Saturday 16 February 2013

WORTELKOEKE

WORTELKOEK


(Helena Enslin Laubscher)
(Die beste wat ek nog ooit gebak het. My kind, Lana spog altyd by haar vriende met my Wortelkoek en dra gereeld stukke weg dat elkeen moet proe. Jy sal nie spyt wees as jy hierdie koek bak nie, dis voortreflik.)


250ml x 6 gerasperde wortels
250ml bruin suiker
250 fyn pynappel gedreineer
250ml pitlose rosyne
4 eiers
250ml wit suiker
250ml kookolie
60ml water
10ml vanilla geursel
250ml x 3 koekmeel
7ml koeksoda
5ml sout
20ml kaneel
Sif die meel, koeksoda, sout en kaneel saam. Hou eenkant.
Meng wortels, pynappel, rosyne en bruin suiker. Plaas eenkant vir 60 minute.
Verhit die oond tot 180 C
Smeer jou koekpan / ringpan en bestrooi binne met meel.
Klits die eier tot lig.
Voeg die wit suiker geleidelik en stadig by die eier, hou aan klits.
Voeg die olie, water en vanilla by.
Voeg die gesifte meelmengsel by en meng.
Die volgende moet jy met ‘n houtlepel inroer, want die mengsel is nou baie styf
Voeg die wortelmengsel en meng deur.
Gooi in koekpan en bak 50min of tot toetspen skoon uitkom.
Laat so 15 min afkoel voordat jy dit uit die koekpan haal.


VERSIERSEL
250ml versiersuiker. (Gooi eers net 125ml versiersuiker by en proe, jy hou dalk nie van so baie soet nie. Hierdie icing se smaak kan jy regtig aanpas soos jy daarvan hou.)
1 bakkie maaskaas of roomkaas. (250g)
83ml Suurlemoen smeer. (Wanneer jy nie hou van die effense suur nie, los dit uit)
¼ wit blok sjokolade gesmelt in mikro.
60ml stork bake margarien.


KOEKMEEL PASTA
Maak dit soos volg en meng dan alles saam en smeer tussen lae en bo-op koek.
Verhit 350ml melk en 60ml Stork bake margarien. (Ander margarien/botter/smere is nie suksesvol nie.)
Meng 150ml koekmeel + 10ml Maizena met 150ml koue of kamer temperatuur melk tot ’n pasta wat jy nou nou geleidelik by die warm melk gaan voeg. Sorg dat daar geen klonte is nie. Gebruik ’n elektriese klitser om klonte te voorkom. Wees versigtig, dit brand maklik. Verwyder van die stoof wanneer dit lekker gestol het en voeg 2ml vanilla geursel by.
Laat meelmengsel goed afkoel voor jy die versiersuiker, maaskaas, suurlemoen smeer, 60ml stork bake en wit sjokolde byvoeg en meng.
Wanneer ek hastig is, plaas ek die hele pot met meelmengsel in die vrieskas om gou af te koel. Roer net gereeld tydens afkoeling.
Meng alles saam tot romerig en smeer op koek en tussen die lae
Versier met 100ml gekapte neute.16/02/13

Carol Elliott Claassen

ROOMKAAS WORTELKOEK

2 koppies koekmeelblom
2 koppies wit suiker
2 teelepels kaneel poeier
2 eetlepels bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 teelepel "bicard of soda" (koeksoda)
1 1/2 koppies kookolie
4 eiers
3 koppies gerasperde wortels


Metode:
Meng nou al die droee bestandele, behalwe die wortels, en roer die olie in.
Sodra die olie goed ingemeng is, dan breek jy een eier op 'n slag in en meng goed.
Vou laastens die wortels in.Voorverhit jou oond na 180 grade.Bak in die middel van die oond vir so 50 minute.
Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.Haal die koek uit die koekpan.
Vir buite om- meng 1 koppie Mascarpone en versiersuiker totdat dit 'n lekker pasta is.
Smeer dit oor die koek, en sprnkel lekker gekapte neute oor.
PS : ONTHOU, 'N WORTELKOEK PROE GEWOONLIK LEKKERDER EERS DIE VOLGENDE DAG!

Lizette Kok: Cupcakes gemaak van wortelkoek met roomkaas versiersel <3


Helena Kruger

PIESANG WORTELKOEK

250 ml suiker                                                 
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute

Metode:
Verhit oond tot 180ºC. Klits suiker, olie + eiers goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda saam en meng met suikermengsel. Voeg piesangmoes, wortels en neute by en meng liggies. Skep in panne en maak gelyk. Bak 25 tot 35 minute in laagkoekpanne of 45tot 55 minute in vierkantige pan. Keer versigtig uit. Vul en versier met roomkaasversiering. Hou koek in koelkas. Koek vries baie goed 19/4/11


 

Frans Odendaal

HEERLIKSTE WORTELKOEK


Die resep kom van sy vriendin, Hanlie Liebenberg, Constantia Safaris Noord Kaap.

(1)Klits saam
2 kop suiker
4 eiers
1 en half koppie olie ,
en as jy het 3 baie ryp piesangs wat jy fyndruk.
(2).Sif saam
2k meel 
2 t kaneel
2t koeksoda en
1t sout, meng met no.(1.)
(3)Meng 
3k grof gerasperde wortels ,
driekwart kop klapper ,
1k gekapte pekanneute en
1k pitlose rosyne en meng met (1) en (2).
Bak by 170 grade vir ongeveer 45 min.
Versiersel:
Halwe houertjie roomkaas ,
halwe kp sagte margarien ,
500g vesiersuiker
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wortelkoeke.html

WORTELKOEK

Wonderlike koek en altyd 'n sukses!
4 eiers 

2 k suiker 
1 ½ k kookolie
2 k koekmeel 
2 tlp kaneel 
½ tlp sout
1 ½ tlp koeksoda
3 k gerasperde wortels 
½ tlp vanilla
1 k kersies opgesny of - 1 Piesang fyngedruk
1 k gekapte neute

Metode:
Klits suiker en eiers saam. Voeg olie gelydelik by. Sif die droë bestandele saam en meng goed met die eiermengsel. Voeg die vanilla by, roer kersies, neute en wortels in en meng goed. Gooi in twee voorbereide koekpanne en bak vir 30-40min by 180°. ☺(Ringpanne)
Versiersel:
90g Botter 

450g Versiersuiker 
250ml Maaskaas

Klop effens en gooi oor twee ringkoeke. Kan ook in muffinpannetjies bak.


Suzan Brits

Mag ek vir jou goeie raad gee? Ek het al 100de wortelkoeke vir 'n tuisnywerheid gebak en die beste is om dit in ringpanne te bak of as jy nie het nie bak dit in 'n oondpan en sny in blokkies en versier elke blokkie want almal wil altyd graag van die versiersel he en die koek kan dalk droog raak as daar nie genoeg versiering is nie. Ek gee sommer vir jou my versiering resep:

1 bakkie geroomde maaskaas (Dairybelle werk vir my die beste), 

450 g versiersuiker en 
90g margarine. 

Meng versiersuiker en margarine in 'n voedselverwerker tot gekrummel, voeg nou die maaskaas by maar moenie te lank meng nie, dit word melkerig. 

Ek gaan nou met jou n geheim deel. Daai piesang-wortelkoek van wenresepte 3 gebruik ek met die sousie wat ek oor gooi as koek gaar is!! Jy sal nooit weer ander koek maak nie.

Sous: 
1k suiker, 
1 k water en 
1etl botter 
kook dit saam en gooi oor koek. Dit klink snaaks maar jy kan my laat weet hoe proe dit. Ons het koffiewinkel gehad en dit was ons treffer!!
Bak die wortelkoek, gooi die stroop oor en sit dan die versiersel op.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wortelkoeke.html  


WORTELKOEK
Mariska Rossouw
4 eiers
5ml koedsada
2 k suiker
5ml kaneel
1 k olie
1ml sout
625ml bruismeel en
3k grof geraperde wortels.
Sif droe bestanddele en vou by die eiersmengsel by. Klits eiers en suiker tot roomerig en voeg die olie by. Voeg wortels by en meng. Gooi in 2 gesmeerde panne van jou keuse....rond of broodpannetjies.

Vulsel:
100ml margarien
450g versiersuiker
200ml maaskaas
2 ml vanilla
50g gekapte neute.

Meng margarien en suiker en voeg kaas by en dan laaste vanilla. Meng tot baie glad en hou in yskas tot later gebruik. Ek sny elke koek ook in twee en maak dan in vier laag. Is net lekkerder en swaarder!!!! Kook En Geniet 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wortelkoeke.html  

Carrot Cake
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/wortelkoeke.html  

Ingredients                          

3 grated carrots
1 cup sugar
1 cup oil
3 eggs
1 tsp cinnamon
1/2 tsp nutmeg(more if u like it spicier)
3 cups self raising flour
1/2 tsp bicarb
1/2, tsp salt
1/2 cup chopped pecan nuts
Method
Preheat oven to 180 deg.
Grease 3 x 20,cm round tins
Beat oil and sugar
Add carrots and eggs and beat well.
Sift in dry ingredients and nuts.
Mix well.
Put one cup of batter in each tin.
Bake for 25 to 30 mins.
Icing
1 tub medium fat cream cheese
1/4 block butter
4 cups icing sugar
Beat butter and cream cheese until smooth.
Sift in icing sugar and beat well. 
Source:Faye Pramraj

No comments:

Post a Comment