Saturday 9 February 2013

FRUIT - COCTAIL PUDDING



Fruit Cocktail Poeding:
*Henriette Wessels
Bron: My vriendin Martie Briel het hom jare terug vir my gegee
1 Blikkie Fruit Cocktail met stroop (210gr blikkie)
2 Koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
3 Eiers
2 teelepels Koeksoda
Meng alles saam en sit in oondvaste glas bak wat vooraf gesmeer is
Bak 40 minute by 180°C

Stroop
1 kop suiker
1 Blikkie Carnation Ingedampte Melk
1 Teel Vanilla Essence
1 Eetl Margarien
Kook alles saam tot suiker goed gesmelt is
Steek gaatjies in die warm poeding met sosatie stokkie en gooi stroop oor (ek gooi met 'n lepel bietjie bietjie oor en mens maak seker elke deel kry ewe veel - dit trek ook vir my baie mooier in - anders dan als in die middel en dan is dit vir my "soggy")*9/02/13WENK**

As jy hom in cupcake pannetjie maak is die baktyd tussen 20 en 25 min toets hom maar net met 'n tandestokkie! Ek pak dit dan in groot bak en gooi sous oor presies soos groot poeding

WENK**

Karin Burger
80 ml per holte werk baie goed. Ek maak individuele Quiche en korslose souttert ook in muffin pannetjie.

1 comment:

  1. Hi Karin, ek wil graag die poeding in tuna blikkies in my halogen oondjie bak, sal dit werk en oo hoeveel grade dink jy. Ek het ook ñ extension ring vir my oondjie. By voorbaat dankie. Chrystelle

    ReplyDelete