Saturday 9 February 2013

BREAD STICK-BROOD




Henriette Wessels
*Kreatiewe Kos Idees*
Die lyk baie interresant...ek wil dit probeer as ons braai. Hoop myne kom ook so mooi uit.
BREAD-STICKS BROOD:
1 Klaar voorafbereide brooddeeg
Rol dun uit, sny in repe en rol repe in worsvorm
1 Pak streaky bacon
'n Paar stukkies bacon in stukkies gekap
Pietersielie (vars of droog)
1 eier
Begin deur die deegwors vanaf die middel te rol na die buitekant. Druk elke keer die Los punte stewig van.
Soos wat jy die wors rol, sit repe spek tussen in.
Klits eier en smeer met kwassie die hele broodjie.
Sprinkel die stukkies spek en pietersielie oor die broodjie.
Jy kan kaas ook oorstrooi. Ek dink dit sal die broodjie baie lekker maak. Jy kan selfs as jy wil, stukkies peppadews snipper en oorgooi.
Bak in oond - 180 C - vir ongeveer 30 minute of tot mooi goudbruin.
Sny in skywe en bedien warm *9/02/13*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bread-stick-brood.html

No comments:

Post a Comment