Friday 8 February 2013

SNOEPIE IDEES

                                                           TEEKOPPIES




Celia De Villiers Enslin
Toasted Broodjies is altyd 'n treffer - Ham en Kaas en Chicken Mayo - dink ek (weet nie watter ander vulsels is algemeen gewild nie) En dan dalk iets soos Jaffles (maalvleis vulsel en dalk selfs 'n kaas en eier of so iets vulsel)

Christina Stienie Breed
Gekookte aarappel in die skil met n kaas witsousie of iets gevul
By n Laerskool waar ek lank terug afgelos het, was dit baie gewild
Vetkoek en maalvleis
Sputniks= Viennas met degie om

Martie Kotze Kruger
Hier in Australia is die kinders baie lief vir slaai broodjies. Brood en sit apart in houers al die slaai wat jy aan kan dink met kouevleis en hoender en laat hulle self gesluit wat se slaai hulle op die brood wil he. Ons het SUBWAY take away en dit is baie lekker ek dink hulle begin nou in SA ook jy sal verbaas wees wat hulle kies om op die brood te he.

Jenny van der Westhuizen
Lekker gesondheids-, piesang muffins. Selfs sout muffins bacon en kaas met chives. Yoghurt lollies, klein bakkies vrugteslaai, sonder vrugte wat kan swart word.

Berie Smith
Dis nou koelerig, so sop is ook lekker. Kids love spaghetti bolognaise en mac en cheese. Maak by die huis en neem saam vir die snoepie. Dis nou as daar 'n mikrogolf is om dit warm te maak. Selfs melkkos kan werk. Hier by die skool se snoepie doen hulle dit in die Winter en dit gaan baie goed af. Hot dogs en hamburgers werk ook altyd met kids.

Louise Groenewald 
Pannekoek. Jy kan dit voor die tyd berei en opstapel en weer warm maak. Ook met vulseltjies. Kerriemince, hoender-kaassous.

Sonja Young
Wraps is ook baie gewild - mens kan letterlik enige iets daarin sit

Alida Siebert
Rina wat van heerlike vet tuisgemaakte pasteie wat jou mond nog brand as jy daaraan knibbel


Lerina van der Linde
Pizza; alle kinders LOVE pizza!

Helena Kruger
Maak worsrolletjies....hotdogs...russianrolls..[sonder tamatie en blaarslaai met bietjie kaas by] en verwarm dit vir n paar sekondes in mikrogolf oond..lekker vinnig en kinders hou van dit..
Maak Samoesas klaar gaar [veral die groente een] en verwarm net n paar sekondes in Mic..
Maak klein bakkies ligte Kerrie-Rys en doen ook so
Maak Spaghettie bolganaise en skep in kerrie-Rys bakkies en doen ook so
Glasies met Sop en n broodjie..
Bak sommer die Skud pizza Deeg en plaas *Ham en kaas bo-op..bak klaar sny in skywe ..laat afkoel en verpak in wit poly. bakkies kinder Love dit***
Lekker Whole-Wheat bunnys met ham en kaas en miskien bietjie biltong op en so n drizzeltjie van ons lekker *Come Back Sousie*
en blaarslaai en Wrap en plaas in jou yskas..hou lank..net tamatie maak dit pap ook nie te veel sousie nie..

Dalene Murdoch Kruger
Ons het kerrie en rys verkoop by ons snoepie (vir Gr1-12) en dit was baie gewild. Het nie al die posts gelees nie maar ek dink pannekoek sal ook baie gewild wees!

Janecka Kruger
Viennas op 'n stokkie met vetkoek deeg om. Kan 'n sousie binne die deeg by die worsie ook seker sit/ na die tyd met inspuiting inspuit?

Christa Munro Botha
Pita-broodjies- vulsel van slaai(blaarslaai en tamatieblokkies) vleisrepies(hoender, vark, bees, biltong, klein frikkadelletjies, stukkies worsies) en 'n mayo-sousie oor alles. Jy skep dit in sulke lagies in die Pitabroodjie in.

Christa Munro Botha
Kyk as jy nou die kleingoed wil "treat" dan is dit gekookte koejawels(baie vitc vir die verkoues) met vla. Dis juis mos nou koejawel tyd. Jy skep dit vooraf in die glasie met 'n dekseltjie en plak die lepeltjie met 'n stukkie "cellotape" vas. Die kinders raak nie op vir dit nie. Blokkies lemoenkoek(nog vit C) met die regte egte lemoensousie of as 'n "muffin", alias koppiekoekie, gaan ook baie gewild wees.

Charlotte Verwey da Silva
Ek was vir baie jare op die skool se ouerkomittee en moes (alewig) alles wat met kos te doen gehad het hanteer....laaste jare was ek ook betrokke by die groot trompoppie byeenkomste en een ding waarop ons elke keer uitverkoop was lank voor die ander stalletjies en wat van 7 uur die oggend af verkoop het was 'slaptjips'!! Kon net nie voorbly nie!!

Alida Siebert
my peetkinners se hulle wil hul pa se "koppies" he. Hy maak vir hulle sulke bakkies met lae tuisgemaakte muesli, vars vrugte en yoghurt. Gewoonlik vries hy hulle, so kom pouse tyd dan het hulle lekker "roomys" in die somer.

No comments:

Post a Comment