Friday 8 February 2013

STALLETJIE EN UITSTAL IDEES



BAZAAR TAFELS IDEES
Lindi Claassens 
Op Hartenbos kerkbasaar het ek en Lorraine altyd d broodtafel beman. Tuisgebakte brode plaasbotter en tuisgemaakte konfyt per sny vir n donasie. Was altyd groot pret en mense was MAL daaroor!!

Ingrid Vermaak 
 Lewerkoekies verkoop altyd goed

Lizette Erasmus 
Ons skool basaar verkoop gebraaide kerrie skaaptjops, sosaties, wors. Aartappel skyfies met verskeie souse, poeding, tuisgebakte soetkoekies, lekkergoedtafel en koeldrank, beskuit, koeke en terte, miniatuur vetplante in emalje koffiebekers, tuisgemaakte artikels vir die kombuis, badkamer en toilet en slaapkamer, tuisgemaakte kerse en dan groot artikels wat opgeveil kan word. Probeer ook popklere, suikerlepels wat met draad versier is. Tafels wat eerste leeg was: Lekkergoed en poeding

Marieta van Bladeren 
Ek het op 'n plaas grootgeword en ons het sulke plaasbasare gehad. Die beste ding daar was braaivleis en roosterkoek!!

Gerald Wilson 
Wat van pap & Kai-ings? Ons het gisteraand daaroor gepraat, en gaan dit op ons bazaar, later vanjaar probeer. 'n ander treffer deesdae is: gebraaide murgbene op toast.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/stalletjie-en-uitstal-idees.html

STALLETJIE IDEES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/stalletjie-en-uitstal-idees.html
Louise Groenewald 
Ek stalletjie een maal per maand by die Holistic Fayre. Dis in 'n saal en kragpunte is beskikbaar, wat dit natuurlik makliker maak. Ek verkoop t-hemde (wat ek self laat druk) en ek doen toasted samies en ook sop in die Winter, dan neem ek my mikrogolfoond saam. Ek sal graag wil hoor wat ander mense doen of waarmee hulle suksesvol is.
  
Heide-Mari Dissel
Tamatie en uie slaai - gebottel - heerlik oor en in ENIGE gereg.

Hanlie Roux 
Wat van 'n lekker "Scrap boek" met 'n mooi paar woorde, dalk vir jou dogter op maar leeg binne sodat sy, of jy self, vir die een vir wie die woorde bedoel is, al die lekker resepte kan plak of skryf. Ek het dit gesien in Stilbaai. Daar was ongelukkig net een boek vir My Dogter en die het my skoonsuster gekoop en ek het die buiteblaaie "gecopy" sodat ek vir my dogter self een kan maak. daar was ook sakkies met badsout in met dieselfde tipe boodskappies op
 
Tina De Welzim-Wewege
As jy bereid is om hard te werk bak pannekoek,dit maak die meeste geld. Natuurlik moet jy so twee helpers he

  
 Gerda du Plessis
Lekker worsrolletjies, natuurlik! Ek koop soms sommer net die worsie apart met sy sousies ens. sonder die broodjie. Ek dood oor 'n lekker boereworsie.
 
Tina De Welzim-Wewege
Ons het baie stalletjies gehad om fondse in te samel virm die Weduwee en Weesfonds van die Korrektiewe Dienste en nog 'n wenner was toffie appels

Louise Groenewald 
Die Amerikaners het mos 'n gesegde "Everything on a stick tastes better"! Ek het eenkeer sosatiestokke in lekker groot cheesegrillers gedruk (in die lengte) en met tuisgemaakte mosterd verkoop. Dit het baie goed verkoop. Ek het ook gerookte viennas so verkoop en die kiddies love dit natuurlik.

Sandra Visagie
Alles wat tuis gemaak is gaan goed af, sit so iets by vir die kleingoed om hulle mee besig te hou, ek lief om konfyt piekeluitjies kerriebone sousbone ens by so 'n stalletjie te koop tot speserymengsel en gegeurde olies vir kos.
Crazy Crayons  Resep onder wenke en allerlei op die blog
  
Carmen Meyer
Hot Chocolate in die winter & Milkshakes in die somer.
  
Gerda du Plessis
Lekker vars sop en 'n broodrolletjie as dit al bietjie koud is daar. Mmmmm
 
 Olga De Villiers Bester
 Jaffels,altyd 'n wenner, mens kan nie voorbly nie
 
Benhet Nieuwenhuis
wat van daardie worsie op 'n stokkie? of helena se snack witch scones met baie botter en jam en moer koffie


 Celeste Botha
Ek vrek oor gebottelde produkte wat ek nie self kan maak nie.Ek weet hier was die afgelope ruk die heerlikste gebottelde produkte. Dit is so lekker om 'n paar sulke bottels in voorraad te he vir vakansie of as gasvrou geskenkies as jy uitgenooi word vir ete.
  

 Frieda Greyling
Ek het elke jaar my "kudu" stal by die Biltongfees in Somerset Oos. Maak my eie biltong, wors, patties en sosaties en wildspasteie. Maak my eie askoeke, footlong (30cm) vir die sosaties en wors en maak hamburger grote askoek vir die burgers. Kan nie voorbly nie. Net ek en my man en Lysa, hy braai ek en sy bak askoeke daar en ek maak die spulletjie als daar! Ons knie in die 2 dae 10 x 10 kg meel.

Christa Rix
Daar was n stalletjie by die rittelfees wat mini-doughnuts verkoop het wat in caramel of chocolate sous gedoop word (daai soos by steers/milkylane). Daar was so n kontrepsie wat die degie self in ringetjies gemaak het en dan in die olie gebraai het...die mense het toue gestaan!!
  

Gillian Logan Bredenhann
Verlede naweek by die Olyffees, was daar 'n stalletjie met verskillende soorte kase. Dan koop jy vir R50 'n 4 kantige houtbord, met ongeveer 8 verskillende tipes kase wat in blokkies gesny was, met 'n lekker ciabatti broodjie. Dit was 'n groot treffer aangesien daar ook baie wyn stalletjies was, en wat beter as 'n kaas en wyn op die grasperke van 'n wynkelder?
  
Gillian Logan Bredenhann
Ons het ook ontpitte olywe gekoop, wat met chillies gestop was. MMMMM!!!! Ek daar was ook mushroom sosaties. 'n Absolute wenner. Alle soorte mushrooms, button, portebello, oyster ens. Dit was met olyf olie op die skottelbraai gaar gemaak.


Louise Groenewald
Almal se idees is so oulik! Ek het ook al wafels verkoop, het goed gewerk. Jare gelede met my eerste KKNK besoek het die mense wat calamari verkoop het 'n killing gemaak. Ek dit was vrek duur, maar die ques het om die blok gestaan. Dit bly maar gewild. Ek het al baie stalletjies by baie verskillende feeste ens. gedoen. Dis seker die MEES onvoorspelbare manier van 'n paar rand maak. Jy kan eenvoudig nooit voor die tyd sê wat gaan gebeur nie. In 'n saal is dit nog ok, maar buite kan dit maar woes wees; son, wind, reën. Stalletjies doen is nie vir sissies nie!
 
Julanda Swanepoel
Ek soek altyd op 'n stalletjie van daardie sjokolade bedekte piesangs wat so op 'n stokkie is. Dit is mos 'n saligheid.

Julanda Swanepoel
Carla het die piesangs op 'n stokkie so gemaak. Smelt bak sjokolade in 'n dubbel-kastrol, sit piesangs op sosatie- of roomysstokkie, doop piesang in sjokolade en laat bietjie afdrup, rol dan in gekapte neute of "hundreds & thousands", plaas piesangs vir paar minute in yskas. Die "Milky Bar" piesangs is vir my die lekkerste!

Alida Siebert
My gunsteling stalletjie ooit was ook by KKNK en die ouens het geel mielies op die stronk verkoop - jy kry jou mielie, hol na die agterkant van die ry en teen die tyd wat die eerste mielie op is, is jy net net weer voor vir die volgende een :)


Tiana Botes
Jellielekker, fudge, nougat, grondboon-en sjokoladestafies, coconut clusters

Louise Groenewald
Kyk nou weer hoe oulik is die Tiana vanoggend! Ek vermoed die jellielekkers sal nie so gou smelt soos gewone jellie nie omdat daar ekstra gelatien in is.

Tiana Botes
Louise, ons maak dit hier in Worcester vir die basaars, maak als in pakkies op met strikkies om, nog nie gesien dit smelt nie, vetkoek maak ons ook, sit sommer die maalvleis klaar binne in en bak, dan val dit nie uit nie en jy hoef nie te sukkel met klom bakke nie

Alida Siebert 
'N goeie vriend van my kollekteer ons almal se lee blikke, begrawe hulle in die grond dat hulle bietjie verweer, versier hulle met klippies en dorings ens en dan plant hy kruie in die blikke vir sy stalletjie - verkoop soos soetkoek!

Louise Groenewald
Ek maak op die oomblik steggies van al my kruie. Ek het die basiese kruie: Pietersielie, roosmaryn, tiemie, origanum, basiliekruid. Ek sit dit in daai swart plantsakkies en gaan dit by my stal verkoop. Kos min om dit te maak en dis goeie wins.

Dalene Brits
Hier in ons omgewing is roosterkoek baie gewild. Maalvleis vulsel of konfyt


Tiana Botes
Chocolate-coated bananas
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/stalletjie-en-uitstal-idees.html

Banana prices are on the way down so indulge in these chocolate covered treats.
Makes  12
Equipment
You'll need 12 paddle-pop sticks or wooden chopsticks
Ingredients
12 bananas, peeled
400g dark or milk cooking chocolate, chopped
60g copha (coconut butter)
1/2 cup hundreds and thousands, to decorate
1/2 cup finely chopped peanuts, to decorate
Add above ingredients to your shopping list
Method
Line a baking tray with baking paper. Insert a paddle-pop stick into 1 end of each banana. Place onto baking tray. Cover with plastic wrap. Freeze for 30 minutes.
Place chocolate and copha into a small, heat-proof bowl over a saucepan of simmering water. Stir with a metal spoon for 5 minutes or until smooth. Place hundreds and thousands and nuts into separate small bowls.
Remove bananas from freezer. Pour chocolate mixture into a tall glass until three-quarters full. Dip bananas, 1 at a time, into chocolate. Roll tip of each banana in hundreds and thousands or nuts. Stand upright to set. Refrigerate. Package in cellophane bags for fete.



FLOPVRY MARKDAG SJOKOLADEPLAATKOEK
Arina du Plessis
Lewer 24 blokkies.
Wat ook al die geleentheid, dié resep is ’n redding.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/stalletjie-en-uitstal-idees.html
Dis blitsig, ekonomies en flopvry.
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 C.
Smeer ’n standaard oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanielje geursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Gooi in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 20 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.2/4/13

No comments:

Post a Comment