Friday 8 February 2013

BABAS EN PEUTERS KOS IDEES

Carrot Couscous Cakes
Dairy and Soy Free
Makes approximately 4-5 servings or 20 small cakes

Ingredients:                     

2 ¼ cups chicken or vegetable stock
1 cup dry couscous
½ cup shredded carrots (could also try zucchini, parsnips, turnips, beets or any other shed-able vegetable)
2 Tbsp olive oil

Instructions:
Bring the liquid to a boil and add the couscous, reduce the heat to low and cover. Simmer for 5 min.
Keeping the pot covered, remove from heat and let stand for 10 min or until all the liquid has been absorbed.
Take the grain mixture and add the shredded carrots.
Make into little patties – about the size of half dollars
Heat olive oil in the skillet and cook the couscous
cakes in the skillet for about 4 min each side or until golden brown.
Remove from skillet and let dry on a plate with a paper towel to absorb the excess oil
Serve warm and enjoy





Maré Nieuwoudt
Kook sy kossies apart. bv skorsie, wortel, aaartappel, kan ook n vleisie ingooi en lekker sag kook. Ek het so masjientjie gehad wat jy so draai en dan maak dit die vleis ens lekker fyn, kan later een van die groentes n bietjie growwer laat soos hy ouer word. Speel maar met verskillende groentes bv butternut of pampoen ens. Nie baie sout ingooi nie.

Christine Oosthuizen
Wanneer avokadopeer beskikbaar is... sny 'n avokado half deur en maak sommer in die skil fyn tot verlangde tekstuur, sonder sout of suiker... Ons een seun het van piesang gehou, dan het ek 'n klein stukkie piesang ingemeng. Indien piesang te suur is, kan mens papaja inmeng... dit is baie gesond en lekker in die somer.

Suzette Vander Merwe
Bruinrys, pasta, hoenderborsies, lean steak in repies gesny, butternut, spinasie, wortels, aartappels, baby marrows, chicken stock in stoompot tot als sag en gaar is - versap als so sag/grof soos hy/sy dit verkies. En vries in porsie bakkie.


Ann Adam Gilfillan
Ek het altyd butternut, wortels, aartappels en so klein bietjie hoender saam opgekook. Dan het ek bietjie soppoeier ingegooi vir smaak. Ek het dan alles in my voedselverwerker fyn gemaak sodat dit dieselfde "consistency" het as purity. Ek het porsies in klein bakkies opgedeel en gevries, dan die oggend uitgehaal soos ek nodig kry. My babas was mal daaroor en dis baaaaiiieee goedkoper as purity.

Sureta Olivier
Enige groente kan jy maak, fyn maak. Moet net nie sout byvoeg nie, 'n baba tot omtrent so 'n jaar kan nog nie smake proe nie. Ek het altyd die groente gekook in ys houers gesit, plastiek sakkie oor getrek en gevries dan het ek uit gehaal onvries en vir my dogters gegee. Hulle het seker so op 10% purity groot geword die res was alles home cooked. Soos babatjie ouer word kan my vleis sous by gooi. My girls is vandag 13 en 14 en eet alle groente en vrugte, toe hulle peuters was toe het hulle gevriesde brussels sprouts ge-eet. Onthou ook klein kinders raak na so 5 keer se proe aan 'n kos gewoond, so moenie net na eenkeer besluit 'oh well my kind hou nie van dit of dat nie" Partykeer hou eet hulle iets en 'n ander keer weer nie, fiemies word aan geleer, kinders word nie met dit gebore nie.

Brenda Bester
Custard en vrugte

Karlien Jacobs
Patat, skorsie, wortel en bietjie butternut. Kook in stoompot met bietjie stock blokkie. Verwerk in voedselverwerker met homp marg/botter en teelepel bovril of marmite. Laat afkoel en skep in bakkies. Heerlik!
Gebruik verskillende groente met fyn aartappel en vries-werk soos bom
Avo en piesang kan mens net so fyndruk en gee.
Kook appels en pere met min water tot sag en druk fyn. Hang af hoe oud baba is-meng met custard of yoghurt.


Karlien Jacobs
Wortel-en-skorsiepuree
Dit is hoog in vitamiene, foliensuur en betakaroteen wat baie goed is vir baba se ontwikkeling. Geskik vir baba op 6 maande.(Maak 300-500 ml)
2 wit wortels, geskil en gerasper
2 geel wortels, geskil en gerasper
2 gaar skorsies se vleis
Prut die wortels 10 tot 15 minute in 4 eetlepels water tot sag. Laat effens afkoel en verpulp met die skorsievleis.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in 'n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.


Soetpatat-en-piesangpuree
Hoog in potassium en vitamiene C.(Maak 300-500 ml)
2 middelslag soetpatats, geskil en in blokkies gesny
50 ml water
1 piesang, geskil en opgesny
Prut die patat 20 minute tot sag in 4 eetlepels water. Laat effens afkoel en verpulp met die piesang in ? voedselverwerker.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in 'n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.


Peer-en-ryspuree
Ideaal vir babas tussen die ouderdom van 7 en 9 maande wanneer nuwe teksture en smake aan baba bekend gestel moet word. (Maak 75-100 ml)
2 groot pere, geskil en in blokkies gesny
1 k gekookte Thai-rys
Prut die pere in 2 eetlepels water vir 10 minute tot sag. Laat effens afkoel. Meng die gekookte pere en rys met 'n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in 'n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.


Mango, avokado en jogurt
Hierdie resep is geskik vir 'n baba tussen 7 en 9 maande.
(Maak 75-100 ml)
½ mango, in blokkies gesny
½ avokado, in repies gesny
2 e jogurt
Kombineer die mango en avokado op 'n bord. Druk fyn met 'n vurk en skep die jogurt bo-oor.


Kool, broccoli en murgpampoen
Teen die ouderdom van 7-9 maande kan jy begin om nuwe smake en teksture aan jou baba bekend te stel. Maaltye is nou 'n tyd vir nuwe ervarings en hierdie resep het 'n growwer tekstuur, is hoog in vesel en vitamiene en maklik om te maak.
(Maak 300-500 ml)
1 k gekapte groenkool
1 k gekapte broccoli
1 k gekapte murgpampoen
2 e roomkaas
Prut die groente 10 minute in 4 eetlepels water tot sag. Laat effens afkoel en meng die roomkaas by met 'n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in 'n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.


Botterskorsie-en-appelpuree
'n Heerlike soetsoutpuree wat ryk is aan vitamiene A en C. Hierdie puree 'n goeie basis om te gebruik wanneer jy nuwe smake en speserye in jou baba se dieet wil inbring. Geskik vir 'n baba tussen op 6 maande.
(Maak 300 – 500 ml)
3 koppies geskilde en fyngekapte botterskorsie
1-2 appels, geskil en gerasper
100 ml water
Bring die botterskorsie en appel tot kookpunt in die water. Verminder die hitte en prut 20 minute tot sag. Laat effens afkoel en verpulp in 'n voedselverwerker tot gladderig.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in 'n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.
Bron onbekend-het die resepte al baie lank

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/babas-en-peuters-kos-idees.html

No comments:

Post a Comment