en sowat ‘n ¼ koppie water.
Kook melk en margarine en roer by deegmengsel in.
Klits goed met eierklitser.
Gooi in kastrol en kook oor matige hitte tot dik en glad.
Roer aanhoudend.
Verwyder van hitte en roer amandelgeursel of vaniljegeursel by.
Klits eierwitte styf.
Vou liggies by mengsel in en gooi in gebakte kors.
Sprinkel kaneel oor en sit in yskas om te stol.
Wenk:
Ek gebruik skilferkors deeg, rol uit en druk in tertbak vas, pruk die bodem en langs die kante met vurk. Gooi gaar pa in kors en bak tot kors gaar is, so ongeveer 15 -20 min.
Die resep werk wonderlik in doppies ook, ek het die pap al in horinkies ook gesit. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html


************************** 
Jeani Strauss
MELKTERT
Ek het hierdie resep by 'n swart vrou gekry wat heerlik kon kos maak.
3 x bekers melk,
3 x eetlepels botter,
1 x koppie suiker,
3 x eiers geskei,
1 x teelepel vanielje geursel,
3 x eetlepels maisena (baie hoog vol),
6 x marie of tennis beskuitjies (fyngemaak).
kaneel.
Metode: Smeer 'n tertbord (groterig) met margarien en strooi 2/3 van die beskuitjiekrummels daarin. Kook die melk, botter en suiker saam tot suiker opgelos is. Verwyder van stoof. Klits eierwitte en vanieljegeursel tot styf (sagte punte). Klits eiergele, maizena en 1/2 koppie van die melk saam. Voeg geklitste eiergeelmengsel by melkmengsel en plaas terug op stoof. Roer vinnig en aanhoudend tot mengsel verdik, +- vyf minute. Verwyder van stoof en vou dadelik die eierwitmengsel in. Roer vinnig en aanhoudend tot baie goed gemeng. Gooi vinnig in terd bord en maak gelyk bo-op. Strooi die res van die krummels bo-oor en verkoel +- 2ure lank http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html



************************** 
Rina Steyn
MELKTERT
Hi ek bak die 1 gereeld. 25 ml gesmelte botter,
 3 eiers geskei,
125 ml suiker,
 250ml meelblom,
5 ml bakpoeier,
1 ml sout,
5 ml vanielje-essens,
750 ml melk.
Metode:
Klits botter,eiergele en suiker saam. Sit meel,bakpoeier en sout saam en voeg by. Roer melk en vanielje by en meng goed. Vou styfgeklopte eierwitte by mengsel en gooi in n diep tertbord. Bak by voorverhitte oond 40 min by 180*. Strooi kaneelsuiker bo oor as uit die oond kom. Nb. ek gebruik soms margarien ook en dit werk net so goed.3/4/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html




************************** 
KORSLOSE MELKTERT
Henriette Wessels
Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm.
Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.
1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html
 


************************** 
MELKTERT
Kors:
1k meel
¼ k suiker
1 eier
1tl bakpoeier
86g margarine
1 L melk (500ml)
125g margarine (62.5g)
Sout
1k suiker (½ k)
4 eiers (2)
2 el meel (1)
2 el maizena (1)
Kook saam:
Melk, botter, suiker, sout en vanilla.
Klits geel van eiers met 1 koppie melk van liter.
Klits meel en maizena daarin. Voeg melk mengsel by eier mengsel en klits goed.
Klits eierwitte styf en vou in by gekookte vulsel.

N.S>>
Chantelle Geldenhuys Ek glo net in my ma se melktert resep.... ek hou nie van 'n gebakte melktert nie... probeer hom gerus. Hoeveelhede in hakkies is as jy 1 melktert wil maak. Ek maak nie die korse nie, gebruik sommer Marie Biscuits.... lekker lui. Ma se Melktert – lewer 2 terte of 2 groot tinfoil bakke en 1 kleintjie…. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html



************************** 

WENNER KITS MELKTERT  


1x pakkie Tennis beskuitjies
425 mil melk
600ml water
1 x blik kondensmelk
4 - 5 e margarien
4 eiers
6 opgehoopte e maizena

Mikrogolf die water en 300ml melk vir 20 min op hoog tot kookpunt
Skei eiers en hou die witte eenkant
Meng maizena en 125ml melk, klits eiergele daarin, voeg by warm kondensmelk mengsel. Mikrogolf vir 5 min en roer elke minuut met (whisk) deur.

Klits eierwitte styf en vou agterna in warm mengsel in.

Tertdop: Maak tennis beskuitjies fyn in voedsel verwerker of druk baie fyn in bak. smelt margarien en meng goed. Druk vas in 2 x tertborde van omtrent so 15cm in deursnee.

Gooi warm mengsel in tertdoppe en strooi kaneelsuiker bo-oor. Plaas in yskas vir omtrent 4 ure om finaal te stol. Jy kan meer maizena gebruik.

Dit is HEERLIK en selfs die kinders kan dit maak.
Bron: Hannie Klein posted to Resepte Van Toeka tot nou



************************** 

MELKTERT MET KONDENSMELK:

1 blik Kondensmelk,
1 blik Water,
2 blikke Melk,
1 eetlepel Botter,
3 eetlepels Suiker.
Gooi in pot en kook stadig. Roer aanhoudend.
Klits 3 eiers en knippie sout.
Maak aan: 1 eetlepel vlapoeier en 5 eetlepels mazena met bietjie melk. Meng eier en maizena mengsel. Haal melk van stoof af en gooi eier mengsel by. Plaas terug op stoof en kook. Roer aanhoudend. Gooi oor tennisbeskuitjies en strooi pypkaneel oor. Geniet dit




**************************

KONDENSMELK MELKTERT

Maak koekiekors met 1 pakkie fyngerolde tenniskoekies/Marie/Nice en 4 E gesmelte botter. Druk vas in diep tertbak.

Maak vulsel:
Gooi in groot kastrol: 

1 blikkie kondensmelk, 
2 blikkies warm water,
 bietjie sout en 
1 E botter.
Bring tot kookpunt.

Meng 

3 E maizena, 
2 eiergele en 
bietjie water. 
Voeg in dun straaltjie by kokende melk in kastrol, terwyl jy roer met draadklitser. Laat opkook en trek van stoof af.

Klits eierwitte styf en vou met lepel by melkpap. Gooi in tertkors en sprinkel fyn kaneel oor.
BRON:934fm 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html

**************************

OONDPAN MELKTERT
- deur: gertie vd schyff

Ek gee met graagte die resep, maar julle moet net maak soos ek dit hier vir julle gee. Die vulsel maak ek dubbel, en die kors is enkel.

Vulsel:

2 blikke condensmelk
4 eetlepels botter of maragine
4 eiers geskei
4 eetlepels koekmeel ( hoogvol)
8 blikke water
12 eetlepels suiker
6 eetlepels mazeina ( hoogvol)
2 Proppies vanilla essens..

Gooi die condensmelk en 6 blikke warm water, 4 eetlepels botter en 12 eetlepels suiker in groot kastrol.
Laat dit goed warm word, maar roer dit aanhoudend anders brand dit vas. Meng nou die 4 eetlepels koekmeel, 6 eetlepels mazeina
saam met die orige 2 blikke water. Sit die eiergele ook by asook die 2 proppies valilla. Ek klits dit alles saam, dan maak dit nie klonte. Klits die eierwitte styf en hou dit eenkant.
Sit dit by die die condensmelk mengsel en roer aanhoudend tot dit dik raak. Laat dit afkoel en vou dan die styf geklitste eierwitte by.

Kors:

1½ koppie koekmeel
1 hoogvol teelepel bakpoeier
1 eetlepel suiker
½ koppie botter
1 eier
sout na smaak.

Maak aan met melk soos slap deeg. Smeer pan goed en druk met vurk in pan. Nie te slap nie.

Ek maak dit altyd in my groot oondpan. Bak dit op 160 grade so vir 30 min. Kyk maar altyd, jy sal sien as dit bruin raak langs die kante.
Laat dit goed afkoel, moet gladnie meer warm wees, dan strooi jy kaneel bo-oor.

Dit is n treffer, ek bak dit al vir 37 jaar. Voorspoed, en laat weet!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! lekker aand verder. Gertie. Boerekos  #oondpan  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/melktert-resepte.html





Christo De Beer


WOONWA MELKTERT.
Word nie gekook nie.
Strooi fyngemaakte tennisbeskuitjies in tertbak.
VULSEL.
Klits 1 blik kondensmelk en 
120 ml suurlemoensap saam met n 
bietjie gerasperde suurlemoenskil. 
Die mengsel sal dik word.
Klits 250 ml vars room tot styf en vou in mengsel.
Skep in tertbak.
Strooi nog n bietjie krummels en kaneelsuiker bo-oor.
Verkoel in yskas en eet.
MOENIE WARM MAAK NIE.
SONDER KANEELSUIKER AMPER N KAASKOEK.
G E N I E T.

No comments:

Post a Comment