Saturday 16 March 2013

SKAAPSTERTJIES GEREGTE


SKAAPSTERTJIES

Ilsemyn  Boerekos
Skaapstertjies was altyd as afval beskou, probeer hierdie resep en jy sal anders daaroor dink.
2kg skaapstertjies (vra jou slaghuis om die vet klaar te verwyder)
3 uie
Steak 'n Chop Spice
Heel koljander
Pepermeul
Gooi die skaapstertjies en 1 van die uie in 'n drukkoker en laat drukkook vir ongeveer 15min.
Sny uie in skywe en pak op bakplaat.
Pak skaapstertjies bo-op en geur met speserye en koljander wat deur die pepermeul gemaal word.
Laat rooster in oond to mooi bruin, of dit kan op die kole bruin gebraai word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/skaapstertjies-geregte.html


<Foto>Maria Liebenberg












Skaapstertjies
 

SARIE KOS
(4 porsies)
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml koljander, gemaal
1 takkie vars tiemie
2 suurlemoene
Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/skaapstertjies-geregte.html



SKAAPSTERTJIES
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en peper
koljander
2 suurlemoene
Pap
Sit oond op 200 grade.
Plaas stertjies in pot op stoof, bedek met water, kook tot sag.
Haal uit, sit in oondpan, sprinkel olie, sout, peper vars tiemie of roosmaryn oor, asook koljander.
Sny een suurlemoen in wiggies, sit dit ook in oondpan.
Bak vir 'n halfuur oop in oond.
Haal uit, druk die orige suurlemoen uit oor stertjies.
Maak intussen mieliepap, vorm dit in balletjies, en doop die balletjies in die sous van die oondpan waarin die stertjies is.
Eet sommer vuit oondpan op tafel, sorg net dat dit 'n mooi oondpan is!*RSG*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/skaapstertjies-geregte.html

Peet se skaapstert resep
12 Skaapstertjies
Half bakhandjie naeltjies
5 lourier blare
half koppie asyn of wit wynasyn
gerasperde skil van 1 Suurlemoen
2 eetlepels bruinsuiker
20ml botter
20ml suurlemoengeur-avokado-olie
sojasous witpeper en sout na smaak
5 ml gemengde kruie
Kook die skaap sterte in swart pot op die vuur in water met volgende byvoegings: naeltjies, lourierblare, asyn, suurlemoenskil, suurlemoensap, bruinsuiker en gemengde kruie. Kook vir ?n uur of tot redelik sag. Die vleis moenie van die beentjies afval nie - dit moet net sag wees. Gooi nou die water waarin die sterte gekook weg en sit die sterte terug in die pot. Braai hulle tot goudbruin in olie, botter en sojasous. Voeg sout en peper na smaak. Laat die sterte effens afkoel voor jy opskep . Dit moet met die hand geeet word en jy kan self besluit of jy jou pinkie in die lug wil hou terwyl jy die sagte vleisies met jou tande wegskeur!*Uitkyk meat* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/skaapstertjies-geregte.html

Skaapstertjies
Frik*
Kook hom eers goed sag, dan braai jy dit in pan met room tot mooi bruin. Het hom al baie gemaak---- en elke keer n sukses. Moenie "geelsout" vergeet as jy hom braai nie hoor!!!*Wegsleep*  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/skaapstertjies-geregte.html

No comments:

Post a Comment