Saturday 2 February 2013

VISSOP

Oosterse Seekossop 
Bernice van der Merwe
30 ml sesamsaadolie
3 knoffelhuisies
5 cm vars gemmer, geskil en in dun skywe gesny
1-3 brandrissies, grof gekap
1 suurlemoengras, grof gekap
100 g kasjoeneute, grof gekap
2 L visaftreksel (of hoender)
10 steurgarnale (kop en dop aan)
200 g visfilette, in stukke gesny
handvol koljanderblare
paar druppels vissous
sout en vars gemaalde swartpeper
100 g rysnoedels
Verhit die olie en braai die knoffel, gemmer, brandrissies en suurlemoengras ’n paar minute.
Roer die neute by en braai tot geurig.
Bring die visaftreksel tot kookpunt in ’n groot kastrol en roer die res van die bestanddele behalwe die rysnoedels by.
Kook tot die steurgarnale verkleur het en geur na smaak.
Roer die rysnoedels by en laat prut tot gaar. Sit voor saam met ekstra koljanderblare en brandrissie.
Wenk: Die rysnoedels absorbeer baie van die vloeistof; moenie te veel ingooi nie. Alternatiewelik kan jy dit opkook; deel dit tussen sopbakkies en giet die sop oor 8/4/11*
Helena Kruger

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html

                                                 foto>The Cullinrychase..


Adéle Van Zyl Filmalter

Gerooktemosselsop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
1 blik gekonsentreerde hoendersop (350g)
2 blikke gerookte mossels (105g), gedreineer en fyngedruk
1 tamatie, gekap
1½ koppie melk
1½ koppie water
1 koppie room
½ teelepel droë, gemengde kruie
4 eetlepels koekmeel
2 eetlepels sjerrie (opsioneel)
’n knippie suiker
sout en peper na smaak


Bring die hoendersop, fyngedrukte mossels, tamatie, melk en water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af. Meng die kruie, meel en room. Gooi dit by die sopmengsel en roer dit oor lae hitte totdat dit warm is, maar nie kook nie. Haal dit van die plaat af en gooi die sjerrie en suiker by



Celia De Villiers Enslin
GROOT Treffer in ons huis - lekker en BAIE vinnig en goedkoop.

TUNA SOP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html 
Hierdie is 1x aangemaak -
1 pakkie tamatie roomsoppoeier/
1 koppie warm water/
1 kop melk
sout en peper na smaak -
Klits saam in pot op stoof tot begin kook - oppas vir aanbrand. 

Gooi by 1 kop room (250ml) en 
1 blikkie gesnipperde tuna - ek gooi sommer met water / olie in. Voila - lekker eet!!! 
Ons is 'n gesin van 6 - ek maak dit 3 maal aan - want ALMAL wil nog he. As jy dit verdubbel - moet nie elke keer die room verdubbel nie - word te ryk - gebruik dan meer melk. 
Bv 3 x : 3 x sop/3x tuna/3xwater/3x melk/1 x room en nog 2 x melk - gebruik eie diskresie!!!!




Benhet Nieuwenhuis

Mosselsop


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html

2L melk
1 pakkie hoenderroom sop poeier
1 pakkie mushroom sop poeier
1k room
kook saam tot leka dik, meng 2 houers gerookte mossels by, prit 3min geniet saam vars gebakte broodje . heerlike


Louise Groenewald

MOSSELSOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
(my eie resep)
1 Liter Volroom Melk
125ml Room
4 Groot huisies Knofffel
3 Eetlepels Botter
5 Eetlepels Meel
1 Eetlepel Maizena
5ml Ina Paarman Seasoned Salt
10 draaie Swart peper
2 Blokkies Knorr Seazons (Onion flavour)
500g Mossels (sonder skulp)
12 Garnale (prawns), as dit groot is, anders 20 kleintjies (opsioneel)
150ml Witwyn
1 Teelepel Suiker
1 Eetlepel Gekapte Pietersielie
Gekapte vinkel vir versiering (opsioneel)
Smelt botter in kastrol oor lae hitte. Voeg knoffel by en roer tot gaar, omtrent 1 minuut.
Voeg meel en Maizena by en roer.
Voeg melk bietjiesgewys by en roer. Voeg dan room by. Voeg geurmiddels by. Verhoog hitte en roer tot dit begin verdik.
Voeg mossels, garnale en res van bestandele, behalwe pietersielie, by en prut vir omtrent 10 minute oor lae hitte. Roer pietersielie by. Versier met gekapte vinkel.
Die garnale kan uitgelaat word en die sop is net so lekker daar sonder.
Bedien met knoffelbrood. Maak knoffelbrood se foelie vir laaste 5 minute oop in oond om die kors bros te maak. As jy die brood in kleefvrye bakpapier (Unsgaard) i.p.v. foelie warm maak sal die knoffelbrood bros wees sonder om dit oop te maak.
Learn to Cook with Louise  good basics, good food


Heleen Albrecht

MOSSELSOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
Ek braai uie, knoffel in 'n bietjie olie...gooi jou mossels (of seafood mix) by en braai tot sag..
gooi dan blikkies sop by..ek gebruik altyd potato leek en mushroom sop..jy kan kyk wat beskikbaar is...
potato leek maak dit lekker dik...so 2 blikkies op 1 kg mossels (seafoodmix)..ek glo jy kan room bygooi maar dit is
alklaar baie ryk..ek gooi dit nie by nie...dan sout en peper doen die ding vir my daarby en snipper spring onions in...lemon pepper gee enige seekos ook 'n lekker smaak....ek is nie die beste kok nie maar kry altyd baie komplimente as ons seekos aand hou..ons bly by die see so kreef en al die lekker dinge kry ons lekker vars...geniet!!!!!!!!!!!!! 8/4/12


Belinda Brand Theart

LEKKER SEEKOS SOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
braai uie, gooi dan pakkies ina parman se kerrie en coconut cream by. laat kook jo stukkies hake, calamari, shrimp (nie gevries in gegooi nie) mossels en wat ook al ander see kos jy het daarby en laat kook deur en bedien op rys. dis baie baie lekker en vinnig.
ek laat shrimps eers heeltemal ontdooi en dan stoom ek dit met suurlemoensappies in microwave sodat dit amper gaar is anders trek dit te veel water en maak jou sous dun.


Gillian Logan Bredenhann
Hier is my resep

GILLIAN SE MOSSELSOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
1 gekapte ui
1 pakkie dik wit uiesop
500 ml water
550 ml melk
1 blik (450g) mossels in skulpe gedreineer of vars mossels
knippie grofgemaalde swartpeper
125 ml gerasperde cheddar kaas
2ml paprika
2ml pietersielie
30-45 ml dik room of suurroom
Braai ui in pan met bietjie olyfolie. Maak sop aan volgens aanwysings op pakkie met melk en water. Voeg gebraaide ui, gaar mossels en peper by en prut 10 minute stadig. Roer kaas, paprika, pietersielie en room by net voor bediening


Hannalie Kitshoff

Kerrie Snoek-sop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
Stert en ruggraat van snoek met orige stukkies vis
1½ liter koue water
3 lourierblare
4 peperkorrels
1 groot geelwortel, grof gerasper
2 groot uie, fyngekerf
1 groot aartappel gerasper
1 eetlepel botter
1 eetlepel olie
2 teelepels kerriepoeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie fyngekapte peitersielie
Sout en peper
Gebruik stert en ruggraat van die snoek saammet ander orige stukkies vis (Ek het 1 kleinerige snoek gebruik)
(Indien dit soutsnoek is wat gebruik word, week oornag in water en spoel af) Bedek vis met water, voeg lourierblare en peperkorrels by en laat kook vir ± 25 minute. Skep skuim af. Verwyder van stoof en laat afkoel. Verwyder grate en pluis vis. Braai intussen die uie, Kerrie en borrie in olie en botter tot goed gaar, voeg geelwortel en aartappel by en roer goed deur. Voeg nou die geelwortel mengsel by die vismengsel en kook tot groente goed gaar is, ± 30 minute. Voeg nou suurlemoensap, sout en peper na smaak by. Voeg net voor opdien die pietersielie by en meng deur. Bedien met vars volgraanbrood of croutons.


Helena Kruger

Oosterse garnaalsop
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vis-sop.html
Verruklik. Die geure van hierdie sop sal jou asem wegslaan! Jy het net 10 garnale nodig en gebruik selfs die doppe om ’n geurige aftreksel te maak. Gebruik oorskiethoender, of koop ’n geroosterde hoender By die supermark.
10 garnale, skoongemaak  Met doppe
200 g eksotiese sampioene, soos enoki- of shimeji-sam-pioene (of knopiesampioene)
100 g bokwietnoedels, of enige ander oosterse noedels, selfs spaghetti
2 sprietuie, oorlangs gesny
1 klein rooi rissie, pitte ver-wyder en fyn gekap (opsioneel)
30 ml (2 e) vars gemmer, gerasper
80 ml (1⁄3 k) vissous
30 ml (2 e) sojasous
Sap van 3 lemmetjies
200 g gaar, wit hoendervleis,
In stukke getrek
Gemaalde swartpeper
’N hand vol koljanderblare,
Vir opdiening


1 verwyder die garnaaldoppe en hou die vleis eenkant. Verhit 1,5 liter water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die garnaaldoppe by en kook vir 10 min.
2 gooi die garnaalaftreksel deur ’n sif in ’n ander bak. Gooi die doppe weg en gooi die aftreksel weer in die kastrol.
3 voeg die sam-pioene by en verhit oor hoë hitte tot die aftreksel weer kook. Verlaag die hitte en prut vir 3-4 min.
4 voeg die garnale by en sodra hulle pienk verkleur, voeg die noedels, sprietui, rissie, gemmer, vis- en sojasous, lemmetjiesap en hoender by. Roer goed deur en verhit tot deurwarm. Geur met peper na smaak. Sit met vars koljanderblare en warm wontons voor.*Rooi Rose*13/9/12.

No comments:

Post a Comment