Saturday 9 February 2013

LIGTE ETES

LIGTE ETES

Henriette Wessels
 ASPERSIE EN KAAS ROLLETJIES
* Huisgenoot*
Genoeg vir 4-6 mense
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) kaas van jou keuse, gerasper
Sout en vars gemaalde swartpeper
6 ciabatta-rolletjies, oopgesny (in die helfte)
250 g aspersies, geblansjeer en in die lengte gehalveer
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Meng die mayonnaise, jogurt en kaas en geur met sout en peper.
2.Plaas die rolletjies op ’n bakplaat en skep ’n eetlepel vol van die kaasmengsel op elke helfte.
Voeg ’n laag aspersies by en Dan nog ’n eetlepel vol van die kaasmengsel.
Stel die oond op rooster en rooster die rolletjies 5 minute of tot die kaas gesmelt het. Sit voor met ’n slaai.**9/02/13

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/ligte-etes.html



SKY-HIGH BRUNCH BAKE


(kraftrecipes)

Ingr:
2 x Puff pastry frozen, then thawed,
6 eggs beaten,
1 Cup ricotta cheese,
dash of hot pepper sauce,
± 370g frozen chopped spinach, then thawed & drained well,
4 slices cooked shoulder bacon chopped,
1 ½ Cups shredded cheddar cheese &
1 Cup chopped red/green bell peppers.

METHOD:
Heat oven to 200dC. Unfold pastry & roll one sheet to 1 1inches square & set aside. Roll 2nd sheet to 12 inches square & line bottom & sides of a 9inch spring form pan sprayed with cooking spray. Reserve 1 Tbsp of beaten egg aside. Mix remaining egg mixture with ricotta, pepper sauce, cheddar and green/red peppers & spinach. Divide mixture and cover puff pastry with half of mixture. Then place 2nd sheet of pastry over, fold under edges of 1st layer then tuck inside pan. Brush pastry with reserved egg. Cut slits in top of crust. Bake for 45-55 mins or until golden brown. Cool for 10 mins. Run knife around edges of pan to loosen crust before removing rim. Serve hot.

Geplaas deur: Moira Botha Dyer
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/ligte-etes.html 



Wors-verrassing
2 koppies koekmeel
2 koppies gerasperde kaas
90 g botter
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel rooipoeier
sout na smaak
naeltjies
1 pakkie Van Rensburgs Kuduwors  (gaargemaak)
Metode:
Krummel die botter en die meel.
Voeg al die droë bestanddele by.
Vorm ‘n stywe deeg met yswater.
Rol die deeg uit en sny in vierkante.
Sit ‘n stukkie Van Rensburgs Kuduwors in elke vierkant en steek met ‘n naeltjie vas.
Bak vinnig  in warm olie.
Dreineer op kombuispapier en bedien.*van Rensburg Meat* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/ligte-etes.html

Anna Hattingh

ITALIAANSE AANDETE:


Baie ou resep maar niks Italiaans in die resep so weet nie hoekom sy naam so is nie. My dogter sê as ek nie weet wat om vir ete te maak dan maak ek hierdie resep,ook lekker om die volgende dag die oorskiet in ñ kosblik te sit v werk:
500 ml koekmeel,
20 ml bakpoeier,
knippie sout,
60 ml margarien,
125-180 ml melk,

Vryf die margarien in die gesifte droë bestanddele in. Maak aan met die melk tot hanteerbare deeg en druk deeg in ñ reghoekige glasbak vas. Plaas volgende lae bo-op:
1ste Laag: 
Gaar gegeurde maalvleis volgens jou keuse.
2e Laag: 
Tamatie en uieskywe. 
3e Laag: 
Gerasperde kaas. 
Bak in matige oond, 180*C vir omtrent ñ halfuur lank. Bedien saam met slaai of groente van jou keuse.

No comments:

Post a Comment