Wednesday 6 February 2013

SLAAIE





Jaenette Hough Meyer


Sosatie slaai.


 

WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI
4 groot aartappels
20g kaas, in blokkies gesny
2 repe spekvleis, gebraai & gekap
125ml Franse slaaisous
gekapte grasuie

Metode:
Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak. Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor. Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.
Michael Coetzee
'n Ligte slaai wat ook goed vertoon: Blaarslaai, swart en wit druiwe, kersietamaties en fetakaas. Skywe gerookte kaaswors of lekker nat biltong kan addisioneel bygevoeg word...
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


 


 


BUTTERNUT SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html
1 Butternut gerasper (fyn kant)
1 Pakkie pynappeljellie [of appelkoos]
1 Blikkie crushed pynappels (gebruik sous ook)
Bietjie lemoensap
Meng alles en laat staan vir tenminste 2-3 ure voor opdiening, verkieslik oornag.
Maggie De Castro**01/04/2017>

AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE


1 pak gemengde slaaiblare
6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
8 repe swoerdlose streepspek
4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avokado
125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous


Metode:
Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.
Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros.
Haal uit en dreineer op kombuis papier.
Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.
Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig.
Haal uit en dreineer.
Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare.
Bedek met slaaisous.
Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.  Van een van ons Kosmaters!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



RYSSLAAI

2 Koppies gaar Rys
1/2 Koppie mayonnaise
1 Gekapte ui
1 Groot tamatie
2 Eetlepels Blatjang
1 1/2 Teelepels Kerrie poeier
Metode:
Meng die mayonnaise, kerrie poeier en blatjang deeglik.
Voeg by die rys (vou in).
Kap die groente en voeg by.
Van een van ons Kosmaters!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html




RYS SLAAI - NICOLENE TOP SPECIAL 
'n Eenvoudige slaai , gegeur met ligte kerriesous.
250ml een koppie) ongekookte rijs (Dit gee ongeveer 750ml gekookte rys)
410 gram blik applekose of perske , gedreineer en gekap
1 ui , gekap
125ml ( ½  koppie) pitlose rosyne ( ons gooi nie rosyne in nie)
1 groen soetrissie , ontpit en gekap ( Sweet greenpepper)
5ml ( 1 teelepel) sout
3ml (1/2 theelepel) peper

Die Slaaisous
125ml ( 1/2 koppie) mayonnaise
30ml ( 2 eetlepels) blatjang ( chutney)
5ml ( 1 teelepel) kerrie poeier

1-Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking
Laat afkoel.
2-Voeg oorblywende bestanddele by en meng liggies met twee vurke .
3- Meng die slaaisousbestanddele saam
4- Giet oor die rys .Meng liggies.
5- Laat die slaai minstens een tot twee ure staan voor opdiending
Dis vir 6 porsies ( ons dubbel al die goed vir 6 tot 10 mense).
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html




Helena Kruger

UIE SLAAI

Maklike uieslaai
750g skoongemaakte uie
100 ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier
100ml tamatiesous
100ml wit asyn
Metode:
Kook uie in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word.Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by. Plaas uie in slaaibak en gooi sous bo-oor. 4-6 Porsies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Helena Kruger

BILTONGSLAAI

(Dit lewer 6 porsies)
Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
'n verskeidenheid blaarslaai
3 agurkies, gekap op slaai te rangskik
2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap
Metode:
Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.
Van een van ons Kosmaters!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



Helena Kruger

RYSSLAAI MET TAMATIEROOMSOP

Uie fyngekap
Soetrissies fyngekap
Braai saam tot gaar in bietjie kookolie. Voeg n blikkie Room van Tamatiesop by en prut tot dit begin kook. Meng met gaar rys.
Dis eintlik lekkerder as dit die volgende dag bedien word. Geure meng heerlik deur.  Van een van ons Kosmaters!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Helena Kruger

KORINGSLAAI

1 k Koring [rou>kook dit dan]
1 blik Perskes kleiner gesny
1 ui fyngekap
1 Soetrissie gekap
Meng saam
2 t kerrie
1/2 t borrie
50ml suiker
50ml asyn
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html




GROENBOONTJIE SLAAI

3 Blikkies groenboontjie of [ lekker vars jong groenboontjie gestoom en afgekoel in yswater ]
1ui gekerf
Sous:
6 eier
3t Mosterdpoeier.
375ml Suiker
2k Asyn
3ml sout
3t Botter
Meng sous best.alles baie goed saam...kook stadig vir n rukkie [passop dit brand maklik ]..Klop dan die botter by..... laat baie goed afkoel!!Dreineer jou boontjies [afgekoel]..plaas in slaaibak ..gooi gekerfde ui oor en dan die afgekoelde sous...Heerlik se ekke... Helena http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



GROENSLAAI

2 Pakkies donkergroen jellie
1 Blik 385g Appeltert
1 Blik 385g Crushed pynappel
Knippie sout
2 eetlepels wit asyn
½ koppie room
1 eetlepel gelatien aan gemaak met koue water
Meng jellie met ½ koppie kookwater
Pynappel en appeltert moet fyn wees
Meng met res van bestanddele
Gooi in ringpan en laat stol oornag
Van een van ons Kosmaters...
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Nicolene Bruwer.

NOEDELSLAAI

500g Noedels
1 Groot ui fyn gekap
1 Groot green pepper fyn gekap
Sous
250ml Tamatiesous
200 ml Suiker
125 ml Olie
125 ml Wit asyn
25 ml Kerrie
7 ml Sout
2 ml Peper
1 ml Tabasco/peri-peri
Gooi sous oor noedels, meng goed en laat afkoel. As slaai vir dag oorstaan proe dit beter. Geniet.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Helena Kruger

CEASER SALAD

"CROUTONS" 2 knoffelhuisies gekneus
2 e olyfolie
knippie sout
2 snye brood in blokkies gesny [wit]..Meng alles met brood blokkies en bak in oond vir so 10min.
SLAAISOUS:
1 eier
1t Worcestersous
3t Suurlemoensap
1 knoffelhuisie gekneus
knippie sout
1/2t grof gemaalde swartpeper
4 stukkies "anchovies" opgekap
1t kappertjiesaad[capers]
1t Djion mosterd
1/3k olyfolie..
SLAAI:
Blaarslaai...1/3k gerasperde Parmesaan kaas..en dan het jy mos die broodblokkies ook>>
Metode:
Kook eier vir net 45sek. in kookende water koel af...Meng al die ander best.in bak behalwe olyfolie..Breek die eier oop en klits alles baie goed.NOU!!Gooi die olyfolie met n dun straaltjie by terwyl jy baie goed klits nie te vinnig nie anders "skei" die olie met die res..Pak jou slaai..gooi die helfte van slaaisous oor meng goed ..voeg "croutons" en kaas by en die res van sous en meng deur..Bedien baie lekker!!!!>>Onthou om die capers en anchovies goed fyn te maak...  Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Izette Pretorius Smit

NOEDELSLAAI - SWEET & SPICY” NOEDELS

500 g noedels
1 greenpeper (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr
Berei noedels volgens aanwysings op pak
Meng greenpeper, appelkoos stukkies en sous by noedels
08 March 2010
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



SOUSBOONTJIES

1 pk suikerboontjies – oornag geweek in water
2 kp suiker
¾ kp Bruinasyn
6 kp water
Kook bone in die drukpot vir ongeveer 50 min. tot sag. Geur na smaak
Voeg res van bestandele by, Laat deurkook. Bottel warm  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html

Beetslaai
Bete, gekook en gerasper
Uie in blokkies, gemeng met beet
125ml water (of beetwater)
125ml wit asyn
75ml suiker (of meer na smaak)
1 eier
Eetlepel Maizena in water opgelos


Kook water, asyn en suiker. Klits eier en voeg by maizena pasta. Klits vinnig by kokende water/asyn tot dik. Laat effens afkoel en meng met beet en uie. Laat koud word en sit in yskas. In 'n geseelde bottel bly dit langer as 'n week lekker. Weet nie hoe lank nie dit hou gewoonlik net 'n paar dae.Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Charlot Grobler -

WARM KOOL EN RYS SLAAI.

Snipper halwe kool kop (+/- 1000 ml),
1 ui,
1 green pepper, en roerbraai in n eetlepel olyfolie tot uie deurskeinend. Gooi 1 koppie (250ml) gaar rys by en roer goed deurmekaar.
1 Pakkie "Chicken Noedle" sop poeier gekook in die helfde van die water soos op die pakkie aan gedui. As sop klaar gekook het soos op die pakkie aan gedui, gooi dit oor die kool mengsel en laar prut vir 10 min. Bedien warm. Nam, nam. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Helena Kruger
WENK
• Om te keer dat piesangs swart word in ’n slaai, sit dit ongeskil in ’n vuurvaste bak, bedek met kokende water en laat staan vir ongeveer vyf minute.
• Die skil sal pikswart word en jy sal dink die piesangs is bederf, maar die piesang is ferm en ongeskonde binne.
• En dit word glad nie swart in die slaai nie.
• Dit werk baie beter as om suurlemoensap oor te sprinkel, wat nie regtig werk nie en buitendien snaaks proe. Weg ry ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html





MAKLIKE UIE SLAAI

*Wenresepte* 
Die pienkerige sous by die gaar uitjies lyk baie aantreklik. Die sous skif nie. 
500-750g skoongemaakte uitjies 
100ml kondensmelk 
5ml mostertpoeier 
100ml tamatiesous 
100ml wit asyn 
Kook uitjies in soutwater tot sag maar stewig en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mostertpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi sous bo-oor 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html




WORTEL EN PYNAPPELSLAAI

Knippeldik aan Koningskos```
1 kp wortels gerasper
½ kp ingelegte pynapelblokkies klein gesny (of vars pynappel)
1 tamatie stukkies gesny (opsioneel)
1 pk lemoenjellie
Los die jellie op in ¾ kp gekookte lemoensap verdun met warm water tot 1 kp.
Voeg ander bestandele by. Gooi in ringvorm wat met koue water uitgespoel is en laat stol in yskas. Keer uit op plat bak en versier met pynappelringe wat gehalveer is, en rooi kersies in die openinge van die pynappel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html

Helena Kruger

AVOKADO SLAAI

1 groot avokado, fyngedruk
1 pakkie suurlemoenjellie
375ml kookwater
1 klein gerasperde ui
25ml mayonnaise
Maak suurlemoenjellie aan met die kookwater. Voeg avokado, ui en mayonnaise by. Meng goed en laat stol.
Helena 16/8/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


Helena Kruger

SPINASIE EN SAMPIOENSLAAI

Kook 1 koppie rys gaar.
Sny die sampioene in blokkies en roerbraai in botter of olyfolie.
Sny die spinasie in repies en roerbraai dit ook apart in botter.
Gooi alles bymekaar en meng deeglik.
Tienie Botes !!Dankie ou maat!!!18/8/10

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html


GEMENGDE SEEKOSSLAAI
~Kos Idees~
60ml olyfolie

5ml rissiepoeier
Sap van 1 lemmetjie of suurlemoen
400g gemengde seekos
20g boontjiespruite
1 baba-rooikool fyngesny
1 komkommer in dun skyfies gesny (in die lengte indien verkies)
1 rooi en 1 geel soetrissie ontpit en in repies gesny
Meng die olyfolie, rissiepoeier en lemmetjiesap saam. Verhit die mengsel oor hoë hitte in ‘n groot pan. Voeg die gemengde seekos by en roerbraai dit vir twee minute of tot dit deurgaar is. Rangsik die res van die bestandele op ‘n groot opdienbord of in elke bakkies en skep die seekos bo-op. Drup die pansappe bo-oor en geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



  

TURKSVY -SLAAI

Turksvye in blokkies gesny
Mayonaise
Sweet-Chilli Sous
1 klein uitjie fyn gekerf
Vars Pietersielie gekerf
sout en peper
Meng alles en plaas in yskas vir ten minste 30min. voor ete..**Heerlik en regtig iets lekkers en anders..Het dit vandag gemaak vir Rest. en almal het dit opgeraap..wat is dit die..o!! "Turksvye."... 23/2/12 Helena Kruger **at Die Grasdak Bultfontein.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html







PERSKE SLAAI

1 groot blik skywe perske
1 klein blik skywe perske
1 blik kondensmelk
1 bottel picalilly

Gooi die stroop sous van die blikke in groot beker tot die stroop sous klaar gedrup van die perske af. en jy kan die stroop sous drink of bere vir poeding om sous te gebruik.
Jy kan kies skywe, of blokkie perske in groot slaaibak.  Meng kondensmelk en picallily goed en gooi dan oor perskes.  Meng goed en verkoel goed voor bedien.  Roer goed voor opdien. Voila geniet dit.  As daar baie mense is, dubbel van elk maar twee klein vervang 1 groot
Geplaas deur: Wynand Myburgh
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



ESTELLE SE ONGELOOFLIKE SLAAI

MIELIE EN ERTJIESLAAI
Ek het hierdie slaai resep al vir so baie mense gegee. Hulle was almal skepties maar almal het terug gekom na my en was mal daaroor.
1 blik mielies gooi die water af
1 blik ertjies gooi die water af
Meng die 2
+/- 1eetlepel mayo
+/- 1 eetlepel kondensmelk
Meng dit saam met die mielies en ertjies
Krummel +/- 20 bacon kips beskuitjies oor die slaai en meng dit in.
NS. Ek breek nie my beskuitjies te fyn nie dan is dit amper soos croutons. Die slaai is die volgende dag nog lekkerder. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html



Estelle Smith
LEKKER SLAAI VD NAWEEK


DROEE VRUGTE SLAAI

500g gemengde droe vrugte geweek in
3 kop koue rooibostee sonder melk en suiker, en oornag geweek.
6 piesangs skywe gooi bietjie suurlemoensap oor

Sous....
1 blik kondensmelk
1/3 k olie
6 eetl asyn
1 eetl mosterd poeier
½ tlp sout
Peper
2 eetl suurlemoen sap.
 
Meng alles vd sous en klits goed. Skep derde vd vrugte in glasbak, dan derde vd sous. Derde van piesangs. Gooi derde van sous oor. Herhaal. Hou oornag in yskas
WENK gooi kookwater oor piesangs vir paar sekondes tot piesangs skille swart word, en piesangs verkleur dan nie 
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html

LENTIL SALAD

1 cup dried lentils
1 cup diced carrots
1 cup diced red onions
2 cloves garlic minced
1 bay leaf
½  tsp dried thyme
2 tblsps lemon juice
½  cup diced celery
¼  cup chopped fresh parsley
1 tsp salt
¼  tsp ground black pepper
¼ cup olive oil

In a saucepan combine lentils, carrots, onion, garlic, bay leaf and thyme add enough water to cover by 1 inch bring to boil reduce heat and simmer uncovered for 15 to 20 minutes or until lentils are tender but not mushy.  Drain lentils and vegetables and remove bay leaf, add olive oil, lemon juice, celery, parsley, salt and pepper.  Toss to mix and serve at room temperature. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html 



Eierslaai


1 slaaikop, fyn gekerf
8 eiers, hardgekook
sout en vars gemaalde swartpeper
250ml natuurlike jogurt
50ml mayonnaise
45ml blatjang
5ml suurlemoensap
1 klein ui, in ringe gesny
fyn gekapte pietersielie

Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op. Geur goed met sout en peper. Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare. Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor.
Lewer 6 porsies.Peterjasie 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html  


 


Egg Salad Sandwich Filling   

6 hard-cooked eggs, coarsely chopped
1/4 C. finely-chopped celery, optional
1/4 C. finely-chopped sweet pickles, optional
2 T. finely-chopped onion, optional
1/4 - 1/2 tsp. salt (to taste)
1/4 tsp. dry mustard
Dash of pepper
1//3 -1/2 C. mayonnaise

Combine all ingredients together, adding just enough mayonnaise to give salad a good consistency. Chill.
Bron: hillbillys
Geplaas deur: Hilda Dates Steyn   
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html   




ROERBRAAR SLAAI
1 pak hawaian stir fry,
1 soet rissie in repies gesny,
2 uie in ringe gesny.

Metode
Kook net op in kookwater. Spoel af in koue water.dreineer baie goed.

Sous:
1 pakkie tamatiesoppoeier,
1 koppie suiker,
125ml olie,
10ml worcestersous of sojasous,
200ml wit asyn,
7ml aangemaakte mosterd,
sout+peper na smaak.
 Kook vir 2min.gooi warm oor groente.laat afkoel en bèdek.plaas in yskas.kan tot i week voor die tyd berei.leke saam braaivleis. 




Pasta-rys slaai:
Kook pastarys tot net gaar, spoel af met koue water en drizzle bietjie olyfolie oor dat die pastarys korrels nie aan mekaar vassit ni. Sny dan fyn (in klein blokkies):
peppers,
gedroogte appelkose,
geblikte pynappelstukke,
komkommer (deel naby die skil), en
 breek pekanneute fyn.
 Mengs als saam die pastarys en voila! Jy kan enige slaaisous oor die slaai gooi indien verkies. Vir variasie sit ek crisp gebraaide bacon bits ook by en gekrummelde sagte Feta kaas. Dis heerlik!!
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html  



Jeanette Desmond hier is n

LEKKER MIELIESLAAI

1 blik heel mielies,
250ml vars room,
1 t suiker,
knippie sout of bietjie aromat en
maizena om te verdik.

Metode:
Gooi water af van mielies en en gooi alles in kastrol behalwe maizena. Wanneer mengsel begin kook meng maizena met melk en voeg by om te verdik. Laat net genoeg kook tot die mielieblom mengsel verdik.
NB; 

Onthou dit raak nog dikker terwyl dit afkoel. Bedien koud saam met steak. Dit is regtig baie lekker!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html   






WORTEL EN PYNAPPELSLAAI. .
Kook tot sag .
1 en half kilo wortels in ringetjies gesny ,
3 groot uie gekap ,
1 en half teelepel sout ,
4 kop water .
 Meng net saam
3 kop suiker ,
2 kop wit asyn ,
1 blik pynappel stukkies ,
1 eetlep kerrie .

 Gooi nou by wortels en uie en laat goed deurkook , meng 4 eetlepels mazeina met water tot n pasta.   Gooi by wortels kook goed deur en bottel warm



PYNAPPELSLAAI  OF MARSHMALLOWSLAAI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html 

Marshmallow slaai: ek weet nou rek daai oë myne het ook!!;) al vele kere gemaak en Kersdag ook mense mal daaroor.
1 LITER grenadilla yogurt.
1 klein pakkie Marshmallows.
1 klein blikkiepynappelstukke.
Sny marshmallows in ronde sirkels met mes so 3 per marshmallow. Drein die pynappelstukke goed. Gooi als bymekaar en roer goed deur. HEERLIK!!


PYNAPPELSLAAI 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html 
Alana van Tonder my pynappelslaai: 
1 blikkie pynappels (stukke), 
1 houertjie suurroom (250ml) en 
halwe blik kondensmelk. 

Meng die kondensmelk lekker saam met die suurroom en gooi die pynappels by en roer deur. Sit in die yskas om te stol (so 2 - 3 ure). http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html   


 


ORANJE PINEAPPLE SALAD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html  

  • 2 (1/3 ounce) packages orange gelatin mix (jello)
  • 2 cups boiling water
  • 2 cups cold water
  • 2 (11 ounce) mandarin oranges, drained
  • 1 (8 ounce) pineapple tidbits, drained
  • 1 (8 ounce) cream cheese, softened
  • 1 cup mini marshmallows

Directions

  1. Dissolve packages of orange gelatin mix in 2 cups of boiling water and stir well. Add 2 cups of cold water and stir.
  2. Place gelatin mixture in a medium size bowl and allow to get cold in refrigerator. When gelatin mixture is slightly beginning to set around edges of bowl (test frequently -- you do not want it to completely set) remove from refrigerator.
  3. With an electric mixer beat softened cream cheese in a separate bowl and add small amounts (starting with tablespoons full) of gelatin mixture while beating. This will insure the mixture to be smooth.
  4. By hand, stir in drained mandarin oranges and drained pineapple tidbits. Stir in mini marshmallows. (If you elect to use crushed pineapple, drain extremely well.).
  5. Pour into a 2 or 3 quart pyrex dish and place in refrigerator. Let mixture get completely cold for at least 6 hours before serving.
  6. Cut in squares and serve salad on lettuce leaf.
  7. Note: If you want more of an orange flavor, use 3 ounces of cream cheese.
  8. Enjoy!** mobilefoodblog**

    PYNAPPEL SLAAI

    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/slaaie.html  


    Heerlike pragtige pynappel slaai. Almal is gaande daaroor:
    Green pepper
    Red pepper
    Geel pepper
    Sny in dun repies
    Vars pynappel in blokkies
    Sny vooraf en bedek goed met sweet chilli sous so halfuur voor bedien.
    Die slaai bêre ook lekker vir ñ dag of 2.** Lynne du Preez

No comments:

Post a Comment