Monday, 11 March 2013

BLOUBESSIE-SOUS



BLOUBESSIE SOUS VIR ROOMYS

Tracy Varkevisser
220 g vars bloubessies (blueberry's)
4 el balsamiese asyn
½ kop suiker
½ kop water
Kook als saam oor stadige hitte vir ½ uur of tot verdik.
Laat afkoel en geniet oor roomys.*w/e/o/Vanaand*

Moira Botha Dyer
Bloubessiesous:
1 kop suiker
 4 teepels mazeina
5ml kaneel
 2ml sout
160ml water
3 kop bloubessies
5ml vanilla
 skil van 1 suurlemoen en 25ml sap.
 Sit suiker, mazeina, kaneel, sout en water in kastrol en meng goed saam.
 Gooi bloubessies in en kook mengsel oor matige hitte tot dit begin dik word.
Proe die smaak en voeg by wat jy dink is nog nodig.
As sous te dik is gooi bietjie water by en meng goed.
 Roer nou vanilla, skil en sap van die suurlemoen by.
 Proe en sit nog sap by volgens smaak. Laat afkoel en bere in yskas tot benodig.*11/3/13

No comments:

Post a Comment