Friday, 8 February 2013

KOSBLIK IDEES




SCOTCH EGG
*
Easy Cooking from Ninas Kitchen*Scotch eggs are perfect for lunchbox treats, because they are so filling. It keep the children satisfied for longer and I am sure event the sugar levels are a little more stable!
 makes 4 Scotch Eggs
6 pork sausages (uncooked)
4 boiled eggs (shells removed)
15ml fresh thyme leaves
30ml wholegrain mustard
Seasoning
Canola oil for frying
Place the following in three separate bowls
150ml flour, 

2 eggs (lightly beaten) and 
150ml breadcrumbs


Method:
Remove the meat from the sausage casings and place in a bowl. Mix in the thyme, mustard and seasoning. Dust hands with flour, take an egg and start molding pork around the egg until well covered.  If hands get sticky from the pork then dust with more flour.  Ensure each egg is well covered in a thin layer of pork.
Roll the egg which at this stage is neatly wrapped in pork first into the flour, dust off excess flour then coat in egg and lastly roll in breadcrumbs. Fry in oil until golden and crispy18/5/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Weg met kosblikkopsere
ARINA DU PLESSIS en BERNICE VAN DER MERWE
Om 'n skoolkosblik vol voedsame kos te maak — waarvoor kinders nié hul neus optrek nie — is vir die meeste ma's 'n daaglikse uitdaging. Volg ons riglyne vir kinder-vriendelike kosblikke en hulle sal nie kan wag vir pousetyd nie!
Beplan goed
Dikwels word die kinders se pousekos afgeskeep omdat dit die oggend voor skool vinnig bymekaargegooi word. Beplan oor naweke, of voor jy kruideniersware gaan koop, wat jy elke dag vir hulle gaan inpak en koop daarvolgens. Werk vir elke dag 'n gebalanseerde inpakete uit en sorg dat hulle al die nodige voedingstowwe inneem.
Hou dit interessant en aantreklik
Bied liewer 'n verskeidenheid eetgoed in kleiner porsies aan as 'n hele kosblik vol brood. Kinders hou van interessante kos — helderkleurige jellielekkers is 'n beter opsie as sjokolade en 'n muffin of volgraanrolletjie nou en dan gee net die nodige afwisseling van alledaagse toebroodjies. Ryg blokkies kaas en kersietamaties aan stokkies — dis vir 'n kind baie lekkerder om dit so te eet, as wat dit los in die kosblik lê. En as jy sukkel met kinders wat nie wil eet by die skool nie, doen 'n bietjie ekstra moeite. Maak hulle kos visueel aantreklik — dit sal ook keer dat hulle eerder iets by die snoepie wil gaan koop. Druk vorms uit kaassnye of tameletjie of maak sosaties van kersietamaties, agurkies en kouevleis of frikkadelletjies.
•  Dink prakties oor toebroodjievulsels — konfyt en stroop of skywe tamatie is heerlik op brood, maar as broodjies wat dit op het 'n halwe dag in 'n kosblik lê, sal dit die brood deurdrenk en geen kind daarvoor lus wees nie. Kies vulsels wat steeds lekker en aantreklik sal wees teen pousetyd.
•  Broodjies kom meestal onaangeraak terug omdat dit kinders verveel. Gebruik soms 'n ander soort brood of verander die vorm van die broodjie.
•  Gebruik volgraanbrood in plaas van wit of, as hulle nie van volgraan hou nie, probeer die gemarmerde brood wat deesdae oral beskikbaar is. 'n Ander idee is om een sny wit- en een sny bruinbrood te gebruik vir toebroodjies.
Hier is 'n paar idees vir gesonde toebroodjievulsels:
•  Lae-vet kouevleis en blaarslaai met blatjang of matige mosterd.
•  Fyngerasperde of dun gesnyde biltong met maaskaas.
•  Grondboontjiebotter gemeng met heuning en gekapte neute.
•  Edamkaas, blaarslaai of komkommer en dun skaafsels kalkoen of gerookte hoender.
•  Tuna, komkommer, agurkie en krummelmaaskaas http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html



Grondboontjiebotter en muesliblokkies
Propvol proteïene en vesel.
125 ml klapper
1 blik kondensmelk
750 ml geroosterde muesli
250 ml pofrys (Rice Crispies)
60 ml heuning
60 ml grondboontjiebotter
60 ml sagte botter
125 ml ongesoute grondbone, gerooster en grof gekap
250 ml versiersuiker
Smeer 'n pan van 200 mm x 300 mm met botter en voer die bodem en kante uit met bakpapier. Sprinkel die helfte van die klapper egalig oor die bodem van die pan. Meng die res van die bestanddele (behalwe die orige klapper) in 'n kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Laat prut liggies vir ongeveer 15 minute, terwyl geroer word, tot dik. Skep op die klapper in die pan en versprei egalig. Sprinkel die orige klapper bo-oor en druk dit effens met jou hande op die grondboontjiemengsel vas. Bedek, en verkoel tot ferm. Sny in blokkies. Lewer ongeveer 20 blokkies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Lekkergoed
Sit nou en dan 'n lekkerny in, maar probeer om dit so gesond moontlik te hou. Die meeste lekkers is gelaai met suiker en vet, maar daar is tog 'n paar meer gesonde opsies.
Lees etikette en kyk na vet- en suikerinhoud. Waak ook teen kunsmatige kleur- en preserveermiddels in lekkergoed.
Malvalekkers, "wine gums", jelliewurms of 'n paar energielekkers, soos "Super C", nou en dan kan nie skade doen nie.


Pak 'n gesonde ete
Kinders is aktief en het pousekos met proteïene, koolhidrate en vesel nodig wat aan hulle die energie verskaf wat hulle nodig het. Hoe dan gemaak as hulle net in gaskoeldrank en lekkers belang stel? Flous 'n bietjie — gee vrugtestafies, neute of jogurt in die plek van lekkers of skyfies, melkdrankies of suiwer vrugtesap in die plek van gaskoeldrank. Gee altyd 'n vrug (of 'n bakkie met vrugtestukkies) saam. Die meeste kinders het suikertande, maar probeer om dit op 'n gesonde manier te bevredig. Bak hawermoutkoekies of neutestafies en pak dit in skool toe, in die plek van gekoopte winkelkoekies of lekkers.
Kosblikke
Koop 'n duursame plastiekkosblik met kompartemente (of aparte klein bakkies vir droëvrugte of neute, wat binne-in pas) en 'n deksel wat styf pas. Maak seker dit is groot genoeg sodat die hele ete in die kosblik kan pas. Draai broodjies of kouevleis en kaas apart toe in foelie of waspapier.
Onthou die drinkgoed
Kinders moet deur die dag vloeistof inneem. Daar is deesdae klein termoshouers by supermarkte of buitelugwinkels beskikbaar wat koeldrank, water of melkdrankies yskoud sal hou. Andersins, vries hul water of koeldrank oornag in die plastiekbottels wat jy saam met die meeste kosblikke koop. Teen pousetyd behoort dit steeds lekker koud te wees. Suiwer vrugtesap, water of voedsame melkdrankies, soos Milo, is goeie keuses vir die kosblik.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html
14 Januarie 2005


Gegeurde springmielies
•    Springmielies is hoog in vesel en laag in vet, en ’n goeie vuller in honger tye.
•    Geur warm springmielies met gerasperde parmesaankaas. Die kaas verskaf genoeg sout, so, los die soutpotjie eenkant.
•    Maak ’n mengsel van suiker, kaneel en naeltjies, en strooi oor warm springmielies vir ’n suikertand.
•    Meng springmielies met sonneblompitte, amandelsplinters en ander neute vir ’n interessante peuselhappie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Geurige neute
Meng saam:
30 ml olyfolie
10 ml komyn
10 ml koljander
10 ml sout
5 ml swart peper
5 ml rissiepoeier (opsioneel)
500 ml kasjoeneute
Braai die speserye in ’n groot pan vir 2 minute, voeg die neute by en braai tot alles goed bedek is. Laat afkoel en verseël in ’n lugdigte houer.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Pitabroodskyfies
Gebruik oorskietpitabrode wat nie meer so vars is. Skakel die oondrooster aan. Trek die pitabrode van mekaar af dat dit net ’n dun lagie is, sny dit in driehoekies, plaas op ’n bakplaat en sprinkel gerasperde parmesaankaas oor. Rooster tot die kaas gesmelt en die broodjies bros is. Verpak in ’n lugdigte houer.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Ryskoekies
•    Ryskoekies hof nie vervelig te wees nie. Maak jou eie avokadosmeer deur ’n halwe avokado fyn te druk en met 30 ml soetrissiesmeerkaas te meng. Geur met suurlemoensap, sout en peper. Verpak in ’n klein bakkie, en smeer vir jou ’n ryskoekie by die werk.
•    Gebruik enige smeerkaas van jou keuse, en sit tamatieskywe of vars groente of vrugte op om ryskoekies op te kikker.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Pitabrood vir kinders
(2 porsies)
2 pitabrode
1 blikkie tuna, gedreineer
2 wortels, geskil en in klein stukkies gesny
½ komkommer, gehalveer, sagte binnekant verwyder en in klein blokkies gesny
80 ml ongegeurde jogurt of mayonnaise
sout en peperhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Rolletjie vir kinder
 (2 porsies)
30 ml laevetmaaskaas
1 gerookte hoenderborsie, in klein stukkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
1 avokado, in blokkies gesny
slaaiblare
2 rolletjies (wraps)http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Pastaslaai vir kinders
(2 porsies)
500 ml gaar macaroni
100 g gouda-kaas, in klein blokkies gesny
5 velle ham, in klein blokkies gesny
125 ml ertjies
125 ml heelpitmielies
10 kersietamaties, gehalveer
sout en peper
Meng die kaas, ham, ertjies, mielies en tamaties saam met die macaroni. Geur met sout en peper en plaas in ’n kosblik wat dig kan seël.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Bessiedrankie
250 ml gemengde bessies
250 ml vars aarbeie, in stukkies gesny
250 ml sap
125 ml gewone jogurt
15 ml heuning
Meng al die bestanddele met ’n elektriese handmenger tot glad.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Papaja-pynappel-en-piesangdrankie
½ papaja, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
1 piesang, in ringe gesny
250 ml sap
125 ml gewone jogurt
15 ml heuning
Meng al die bestanddele met ’n elektriese handmenger tot glad.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Pat Hewson
WAT EET ONS VANAAND
GEVRIESDE TOEBROODJIES
MARTHA DE LANGE
... Kan ‘n mens toebroodjies vries? Ongetwyfeld. Enige soort brood vries goed.
... Die geheim van gevriesde toebroodjies is om te weet watter vulsels vries goed en watter nie.

WAT VRIES GOED?

• Koue vleis, veral verwerkte vleis, soos salami en ham. Dit bevat nitrate wat die groei van bakterieë beveg;
• Gesnyde, geroosterde beesvleis en geroosterde vark
• Hoender, kalkoen en biltong
• Tuna en salm
• Gesnyde kaas (veral cheddar), roomkaas; kaassmeer en styfgeklopte room (whipped cream)
• Hardgekookte geel van ‘n eier (nie die wit nie)
• Blatjang, mostert, biefsmeer (Marmie en Bovril) en gesnyde piekels
• Grondboontjiebotter en
• Gedroogde vrugte en gekapte neute

WAT VRIES NIE GOED NIE?
Min toebroodjiesmere vries goed. Dit suig in die brood en maak dit pap
Moenie die volgende op toebroodjies sit om te vries nie:
• Konfyt
• Mayonnaise
• Slaaisouse
• Die wit van ‘n eier word taai en verander van tekstuur
• Blaarslaai, seldery, tamaties of wortels
Voeg dit eerder by die toebroodjies, nadat dit uit die vrieskas geneem is
KOMBINASIEVULSELS
Met die bestanddele wat goed vries, kan ‘n groot verskeidenheid kombinasies saamgestel word.
Gebruik jou verbeelding. Probeer die volgende:
• Salami of ham, kaas en roomkaas
• Gesnyde beesvleis en blatjang of mosterd
• Tuna en roomkaas
• Fyn hoendervleis, fyngemaakte, gekookte geel van ‘n eier en roomkaas
• Biefsmeer en kaas
• Grondbootjiebotter en rosyne
• Biltong en gekapte neute
• Gekrummelde biltong en kaassmeer
• Gedroogte appelkose of appels, neute en roomkaas
VIR HOE LANK KAN TOEBROODJIES GEVRIES WORD?
Vir hoe lank kan toebroodjies gevries word?
Toebroodjies kan vir drie tot vier weke gevries word, mits dit in ‘n materiaal wat vogbestand is, gebêre word.
Plastieksakkies wat vir gevriesde kos gemaak is, is ideaal, mits dit goed verseël is.
(Daar sal ‘n verlies in die kwaliteit van die toebroodjies wees as die sakkies te dun is.)
Toebroodjies wat in dubbeldikte-wakspapier toegedraai is kan vir een week gevries word.
HOE LANK NEEM GEVRIESDE TOEBROODJIES OM TE ONTDOOI?
‘n Pakkie met een of twee toebroodjies daarin sal binne 3 tot 4 ure ontvries, afhangende van die temperatuur.
Gevriesde toebroodjies kan ook oornag in die yskas geplaas word om stadig te ontvries.

VOORBEREIDINGSWENKE
Om te verseker dat die brood minimum hoeveelheid vog absorbeer is die volgende wenslik:
• Gebruik gevriesde brood met die aanvang
• Gebruik eerder brood wat een dag oud is as vars brood en
• Smeer elke snytjie van hoek tot kant met sagte botter (nie gesmelt nie) of margarien om vogintrekking te voorkom.
MERK DIE PAKKIES
Plak gegomde etikette met ‘n beskrywing van die vulsel bo-op of plaas ‘n papiertjie met die beskrywing binne-in die plastieksakkie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Gesonde happies vir die kosblik

FINESSE – VOEL GOED
Voor middagete en later in die dag kan ’n mens mos vreeslik honger word. Hier is ’n paar idees vir gesonde happies wat jou heeltemal sal laat vergeet van soetgoed.
Springmielies per 50 g:         797 kilojoules
Neute per 50 g:                1 372 kilojoules
Pitabroodskyfies per 50 g:     915 kilojoules
Ryskoekie alleen:             156 kilojoules


Judy Koning Pretorius
Pasta slaai
tuna of hoender met enige vorm pasa (skroefies of penne werk die beste) Dit is heerlik as jy dit maak en afkoel, verpak net met 'n yspakkie. Ek het pasta met of hoender of tuna gemeng, klein tamaties, komkommers bygesit met ...bietjie mayo. LEkker afwisseling van brood. Lekker volgraan muffins met rosyne, Neute en oatskoekies is ook lekker vir pouses. Ek het ook van 'wraps' gebruik gemaak. Ander iets wat lekker werk is as die kids koeskoes eet....dit werk lekker met hoender en groente en kan ook koud ge-eet word. Klein bakkie vrugteslaai met 'n houertjie vol vla is 'n wenner. Ek het vir my kind so 'n klein kosblik gekoop wat 'n koelsakkie kan neem, dan kon jy baie inpak want dit bly lekker koel die hele dag.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


LEKKER KOSBLIK IDEES
Rhona Bornman Padkos:
Sweet n Sour chicken drummets, verskeidenheid toebroodjies, kerrie aartappeltjies, mincebolletjies en gekookte eiers.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Elizma Engelbrecht Olivier
Ek pak vir my dogter in skool toe 'n groenslaaitjie hang af wat als in seisoen is dan sit ek avo's ens ook by. Sny vir haar repies wortel en los kersietamaties in. Soms sit ek muffins ook in ek probeer als lae GI hou. Ek maak vir haar 'n fles gegeurde rooibos tee wat sy drink eerder as koeldrank http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Peggy Devine
Homemade cheese spread in n klein bakkie met stukkies wortel, ontpitte komkommer repies, sout koekies, klein coctail worsies, stukkies toast.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Elani 'Preite' Schoeman
ek het n idee gesien waar n mamma broodjies gevat, botter gesmeer en verskillende vormpies uitgedruk met koekie cutters... soos vissie, blommetjie, sterretjie ens. toe het sy 100 & 1000's bo op die uitgedrukte botter broodjie gegooi, lyk te pragtig!! ongelukkig dink my 3jarige dus boring om n botter broodjie te eet. eet net die 100& 1000's af en los die res...http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Sonja Young
My ma het altyd vir ons 'katkoppe' gemaak - dis frikkadelle in vetkoek beslag! Dis heerlik warm en koud! Weet nie of iemand dit ken of die resep het niehttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Rene Truter Wessels
Padkos/Kos-blik idees.
Vir padkos moet gekookte eiers nooit voor die tyd uitgedop word nie – so het my skoonma geglo- anders droog dit onnodig uit. Pak maar n ou sousie in, in so klein botteltjie wat geseel kan word.
En dan natuurlik tuisgemaakte “meatballs” – sulke kleintjies wat jy sommer so 4 op n slag inryg.
En wildswors- sonder baie vet- maar lekker gegeur
Dan natuurlik die broodjie, sandwich, sonder tamatie- alles op[kaas, uie, knoffel, agurkie, aspersie,koue vleisie ]en wanneer jy die broodjie eet voeg jy die skyfie tamatie in, so met n sout en pepertjie – dan het jy nie n “soggy” broodjie nie
OOH en natuurlik daai mini vetkoekies – met so fyn stroopie konfyt vir die soettande
En die fles [ flask soos die ou mense gese het] klaar sterk moer koffie met dik suiker, en n roompie of melkie agterna vir die wat sou wou – nog altyd gewonder die koffie/suiker kombinasie
Maar weet verseker, g’n Wimpy, Golden Egg of wat ook al kan bt n lekker mandjie tuisgemaakte padkos kom nie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Peggy Devine
As ek ook toast en cheese of met ham en mosterd bacon en kaas, saam gee dan sit ek dit in daai papier sakkie wat n mens altyd slap chips in gekoop het. Dit word ook nie pap nie. Tot lekker pita broodtjie die kleintjies of grootes met vleis, kaas en mayo is ook lekker http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html





MUESLI BARS
Rona Swart
Hi Almal! Ek het hierdie resep op 'n TV program vroeër in die jaar gesien - kan nie onthou watter ene nie en dit nou uiteindelik gemaak. Dit is woes lekker vir kosblikke of sommer net 'n snackie as die hongermonster ontydig is!
BOSBESSIE EN SAAD STAFIES
250ml Geroosterde muesli (ek gebruik Nature’s Source Crispy Crunch – Whole rolled oats and toasted rice)
750ml Rice Krispies
125ml Klapper
60ml sonneblom sade
60ml geroosterde sesamsade
100gm gedroogde bosbessies (cranberries) of enige ander droë vrugte na smaak
125gm botter
80ml heuning
80ml gladde grondboontjiebotter
125ml ligte bruin suiker
Meng die muesli, Rice Krispies, klapper, sonneblom sade, sesamsade en bosbessies saam in ‘n groot bak en sit eenkant.
Voeg botter, heuning, grondboontjiebotter en suiker saam in ‘n klein potjie en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos het.
Laat kook, verlaag hitte en prut terwyl aanhoudend geroer word vir 5-10 minute totdat dit effens verdik. Verwyder van hitte en voeg by die droë bestanddele. Meng goed.
Druk goed vas in ‘n 18x28cm, gesmeerde, reghoekige bakplaat en plaas in yskas tot gestol.
Sny in stafies (Dit is redelik bros , so sny versigtig.)http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html


Vanessa Fourie Willemse
Kriek-kaaskrul toasties
(Wille Sarmies)
Melrose kaassmeer (biltong of spekgeur)
Kaaskrulle (Willards)
Smeer brood aan buitekant botter
Smeer kaassmeer op en pak kaaskrulle enkellaag
Bak in snackwich tot bruin
Die kaaskrulle kan met "Flings" vervang word en die kaassmeer met wit
"Parmalat Funky Cow Wedges" vir 'n ander smaaksensasie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html

Sharon Du Toit
hoender muffins
ek vlok vir my hoenderborsies, voeg by dit gerasperde uie, gebraaide sampioene ens, meng dit met mayonnaise, eiers en digestive bran. jy kan ook kaas in sit as jy wil en spices. ek maak 'n groot bak en gebruik dan so 4 - 6 eiers. dit vries fantasties en smaak ook sommer baie lekker. ek sit net nie tamatie in nie en volgens Dr Dukan se dieet is dit sommer 'n bielie van proteiene. ek gebruik nie kaas nie agv die vet in kaas. 




Classic Club Sandwich                              



Ingredients:

12 slices white bread
3/4 cup mayonnaise
8 romaine lettuce leaves
16 slices vine-ripened tomatoes
Kosher salt and freshly ground black pepper
16 slices crispy cooked bacon
16 ounces sliced roasted turkey
16 frill picks, or plastic cocktail swords
Serving suggestions:
Potato chips
Sweet Pickles

Directions:
Toast the bread in a toaster, or under a broiler on both sides. Cut the lettuce leaves in half crosswise and form into 8 neat stacks.
To make a double-decker club: On a clean work surface, arrange 3 bread slices in a row. Spread 1 tablespoon mayonnaise over 1 side of each bread slice. Place a lettuce stack on top of the first bread slice, top with 2 tomato slices, and season with salt and pepper, to taste. Place 2 slices bacon over the tomatoes (broken to fit neatly if necessary) and top with 1/8 of the turkey (without letting any hang over the sides). Season the turkey with salt and pepper, to taste. Repeat with the second bread slice. Carefully place the second layered bread slice on top of the first layered bread, turkey side-up. Cover with the third bread slice, mayonnaise side-down.

Pin the sandwich's layers together by piercing them with 4 frill picks or cocktail swords through the top bread slice, in 4 places in a diamond-like pattern, all the way to the bottom bread slice. Repeat entire process with the remaining ingredients to form 3 more sandwiches.
Using a serrated knife cut each sandwich, diagonally, into 4 triangular pieces (each piece should be secured in the center with a pick or sword). Serve with potato chips and pickles.
(Food Network)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html 


Die beste hoendermayo-broodjie        


deur Barbara Joubert

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 
8 repe strepiespek 
op ’n bakplaat en oondbraai tot bros. 
Vlok vleis van halwe gaar hoender. 
Meng dit met 75 ml romerige mayonnaise en geur met 
sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas 4 snye brood op ’n werkoppervlak en sit ’n 
dun stuk mozzarella-kaas op elke sny. 
Skep hoendermayonnaise bo-op. 
Sny 2 tamaties in skywe en plaas op hoender op elke sny. Geur tamaties met sout en swartpeper. 
Sny 4 argurkies in skywe en plaas op tamaties saam met 2 stukke bros spek.
Maak broodjies toe met nog 4 snye brood. Smeer weerskante liggies met botter. Verhit ’n pan en braai broodjies tot goudbruin.
Bron:Sariekos  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html 




HEALTHY NO BAKE SNACK BARS:
(Makes 30 small bars)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/kosblik-idees_8.html
Ingredients:
2 cups pitted dates
3/4 cup raw cashews
1/4 cup nut butter (I used natural peanut butter)
1/2 cup unsweetened shredded coconut
2 tablespoons cocoa powder
1 pinch salt

Method:
Toss everything into a food processor and process until the mixture starts to go smooth and clump into a ball. The dates will be all chopped up but you'll still have bits of nut.
Turn the mixture out into an 8 or 9 inch square dish lined with parchment paper. Use your hands to firmly press the mixture into the bottom of the dish. Cover and refrigerate for 30 minutes.
Remove the bars from the pan and cut into pieces using a sharp knife. Enjoy these bars cold or frozen. Store in an air-tight container in the fridge or freezer.

Notes:
I think a high power blender could be used to make these, but I haven't tried it myself.

(Super Healthy Kids)


Charmaine O'Neil

BAKED MACARONI AND CHEESE MUFFINS:

Ingredients:
2 cups uncooked elbow macaroni
2 tablespoons butter
1 egg, beaten
1 tablespoon sour cream
3/4 cup milk
2 ½ cups shredded cheese
¼ cup bread crumbs
1 teaspoon salt
Pepper to taste
Dash of garlic powder
Cooking spray

Method:
1.Preheat oven to 180°C. Boil salted water in a large pot and add the elbow macaroni. Boil according to package directions, then drain and return macaroni to pot without heating it again.
2.Stir in butter, beaten egg and sour cream.
3.Add 2 cups of shredded cheese and milk and stir over low heat until the sauce starts to thicken.
4.Generously grease a 12-cup muffin tin. Scoop the macaroni evenly into each cup.
5.Mix the reserved 1/2 cup of shredded cheese with 1/4 cup of bread crumbs and sprinkle over the muffins. Spray the top of the muffins with cooking spray.
6.Bake for 30 minutes and let it cool for a few minutes before removing from pan
(In en Om die Huis) 


IDEES VIR TOEBROODJIE VULSELS / VULLERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/baked-macaroni-and-cheese-muffins.html
Week 1                                                                                                                  
FOTO SARIE TYDSKRIF
Maandag: Tuna & mayonnaise
Dinsdag: Bacon & roereier
Woensdag: Kaas en tamatie (gerooster, of snackwich)
Donderdag: Oorskiet maalvleis
Vrydag: Hot dogs / boerewors rolletjies

WEEK 2
Maandag: Koue vleis en mosterd, kaas, blare, tamaties
Dinsdag: Hamburgers
Woensdag: Gerasperde kaas, tamatie en blaarslaai
Donderdag: Sardientjies in tamatiesous (fyngedruk met ‘n vurk) meng met gekapte uie – opsioneel ekstra)
Vrydag: Eier- gedoopte braaibrood (French toast) met konfyt, kaassmeer,
gerasperde kaas, marmite, ens
WEEK 3
Maandag: Sout blikkies beesvleis met tamatie/mosterd/tamatiesous
Dinsdag: Wors/Russian wielietjies en chutney
Woensdag: Kaas en appelkooskonfyt snackwiched
Donderdag: Polonie, tamatie en blaarslaai
Vrydag: Skons – konfyt, marmite, kaassmeer, gerasperde kaas ens
WEEK 4
Maandag: Sout blikkies beesvleis met fyn gekapte uie en gerasperde kaas – snackwiches
Dinsdag: Roereier met gerasperde kaas (vars brood of gerooster, of snackwiches)
Woensdag: Ham/mosterd/tamaties
Donderdag: Hoenderlewertjies en roereier
Vrydag: Lewersmeer/kaassmeer/ marmite/kontyt
WEEK 5
Maandag: Grondboontjiebotter en stroop / konfyt
Dinsdag: Geroosterde ham en kaas
Woensdag: Gekookte eiers, fyngekap, gemeng met mayo, chutney en of tamatiesous
Donderdag: Koue frikkadelle met chutney / mosterd
Vrydag: Brans muffins / skons (konfyt, kaassmeer, gerasperde kaas, ens)
WEEK 6
Maandag: Hoender en mayonnaise
Dinsdag: Broodjolletjies met ham, koue vleis, salami of gerasperde kaas
Woensdag: Fyngemaakte aartappelskyfies (Simba of Willards)
Donderdag: Fyngemaakte biltong of gekerfde biltong
Vrydag: Oorskiet groenboontjies, of beet of aartappelslaai
WEEK 7
Maandag: Oorskiet skaapboud/hoender/ bees/varkboud, tamatie en blaarslaai
Dinsdag: Roereier met viennas ingesny 
Woensdag: Bacon, tamatie en blaarslaai
Donderdag: Geroosterde bacon, piesang en kaas
Vrydag: Gerookte kaaswors en mayonnaise of mosterd of tamatiesous
TOEBROODJIE VULSELS
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in Franse slaaisous, saam met
slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.
Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met blatjang en gekapte grasui.
Gerasperde polony of weense worsies, gemeng met bietjie mayonnaise en chutney
Marmite en kaas
Smeerkaas, kaas en tamatie, sandwichspread en tamatie, tamatieskyfies en komkommer,
fyngedrukte simba skyfies,

TUISGEMAAKTE SMERE 
vir soutkoekies / toebroodjies
(Southappies – Kotie v/d Spuy 1947)
Omtrent al die resepte moet jy deur ‘n sif druk om dit fyn te kry – maar ek dink ons sal dit met vandag se tegnologie fyn genoeg kry met jou Blender Ek persoonlik hou van stukkies en nie ‘n te fyn smeersel.

Eierbotter
½ kop botter
3 hardgekookte eiers – druk deur sif
Worchestersous en tamatiesous
Sout en peper
Meng alles goed edn druk deur sif
Ansjovisbotter
1 kop botter
1 kop fyn ansjovis
Suurlemoen of asyn
Peper
Meng alles goed druk deur sif

Redro botter
1 kop botter
½ kop redro vissmeer
Geel van 2 hardgekookte eiers
Sout en peper
Asyn
Druk eiergele deur sif,
Meng alles goed

Pietersieliebotter
1 Kop botter
½ eetl fyn droe pietersielie
2 fyn gemaalde olywe of 1 kop fyn
gerasperde komkommer
Sout peper en paprika
Meng goed en druk deur sif
Kaasbotter
½ kop kaassmeer
½ kop botter
Worsestersous en tamatiesous
Sout en peper
Meng goed
Hambotter
1 kop fyn gerasperde ham
1 kop botter
Peper, sout en mosterd
Meng goed en druk deur sif
Tip: enige vleis bv hoender, polonie, bees,
sult, tong, vark, bully beef ens kan gebruik word.
Kerriebotter
½ kop botter
Kerrie , bietjie borrie, suurlemoensap,
blatjang, sout, peper suiker
Meng alles goed deur – voeg nog Kerrie
by as nie genoeg brand nie.
Ertjiebotter
½ kop botter
½ kop sag pap gekookte ertjies
Klein bietjie fyn gerasperde kaas
Sout, peper
Druk ertjies deur sif
Meng alles goed deur
Advokadopeer botter
½ kop botter
1 groot advokadopeer – deur sif gedruk
Suurlemoensap
Sout en peper
Meng goed
Hamsmeersel
1 kop gerasperde ham
2 hardegekookte eiers – fyngemaak 
Sout, peper, blatjang, mayonnaise en
pietersielie na smaak
Sout, peper, seldery gekap, mayonnaise of room.
Meng goed
Hoender smeersel
1 Kop gaar hoender – fyngemaak
1 eetl gerasperde pynappel
Sout, peper en mayonnaise na smaak
Meng goed
Sardien smeersel
1 blikkie sadines – druk fyn
2 hardgekookte eiers – druk fyn
2 agurkies – fyn gerasper
1 eetl tamatiesous
1 eetl gerasperde kaas
Sout en peper en room
Meng alles goed – voeg die room by tot sagte smeersel vorm
Kaas en eier smeersel
¾ kop kaas – fyn gerasper
2 hard gekookte eiers
Sout en peper en mayonnaise
Kleursel indien verkies
Meng alles goed
Kaas en tamatie smeersel
1 kop gerasperde chedder kaas
1 eetl botter
Sout,peper en tamatiesous
Meng kaas, botter sout en peper en voeg genoeg tamatiesous by om smeersel te vorm
Eiersmeersel
MAAK ROEREIERS MET BIETJIE MELK
Voeg by gekapte uitjies, rooi of groen, en mayonnaise.
Voeg aangemaakte mosterd by, sout en peper
Voeg bietjie marmite en dik witsous by –
sout en peper
Fyngemaakte sardines – sout en peper
Gerasperde kaas, sout en peper en mayonnaise
Fyn gerasperde biltong en mayonnaise
sout en peper
Kaassmeer sout en peper
Sandwichspread sout en peper
Mayonnaise, chutney sout en peper
Mayonnaise, tamatiesous sout en peper

Bron: Zettie Venter

No comments:

Post a Comment