Friday, 15 February 2013

VRUGTESTROPE / VRUGTEDRANKIES




VARS LEMONADE
1k suurlemoen sap
2k water
3/4 k strooisuiker
1 suurlemoen in dun skywe gesny
Metode:
Gooi al die bestandele behalwe suurlemoen in 'n pot en kook oor lae hitte. Laat prut vir 5 min terwyl jy die mengsel kort kort roer sodat die suiker kan oplos. Verwyder van stoof en gooi mengsel in 'n groot melk beker of houer sit in yskas vir ongeveer 2 ure of meer en bedien. Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html

LEMONADE
Ouma se resepte
500ml suiker
250ml water
250ml vars suurlemoensap
Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer. Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die limonade deur 'n moeseliendoek en bêre dit in 'n houer met 'n deksel in die yskas. Bedien die limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by 'n glas yswater te voeg.
Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop. 9/11/1 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html

LEMONADE SOOS CAROL DIT MAAK
Druk die sap van vars s.lemoene uit tot dit n liter maak. Syg deur moeselien doek. Vir elke 1 liter sap gebruik 1.5 kg suiker. Verhit stadig en roer tot suiker opgelos is. Haal van stoof af en lt afkoel. Bottel en verseel in yskas of koel plek. Meng kwart glas stroop met driekwart yswater wanneer jy dit skink.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html



Chantelle Geldenhuys
LEMONADE
2,5 kg sugar,
30 g epson salts,
30 g tartaric acid,
60 g citric acid.
Rind of 4 lemons coursley grated
Juice of 7 lemons,  2 to 2,5 cups.

Method.
Pour 1,5 ltr water over above ingredients.
Stir until completely disolved.

Allow to stand overnight, strain and bottle


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html 

Helena Kruger
LEMOEN EN GRENADELLASTROOP
750ml Stroop.
1Lt Lemoensap
375ml Suiker
2/ 85g blikkies grenadella pulp.
Metode:
Verhit die sap en suiker tot suiker opgelos is
Kook vir 15min.
Gooi die pulp by
Gooi in bottles
Bere in yskas.
Verdun of gebruik as n best. Vir mengeldrankies.
21/7/10 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


ROOIBOSTEEKOELDRANK
3 rooibosteesakkies
750ml kookwater
1 stokkie pypkaneel
150ml suiker
250ml onversoete appelsap (bv. Liqui Fruit)
Metode:
Laat die rooibostee, kookwater en pypkaneel trek totdat die water koud is. Roer die suiker en appelsap by en verkoel. Verdun die teemengsel net voor opdiening om die helfte met sodawater of yskoue water en skink in ‘n glas.
VIR YSTEE: Vervang die suiker deur 80ml Elgin Dew Fruit Tea-poeier of Clifton koeldrankpoeier. Vervang die appelsap deur 250ml koue water. Roer en verkoel. Sit onverdun voor  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


POMELOSTROOP
1 liter vars uitgedruk pomelosap
1 liter suiker
Metode:
Verhit en roer die pomelosap en suiker oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Moenie die mengsel laat kook nie. Giet die warm stroop in gesteriliseede bottles. Verseël die bottles en laat afkoel. Bêre die stroop in die koelkas. Verdun een deel stroop met drie dele yswater net voor opdiening. (Bv. 50ml stroop plus 150ml water)  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


LEMOEN EN NARTJIESTROOP
1 liter vars uitgedrukte sap
750ml suiker
Volg die metode soos bo.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


SUURLEMOENSTROOP
750ml suurlemoensap,
5ml gerasperde suurlemoenskil
750ml suiker.
Volg metode soos bo.
Hilda Lategan
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


SUURLEMOENKOELDRANK
4 liter water
2 kg suiker
50 ml wynsteensuur
1 x 30 ml suurlemoengeursel
sap van 8 suurlemoene
Metode:
Los suiker in water op en bring dan tot kookpunt.
Kook 10 minute lank en laat afkoel.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Gooi in flesse en kurk toe.
Verdun met water of sodawater soos verkies!!!!!!!Lekker!!!! 24/11/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html

Helena Kruger
FRESH LEMONADE SYRUP
2 teaspoons grated lemon peel
2 cups freshly squeezed lemon juice
2 cups granulated sugar
1-1/2 cups water
Additional water
Slices of fresh lemon
1. Combine lemon peel, juice, and sugar in a bowl or other container with lid. Stir until sugar dissolves.
2. Add 1-1/2 cups cold water and stir. Cover tightly and store in the refrigerator.
3. To make each individual serving of lemonade, pour 1/2 cup of the cold lemonade syrup into a tall glass. Add about 1/2 to 2/3 cup cold water and stir. More syrup and/or lemon syrup can be added to desired taste. Fill glass with ice cubes and a slice of lemon inside the glass and serve.*Better Recipes* 23/8/12
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Janine Botha
STRAWBERRY ROSE LEMONADE
taken from maureenabood.com/
There are three components to the lemonade: simple syrup, strawberry rose sauce, and ice water. Each
only takes a few minutes to make.
Base for the Lemonade:
1 cup granulated sugar
1 cup water
1 cup freshly squeezed lemon juice, strained
To make the simple syrup, combine the sugar and water in a medium saucepan. Bring these to a boil
over medium-high heat. Once the liquid reaches a boil, reduce the heat and simmer until the sugar is
completely dissolved, 3-5 minutes. Remove from heat and strain the lemon juice, to remove the pulp,into the syrup. Stir and set aside to cool.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html



Helena Kruger
SUURLEMOENSAP
Druk suurlemoene se sap uit.
Giet in emaljekastrol wat in 'n ander kastrol pas.
Voeg 6 k suiker vir elke 4 k sap by.
Verhit oor kokende water en roer tot suiker opgelos is.
Dit moenie kook nie.
Syg deur 'n klam doek.
Giet sap in skoon, gesteriliseerde bottels en kurk lugdig toe.
Weens die hoë suurgehalte is dit nie nodig om die sap te steriliseer nie.
Dit sal maande lank goed bly. "Kook en Geniet" 24/11/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Helena Kruger
RABARBER LIMONADE
Was sowat 20 rabarberstele en sny in stukke van circa / sowat 5 cm lank.
Bring die rabarber met 2 liter water tot kook en laat die rabarber circa 15 min saggies kook met die deksel op.
Die stele moet heeltemal blus of uitmekaar kook as jy dit roer.
Giet dit oor deur ‘n metaalsif, en druk die rabarber in die sif om al die vloeistof uit die pulp te haal.
(Die pulp kan jy weggooi, of saam met tertappels in ‘n nagereg gebruik.)
Roer nou sowat 2 k suiker na smaak deur die sap.
Kook sap weer vinnig op en laat weer vinnig afkoel.
Hou in yskas!
Bedien net so met ‘n takkie kruisement daarby of vermeng met rooibostee vir ‘n heerlike vars drankie!
"Retha van So Maak Mens" Baie lekker en verfrissend!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html



KOEL KIWI EN PYNAPPEL DRANKIE
2 Ryp Kiwivrugte, geskil en gesny
250g Pynappel in stukkies gesny
200 ml Lemonade
Metode:
Sit kiwivrugte en pynappel in voedselverwerker tot glad.
Meng dit dan met die lemonade.
Giet in twee martini glase en sit voor. "Heerlik" 25/7/11
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Carin Ras Wilson
OUTYDSE LEMOENSTROOP
L Heydenrych - Uit die McGregorkombuis
6 groot of 9 klein lemoene
1,8 kg suiker
2 pakkies wynsteensuur
1 groot of 2 klein suurlemoene
1 L afgekoelde gekookte water
Metode:
Druk sap uit en rasper skil.
Gooi die suiker en water op en laat ‘n paar dae eenkant staan op ‘n koel plek.
Voeg die wynsteensuur by en gooi stroop deur ‘n fyn sif.
Gooi in bottels en maak dig toe.
Verdun met water of sodawater na smaak.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Carin Ras Wilson
LEMMETJIESTROOP
Baby le Roux - Uit die McGregorkombuis
14 lemmetjies se sap
6 lb suiker
10 lemmetjies skil gerasper
12 k water
Metode:
Kook suiker en water vir 15 minute.
Verwyder van hitte en gooi skil en sap by asook 1 pk kremetart.
Laat 24 uur staan, gooi deur fyn sif en bottel.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


TURKSVY STROOP MET SKOP
Voeg by elke 300 ml rooi turksvystroop 125 ml rum.
Giet dit in 500 ml bottels met `n draaidoppie en verseël dig.
Laat dit ongeveer 6 maande staan voor gebruik.
Die dame wat die resep oorspronlik ingestuur het, sê dat dit saam met vars room vir `n likeur gebruik kan word, of dit kan met sodawater na smaak verdun word vir `n verfrissende drankie of dit kan net so geskink word.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


MOERBEIKOELDRANKSTROOP
Hou altyd suikerstroop byderhand, want dan is dit baie maklik om vrugtesap te versoet.
Verhit gelyke dele witsuiker en water stadig tot kokpunt en roer dit totdat die suiker opgelos is. 
Kook die stroop 10min in ‘n toe kastrol en laat dit afkoel voordat dit gebottel en versëel word.
Verhit 1 liter moerbeipulp en 250ml water tot kookpunt.
Kook dit 5min lank, giet dit deur ‘n sif en laat die sap afkoel.
Roer 1 liter suiker stroop en 2ml pynappel- of arbeigeursel by die sap.
Bottel en versëel  die stroop.
OM TE SKINK: Verdun die moerbeistroop na smaak met yswater of skink dit op gebreekte ys in lang glase.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Maré Nieuwoudt
HEUNING-LEMOENSTROOP
Die stroop ingemeng by rooibostee maak n heerlike ystee.
250 ml (1k) heuning
125 ml (1/2k) vars lemoensap
125 ml (1/2k) water
10 ml (2t) fyn gerasperde lemoenskil
30 ml (2e) lemoenlikeur(opsioneel)
METODE:
Verhit heuning, lemoensap, water en skil tot kookpunt. Laat ongeveer 20 minute stadig prut tot die mengsel omtrent afgekook is en daar 1 ½ kop. (375ml) oor is. Roer die likeur by en laat afkoel. Roer stroop by 4 liter warm rooibostee en laat afkoel tot yskoud. Bedien met ys en skyfies lemoen en suurlemoen
Huisgenoot wenresepte 23 Augustus 2001.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Helena Kruger ‎
OUTYDSE LIMONADE
6 k water
15 k wit suiker
gerasperde skil van 10 suurlemoene
sap van 50 suurlemoene
Verhit water, suiker en skil in swaarboomkastrol oor lae hitte.
Roer deurentyd tot al die suiker opgelos het.
Verhit stroop tot kookpunt en laat 5 minute lank kook.
Haal van stoof af en laat afkoel.
Syg die stroop deur 'n moeseliendoek en voeg die suurlemoensap by. Laat die stroop goed afkoel. Vul die bottels tot 3 cm van bo af en preserveer soos bo beskryf.
Skink een deel limonade op twee dele water
Pieterjasie 9/11/11  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html




LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP
Ouma se resepte
8 sappie lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laa die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met 'n paar ysblokkies. 9/11/11  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Helena Kruger
Refreshing Mint & Orange Lemonade
• 1 liter of water
• 1 kg of granulated sugar
• 2 cups of Mint leaves
• A small piece of Ginger
• 3 Lemons
• 2 Navel Oranges
• A pinch of Salt
• A few drops of green food color
Method: Pluck the mint leaves and wash them with clean water. Scrap the ginger clean.Grate the Navel oranges and keep the zest safely. Grind the mint leaves in a blender for a second. Do not make a paste out of it. Grate the ginger also.
Take a large vessel and boil 1 liter of water in it. Add the sugar and let it boil till the sugar melts.
Leave the mix overnight for the flavors to seep in..
Take the vessel off the flame and let it cool down completely. Add the mint leaves, lemon juices, orange segments, orange zest, grated ginger and salt in the sugar syrup. Cover the vessel and keep it in refrigerator overnight.
Take out the mix and filter it the next day. Add the green food color (optional). Fill the concentrate into clean glass bottles and refrigerate.
To serve the drink, add 2-3 tsp. of the above made Mint & Orange Lemonade in a glass and fill it with water and crushed ice cubes.
Notes;
1. This concentrate stays good for several months when refrigerated.
2. Avoid the color, if you are allergic to it.
3. Honey gives a refreshing taste to this drink. “Lite Bite”  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Peggy Devine
TAMATIE SAP
Was tamaties en sny in stukke en druk effens fyn terwyl dit stadig verhit word.
Moet geen water byvoeg. Kook vir 5 min met n deksel op, sag maar nie pap.
Vryf die pulp deur n draadsif met n houtleppel. ( Daar is geen omdraai kans om dit te versap nie) werk nie vra my.
Geur na smaak.
Meng en hou koud in yskas.
1 kassie tamaties maak 4 L sap.
Ek gooi volgens my smaak, die volgende by:
Vir elke 2 L sap - 4 t suiker - 1 t swart pepper ( ons hou van baie pepper ) - 2 1/2 t sout - 2 E Worcestershire sauce.
Dit proe net soos die winkel ene en nog lekkerder.
Vries ook baie goed.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Luzaan Viljoen
Smootie: Hier is 'n paar resepte vir julle.
HEUNINGDRANKIE
1 koppie lemoensap
4 eetlepels suurlemoensap
3 eetlepels heuning
knippie sout
Meng al die bestanddele goed. Bedien op ys en versier met lemoenskil
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


PYNAPPEL DRANKIE
250 ml gekapte pynappel
250 ml Tropika pynappel sap
250 ml vars room
15 ml strooisuiker
gebreekte ysblokkies
350 ml limonade
Blend alles behalwe ys en limonade
Giet mengsel in glase en giet limonade en gebreekte ys oor
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


SOMERDRANKIE
4 lemoene
3 suurlemoene
1 pomelo
suiker na smaak
1 liter sodawater
1 piesang (in skyfies gesny)
skyfies vars vrugte
• Druk sap van die vrugte uit.
• Los suiker in 'n klein bietjie warm water op. Laat afkoel.
• Meng suikerwater met die vrugtesap. Voeg sodawater en dan die vrugte by.
• Bedien met ys. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Piesang-kiwi-en-mangodrankie 
Snipper 2 ryp piesangs en 2 geskilde kiwivrugte in 'n versapper. Voeg 90 ml jogurt (ongegeur of vrugtegeur) by en ongeveer 250 ml mangosap. (Jy kan meer sap byvoeg as jy 'n dunner drankie verkies). Verpulp tot glad en giet in glase. Geniet dadelik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Winterontbytdrankie
Skil 'n pomelo dik en sny in segmente. Plaas die segmente saam met 1 gesnipperde piesang in 'n voedselverwerker en voeg 90 ml jogurt, 5 ml heuning en 250 ml lemoensap by. Verpulp tot glad, skink in glase en geniet.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Naomi Le Roux
SUURLEMOENTONIKUM
Rasper die buiteskille van 12 suurlemoene, dun af. Halveer, druk sap uit en haal pitte uit.
Vermeng
 2.5 kg suiker,
15 ml Engelsesout,
15 ml Sitroensuur,
15 ml Wynsteensuur en 1.5 liter kookwater.
Roer goed tot al die suiker opgelos is. Voeg die sap en suurlemoenskil by. Laat staan die sap vir 12 uur- of oornag.
Syg die mengsel die volgende dag deur n moeselien of kaasdoek, bottel die filtraat en verseel die bottels. Bewaar in die koelkas.
Om te skink: Verdun die mengel na smaak met ys- of sodawater.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Peggy Devine
Homemade limoncello
FOOD & HOME
Peel the zest from 5 unwaxed lemons, avoiding any white pith. Put it into a large, clean jar and add a bottle of good quality vodka. Seal with a tight-fitting lid and leave for a week, shaking up the jar daily. Place 750g sugar in a bowl and pour over 700ml boiling water. Stir until sugar has dissolved. Add to the vodka and peels and leave for another week, shaking the jar regularly.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html

LEMOENSTROOP
Pasella resep
Hierdie maklike lemoenstroop is ? heerlike alternatief vir die winkel-gekoopte lemoensap wat soveel preserveermiddels het. Die stroop is ook lekker oor sponskoeke of selfs in skemerkelkies.
(Maak omtrent 2L)
2,5 kg witsuiker
gerasperde skil van 8 lemoene
16 tot 18 lemoene se sap
1 e Engelse sout
1 e sitroensuur
2 e wynsteensuur
Los die suiker op in die lemoensap deur dit te roer. Jy kan dit effens verhit, maar dit kan moontlik van die vitamiene beskadig en is nie nodig nie. Roer die res van die bestanddele by. Syg deur doek of sif. Gooi in gesteriliseerde bottles en verseël.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html



Lorraine Weitz Brand
My vriendin Marietjie se resep . . . absoluut heerlik!!!!
SUURLEMOENSTROOP
(HEERLIK VIR DIE WARM SOMERDAE)
6 pond suiker (3kg)
12 koppies water
1 pak suurlemoenjellie
1 tlp suurlemoengeursel
1 pak wynsteensuur
Sodra water en suiker kook, verwyder van stoof.
Voeg jellie by.
Roer.
Voeg suurlemoengeursel en wynsteensuur by.
Laat afkoel en gooi in glasbottels.
Verdun klein bietjie stroop (soos met aanmaak-koeldrank) met water of soda.
Bedien in ‘n lang glas met y, skyfie suurlemoen en mintblaartjie.
Heerlik verfrissend . 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


LIMONCELLO
Allrecipes.com
Original recipe makes 34 (2 ounce) servings
10 lemon
1 liter vodka
3 cups white sugar
4 cups water
Directions
Zest the lemons, and place zest into a large glass bottle or jar. Pour in vodka. Cover loosely and let infuse for one week at room temperature.
After one week, combine sugar and water in a medium saucepan. Bring to a boil. DO NOT STIR. Boil for 15 minutes. Allow syrup to cool to room temperature.
Stir vodka mixture into syrup. Strain into glass bottles, and seal each bottle with a cork. Let mixture age for 2 weeks at room temperature.
Place bottled liqueur into the freezer. When icy cold, serve in chilled vodka glasses or shot glasses.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html

PINK LEMONADE
Allrecipes.com
Original recipe makes 12 servings
2 cups white sugar
9 cups water
2 cups fresh lemon juice
1 cup cranberry juice, chilled
Directions
In large pitcher combine sugar, water, lemon juice and cranberry juice. Stir to dissolve sugar. Serve over ice
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html



Elda Lombard
Outydse suurlemoen stroop
Lewer ongeveer 2liter
8x250 ml water
8x250 ml suiker
2x50 x wynsteensuur
30ml suurlemoemekstrak
METODE
Plaas bestandele in n kastrol en roer oor matige hitte tot suiker opgelos is
Verhit tot kookpunt en kook 15min
Verwyder van hitte en gooi in skoon , gesteriliseerde bottels ,
Om op te dien , gooi 10 tot 15 ml van die stroop in n glas en vul met koue water en ysblokkies Heerlik
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Elda Lombard
UIT HUISGENOOT 11 Feb 1993
PYNAPPELKOELDRANK
14x250ml water
10x250 ml suiker
20 ml wynsteensuur
750ml oros
30 ml pynappelgeursel
30 ml suurlemoengeursel
METODE
Meng die water en suiker in n groot kastrol
Verhitt oor lae hitte. Roer gedurig totdat die suiker opgelos is
MOENIE dat dit kook nie
Voeg die wynsteensuur by en roer goed
Voeg res van bestandele by en meng
Giet in skoon bottels en bere tot benodig
Dien op saam met koue water en ysblokkies
Lewer ongeveer 5 liter

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Elda Lombard
Rooibostee-drankie
5 rooibostee-sakkies
1,3 liter kookwater
125 ml suiker
3 groen appels, in kwarte gesny
hand vol vars kruisementblare
3 seldery-stokke, heel
2 suurlemoene, in kwarte gesny ys
METODE
Dompel teesakkies in kookwater.
Laat trek vir 5 minute. Voeg suiker by en roer goed.
Laat afkoel.
Skink tee in 'n groot beker en voeg appelkwarte, kruisement, seldery, suurlemoen en ys by
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html


Aarbei-en-vanieljelimonade
Deur Herman Lensing, SARIE
Hierdie tyd van die jaar is die winkelrakke propvol aarbeie. Jy kan die stroop in groot maat kook en in jou yskas hou. Gooi net soda of limonade by wanneer jy dit wil voorsit.
2 liter
500 g aarbeie, grofgesny
210 g (250 ml) strooisuiker
1 vanieljepeul of 10 ml vanieljegeursel
100 ml water
2 liter sodawater of limonade
Plaas aarbeie en suiker in middelslagpot. Sny vanieljepeul oop met skerp mes, krap saadjies uit en gooi albei by aarbeie.Of voeg net geursel by as jy dit verkies. Voeg water by en bring tot kookpunt oor lae hitte. Laat prut vir 20 – 25 minute of tot aarbeie sag en pap is. Verwerk tot puree met staafmenger (stickblender). Plaas in yskas tot yskoud. Voeg sodawater of limonade by. Sit voor in klein glasbottels of in ’n groot beker met ys.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vrugtestrope-drankies.html 




Leonie Langemaat 
Ek het die resep gekry,glo my dit is heerlik,ek gooi myne nie eers deur n sif nie,dit is net lekkerder met l die pitjies in.

Grenadella koeldrankstroop.
8 x250 ml suiker,
1.5 liter kookwater,
500ml vars grenadella moes,
25gram engelse sout{een koevertjie},
25 gram wynsteensuur{een koevertjie} 

Gooi alles behalwe die twee koevertjies engelse sout en wynsteensuur in n groot kastrol,en roer tot die suiker opgelos het.Sit op stoof en verhit die mengsel tot kookpunt.Haal af voeg nou die twee koevertjies se inhoud by.Meng goed,gooi deur n sif en laat afkoel.Bottel en bere.Heerlik!!!!! Waar bly julle,ek sal in die ry kom staan vir vars grenadellas !!! Geniet dit.

No comments:

Post a Comment