Wednesday 13 February 2013

LIKEURS / SHOOTERS

                                                           Tequila Oyster shooter



Corrie Van Rooyen
'n Lekker uitdaag-shootertjie is
BEE-STING
wat nie te koop is nie, maar jy kan dit self maak as jy wil.
Koop 1/2 - botteltjie vodka en gooi dit oor in 'n 750 ml. bottel.
Gooi daarby so 8 groot rooi brandrissies - net so heel. As jy die rissies sny, word dit dalk sterker, maar die drankie raak troebel.
Laat staan vir twee of drie dae by kamertemperatuur.
Haal nou die rissies uit, en gooi 200 ml. heuning by en meng goed.
Nou moet dit nog 'n dag staan indien daar tyd is.
Dis 'n regte shooter - waarsku die mense dat as hulle nie sterk drank kan hanteer nie, moet hulle dit liewers los.
Waarsku hulle ook dat dit nie ge-'sip' moet word nie, maar in een slukkie weggesit moet word.
Skink almal s'n tegelyk, en dan moet hulle 'down' op 'n gegewe bevel - anders gee iemand die verrassing weg.*13/02/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html

Corrie Van Rooyen
 Ek het nog 'n gawe shooter wat ek ook maar self moet maak want dis nie te koop nie. Dis NIGHTSHADES
en ek maak dit van nastergal en vodka!
Bietjie van 'n storie, want nastergal is nou ook noe 'n winkelding nie.
Gooi 'n koppie nastergalbessies in 750 ml. Vodka, voeg 1 koppie strooisuiker by.
Roer die spul goed om die suiker op te los, en druk die bessies fyn met 'n 'potato masher' of 'n vurk of watookal.
Laat staan oornag.
Gooi nou deur 'n fyn siffie of (verkieslik) koffie filtreerpapier.
Die resultaat is effens troebel, maar 'n heerlike shootertjie met 'n unieke smaak.*13/02/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
GRASHOPPER
ysblokkies
2 dele sjokolade likeur
2 dele peperment likeur
2 dele room
Metode:
Plaas al die bestanddele in n drankiemenger en giet dit in n kelkglas.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
SOET SOPIE
Uit die resepte boek van:Mejufvr. E.J.Dijkman Dec.1890..Paarl.
1 bottel brandewyn of genever,
2lb [500g] suiker,
een handvol skone vygeblaar.
Metode:
Kook di suiker in 1 1/2 bottel water met di blare, as di stroop begint te kleur, dat is groen kleur, haal di blare uit, kook dan di stroop mooi dik,gooi deur n flenni sakki, en doet di brandewyn daarby, skut goed op. Kurk goed toe in bottels
Julle verstaan nie dit is vreeslik lekker het dit n paar jaar terug baie gemaak hoe langer dit staan hoe lekkerder smaak dit net soos lekker vye!!probeer gerus Helena..o ja ek het in elke bottel een van die blare ingesit en toe gekurk!!!  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Lorraine van Riel
GRANADILLA LIQUER
1 Cup Granadilla Pulp
1 Cup Sugar
1 Cup Brandy.
Method:
Mix well and let stand for approx. 6 weeks. Shake daily.
Strain after 6 weeks. Let stand for a few days and enjoy
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
NAKITA
1 Sopie Vodka per gas
1 Bakkie goeie kits koffie poeier
1 Bakkie strooisuiker
Lemmetjies in baie dun skywe gesny.
Metode:
Elke gas neem 'n lemmetjie skyfie, doop die een helfte in die koffie poeier, draai dit om en doop die ander helfte in die strooisuiker.
Sit dit in jou mond en sluk dit af met die vodka.!!!!!
Baie Lekker!!!! Helena 24/11/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
Heerlike Drankie om te bedien !!!
EGGNOG
1 eier – geskei
1 eetlepel suiker
¼ koppie room
1 sopie brandewyn, whisky of rum (die Amerikaners gebruik bourbon)
Metode:
Klits die eierwit styf. Klits die room styf en voeg die suiker en brandewyn by
Vou die eierwit by die room in.
Nou drink ons elke ou Kersaand egte Amerikaanse Eggnog “Nakita”
N.S. Baie lekker Helena 5/12/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
KOFFIE LEKKERTE
500 ml Water
500 g Witsuiker
250 ml Sterk Swart Koffie
750 ml Tequila
100 ml Soetwyn
10 ml Vanielje Geursel
60 ml Kakao opgelos in n bietjie kookwater
Metode:
Kook stroop van water en suiker.[ongeveer so 6min.]
Voeg koffie en kakao by en meng goed, laat afkoel.
Voeg alkohol en Vanielje by.
Gooi in bottels en verseël. 

Laat staan 2 tot 3weke voor gebruik in n donker plek!!!!
Helena 5/2/11   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
LEKKER KLEIN GLASIE VOL
3e Vodka [Yskoud]
2k Vanilja Roomys
Knippie kaneel
Knippie Neut
1e Sjokolade stroop
Plaas alles in jou Voedselverwerker en Meng baie goed !!!
Baie lekker  5/2/11
N.S Jy kan meer vodka gooi as jy so voel!!!♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
BLUE SAPPHIRE RECIPE
1 oz Blue Curacao liqueur
5 - 7 oz cranberry juice
Pour both ingredients into a collins glass filled with ice cubes
Stir and serve. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


CHAMELEON RECIPE
1 oz Blue Curacao liqueur
1/2 glass orange juice
fill with Soda
Combine all ingredients over ice.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


CYCLONE ATTACK RECIPE
2 oz lemon juice
2 oz Blue Curacao liqueur
Layer both ingredients in a cocktail glass, and serve.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


GINGER SWING RECIPE
1 1/2 oz Bols Blue Curacao liqueur
fill with ginger ale
Pour curacao over ice in a highball glass, then fill the rest of the way up with ginger ale.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


GREEN WIDOW RECIPE
2 parts Blue Curacao liqueur
3 parts orange juice
Pour blue curacao into a cocktail glass.
Pour the orange juice over it. Stir and serve cold.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


SEX IN THE SHOWER RECIPE
1 oz Blue Curacao liqueur
1 oz triple sec
1 oz butterscotch schnapps
2 oz orange juice
fill with ice
Shake with ice and strain into Champagne Flute.
GRASDAK 18/8/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Trudie Brand
MELKTERTJIE LIKEUR
1 blik Kondensmelk,
1 blik Ideal melk,
275 ml Smirnoff Vodka
METODE:
(Meng alles saam. Sit in Yskas of Vrieskas om goed koud te word. Bedien en sprinkel bietjie kaneel bo op. Baie lekker  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Esmerilda Hanekom Ons maak so:
MELKTERTJIE'S
Neem 'n vol bottel vodka.
Gooi een (kondensmelkblikkie grootte) blikkie vodka uit.
Gooi blik kondensmelk by en meng goed.
Hou in die vrieskas.
Dan is hy sommer so dikkerig soos melktert.
Sprinkel kaneel bo-oor.
Die mense in ons kroeg is MAL daaroor!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
KARAMEL MELKTERTJIE
Gooi 300ml van n Bottel 750ml Vodka uit
Klits jou Karamel Treat baie goed en voeg n blikkie Idealmelk by en dan jou Vodka
Meng goed en plaas in die yskas of Vrieskas om lekker koud te word
Bedien met Fyn Kaneel bo-op in n shot glasie!!!Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


PIESANG LIKEUR
Skil 8 ryp middelslag piesangs en sny dit in skyfies.
Plaas die skyfies in ‘n groot wye nek fles met ‘n digsluitende deksel en voeg 750ml brandewyn en 2ml gemengde speserye by.
Verseel die fles en sit dit vir ‘n maand op ‘n warm plek, maar skud dit daagliks.
Verhit 400g wit suiker en 250ml water stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook die stroop 15min lank sonder om te roer.
Skuim dit af. Indien nodig, en laat afkoel
Giet die piesangmengsel deur ‘n sif en syg die vloeistof deur 3 lae kaasdoek.
Versoet die filtraat met die stroop.
Bottel en verseel die mengsel.
Laat minstens ‘n maand lank verouder voor gebruik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


ANYS LIKEUR
Plaas 40g anys saad in ‘n skoon bottel en voeg 750ml brandewyn by.
Verseel die bottel en skud dit goed.
Laat dit 2 weke lank op ‘n warm plek trek, skud die bottel gereeld. Syg die mengsel deur en sit die filtraat opsy.
Verhit 750ml water en 500g wit suiker oor lae hitte tot kookpunt e roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook dit nagenoeg ‘n kwartier lank sonder ‘n deksel tot die stroop dik is
Laat die stroop afkoel.
Vermeng die stroop en filtraat.
Giet dit in voorbereide bottles, verseel en laat dit ‘n maand lank verouder voor gebruik. *Lekker vir later*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


TURKSVY STROOP MET SKOP
Voeg by elke 300 ml rooi turksvystroop 125 ml rum.
Giet dit in 500 ml bottels met `n draaidoppie en verseël dig.
Laat dit ongeveer 6 maande staan voor gebruik.
Die dame wat die resep oorspronlik ingestuur het, sê dat dit saam met vars room vir `n likeur gebruik kan word, of dit kan met sodawater na smaak verdun word vir `n verfrissende drankie of dit kan net so geskink word.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


GRENADELLAROOMLIKEUR
10 grenadellas
200g aarbeie
300ml brandewyn
2 stokkies pypkaneel
1 groot blik kondensmelk
250ml UHT room
10ml piesanggeursel
10ml gliserien
2ml rooi voedselkleursel
Halveer die grenadellas en skep die vleis uit.
Was die aarbeie en verwyder die stingeltjies en blaarjties.
Meng die grenadellavleis, aarbeie, brandewyn en pypkaneel in ‘n lugdigte fles.
Laat dit 2 weke lank trek en skud die fles elke dag.
Verwyder die pypkaneel en verpulp die mengsel.
Voeg die res van die bestandele by en verpulp dit goed in ‘n versapper of voedselverwerker.
Bottel en verseël dit.
Verkoel die likeur voor gebruik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Helena Kruger
LEMON DROP COCKTAIL
2 cups frozen vodka
1/2 cup freshly squeezed lemon juice
1/2 cup superfine sugar
1 lemon, thinly sliced
Ice
Method:
Combine the vodka, lemon juice, and sugar and pour into a cocktail shaker with ice.
Pour into martini glasses and garnish with lemon slices.”
Barefoot Contessa”12/2/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Amanda Luwes ‎
CAPE VELVET
1 teelepel koffie opgelos in bietjie warm water.
1 blik kondensmelk.
1 blik idealmelk.
50ml tot 100ml whiskey. hang af van hoe sterk jy van dit hou.
Meng alles en geniet. Jy kan sterker koffie ook gebruik. onthou smaak verskil
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Carol Elliott Claassen
CAPE VELVET CREAM
450 ml whiskey
1 x 397g kondensmelk, volroom
30 ml kits-sjokoladepoeier
10 ml koffiepoeier
5 ml vanieljegeursel
Klits al die bestanddele baie goed saam tot goed gemeng. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en entiketteer. Plaas in yskas vir minstens 3 weke voor gebruik om die geur te ontwikkel. Daarna sal dit ongeveer 6 maande in die yskas hou. Lewer 1 liter.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html


Carol Elliott Claassen
CAPE VELVET
1 ekstra-groot eier
2 t vanilla
3 ml karamelgeursel
10 ml kitskoffiepoeier
1 k brandewyn
1 blik kondensmelk (397g)
1 k vars room of 1 blik (310g) room
Verpulp eier, geursels, koffiepoeier en brandewyn. Voeg room by en pols tot net ingemeng. Skep in skoon fles en hou in yskas http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/likeurs-shooters.html

No comments:

Post a Comment