Tuesday 26 February 2013

SNACKELS

SNACKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html

1K Meel
1 1/2t Bakpoeier
1 eier
2/3 k water
1k Melk
Sout ♥ en vir soet n bietjie suiker

Meng droe best. Voeg eier by en maak aan met melk en water tot n lekker dun maar klewerige deegie.[ onthou om jou yster lekker warm te maak in die olie en dan in die deegie te druk en dan in die olie ..die eerste 2keer kan dit bietjie vassit maar hou net aan ..hoop jy kom reg laat my asb weet].onthou moenie die hele yster gedeelte in die deeg druk nie anders kom dit nie af nie net so driekwart.. Helena*




Deegbeslag

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html

1 Eier, 
125ml Water, 
125ml Melk, 
1 ml Sout, 
250 ml Gesifte Koekmeel, 
Klits eier, melk en water saam. 
Voeg droë bestandele by vir 'n lopende beslag en klits deeglik.

 Mengsel voldoende vir 60 bakkies. 
Bak in kastrol met genoeg olies om die snackle vormpie te bedek verhit olie met snackle vormpie in olie. Skud oortollige olie af wanneer snakle uitgehaal word (met te min olie sal deeg aan vormpies kleef) 
Druk snackle in deegmengsel maar verhoed dat die deeg oor die boonste rand van die vorms gaan en plaas terug in warm olie vir +- 25 sekondes.
 Bakkies is ligbruin en bros wanneer gaar. 
Hierna hoef snakle vormpies nie elke keer in olie gepaas te word nie. 
As snackle te gou uit deeg gehaal word of as olie te warm is, sal die deeg afval. 
Plaas bakkies op afkoelrak op absorberende papier. 
Vulse moet minimum vloeistof bevat. 
Vul bakkies kort voor bediening. 
Ek gebruik sommer Fyn gekapte spek gebraai met uie, mushrooms,swartpeper gemeng met bietjie kaassous, of fyn maalvleis ens.

vir soet melktert vulsel, caramel of appelvulsel:- 
1 blik tert appels, 
125ml suiker, 
10ml vla poeier 
5ml margarine, 
Maak appels fyn strooi suiker oor verhit totdat suiker gesmelt is, voeg margarine by, meng vlapoeier met bietjie water en roer by mengsel, kook vir paar minute. 
Skep in bakkies en versier met styfgeklopte room.26/7/2014*Sarie van Tonder



Judith Gower
SNAKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html
 
Hier is die resep wat saam met die snackle kom: 
1 eier,
 halwe koppie melk,
 halwe koppie water,
 knippie sout en peper en 
1 koppie hoogvol meel.
 In plaas van melk kan bier of stout gebruik word. Metode Klits eier, melk en water goed saam, voeg meel, sout en peper by. Klits verkieslik met 'n eier of elektrieseklitser totdat mengsel goed gemeng is. Indien gevind word dat mengsel te dik is kan nog bietjie water bygevoeg word. Maak ongeveer 2 tot 3 dosyn houertjies.* .

Marlene Minderon
SNACKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html1 eier-
¾ kop melk-
¾ kop water-
knippie sout-
rooipeper vir so klein brandsmaak-
1 kop meel.
genoeg kook olie

Meng mens net alles en sie daar....
Dis amper soos pannekoek deeg. ek sit partykeer pepperdew sout by en los die rooipeper
Jou olie moet lekker warm wees maar ook nie tewarm en dan sit jy die snackle vorms in die olie sodat die vormpies lekker warm kan word. Ek het alryd n vadoek aan die eenkant sodat ek die snackle vorm net so bietjie droogmaak aan die onderkant en dan druk ek dit in die mengsel maar jou snackles vorm moet goed warm wees. As dit reg is val dit sommer self van snakle vorm af *


Santie Carelse
OM SNACKELS TE BERE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html
Ek het gou my skoonsus gebel. Sy maak baie gereeld van die doppies. Sy se die volgende: laat staan die klaar gebakte doppies oornag op kombuis papier. Plaas dan die volgende dag in n POLIESTEREEN houer (laag doppies - laag waspapier) Sit dan die deksel op. Dan kan mens dit vir n maand lank so bere sonder n yskas. In n yskas kan dit binne n lugdigte houer net vir so 2 weke gebere word. Dit kan glad nie gevries word nie.* .

Lizette Erasmus
VULSELS VIR SNACKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/snackels.html
1. meng fyn piesang, karamel en room vir banoffee filling.
2. bakkie maaskaas en blik kondensmelk en halwe blik suurlemoensap vir kaaskoek filling.
3. boks orley whip en blik karamel en gerasperde peppermint crisp vir pepeermintcrisptert filling.
4. melktertfilling.
5. fyngedrukte kookeiers gemeng met kaas en mayo.
6. dik kaassous gemeng met gerasperde poloney.
7. dik witsous gemeng met fyn biltong.
8. tuna gemeng met mayo of kaassous.
9. kapokaartappel gemeng met gerasperde ui, gerasperde kaas en sweet chilly sous.
10. styfgeklopte versoekte room met fyngekapte glanskersies.
elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas. 6 Voorverhit die oond tot 160 °C. 7 Bak vir 25 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.*


1. SOUT VULSEL

Half koppie mayonaisse
Half koppie fyngemaakte viennas, bacon of ham
Half koppie sterk gegeurde cheddarkaas
1 teelepel mosterd
1 hardgekookte eier fyngemaak
Meng goed en skep in doppies.
Bron: Santie Carelse

2. SALM VULSEL
1 blikkie pienk salm
2 eetl sandwichspread
2 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles en skep in doppies
Kreatiewe Kos Idees

3. KOMKOMMER VULSEL:
1 gerasperde komkommer (gedreineer)
1 fyn gedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Meng alles goed en skep in doppies
Kreatiewe Kos Idees

4. POLONIE VULSEL:
1 kop fyn gerasperde polonie
1 fyngedrukte eier
1 eetl mayonaise
sout en peper
Kreatiewe Kos Idees

5. MAASKAAS / HAM VULSEL:
125gr ham (fyn gerasper)
100ml mayonaise
1 houertjie maaskaas
30ml pietersielie gekap
30ml agurkies gekap
30ml ui gekap
sout en rooipeper
Meng alles goed skep in doppies en gooi paprika bo-oor
Kreatiewe Kos Idees

6. HOENDER / HAM VULSEL:
1 pakkie cream of mushroom sop
50ml meel
50ml melkpoeier
750ml water
100gr ham gekap
30 ml agurkies gekap
sout en rooipeper
Meng droe bestanddele in 'n pot voeg water by en kook tot dik en gladde mengsel
Laat prut vir so 5 minute - Voeg ham en agurkies by meng en laat afkoel.
Gooi sout en peper by en skep in doppies
Bron: Kreatiewe Kos Idees

No comments:

Post a Comment