Tuesday 26 February 2013

KOEKSISTERS



KOEKSISTERS 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Ancoise Strydom
Met dank aan tannie Cecile van der Westhuizen.
Stroop maak aand vooraf
8 koppies suiker

4 koppies water
50 ml suurlemoensap
5 ml kremetart
Plaas alles in diep kastrol en roer tot suiker als gesmelt is
Sodra dit begin borrel om te kook sit deksel op en kook 5 min toe.
Laat afkoel en plaas in vrieskas oornag. Die stroop moet yskoud wees.
DEEG

4 koppie koekmeel gesif
15 ml bakpoeier
50 ml botter
Knippie sout
3 meduim eiers of 2 jumbo


Gooi eiers in glasmaatbeker en vul op tot 400 ml met melk.
Vryf die botter in die droe bestanddele.
Klits eiers en melk en voeg by droë bestanddele.

Knie tot elasties en sit in plastieksakkie in yskas vir minstens n uur.


Rol deeg uit op olie gesmeerde oppervlak tot omtrent 5 mm dik. Sny in 2 cm breë stroke vertikaal en dan horisontaal weer 5cm stroke. Ek gebruik my pizzalem.Begin onder sny gleufie met pizzalem in elke degie. Vou beentjies 2 maal oormekaar. Knyp stewig vas op oop ente.Sit in n houer wat lugdig is en bedek met plastiek dat dit nie uitdroog.
Plaas in yskas terwyl wag dat olie verhit in diep dikboomkastrol. Ek gebruik my wok( nie elektries)
Sodra olie warm is bak sowat n dosyn n slag . Sorg dat jou koue stroop in diep bak is . Skep goudbruin koeksisters wat jy roer terwyl dit braai dadelik in die koue stroop. En onderdompel dadelik met aartappel drukker 2 op 'n slag.

Moenie dat die lepel wat jy die koeksisters uit olie skep aan die stroop raak nie. Dit brand jou olie vuil. Skep koeksisters uit stroop op n afdroograkkie met n skinkbord onder.
Bak en geniet
Wenk. Ek maak die stroop altyd dubbel aan wat die resep se.. Sodoende kry jou laaste koeksisters ook genoeg stroop. Die orige stroop kan net weer gevries 
word.


WENK
Ancoise Strydom Hi Julletjies
Die koeksiters van my resep het n bros korsie en baie vol stroop getrek.


Wanneer koeksisters pap word is die stroop te kort gekook. Of dit is toegemaak voor afgekoel of dis toe in n yskas gesit of oop in vrieskas. Die koeksister vries baie goed in n lugdigte houer en kan dadelik geeet word vanaf vrieskas.. Dit vries nooit hard nie. Dit is n resep wat beproef is en deur baie mense al as die lekkerste koeksisters aangewys..!



Annelore Von Solms Joubert<<<
Sopas gou gebak vir my kids wat die naweek kom kuier
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html


KOEKSISTER WENKE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Dankie Jenny Schneigansz vir die handige wenke
As jy olie temp wil meet gooi so ertjie grote bolletjie deeg in warm olie, dit moet boontoe rys op n telling van 10, ni minder of meer, dan is jo olie reg.

Ek maak my stroop en koeksister deeg op selfde dag en laat albei oornag in yskas. Haal deeg uit so n uur of twee voor jy dit wil begin uitrol. Ek merk n hout tandestokkie met balpunt pen di dikte wat ek moet uitrol, bv 5 mm, dan toets jy maklik of deeg eweredig dik uit gerol is.


Dalene Brits
Ons het BAIE koeksisters op 'n slag gebak, so 100dosyn. Ons het die deeg die vorige aand geknie en dit net met plastiek toegemaak. Dit was omtrent 9 skottels deeg. So niemand het so baie plek in die yskas gehad nie. So dit kan regtig maar buite staan ook. Die stroop moet verkieslik in die vrieskas bly om baie koud te wees. Maak ook meer stroop aan as wat jy benodig sodat jy gereeld stroop kan ruil. Dit wat oorbly vries jy weer vir later. Maklik om die stroop in 2lt bottels te vries. Dit vat minder plek en jy kan meer bere.

Wenk
 Ek sit so helfte van die stroop in die vrieskas Dit word dan so dik Ek vul dan die stroop daarmee op dan bly die stroop redelik vars Ek vervang ook die wynsteensuur met ½ kop suurlemoensap
Koeksisters vries baie goed en bly lang ruk blink in die vrieskas.

ONTHOU: die geheim van koeksister is wanneer dit uit die olie kom moet dit DADELIK in die koue stroop gedompel word. Ek toets eers my olie met 'n afval stukkie deeg. As dit dadelik boontoe kom is die olie reg. Koeksisters moet ook altyd in die vrieskas gebere word, ander verloor dit hul glans. Mens kan dit uit die vrieskas bedien, dit is eetbaar!!!! Traai dit!!!!

Joeline Huysamen

Anet Grove
OM DIE KOEKSISTERS TE LAAT BLINK

Kan 2 groot lepels gekoopte stroop by jou stroop gooi sodra klaar gekook, dit gee die koeksisters n mooi blink glans en n mooi dieper bruin kleur! .
  
KOEKSISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Andre Adriaan Esterhuizen

DEEG,
3 1/2 kop meel, 

4 tl bakpoeier, 
1/2 sout,
2 1/2 kop melk, 
1 kop (250gr) botter. 
STROOP
 12 kop suiker, 
7 kop suiker, 
2tl stroop, 
4 tl suurlemoen.
 Kook 5 min*27/06/2014
 

Carol Elliott Claassen
KOEKSISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Vir die stroop
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Gooi 1 kg suiker,
500 ml water,
5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. 

STOP.
Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas.
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie


Metode:
Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.
Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.


Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant. Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.


NICOLIEN VAN SCHALKWYK
EKONOMIESE KOEKSISTERS VIR BAZAARS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
12 dosyn
Stroop:
2 kg suiker
3 lt water
5ml sout
30ml suurlemoensap
30ml gouestroop
Deeg:
1kg wit broodmeel
5ml sout
10g kitssuurdeeg ( 1 pakkie)
50g suiker (62ml)
60g botter of margarien (60ml)
500-600ml louwarm water


Metode:
STROOP: Bereid stroop die vorige dag en plaas oornag in die yskas. Verhit suiker, water en sout oor matige hitte en roer tot suiker opgelos is. Maak seker dat suiker teen die kante ook afgeverf is, sit deksel vir paar minute op sodat stoom die suiker kan afwas. Verhit stroop tot 110ºC of ongeveer 15minute vanaf kookstadium. Voeg sap by en kook nog 2-3 minute en verwyder van hitte, roer stroop by tot opgelos. Laat afkoel en plaas in yskas. Maak ongeveer 4lt stroop. Verdeel stroop in 2 dele, dan is daar altyd koue stroop as die 1 helfte warm word, plaas warm stroop in vrieskas om weer gou koud te word.


DEEG: Sit meel en sout saam, voeg suurdeeg en suiker by en meng goed. Vryf botter in. Voeg eers net 500ml water by om ‘n sagte deeg te vorm. Indien nog water nodig is, maak net jou hande met die orige 100ml water nat en knie dit by die deeg in. Knie vir ‘n paar minute met oorvou-en-kniebeweging totdat deeg nie meer aan jou hande vassit nie. Laat deeg rys tot dubbel die volume. Knie deeg af, knyp ‘n styk deeg af en rol in worsvorm en sny 10mm skyfies. Rol skyfies in worsies tussen hande en draai in teenoorgestelde rigtings, vou dubbel en druk punte stewig vas. Dit behoort vanself op te rol. Hou koeksister toe onder ‘n klam doek sodat dit nie uitdroog. Laat 30 minute rys. Verhit olie tot 180ºC en bak koeksisters ‘n paar op ‘n slag en doop dadelik in stroop. Koeksisters vries goed. *Sarie ‘89*  .
Luani Hyman
Koeksisters

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Ingredients – dough:
2 cups cake flour
2 tablespoon baking powder
½ tsp salt
1 large egg
4 tbsp butter/margarine
½ cup of water
oil for frying


Ingredients – syrup:
1kg sugar
1 ½ cinnamon sticks
½ tsp ground ginger
1 ½ cups of water
juice of one lemon


Method – dough:
1. Sift the flour, baking powder and salt together.
2. Rub in the butter and mix until pliable.
3. Mix this with the egg and water (adding the water a little at a time).
4. Work the dough well. If the dough appears to be lumpy and sticky, continue to work the dough until it will ball up.
5. Let the dough rest at room temperature for about three hours (under an inverted mixing bowl).


Method – syrup:
1. Prepare the syrup a day before (it needs to be very cold).
2. Dissolve sugar in the water.
3. Add the spices and lemon juice to this and boil together. Leave the syrup cool in the fridge overnight.
To prepare the koeksisters:
1. Roll out the dough (thickness 5mm).
2. Cut the dough into strips of 6cm long, 2cm wide.
3. Cut each of these strips into three strips (not all the way through, leave the strips connected at the top).
4. Plat each strip, pinch together at the end of the strip.
5. Deep fry until golden brown.
6. Remove and drain quickly – dip the hot koeksisters in the cold syrup (that was stored in the fridge up to now).
7. The secret is to keep the syrup cold and the koeksisters hot, this way it will draw just the right amount of syrup.
8. You can keep the syrup cold by keeping the syrup bowl in another container filled with iced water
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html

Luani Hyman
KOEKSISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Vir die stroop:
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Gooi 1 kg suiker, 500 ml water, 5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. STOP. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie
Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.
Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant. Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html


KOEKSISTERS MET KARRINGMELK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Recipe by Lounglizzy
Ingredients
500ml (2 cups)
cake flour20ml (4 teaspoons)
baking powder3ml (½ teaspoon)
salt25ml (5 teaspoons)
butter125ml (½ cup)
sour milk or buttermilk, or water and lemon juice
Oil for frying
SYRUP:
1kg Huletts White Sugar
500ml (2 cups) water
2 pieces of ginger, bruised
2ml cream of tartar
Pinch of salt
Grated rind and juice of ½ lemon
Method
1. Sift together the dry ingredients and rub in the butter with the fingertips, or cut it in with a pastry blender.
2. Mix with the liquid to a soft dough which can easily be kneaded. Use more liquid if necessary.
3. Knead thoroughly until small bubbles form under the surface of the dough, cover with a damp cloth and allow to stand for 15 minutes. 4. Roll to a thickness of 5mm and cut into 5mm strips 7cm long. Place ends of three strips on top of the other, press together and plait. When plaited, press the ends together again.
5. Fry in hot, deep fat (170ºC) until done and golden brown. Drain on absorbent paper for a moment and then immerse in ice cold syrup. 6. Remove, allow excess syrup to drip off, and leave to dry on a wire rack.
SYRUP:
1. Put all the ingredients into a saucepan. Heat, while stirring, until the sugar has completely dissolved. Cover and boil for one minute.
2. Remove the lid and boil for a further 5 minutes. Do not stir.
3. Remove from the heat and allow to cool thoroughly in a refrigerator if possible.  Makes approximately 35
.

Hannalie Kitshoff
Koeksisters

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Deur Barbara Joubert
Moenie bang wees om jou eie koeksisters te maak nie. Volg net die resep en jy sal sien dis so maklik, enigeen kan dit regkry.
(sowat 12 koeksisters)
Stroop
• 1 kg suiker
• 500 ml water
• 2 stukke vars gemmer
• 2 ml kremetart
• knippie sout
• sap van halwe suurlemoen
Plaas al die bestanddele in 'n kastrol. Verhit en roer totdat suiker opgelos is. Sit die deksel op en laat kook vir 1minuut. Kook nog 5minute sonder deksel. Moenie roer nie. Laat afkoel. Plaas in yskas, verkieslik oornag, tot heeltemal koud.
Deeg
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 3 ml sout
• 25 ml botter
• 150 ml karringmelk
• 750 ml sonneblomolie om koeksisters in te braai


Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n mengbak. Vryf botter in droë bestanddele in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg wat maklik geknie kan
word. Die geheim van goeie koeksisters is om die deeg te knie totdat klein blasies vorm - sowat 20 minute. Maak toe met 'n klam doek en laat rus vir 15 minute. Rol deeg sowat 5 mm dik uit en sny in blokke van 8 x 5 cm. Sny elke blok in die lengte in 3 vingers, maar nie dwarsdeur nie. Volgens die kenners moet die koeksister net drie keer gevleg word. Verhit olie en toets met 'n stukkie afvaldeeg. Die deeg pof op, maar braai nie vinnig bruin nie. Braai nou 2 koeksisters op 'n slag. Laat dit eers mooi bruin word aan die een kant voor jy dit omdraai. Plaas op kombuispapier vir 'n paar sekondes om van die olie ontslae te raak en doop dan dadelik in die yskoue stroop. Die stroop moet onmiddellik intrek. Plaas die koeksisters op 'n afkoelrak bo-op 'n bakplaat.
Wenk: Plaas die koue bak stroop in 'n bak met ys. So sal die stroop koud bly. Bêre koeksisters in die vrieskas.  .



Ronde sisters sonder vlegsels

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
 
SARIE -
Moenie lag nie, ek het ’n gewone koeksister-resep en ’n oliebol (doughnut)-drukker gebruik om dié koeksisters te maak - sonder om te staan en vleg!
(ongeveer 10-12 ronde sisters)
Stroop
Maak die stroop reeds die vorige dag. Dit moet yskoud wees, anders sal dit nie in die koeksisters intrek nie.
1 kg suiker
500 ml water
2 stukke gemmer, gekneus
2 ml kremetart
knippie sout
1 kaneelstokkie
Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol en bring tot kookpunt op die stoof terwyl jy dit roer. Maak toe met ’n deksel en laat vir 1 minuut kook. Haal die deksel af en kook vir nog 4 minute. Verwyder van die stoof en laat afkoel. Plaas die stroop in die yskas totdat jy dit benodig.
Deeg
240 g (500 ml) koekmeelblom
1 ml sout
10 ml bakpoeier
40 ml botter
1 eier
10 ml suiker
100 ml koue water
1 liter sonneblomolie
Sif die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam. Vryf die botter in die meel tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eier, suiker en water saam. Voeg by die droë bestanddele en meng tot ’n sagte deeg. Maak die deeg met kleefplastiek toe en laat staan vir minstens 30 minute in die yskas. Rol die deeg sowat 1 cm dik uit en gebruik nou die oliebol-drukker. (Jy kan natuurlik die deeg ook in repe sny en vleg soos ’n gewone koeksister.) Maak die deeg met ’n kombuislap toe en laat rus vir sowat 10 minute terwyl jy die olie in ’n kastrol verhit. Diepbraai die sirkels ’n paar op ’n slag vir sowat 3 minute tot goudbruin aan albei kante. Maak seker die olie is nie te warm nie, anders verbruin die koeksisters voor hulle deurgaar is. Haal die sirkels uit die olie met ’n gaatjieslepel en dompel onmiddellik in die yskoue stroop vir sowat 1 minuut totdat die stroop lekker ingetrek het. Verwyder uit die stroop en plaas dit op ’n afkoelrak sodat die oortollige stroop kan afdrup.
Goeie raad
Plaas die bak met stroop bo-op ’n bak gevul met ys. Só sal jou stroop die hele tyd koud bly.
.

Audrey Appollis
Cape Malay koeksisters

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
(Rushda Achmat from the Black Olive)
Makes about 40
2 cups of cake flour
2 cups of self raising flour
1 pkt yeast
1 tsp nutmeg
1 tsp ground ginger
1 tsp mixed spice
1tsp cinnamon
1tsp cardamon
1 tsp anniseed
2 eggs
1 cup of sugar
1 potato
60ml of melted butter
Syrup:
1 cup sugar
1 cup water
2 cardemon pots
2 pieces stick cinnamon
Boil together. Not too high heat. Wait until it's syrup but not too sticky.
If it becomes too sticky add little bit more water.
Add koeksister to syrup.
Boil the potato and mash with the butter, add the egg and sugar to the mashed potato. Place all dry ingredients together then add potato miixture. add luke warm water to form a soft dough, allow to rise for one hour. Shape the koeksisters and fry them in hot oil. Pour over syrup and sprinkle with coconut
.


Peggy Devine
Kaap-maleise koesisters 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
(Cass Abrams uit Onthou kos)
Lewer 36 koesisters
6 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 ml melk
60 ml olie
60 ml botter, gesmelt
1 groot eier, liggies geklits
1x10 g pakkie kitsgis
60 ml suiker
700 g (5x250 ml) koekmeel
5 ml sout
7 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies
2 ml gemaalde kardemon
5 ml heel anyssaad
5 ml fyngdrukte of gemaalde naartjieskil
olie vir diepbraai
Stroop:
250 ml water
200 g (250ml) suiker
2 kardemompeule, opgeskeur
1. Kook aartappels in water tot sag. Gooi water af en druk fyn. Voeg melk
olie, botter en eier by en druk fyn sodat daar geen klonte is nie (druk deur
sif indien nodig).
2. Plaas kitsgis, suiker, meel, sout al die speserye en skil in n groot mengbak.
Voeg aartappel mengsel by en meng goed tot n gladde deeg.
3. Bedek met kleefplastiek en laat op n warm plek tot dubbel die volume rys
(sowat 1 uur). Knie deeg af en keer op meelbestrooide oppervlak uit.
4. Rol stukke deeg in langwerpige vorms (6 cm x 2.5 cm) en laat 15 min eenkant rys. Diepbraai in warm olie tot goedbruin. Haal uit met gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
5. STROOP: Plaas intussen al die bestanddele, behalwe klapper in n kastrol en verhit tot kookpunt. Roer totdat suiker heeltemal opgelos is het. Hou aan roer en prut oor lae hitte tot stroop lagie op die agterkant van n lepel vorm.
Dompel koeksisters in warm stroop en rol in klapper tot goed bedek. Sit met koffie en tee voor.
Wenk:
Hoe gladder en sagter die aartappel-meelmengsel,hoe beter die eindresultaat.
.

Christina Stienie Breed
NAGEMAAKTE KOEKSISTERS (BROODSISTERS)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
4 kop. suiker
1 teel.asyn
knippie sout
2 kop. water
1 teel. Vanilla essens
ou brood
1. Los suikermengsel op en kook vir 1 min. Laat afkoel
2. Sny die brood in vingers en braai in diep olie tot goudbruin.
Dompel dit dan direk in koue stroop en rol in klapper
3. Kan ook vir nagereg gebruik word saam met vla en gesnyde piesang
.


Sonja Young
Ek het op die resep in Landbou. afgekom:
Churros

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
(spaanse koeksisters)
Churros is die naaste wat jy in Spanje aan 'n koeksister gaan kom. Die deeg is basiese choux-pasta wat ook in warm olie gebraai
word. Maar in plaas van koue suikerstroop word churros eers in kaneelsuiker gerol en dan, met die eetslag, in warm sjokoladesous gedoop.
250 ml water
½ ml botter
2 ml sout
250 ml koekmeel
4 eiers
Olie, vir diepbraai
125 ml kaneelsuiker
Sjokoladesous
120 g donker sjokolade
500 ml melk
10 ml mielieblom
30 ml strooisuiker
Verhit die water, botter en sout in 'n kastrol tot dit vinnig kook. Voeg die meel alles gelyk by en roer vinnig tot dit 'n bol vorm wat van die kante van die kastrol wegtrek. Verwyder van die hitte. Klits die eiers een vir een by. Klits goed tot heeltemal gemeng. Skep die beslag in 'n spuitsak met 'n groot sterpunt en spuit stukke van 5 cm in warm olie. Braai tot liggoudbruin en deurgaar.
Skep uit en dreineer. Sprinkel met kaneelsuiker en sit as nagereg voor met sjokoladesous.
Vir sjokoladesous: Verhit die sjokolade en 375 ml van die melk saam tot die sjokolade gesmelt is. Meng die mielieblom en strooisuiker met die res van die melk tot glad. Voeg by die warm sjokolademelk in die kastrol en prut, terwyl geroer word, tot gaar. Lewer ongeveer 60 churros.
.



Riana Du Plessis
KOEKSISTERS - MET CHILLIE SOUSIE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
(TAN Maria) (ROOI ROSE)
genoeg vir 36 kln koeksisters
STROOP:
5 koppies suiker
3 koppies water
125ml sweet chilli sauce (mild)(Wellington's)
60ml sweet chilli fruity sauce (hot)(Wellington's)
Verhit die suiker en die water saam oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. laat prut die suikerstroop vir 19 min. Haal af laat afkoel en sit oornag in yskas. Voeg die chillie souse by.
DEEG:
4 kop meel
15 ml bakpoeier
knypie sout
30 ml botter
1 eier
375ml melk
olie vir braai
sif meel , bakpoeier en sout saam. Vryf die botter by meelmengsel, tot dit soos broodkrummels lyk
Klits die eier en die melk saam en voeg bietjie vir bietjie by meelmengsel om sagte deeg te vorm
Knie tot elasties en laat vir so 30 min rus.
Rol deeg uit en maak vlegsels
verhit olie en braai tot goudbruin
DOMPEL IN YSKOUE STROOP
.


Berie Smith
KOEKSISTERBALLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Abbas Abrahams is die uitvoerende sjef van African Pride Crystal Towels Hotel & Spa en hy deel sy familieresep vir koeksisters. Koeksisters kan voorgesit word as ‘n lekkerny saam met koffie of ditkan nagereg wees. Breek stukke koeksisters in vanieljeroomys in die somer en bedien dit op ‘n meringue saam met vars bessies.
Deeg
500 g koekmeelblom
15 g fyn gemmer
15 g fyn anys
10 g gedroogde naartjieskil, fyngekap
10 g fyn kaneel
10 g fyn kardamon
1 T suiker
1 pakkie droëgis
2 g sout
2 eiers
60 ml sonneblomolie
375 ml water, louwarm
Stroop
500 g suiker
500 g water
Pypkaneel
1 t suurlemoensap
Vir die deeg: Voeg al die droe bestanddele in ‘n mengbak en meng deeglik. Voeg eiers een vir een by, dan die louwarm water en olie totdat dit ‘n sagte deeg vorm. Laat staan 10 minute. Rol die deeg uit met die hand tot 3 cm en sny met ‘n koekdrukker. Bak in voorverhitte olie tot goudbruin en plaas in sif.
Vir die stroop: Prut suiker, water en pypkaneel op stoof vir ongeveer 10 – 15 minute tot ‘n stroop. Doop gebakte koeksisters in stroop en strooi droë klapper oor indien verkies.
.


Berie Smith
RIA SE VINNIGE
BRUISMEELKOEKSISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Lewer 3,5 dosyn koeksisters van normale grootte
DEEG
500 g bruismeel
2 ml sout
1 ekstra groot eier
250 ml water
10 ml gesmelte botter
genoeg kookolie vir diep braai
STROOP
800 g suiker
500 ml water
15 ml goue stroop
12,5 ml gliserien
5 ml kremetart
knyppie sout
2 tot 3 stukke pypkaneel
Sif bruismeel en sout saam.
Klits eier en water en voeg gesmelte botter by.
Meng meelmengsel met vloeistof tot sagte deeg.
Smeer hande liggies met kookolie en knie deeg goed, of gebruik ’n menger, bedek deeg met klam doek en laat vir 10 minute staan.
KOOK INTUSSEN DIE STROOP
Plaas al die stroop bestanddele in groot kastrol verhit tot kookpunt, roer 2 keer, laat 7 - 10 minute kook.
Haal af en laat effens afkoel.
Rol deeg uit, sny in repe vleg of draai.
Braai hulle in kookolie tot bruin, skep uit en dompel in die warm stroop, haal uit en plaas op draadrak.
Verkoel in yskas en dien op.
Bewaar wat oorbly in ’n toe houer in vrieskas of oop houer in yskas.
.


Hestelle Engelbrecht
HEERLIKE KOEKSISTERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
Ek het Johanna se resep bietjie aangepas. Die geheim van 'n lekker koeksister, lê in die stroop. As dit te soet is, eet almal net een. Omdat ek my stroop nie so soet maak nie, hou hulle nie op met eet nie!
DEEG:
4 k meel,
4 teel bakpoeier,
2 eiers,
125ml margarien,
4ml sout,
+- 300ml melk.
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in .
Klits eiers goed, klits in melk en maak beslag daarmee aan.
Knie goed deur en bedek met klam doek vir 30-40 min.
Rol uit. Maak stroop vorige dag aan en sit in ys (of vries-) kas.
STROOP:
7 k suiker,
4 k water,
1 eetl. goue stroop,
2.5ml wynsteensuur, (of 30ml suurlemoensap),
1 desertl. vanilla.
Jy kan 2.5ml kremetart ook by die koue stroop gooi.
Los suiker in koue water op. Kook ongeveer 8 min.
Voeg ander bestanddele by en laat koud word. Sit in bak sonder deksel in yskas en toe bak in vrieskas.
Dit vries baie goed. Mens moet die eerste keer eintlik die stroop dubbeld aanmaak, anders is dit te min...

KOEKSISTERS
4 kop meel,
4 teel bakpoeier,
2 eiers,
1 teel hoogvol margarine.
Olie in kastrol om mee te bak

STROOP:
8 kop suiker,
4 kop water,
1 teel kremetart.
Sif die droë bestanddele en voeg sout by. Vryf die smeer in. Klits eiers en voeg by. Maak verder met lou water tot sagte hanteerbare deeg. Moet baie goed geknie word. Laat een uur rys met klam vadoek bo-oor. Ek vleg eers alles klaar in panne en hou dit klam met 'n nat vadoek. Die stroop maak ek al die vorige aand aan want dit moet in die yskas gehou word sodat dit koud is. Meng al die stroop bestanddele en moenie laat kook voor suiker nie gesmelt is nie. Ek gooi sommer kookwater in dan smelt dit gouer. Kook vir 10 min.
ONTHOU: die geheim van koeksister is wanneer dit uit die olie kom moet dit DADELIK in die koue stroop gedompel word. Ek toets eers my olie met 'n afval stukkie deeg. As dit dadelik boontoe kom is die olie reg. Koeksisters moet ook altyd in die vrieskas gebere word, ander verloor dit hul glans. Mens kan dit uit die vrieskas bedien, dit is eetbaar!!!! Traai dit!!!!

Joeline Huysamen


Dalene Brits
HARDE KOEKSISTERS VIR VERKOPINGS
KOEKSISTERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/koeksisters.html
STROOP:

2 x 2,5 kg Suiker
3 lt Water
2 eetl Suurlemoensap
2 tlp Kremetart

Kook 15 min saam, pasop vir oorkook. Laat afkoel en verkoel oornag in yskas vir beste resultate.
Lewer 5 lt.
1 ½ keer die resep word benodig vir onderstaande hoeveelheid.

DEEG:
2,5 kg Koekmeel
15 tlp Bakpoeier (opgehoop)
3 tlp Sout
1 ½ k Kookolie
1,400 lt Water Knie goed en laat rys oornag.
Sny repies en draai koeksisters.
Lewer 9 dosyn groot.

Benodigdhede:
1 x 2,5 kg Koekmeel
3 x 2,5 kg Suiker
3 x 750 ml Kookolie (vir bak)
+ 1 ½ k Kookolie (vir aanmaak)
2 bottels olie bly oor.
3 lt stroop bly oor.
(Bêre in vrieskas vir volgende keer)
Dan is dit ook belangrik dat die stroop koud moet wees en hou dit onder todat dit ophou stroop trek. Jy hoor sommer hoe slurp hy die stroop op.
Sterkte en laat weet asb. 
 .


KOEKSISTERS MET INKOMASI
Hierdie resep is suksesvol en het gereeld pryse by VLU gewen
Deeg
5x250ml koekmeelblom
30ml Bakpoeier
60ml margerine
Knippie sout
500ml inkomaas/karringmelk

Sif meel bakpoeier sout saam Vryf margerine in Voeg inkomasi bietjies bietjies by tot kniebare deeg Knie dan baie goed vir so 10 min Maak met klam doek toe en laat rukkie rus Sny dan stukkies af en rol uit sny en draai of vleg (jy sal sien as jy stukke afsny deeg het gerys ) Pak gevlegde koeksusters op gesmeerde skinkborde en gooi toe met klam doek
 Bak in warm olie en druk in koue stroop

STROOP
12kop suiker
6kop water
1teel kremetart
½teel wynsteensuur
skywe suurlemoen kan ingesit word
Verhit tot suiker gesmelt Kook so 5 min Laat afkoel en sit in yskas vorige dag al

Wenk
 Ek sit so helfte van die stroop in die vrieskas Dit word dan so dik Ek vul dan die stroop daarmee op dan bly die stroop redelik vars Ek vervang ook die wynsteensuur met ½kop suurlemoensap
Koeksisters vries baie goed en bly lang ruk blink in die vrieskas.


.




No comments:

Post a Comment