Friday 15 February 2013

FUDGE




Fudge


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html
1 blikkie kondensmelk
4 koppies suiker
2 koppies melk
2 eetlepels stroop

2 eetlepels botter

2 teelepels vanilla essense
Kook suiker , stroop, melk botter en kondensmelk terwyl voortdurend geroer word.
Die fudge is reg as jy roer en die pot se boom Begin raaksien, en aan die kant n skraapgeluid maak as jy roer.
Voeg nou die vanilla essens by en roer deur

Gooi in vooraf bespuite pan of silikoon vormpies*
Ancoise Strydom






Frans Odendaal
MIKROGOLF FUDGE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html
Ek het 'n mikrogolfresep smelt 200 g sjokolade en 30 g botter op medium , meng , voeg by blikkie kondensmelk en 500 g versiersuiker , meng goed en mikrogolf 10 min , roer gereeld anders kook dit oor. Jy kan ook van die sjokolade so 50 g eenkant hou en oor rasper na jy dit in 'n bak gegooi het.Die resep is in my kop ek het geen benul waar dit vandaan kom nie ek maak dit al 25 jaar.






5 MINUTE FUDGE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

In kastrol:
335 ml suiker
Kwart t sout
3 E botter en 165 ml Ideal melk.
Verhit en roer tot suiker opgelos het.
Kook saggies vir 5 minute terwyl jy roer.
Verwyder van stoof en klits vlg by:
110 gr pakkie malvalekkers
300 gr sjokolade blokkies
2 t kitskoffie
2 t vanilla geursel
Gooi in gevoerde, gesmeerde plat pan, verkoel en sny in blokkies.
Bêre in lugdigte bak.
Bron: Radio
Namakwaland
Plasing: Henriette Wessels




Lunette Van Zyl

My heeeerlike fudge! Ek sal nooit oooit weer n ander resep gebruik nie, die een is net te lekker. Ek het dark choc gebruik en twee t peppermint ekstrak. Dankie Henriette Wessels en Lynette de Beer!!!!
Fudge http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html 
Lynette de Beer se resep!

100g margarien,
2 koppies wit suiker,
1 blik kondensmelk,
5ml vanielje.
Sit in hoë plastiekbak in mikrogolf v 2 minute op hoog. Haal uit en roer goed. Sit in v 10 min op 100 persent. Na 5 min haal uit en roer goed. Na 3 minute haal uit en roer goed. Na 1 minuut haal uit en roer goed. Laaste minuut kan jy opsioneel 'n 100g slab peppermint sjokolade opbreek en ingooi by mengsel. Sit laaste minuut in en roer dan baie goed. Gooi in pyrex bak wat gespuit is. Laat afkoel. Sny in blokkies.





Orange Dreamsicle Fudge


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html
Wynand Myburgh
ek deel graag een van my fb vriend
1 bag white chips (I used Nestle Premium white chips)

1 can white frosting (NOT whipped)
Crush Orange Ice Cream topping Melt frosting in a saucepan over low heat (so to not burn it) until frosting is glossy. Add chips and continue cooking over low heat stirring until chips are melted and blended well with frosting. Pour contents out into a greased 8" x 8" pan (or parchment paper lined pan). Drizzle Orange Crush Ice Cream topping over top and if desired, swirl topping through fudge with a fork or toothpick. Cool in refrigerator until set. Cut fudge to desired sized pieces once set. This recipe can be altered to taste by using different flavors of chips and frosting. Or try thiese ~ White chips + lemon frosting = lemon fudge Chocolate chips + fudge frosting = chocolate fudge Peanut butter chips + white frosting = peanut butter fudge Andes Mint chips + Chocolate frosting = Mint Chocolate Fudge (I add a touch of mint extract to these) Let your imagination run with this and make all sorts of unheard of fudge..



FUDGE
(lewer sowat 6 dos blokkies van 2,5 x 2,5 cm)
165g botter of margarine
75ml gouestroop
1 blik kondensmelk
325ml kookmelk
1,2kg suiker (6kp)
140g koekmeel (1kp)
2ml kremetart
5ml vanilla
 Metode:
Smelt botter en stroop saam in ‘n groot kastrol oor lae hitte. Voeg kondens- en kookmelk by en meng. Meng suiker en meel en voeg by kondensmelkmengsel. Meng deeglik. Roer aanhoudend oor lae hitte tot kookpunt. Voeg kremetart by sodra die melk kook. Kook 25min (tot sagtebalstaduim) oor lae hitte en roer aanhoudend met ‘n houtspaan om aanbrand te voorkom. Haal van die stoof af en roer vanilla by. Klop met ‘n houtlepel tot mengsel begin styf word. Gooi in gesmeerde pan (nie kleiner as 18 x 28 x 3cm) en maak gelyk. Sny in blokkies voor fudge heeltemal hard is. *Knippeldik aan Koningskos*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


  SJOKOLADE FUDGE
(36 BLOKKIES)
750ml suiker
250ml melk
125ml kakaopoeier
40ml gouestroop
2ml sout
50g margarine
5ml vanilla
 Metode:
Verhit die suiker, melk, kakao, stroop en sout oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt. Kook tot 118°C of die hardebalstaduim. Voeg die margarine en geursel by die gekookte mengsel. Klits die mengsel met ‘n elektriese menger totdat die fudge begin verdik en verkoel, werk nou vinnig. Giet die mengsel in gesmeerde 250 x 250mm bakplaat en laat afkoel. Sny in 36 blokkies. *SA Kookboek*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Daniëllé Terblanche
FUDGE
1 blikkie kondensmelk,
500g versiersuiker, een pakkiie)
250g botter
1 eetlepel vanilla.
Roer deurmekaar in n mikrogolf vaste skottel en mikro vir 12 - 14 minute. Roer elke 2 minute. Sodra dit begin donkerder word, haal uit mikro en gooi in gesmeerde bakplaat. Laat stol en siedaar - vreeslike lekker fudge.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Elree En Johan Jordaan
FLOP VRYE FUDGE
Het ook altyd net floppe gemaak, tot ek dié 1 probeer het. Amper soos Daniëllé s'n.
125g botter (ni margarien),
1 blikkie CLOVER kondensmelk,
500g versiersuiker
Meng in 4 liter mikrogolfoond bak.
Kook 10 tot 14 min, afhangende vd grootte van jou oond. Roer 20ml stroop, 20ml asyn en 20ml vanielje essens by. Gooi in bak, laat afkoel en sny in blokkies, voordat dit hard is. Flop vry!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Christa Jansen Van Vuuren
MIKRO FUDGE.
2kp strooisuiker,
1bk kondensmelk,
125g stork to bake margarien
5ml vanilla.
Metode:
Plaas als behalwe vanilla in n bak wat omtrent 15cm diep is. Sit op hoog in micro vi 2min. Haal uit en roer goed. Plaas terug vir 8min, haal kortkort uit en roer. Sorg dat dit nie oorkook nie. Voeg vanilla by en roer baie goed. Gooi in gesmeerde bak... Hoop dit help. Hyt nognie geflop nie....http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html.


CHOCOLATE AND ORANGE MARSHMALLOW FUDGE
100g Pink and white marshmallows
60ml Orange juice
90g unsalted butter
375g Milk chocolate
1 Teaspoon vanilla essence
1 Teaspoon grated orange rind
185g Walnuts roughly chopped
50g Yoghurt chocolate
Method:
Oil and line a 20x30cm baking tin.Combine marshmallows, orange juice and butter in a heave based pan.
Cook over a low heat until marshmallows have melted.Remove from heat and cool slightly.Add chocolate, vanilla essence, orange rind and walnuts stirring until mixture is smooth and all the chocolate has melted. Pour into tin and smooth surface. Leave to set.
Gently melt the yoghurt chocolate. Drizzle over the top of the fudge. When firm cut into squares
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Laurine Faul van Zyl
LIZZY SE BROWNIE FUDGE
(belaglik maklik en vinnig)
smelt 1k botter
voeg 2k suiker & 1k cacao by
voeg 4 geklitste eiers by en roer goed
voeg 1t vanilje, 1k meel, halfk bruismeel by
plaas in bakplaatjie en bak 35min by 170 grade
 -neute kan bygevoeg word indien verkies.
-soms haal ek die pannetjie uit wanneer brownies net gestol ishttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Maré Nieuwoudt
Maklike Fudge
Bestanddele
397g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1 125ml (4½k) suiker
60ml (4e) botter
5ml (1t) vanielje
Knypie sout
Metode
Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit tot kookpunt. Roer tot suiker opgelos is. Kook nog 20min oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe.
Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of elektriese klitser tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik raak is dit reg. Skep fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol. Sny in blokkies http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Chocolate Date Fudge Balls
Submitted by: BETHSUTHERLAND
When you shouldn't have fudge, this is a healthy substitute. When you shouldn't have fudge, this is a healthy substitute.
Minutes to Prepare: 60
Number of Servings: 30
Ingredients
2 cups pitted dates
1/4 cup water
4 Tbsp cocoa powder
1 tsp molasses
1 tsp vanilla extract
1/4 cup boiling water
1 Tbsp almond butter (peanut butter will do)
1/2 tsp cider vinegar
1/2 cup chopped pecans
Directions
In a medium saucepan, combine dates and 1/4 cup of water and simmer, covered, for 8 minutes. Puree the dates in a food processor or blender and then add the cocoa, molasses, vanilla, boiling water, nut butter and vinegar. Put the mixture into a medium bowl and stir in chopped pecans. Chill the dough for about 1 hour or until it can be easily handled.
With moistened hands, shape the dough into balls the size of small walnuts. Arrange the balls in a wax paper-lined pan. Cover the pan and chill or freeze the balls until serving time.
Yields 30 candies
Number of Servings: 30
Recipe submitted by SparkPeople user BETHSUTHERLANDhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html


Date Fudge Recipe
 iFood.tv
My idea of ending a perfect meal is with this Date Fudge . Follow this quick and easy-to-follow recipe for Date Fudge to top off your meal with an equally delicious dessert.
Ingredients
4 cups sugar
1 cup water
1/4-tspn. cream of tartar
1 tspn, vanilla
1 cup desiccated coconut
2 oz. butter
1 cup finely chopped dates
Directions
Mix the sugar and water and stir over low heat until melted.
When it starts to boil, add the cream of tartar, mixed with a little cold water.
Boil now, without stirring, until it forms a soft ball when tested in cold water.
Add dates and coconut and boil again to soft ball stage.
Remove from heat and beat till thick.
Add vanilla.
Pour into greased pan about 1" thick.
Mark squares and leave to get cold. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html




Carol Elliott Claassen
Marie Beskuitjie-fudge
1 Pak (200g) Marie beskuitjies (of enige ander lekker beskuitjies wat min of meer dieselfde is daar)
250g margarien of botter
1 pak (500g) versiersuiker (gesif)
75 ml kakao, gesif
1 eier
Rol die beskuitjies net 'n rolstok tot taamlik fyn, maar nie heeltemal fyn nie.Smelt die margarien in 'n groot kastrol oor matige hitte en roer die versiersuiker en kakao by. Roer tot glad. Klop die eier vinnig by.
Haal mengsel van die stoof af en roer die gekrummelde beskuitjies by.Skep in 'n gesmeerde of met Spray 'n Cook gespuite bak en laat afkoel. Sny in blokkies en bere in yskas. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Sjokolade-en-malvalekkerfudge
Deur ARINA DU PLESSIS
500 ml ligbruinsuiker
3 ml sout
120 g botter of volvet margarien
750 ml fyngesnipperde malvalekkers
250 ml room
500 g melk- of donker sjokolade, gekap
Smeer ’n koekpan van 30 x 15 cm goed en voer uit met ’n vel bakpapier. Verhit die suiker, sout, botter, malvalekkers en room saam, terwyl aanhoudend geroer word, tot die suiker en malvalekkers gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en prut vir vyf minute terwyl steeds geroer word. Verwyder van die hitte en roer die sjokolade by tot die mengsel glad is. Giet in die voorbereide pan en laat staan oornag tot ferm.
Sny in skywe of blokkies. Voer ’n mooi boksie met sneespapier uit en verpak die fudge daarin. Lewer 50 blokkies.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Moira Kemp
Perfekte romerige fudge:
6 koppies suiker,
8 eetlepels botter,
1 blik kondensmelk,
2 teelepels vanilla,
1 koppie meel,
3 eetlepels goue stroop,
1 koppie warm water,
1 teelepel asyn.
Sif die meel en meng dit goed deur saam met die suiker in ñ bak. Gebruik ñ groot,diep AMC Classic pot(nie enamel pot nie) en smelt die botter, stroop, kondensmelk en warmwater.
Voeg die meel+suiker mengsel by en roer af en toe oor lae hitte tot al die suiker gesmelt het~baie belangrik! Wanneer suiker gesmelt is, verhoog die hitte en kook tot die mengsel 115 grade C bereik het, of tot ñ balletjie van die mengsel in ñ glas koue water ñ ferm balletjie vorm.
Dit kan gebeur na +/- 10 min se kook en aanhoudende roer. Verwyder van die stoof, meng vanilla en asyn by en klop die mengsel met die houtlepel tot dit so dik is soos plaatkoekie beslag. Die geklop is ook baie belangrik, laat manlief help as jou arms moeg raak! Giet mengsel uit in gesmeerde bakplaatjies en sny in blokkies wanneer afgekoel is. Dit is ongelooflike, wicked fudge! Geniet en ek hoop jy het groot sukses daarmee!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

CHOCOLATE FUDGE
Weekend-notes recipe
400g sjokolade
1 blik kondensmelk
60g botter of margerien
smelt die sjokolade in bak oor warm water
plaas botter en kondensmelk in pot en smelt tot baie warm, roer maar bietjie!
roer sjokolade by en roer goed
gooi in 20cm x 20cm pan, sit in yskas en sny in blokkies wanneer koud
KAN OOK NEUTE BYSIT OF CHERRIES ENS.
EK HET PEPPERMINT SJOKOLADE GEBRUIK, O DIS LEKKER* Riana Du Plessis http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Tannie Maria se bazaar fudge.
8 kop suiker
1 blikkie kondensmelk
250 gr margerien
2 kop vars melk
1 lepel goue stroop
kwart teelp kremetart
1 eetlep asyn.
Gooi al die bestndl behalwe die asyn in groot kastrl.
Meng baie goed en roer aanhoudend tot mengsel begin kook.
Wanner balletjies vorm in koue water en mengsel begin verkleur haal van stoof af.
Eerder bq langer kook as t kort.
Metode. Klits tot dik en aan kante begin vassit. Voor te dik klits 1 eetlep asyn by. Gooi in rolkoek pan of vlak oond pan. Sny blokkies voor heeltemal koud. Dit is baie fudge en so heerlik dit smelt in jou mond. Geniet 30/7/12* Annatjie Pretorius http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

IDEALMELK FUDGE
*dis lekker & vinnig & vat nie kondensmelk nie!
-Plaas 30ml botter, 160ml idealmelk, 375ml suiker & 2.5ml sout in 'n pot.
-Bring tot kookpunt oor medium hitte, roer gedurig
-kook 4 tot 5 minute.
-verwyder van hitte & voeg 375ml chocolate chips & 5ml vanilla by.
-Gooi in bak & laat afkoel
-Sny in blokkies
*As jy nie die chocolate chips byvoeg nie is dit gewone fudge (dit maak dan net nie baie nie, maar die resep kan dan verdubbel word) *Joanie Vermaak Schutte http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

BUTTERMILK FUDGE
1 teaspoon bicarb of soda.
1 cup of buttermilk.
2 cup of sugar.
2 tablespoon of syrup.
1/2 cup of margarine.
1 cup of nuts.
Blend soda and buttermilk, stirring wel . Pour sugar into large boiler, add buttermilk mixture, corn syrup and margarine. Bring to a boil, cook to 240 degrees on candy thermometer or to medium soft bal stage. Remove from heat, beat wel , stir in nuts. Pour candy into buttered dish or drop by spoonfuls onto waxed paper.* Carin Ras Wilson http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Rum en Rosyntjie Sjokolade fudge
Geskryf deur: jpetro
60 ml donker rum
80 pitlose rosyne - grof gekap
400 g donker sjokolade - gekap
blik volroom kondensmelk - 397 g
60 g botter
Voer n vierkantige pan van 20 cm met bakpapier uit en smeer goed met botter. Meng die rum en rosyntjies in n bak en laat staan vir 1 uur.
Smelt die sjokolade, kondensmelk en botter saam oor baie lae hitte of teen 30persent krag in die mikrogolf. Roer tot glad.
Voeg die rum en rosyntjiemengsel by.
Skep in die uitgevoerde pan en smeer die oppervlak glad met die agterkant van 'n lepel.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel verder.
Sny in blokkies voor die fudge heeltemal hard word.
Plaas in lugdigde houer in die yskas.
Lewer +- 30 blokkies. -* Maré Nieuwoudt  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

LEKKER FUDGE
Hierdie fudge resep kom van die skool af en is baie maklik en heerlik en het nog nooit geflop nie.
1 blikkie kondensmelk
500 g strooisuiker
15 ml asyn
25 ml vanilla geursel
125 g margarien
Smelt margarien in bak in mikrogolf vir 1 minuut.
Voeg kondensmelk en strooisuiker by, MOENIE ROER NIE.
Plaas in mikrogolf vir 1 minuut.
Haal uit,roer goed.
Plaas terug in mikrogolf vir 10 minute,haal uit,MOENIE ROER NIE,voeg dan asyn en vanilla geursel by,roer tot dik.
Gooi in gesmeerde pan en los om af te koel. Sny in blokkies met 'n mes voor heeltemal koud.4/5/12** Rina Steyn http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

SMELT-IN-DIE-MOND FUDGE
Hierdie een is 'n bietjie meer moeite, maar die moeite is dit werd!
125 g botter
40 ml goue stroop
397g-blik kondensmelk
250 ml warm water
6 x 250 ml wit suiker
250 ml koekmeelblom
10 ml vanillageursel
5 ml asyn
Smelt dit botter in 'n groot kastrol. Roer die stroop, kondensmelk en water vinnig daarby. Meng die suiker en meel goed met mekaar en voeg dit by die bottermengsel.
Roer totdat die suiker opgelos is. Sorg dat al die suiker van die kante van die kastrol af is - borsel dit met 'n kwassie van die rand af.
Sodra die suiker opgelos is, laat die mengsel vinnig kook terwyl aanhoudend geroer word. Kook tot die sagtebalstadium - 115 grade as jy 'n termometer het.
Verwyder die mengsel van die hitte. Voeg die vanillageursel en asyn by en meng goed. Laat effens afkoel en klop die mengsel dan baie goed. Skep dit in 'n gesmeerde bakplaatjie en sny in blokkies voordat die mengsel heeltemal hard is.
Wat is die Sagtebalstadium?
Hierdie is basies 'n tegniek om te toets of jou fudge lank genoeg gekook het. As jy 'n suiker termometer het, is dit reg wanneer die temperatuur so 112-115 grade bereik. As jy nie 'n termometer het nie, moet jy dit maar op die "old school" manier toets - drup 'n teelepelvol van die mengsel in 'n glas koue water. As dit reg is, sal dit dadelik 'n balletjie maak wat sag voel as jy dit tussen jou vingers vryf. (Maar as jy beplan om baie fudge te maak? Kry maar daai termometer...) Tiana Botes http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Marcel-Rounel Siecker
Basaar- meel fudge
300 ml water
125g margarien
75 ml goue stroop of heuning
1 blik kondensmelk
1,2 kg wit suiker
140 g meel / 1 ½ koppie meel
2 ml kremetart
5 ml vanieljegeursel
• Verhit water, margarien, stroop en kondensmelk in swaarboomkastrol( tot alles gesmelt) Lae hitte
• Meng suiker en meel en voeg bietjies gewys by die mengsel en verhit oor matige hitte, roer tot alles lekker gemeng is.(plaat sterkte 3)
• Los kremetart in ‘’n klein bietjie water op en roer by die mengsel.
• Verhit mengsel totdat dit borrel en laat kook vir 20 min, roer so af en toe om aanbrand te voorkom ( ek sit dan plaat op sterkte 2 na lekker borrel )
• Verwyder kastrol van stoof en voeg geursel by en klop vir ± 5-8 min totdat mengsel begin verdik en so dowwe skynsel kry( ek gebruik houtlepel en dit kan jou nogal bietjie laat sweet!)
• Giet fudge in gesmeerde rolkoekpan en laat afkoel en dan sny blokkies
• ...nie vir mense wat op dieet is nie...http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Etha Burger
FUDGE
My resep wat ek maak om te verkoop is:
60 g margarien
15 ml goue stroop
2 ml kremetart
1 k koekmeel
6 k suiker
1 blikkie melk
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanielje
Smelt margarien en gouestroop saam oor lae hitte. Voeg die koekmeel, suiker, melk, kondensmelk en kremetart by. Kook tot sagtebal stadium. Haal van hitte af en roer vanielje by. Vandat ek die suiker en res bygegooi het kook ek dit omtrent 35 minute op 4. Dit is 'n groot resep ek kry so 77 klein blokkies in my fudge pan. Ek hoop dit help vra maar as jy nog sukkel.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

Berie Smith
MAKLIKE MIKROGOLF-FUDGE
(Resep: Kosmaak is pret deur Margaret Ramsbottom)
Dit lewer ongeveer 40 blokkies. Dié fudgeresep is mikro-maklik en heerlik daarby.
1 x 397 g blik kondensmelk
125 g botter of margarien
1 x 500 g pakkie strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
1. Plaas die kondensmelk, botter of margarien en strooisuiker in 'n groot diep bak (sowat 3 in volume) wat vir die mikrogolfoond geskik is.
2. Mikrogolf die mengsel onbedek vir 2 minute op hoog (100% krag). Roer goed met 'n houtlepel.
3. Mikrogolf die mengsel 'n verdere 9 minute op hoog (100% krag). Roer een keer gedurende dié tyd.
4. Laat dan een minuut binne die mikrogolfoond staan.
5. Roer weer goed en voeg die vanieljegeursel by.
6. Smeer 'n rolkoekpannetjie goed met botter of margarien. Giet die fudge versigtig in die pannetjie (wees versigtig omdat dit baie warm is). Maak die fudge gelyk bo-op met 'n mes wat in kookwater gedoop is.
7. Laat die fudge afkoel tot mooi ferm. Sny dan in blokkies van 2 cm x 2 cm.
Variasies:
* Voeg 125 ml klapper, neute of gekapte glanskersies by in stap 5.
* Gebruik karamelgeursel in plaas van vanieljegeursel.
* Roer een gekapte Peppermint Crisp-sjokoladestafie by in stap 5.
Wenk:
Onthou om 'n groot, diep bak te gebruik, aangesien die mengsel maklik oorkook.
Anton Andreas Cilliers
As jy donker chocolate in rasper dan het jy heerlike chocolate fudge. Ek maak al jare lank die fudge en dit is altyd 'n treffer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/fudge.html

No comments:

Post a Comment