Saturday 16 March 2013

AFVAL / TRIPE RECIPES

                             

Helena Kruger
KERRIE SKAAP AFVAL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/afval-tripe-resipes.html

Mooi skoon Skaap-afval..jy kan Skaapnek ook bysit.
Plaas in Groot kastrol en gooi genoeg water op met so 4E Asyn by..
Kook so 2-3h tot sag.Of kook in jou stoompot vir 60min.
Voeg jou aartappels en jou kerriesous by en kook tot aartappels sag is.[ek gooi 1 opgesnyde ui by as ek dit kook.]


SOUS:
2E Kerriepoeier
1E Suiker
1t Borrie
1E Worcestersous
sout en peper.
maak aan met bietjie water en gooi bo-oor die aartappels en vleis.As jou aartappels sag is ..maak so 3E Maziena aan met bietjie water en verdik jou sous in die kastrol daarmee..Lekker saam met stampmielies of rys...WHALLA!!!Helena *


           
                                                            foto Helena Kruger




                                        FOTO>Helena Kruger >skaap afval kerrie



Izelle Tweedale
Het Sondag die eerste keer afval gekook en het hierdie resep gebruik vanaf die blad en dit het heerlik uigekom. Jy kan hom gerus probeer.***Resep van
Jarkie Roos **

 



AFVAL


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/afval-tripe-resipes.html
Jarkie Roos
Ek maak so: ek sny die pens in 3cm x 2cm blokkies.
Kook in water vir 20 min, gooi water af.
Kook weer in water, met asyn by, vir 30 min, gooi weer die water af! DAN eers kook ek dit vir 3 ure tot sag, SONDER enige sout of peper.
Dan eers gooi ek die worteltjies by (net so een of twee) en die aartappels en sousbestandele (sout, kerrie, borrie, suiker, asyn, woestersous)
As die gereg heeltemaal klaar is, sit ek witpeper by.



SKAAPAFVAL IN n BAKSAKKIEhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/afval-tripe-resipes.html

Vleisland se SKAAPAFVAL...IN n BAKSAKKIE
.
"Slowcooker"
Een Skaap afval, +/- 1.5 kg
1 Ui in ringe gesny
30 gram sout
5 gram knoffel peper of swart peper..
1 Eetlepel appelkooskonfyt.
2 teelepels kerrie poeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels asyn
1 koppie water..
2 groot aartappels.....wat eers later ingesny word..
Meng die speserye en appelkoos konfyt saam met die water, Klites die konfyt fyn.
Pak nou die Afval, saam met 2 uie in ringe gesny... in n BAKSAKKIE, en gooi die sous daaroor..
Knoop dit toe, en steek 2-3 gaatjies aan die bokant in die sakkie.
Plaas nou die sakkie met die afval in die "slowcooker" en kook stadig oornag.
Maak die sakkie in die oggend oop, en sny nou 2 aartappels in blokkies en gooi dit in die sakkie, en druk dit onder die sous in, en kook dit op hoog vir nog 1 uur...
NOU is die afval MURG SAG....ek nou maak jy n potjie helfte stampkoring en helfte rys.. daarby en geniet...EN EERS AS AL DIE DOLOSSE GEVAL HET....dan het jy hom gewen...
(Stefaans Blaauw - Maklike resepte wat mans ook verstaan)





KERRIE SULT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/afval-tripe-resipes.html
Die is n heerlike "Curry Brawn" resep wat ek uit my ma se resepte boek gaan krap het. Dis heerlik en verskriklik maklik.
4 Varkpote - skoon gemaak n stuk beespens skoon gemaak 
1.5kg beesskenkel vleis 
5 groot uie, gekap 
400 ml asyn 
30ml matige kerrie poeier 
15 ml borrie 
15ml sout of na smaak 
2ml peper 

Plaas die pote, pens en skenkel vleis in n groot diep kastrol met n dik boom. Voeg die res van die bestandele by asook genoeg water om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en kook totdat al die vleis van die bene val. Laat dit afkoel tot lou, verwyder al die bene. Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol. Voeg nog kookwater by as die sous te min is. Laat dit opkook en proe of daar genoeg sout en kerrie in is. Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in die koelkas om te stol. Dit is na n paar uur reg vir gebruik. *bOEREKOS*
.

No comments:

Post a Comment