Wednesday 13 February 2013

UIE / KNOFFEL GEREGTE






ROOI SLAPHAKSKEENTJIES 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/uie-knoffel-geregte.html
1,5 kg uitjies (laat geskilde uitjies vir 1 uur in water le..gooi af)
150 g sultanas
3/4 k suiker
1 k wit asyn
1 k water
1 blikkie tamatiepasta
50 ml kookolie
5 ml sout
'n knypie rooipeper
METODE:
Kook alles saam oor lae hitte vir +/- 1 uur. Verdik sous met 'n bietjie mielieblom wat met klein bietjie koue water aangemaak is. Laat afkoel. Eet lekker!! "Helena Kruger"

KNOFFEL IN MOSTERDSOUS 
2 k suiker
1 k water
Kook goed saam.
Terwyl bogenoemde kook meng jy die mosterdsous
3 eetlepels mosterdpoeier
1 teelepel borrie
4 eetlepels mielieblom
Gooi knoffel in stroop kook 2 minute. Roer die mosterdmengsel by en kook tot dik.
Skep in bottels en seël. "Susan baie dankie!!Helena Kruger"

KNOFFELASYN
3 medium tot groot knoffelhuisies
2 lourierlare
1 takkie dragon
3 heel kruienaeltjies
1ml gemaalde neutmuskaat
1ml sout
750ml wit wynasyn
METODE:
Skil die ui en kap dit baie fyn
Skil en kneus die knoffelhuisies
Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in die son trek
Skud die fles af en toe
Syg dit daarna deur en bottel en verseël die filtraat
"Helena Kruger" 

PIEKEL KNOFFEL
1/4k Suiker
1 +1/2k Asyn
1/2t Mosterdsaad
1 Bayleaf
Paar swartpeper korrels
knippie sout[minder as n kwart teelepel]
METODE:
Maak jou knoffel mooi skoon en pak in jou botteltjies
Bring jou ander Bestd. tot kookpunt en gooi oor jou knoffel in jou bottel.
Haal al die blasies uit en draai styf toe
Gebruik eers oor 2 weke "Baie lekker hoe langer dit staan hoe lekkerder. "Helena  Kruger"23/4/11



​INGELEGDE KNOFFEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/uie-knoffel-geregte.html1 kg skoongemaakte knoffel - lê in koue water vir 2 ure en vryf skilletjies af
Kook in water wat net die knoffel bedek vir 2 minute.
Dreineer.
Pak in botteltjies.
KOOK SAAM

1½ kop suiker
2 kop asyn knippie sout
Gooi oor knoffel en seël bottels
Wenk**
Die belangrikste van knoffel inlê, is om slegs stainless steel of erde potte te gebruik.
GEEN alliminium ens nie!
Chemiese reaksie vind plaas met elemente in water soos koper, yster ens en dit is wat knoffel verkleur en groen, blou of pers maak.
Gebruik SLEGS gedistileerde water en jou produk gaan pragtig wit bly!**
Zelda Botes**27/03/2018

Ingelegde Uie en Komkommers
4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer
kook 1 kop water, gooi uie en komkommer in en kook tot droog
voeg by:
1 kop asyn
1 kop suiker
2 eetl kerrie
2 tl mosterdpoeier
1 tl pietrsielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos,moenie droogkook nie, Meng 2 eetl mielieblom met 1 kop asyn en gooi by, kook tot verdik, bottel dadelik warm "Helena Kruger"



 





Sonja De Ridder Billson
Uie Marmelade  
Bestandele
1 kg uie in dik skywe gesny
Halwe kop Balsamic Asyn
Halwe kop Bruin Asyn
3 kop Bruin suiker
1/4 kop Heuning
1 kop vars uitgedrukte lemoensap met die vessel
1 Bay leaf
1 teelepel sout
Kwart kop olyf olie
Gooi als in n groot genoeg kastrol
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word toets in n piering tot reg
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm .
Ek het n hele oggend spandeer om die resepie reg te kry met bestandele se byvoeg
Totdat ek tevrede was met smaak !!!!

Trudie Brand
Kerrie uie  
3/4 bottel asyn,
3k Suiker,
3 e Kerrie,
sout
Kook alles goed deur (die uie moenie pap gekook word nie) Verwyder van die stoof, laat afkoel en bottel (of Bottel warm en maak bietjie dik met mielieblom )

UIE-PIEKELS
1 liter water;
1,5kg piekeluitjies;
kookwater;
750m bruin asyn;
45ml suiker;
5ml sout;
10ml peperkorrels;
2 rooi brandrissies, gehalveer en pitte verwyder;
60ml water.
METODE:
Los sout in water op en laat ongeskilde uie 24 uur in soutwater
staan. Plaas 'n bord bo-op om uie onder water te hou. Dreineer uie,
plaas in 'n groot bak en bedek met kookwater. Laat 5 min. staan.
Dreineer. Sny bo- en onderkant van uie af en verwyder skille. Plaas in gesteriliseerde flesse.Helena Kruger"11/3/11

MOSTERT UIE  
1 kg wit suiker
50g mielieblom
30ml mostertpoeier
7ml sout
9 ekstra groot eiers
750ml wit asyn
METODE:
Skil die uie en sny dit in skywe. Maak die skywe los in ringe. Bedek die ringe met kookwater en kook dit vinnig tot deurskynend, maar nie pap nie. Dreineer die ringe baie goed. Vermeng die suiker, mielieblom, mostert en sout. Klits die eiers, voeg dit by die suikermengsel en klits dit goed totdat die suiker opgelos is. Klits die asyn bietjiesgewys by. Voeg die uieringe by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit ongeveer 5min tot dik en gaar, roer dit deurentyd. Bottel die slaai warm en verseel dadelik.






SOET GEPIEKELDE UIE
  
1k suiker
1t sout
1k asyn
METODE:
Sny uie en gooi kookwater oor en laat 5min staan
Dreineer baie goed
Voeg alles by en meng goed. Plaas op matige hitte en prut vir so 15-20min [maar dit moet nie kook nie]
Laat afkoel en skep in bottel en plaas in die yskas
Baie lekker op worsrolletjie en Hamburger selfs saam met n gebraaide of gebakte vleisie !!!!
Helena Kruger!!!!!!Treffer! 30/9/10

                                        SOET GEPIEKELDE UIE
 




BRUIN SUURUITJIES  
4 heel peperkorrels
4 heel kruie naeltjies
2 ml fyn neut
stukkie heel gemmer
750 ml bruin asyn
klein uitjies
sout
witsuiker
METODE:
Bind speserye in gaasdoek toe. Giet asyn in emalje kastrol en voeg sakkie by. Verhit tot kookpunt. Kook 3 min met deksel op. Laat afkoel en verwyder sakkie. Skil soveel uitjies as wat jy wil.
Maak soutoplossing,
50 ml sout by elke 500 ml water.
Bedek uitjies daarmee en laat oornag staan.
Gooi 10 ml suiker in elke fles wat gebruik word.
Pak flesse vol uitjies en vul met asyn. Verseël en laat minstens ñ weel staan voor gebruik.!!!!! Helena

Carol Elliot Claassen
PINK PICKLED ONIONS
1/2 tsp. course grind pepper
1/2 tsp. cumin
2 tsp. fresh oregano (or 1 tsp. dry oregano)
4 cloves of minced garlic
1/2 tsp. salt
1/3 cup apple cider vinegar
1/3 cup rice vinegar
METHOD:
Combine all ingredients in a glass bowl. Cover and put in fridge for about 2 days. They will turn bright pink and have a crunchy texture
30/7/10 

UIE-MARMELADE  
7 uie, in ringe gesny
85 ml heuning
65 ml balsemasyn
METODE:
Verhit olyfolie in 'n groot pan en braai uie tot deurskynend en bruin. Voeg heuning en balsemasyn by. Verlaag hitte en laat vir sowat 20 minute stadig prut tot taai.Helena Kruger" 4/8/10 

HEERLIKE ROU KERRIE-UIE!
450ml fyn appelkooskonfyt
400ml asyn
125ml suiker
5ml kerriepoeier
5ml borrie
5ml sout
30ml Sweet-Chilli sous[ opt]
METODE:
Moenie jou uie was nie, haal net die droe buitelagies af en vee mooi skoon. Kerf dit mooi fyn [kan dit kap of in halwe ringe sny] Plaas dit in n bak en meng al jou best. en gooi dit oor. roer met n houtlepel tot dit goed gemeng is. PLaas n deksel of n skoon doek oor en laat dit oornag staan. Volgende oggend roer jy dit weer goed en skep dit in droee flesse en plaas dit in jou yskas.
N.S hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit, gebruik dit saam met braaivleis of gebakte vis en vleis. Helena Kruger" 19/7/10

ROOIUIE-MARMELADE
1kg rooi ie, geskil en in dun ringe gesny
20ml mosterdsaad
1 duim groote stuk vars gemmer fyn gerasper
2 lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooiwynasyn
100ml rooiwyn
METODE
Fyn gerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en soteer die uie oor lae hitte totdat dit sag is.
( Ongeveer 25min) Roer die uie van tyd tot tyd.
Voeg die oorblywende bestandele by en laat prut totdat genoeg vloeistof verdamp het sodat die mengsel dik en geurig is. (Ongeveer 30 min)
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by en skep of giet die marmalade in skoon, warm flesse. Seel die flesse. Bere in die yskas nadat jy die botteltjie oopgemaak het. Genoeg vir 2 x 250ml flesse.Resep verkry uit die TUIS.

Helena Kruger
UIE MARMELADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/uie-knoffel-geregte.html

Kook een deel gesnyde uie by 3 dele water tot sag maar nie pap nie. Voeg nou 750 g suiker by elke kilogram moes. Kook to dik.

PICKLED UIE
Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op 'n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn,maak nie saak wat die resep sê nie).Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is,pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) gooi die kokende asyn oor en bottel. Ek maak ook ander groente so in,blomkool en wortelrepies is besonder lekker.

Heidi Minnaar Serfontein
Hier is 'n baie maklike een vir jou: 2kg uie, half bottel wit asyn, 2 eetl kerriepoeier, 1 tl sout, 3 koppies suiker. Kook tot uie begin sag word, nie pap, voeg 4 eetl maziena by. Kook 1 min en bottel warm Geniet

No comments:

Post a Comment