Monday 11 March 2013

BESKUIT





KOEKIE SUURDEEG TE VERVANG MET DROE SUURDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
25 g cube ( blokkie ) yeast is equivalent to 10 g Active dry yeast (15 ml) or 10 g Instant yeast.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

Miracle Pan Release

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1/2 cup vegetable shortening
1/2 cup vegetable oil
1/2 cup all-purpose flour
Whisk thoroughly until everything is incorporated and smooth. Store in airtight container at room temperature. To use, dip a pastry brush or impeccably clean fingers into the mixture and spread a thin layer over the bottom and sides of pan(s) for any recipe that calls for “greasing and flouring” your pans.
*Note: you can make any size batch you’d like, just make sure all amounts of each ingredient are equal to each other.
Recipe source: Apron of Grace
Dit werk wonderlik!*11/3/13
Hannalie Kitshoff *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html


SEMEL BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1 kg Bruismeel
325g semels
400g suiker
5ml sout
500g margarine
250g gemengde droe vrugte (koekmengsel)
500ml Ingedampte melk
500ml karringmelk
Metode:
Meng meel, semels, suiker, sout en vryf die margarine in tot krummels. Voeg vrugte by en daarna melk. Meng deeglik en druk in gesmeerde broodpan. Bak 1 uur lank by 180°C. Keer uit, laat afkoel, sny in beskuite en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*







KITS BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
In kastrol:
Gooi 680 ml melk,
250 gr margarine en
500 ml suiker in 'n kastrol
Bring tot kookpunt.
Roer tot alle suiker opgelos is.
Laat afkoel.

Sif 1 en 1/2 kg bruismeel en
5 ml sout by.
Voeg ook 2 geklitste eiers by.

Knie deeg deur en maak bolletjies.
Pak in gesmeerde broodpanne.
Bak 1 uur tot gaar by 180 gr C.
Jy kan sultanas en sade byvoeg…. asook anys en sultanas. Breek in stukke en droog uit by 100 gr C
**by Natasha Basson (Radio Namakwaland).
Bron*Kreatiewe Kos Idees


GOU BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
4 X 500 g self raising meel of 3 meel en 4 kop semels
4 eiers geklits
500 g botter gesmelt
1 en 1/2 kop suiker (ek gebruik 2)
knippie sout
1 teelepel bakpoeier


METODE:
sif meel , sout en bakpoeier saam
smelt botter en 1 kop water
koel effens af
klits 4 eiers en 1 kop koue water en suiker goed
voeg alles bymekaar
bak in oons by 180 grade c vir 35 min

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


VINNIGE EN MAKLIKE BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Ilene Engelbrecht
500g botter
500ml suiker
500ml karringmelk
9 k koekmeel
5ml sout
60ml bakpoeier
4 eiers
Metode:
Stel oond op 180 *C
1. Smelt botter en roer suiker daarby
2. Roer karringmelk by bottermengsel en hou eenkant
3. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam
4. Klits eiers goed en roer by karringmelk mengsel. Voeg by koekmeel en roer tot goed gemeng is.
5. Rol deeg in bolletjies en pak in groot gesmeerde broodpan. Bak vir 60 min
6. Laat beskuit afkoel en breek in stukke
7. Droog beskuit teen 70 grade celsius vir ongeveer 5 uur uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

ALL BRAN BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
2 kp suiker

2kp karringmelk
4 ½ kp All Bran (1 groot pak)
3 eiers
1 kg bruismeel
500g margarine
1 teel sout
Metode:
Klop karringmelk, suiker en eiers goed saam. Maak margarine sag en voeg by. Meng droe bestandele en voeg by. Meng goed en sit in pan. Bak 45min by 180°C. Laat afkoel, sny en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

KARRINGMELK EN KLAPPER BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
3 kp klapper
4 pakkies bruismeel
3 kp suiker
500g margarine
3 eiers
4kp karringmelk
Metode:
Meng droe bestandele, vryf margarine in. Klits eiers en meng met karringmelk. Voeg by droe bestandele en meng. Vorm bolletjies en pak in gesmeerde panne. Bak vir 1 uur by 180°. Gooi uit, laat afkoel, sny en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


WIT BESKUIT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
2,5kg koekmeel

15ml sout
3 pakkies kitsgis (10g elk)
500ml suiker
15-30ml anyssaad
250g margarine
1 -11/2 liter louwarm water
Metode:
Bespuit 4 groot broodpanne met kleefwerende kossproei en hou eenkant. Sif meel en sout en voeg die gis, suiker en anyssaad by. Meng goed deur en vryf die margarine met jou vingerpunte in tot die mengsel soos krummels lyk. Voeg genoeg louwarm water by om ‘n kniebare deeg te vorm. Knie die deeg vir 20min totdat dit glad en elasties is. Bedek en laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume. (ongeveer 2 ure) Knie die deeg af en vorm medium-groot balletjies. Plaas in broodpanne en plaas weer op warm plek om te rys tot dubbel die volume. (Ongeveer 1 uur) Voorverhit die oond tot 180°C en bak beskuit ongeveer 45min of tot gaar. Die beskuit sal hol klink as dit gaar is. Keer uit en laat afkoel. Breek in stukke en droog uit by 100°C. Lewer ongeveer 130 beskuite. *Huisgenoot

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
.

Elsa Van Rensburg
KOEKIE BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1 kg Bruismeel

750 ml Semels
250 ml Nutty Wheat
500 ml Suiker
4 teelepels Bakpoeier
1 tl sout
2 Eiers
500 gm Margarine
500 ml Karringmelk
Metode:
Smelt margarine, klits eiers goed. Meng karringmelk,eiers + margarine saam. Meng droe bestandele, voeg eier mengsel by en knie goed.Druk plat in 2 swiss roll panne, sny in beskuit blokkies. Grootte na smaak. Bak vir 30 min of tot mooi bruin.Koel bietjie af, sny deur op vorige merke en geniet dit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

 

                                                                   Foto> e-posvriende
Marinda le Roux (my pa noem dit “VERE”-BESKUIT want dit rys spierwit en donsig)
KONDENSMELK BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
500g botter
150ml kondensmelk
50ml melk
600ml suiker
3 eiers
1 koekie suurdeeg
2,5kg koekmeelblom
Metode:
Smelt die botter in ‘n groot kastrol en voeg daarna melk, kondensmelk en suiker by. Verhit die mengsel totdat al die suiker gesmelt het en laat afkoel tot louwarm. Klits eiers en voeg by louwarm melkmengsel. Krummel die suur deeg in melk en eiermengsel.
Strooi 500ml van koekmeelblom oor suurdeegmengsel en klits met vurk, maak kastrol toe en laat mengsel op warm plek om te rys.
Sif die res van die koekmeelblom in ‘n knieskottel, voeg suurdeegmengsel en 500ml louwarm water by meel, meng en knie tot hanteerbare deeg.
Bedek skottel met kleefplastiek en los oornag op warm plek. Smeer groot (diep) beskuitpanne met botter of vet, verdeel beskuitdeeg in drie, rol met palms van hande in bolletjies en pak in panne, laat nog rys, bak 50 min. lank in voorverhitte oond tot 180 ° C. Droog beskuit twaalf uur lank by 100 ° C uit en verpak. Vlooi 27/7/10 ♥

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
                                                          foto>Free recipe Hub
Helena Kruger
NEUT EN SAAD BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
550g bruismeel
15ml bakpoeier
250g Nutty Wheat
500ml geroosterde muesli
50g gekapte okkerneute
50ml sesamsade
100ml pampoensade
100ml sonneblomsade
500g koue botter, in klein blokkies gesny
380g suiker
2 groot eiers
500ml karringmelk
10ml asyn
Metode:
Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die Nutty wheat, neute en sade by. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is. Klop die karringmelk, asyn en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is. Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29x12cm. Bak 50-60 minute lank in vooraf verhitte oond van 180C, of totdat mespunt skoon uitkom. Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke. Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is 28/7/10 ♥Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Carol Elliott Claassen
ANYSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
375g botter of margarien
470 ml suiker
4 groot eiers
4x500g bruismeel
15 ml anys
10 ml sout
2.5 ml kremetart
1 liter kookmelk
Metode:
Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teen mekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180ºC tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Carol Elliott Claassen
BRUISMEEL KONDENSMELK-BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1.5 kg Bruismeel
250 g Margarien
200 g Suiker (250ml)
1 blik Kondensmelk (397g)
10 ml Sout
1.5 – 2 Kondensmelkblikke water (of meer)
15 ml Anys


Metode:
Sif droë bestanddele goed saam. Voeg anys by en meng.
Vryf margarien met vingers in tot soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel van mengsel en gooi kondensmelk en water by. Meng goed om stywe deeg te vorm. Maak bolletjies en plaas in gesmeerde pan.
Bak in oond van 180°C vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel, verdeel en droog in louwarm oond

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

Benhet Nieuwenhuis
ANYS BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
4k Koekmeel
1K Suiker
Sout
2 Pakkies Anys
20ml Bakpoeier
200ml Botter
2 Eiers
150ml Melk


Metode:
Sif al die droe bestandele, Voeg dan anys by.
Vryf botter in.
Klits eiers,melk goed en vou in by meelmengsel.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan
Bak 40min by 180C
Ek maak myne sommer in 'n vierkantige pannetjie en as dit klaar gebak is sny ek dit!!!♥ 12/10/10

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

KLAPPERBESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(ongeveer 60 beskuite)
1 kg Bruismeel
5ml sout
375ml suiker
500ml klapper
500g botter
400g klappermelk
60ml room
3 eiers
Metode:
Stel die oond op 180°C. Meng die meel, sout, suiker en klapper in ‘n groot mengbak. Smelt die botter en klits die klappermelk, room en eiers stadig by die botter. Roer die vloeistof by die droë bestandele en meng tot ‘n deeg. Smeer 2 groot broodpanne en skep die deeg daarin. Bak vir 60min of tot goudbruin en toetspen skoon uitkom. Laat beskuit effens afkoel in die panne voor jy dit uitkeer. Laat beskuit heeltemal afkoel en sny in stukke. Droog oornag teen 70°C in oond uit of tot droog. *Vrouekeur*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag.
GESONDHEIDSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
18 kp volkoringmeel
4kp semels
4kp bruinsuiker
20 teel bakpoeier
4 teel sout
2kp pitlose rosyne
1 kp sonneblomsaad
½ kp sesamesaad
2 kp klapper
4 eiers
2.5liter Bulgaarse jogurt of karringmelk of dikmelk
4 teel koeksoda
25ml bruin asyn
1kg botter of margarine gesmelt
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas droë bestadele in ‘n groot mengbak en meng goed. Klits die eiers, jogurt(Of jou keuse), koeksoda en asyn saam. Voeg melkmengsel by gesmelte botter/margarine en meng goed met meelmengsel Skep in drie groot oondpanne van 32 x 22cm, wat met kleefwerende middel bespuit is. Bak vir 1 uur. Keer uit op afkoelrakkies en laat vir minstens drie uur afkoel. Sny in skywe en dan in vingers en droog uit in oond teen 100°C. *Maryna Kruger Sarie

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Bokkie En Anita Marais
GROWWE BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1,5 Kg. Bruismeel (3 Klein pakkies)
500 gram Bruinsuiker
1 Pak Quaker Crunch
7 koppies Semels
50 ml. Bakpoeier (10 teelepels)
10 ml. Sout
Klits saam:
1 liter Dikmelk
5 eiers
Een derde koppie Olie
10 ml. Vanilla
750 gram Margarien
Metode:
Meng al die droë bestanddele.
Smelt Margarien en voeg dikmelk by.
Voeg olie, vanilla en eiers by en klits.
Meng met die droë bestandele.
Skep in 4 panne.
Bak vir 1 uur op 180° C.
Droog uit – oornag in lou oond

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

ONTBYT BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Adéle Van Zyl Filmalter
(vir omtrent 80 beskuite)
500 g (1 hele blok) botter (of, as dit moet, margarien
2 koppies bruinsuiker
500 ml dik Griekse jogurt (of karringmelk)
sap van 2 suurlemoene
skil van 4 suurlemoene
3 groot eiers
1 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 koppies semels
3 koppies All Bran-vlokkies
200 ml sonneblomsaad
½ koppie pitlose rosyntjies
1 koppie hawermoutvlokkies
1 pakkie kitshawermout van jou keuse (Woolies se sitrus-en-lynsaadgeur werk goed)
1 pakkie (100 g) uitgedopte, ongesoute pistasieneute
1 pakkie (100 g) heel amandels, in stukkies gebreek
200 g songedroogde vye, in stukkies gesny


Metode:
1.Smelt die botter en bruinsuiker saam en roer dit totdat die suiker gesmelt het.
2. Klits die jogurt of karringmelk en eiers saam en gooi dan die suurlemoensap en -skil by. Klits alles saam tot glad.
3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die res van die bestanddele daarby.
4. Gooi die botter-en-jogurtmengsel by die droë mengsel en roer die hele spulletjie goed. Gooi dit in drie gesmeerde broodpannetjies en laat dit vir 5 minute staan.
5. Bak die beskuit vir 1 uur teen 200 ºC tot goudbruin. Keer dit uit die panne en laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit in blokkies sny – so groot as wat in jou koppie pas.
6.Pak die beskuit op ’n oondpan en droog dit oornag uit in ’n oond wat op 100 ºC gestel is. Pak die droë beskuit in blikke en vat dit saam waar jy ook al gaan.
WENK: Voer die beskuitblik uit met waspapier met ’n teelepel suiker onderin om te keer dat dit klam trek. Indien wel, kan jy dit net weer in die oond uitdroog..

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

JOHAN N LOUW
*Ek het "kamma karringmelk" vir die resep gebruik en dit het heerlik uit gekom.
KONDENSMELK "VERE" BESKUIT
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html

500g botter
150ml kondensmelk
50ml melk
500 ml louwarm water
600ml suiker
3 eiers
1 koekie suurdeeg
2,5kg koekmeelblom
Metode:
Smelt die botter in ‘n groot kastrol en voeg daarna melk en suiker by.
Verhit die mengsel totdat al die suiker gesmelt het en laat afkoel tot louwarm. Klits eiers en voeg by louwarm melkmengsel.
Krummel die suur deeg in melk en eiermengsel.
Strooi 500ml van koekmeelblom oor suurdeegmengsel en klits met vurk, maak kastrol toe en laat mengsel op warm plek om te rys.
Sif die res van die koekmeelblom in ‘n knieskottel
Voeg suurdeegmengsel en 500ml louwarm water by meel
Meng en knie tot hanteerbare deeg.
Bedek skottel met kleefplastiek en los oornag op warm plek.
Smeer groot (diep) beskuitpanne met botter of vet
Verdeel beskuitdeeg in drie, rol met palms van hande in bolletjies en pak in panne
Laat nog rys
Bak 50 min. lank in voorverhitte oond teen 180 ° C.
Droog beskuit twaalf uur lank by 100 ° C uit en verpak

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

Ade Le stemmet
ANYS BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
aartappelsuurdeeg
maak die die vorige aand aan deur as volg te werk te gaan. gooi 2 t suiker en 2 t sout en 1 klein aartappel wat jy fyn rasper in ‘n middelslag konfytvles wat jy half vul met louwarm water, draai die deksel lig op en maak toe in ‘n handdoek
die volgende more haal jy die 1/2 te van die aartappel uit die vles. voeg dan by die aartappelwater 2 e suiker , 1 e sout en een klein aartappel. maak die vles tot bo toe vol met lou water.
kook 250g botter, 2 koppies suiker en 3 koppies melk saam en roer tot die suiker gesmelt is, laat dit afkoel
gooi die aartappelwater deur ‘n sif by 2.5 kg meelblom en 1 e anys. voeg die bottermengsel by en meng tot jy ‘n lekker deeg het. knie baie goed. laat uitrys, knie dan af en maak bolletjies wat jy in gesmeerde broodpanne sit. laat rys tot die panne vol is en bak teen 180 C vir sowat een uur.
laat afkoel, sny in beskuite en droog uit in jouse louoond of eet ‘n paar van die stukke met plaasbotter en doop dit alwetend diep in jouse soet koffie ....
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Ade Le Stemmet
AARTAPPEL BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(die burger nov 1990)
Insuursel: 2 aartappels, gekook en fyngedruk
1 koekie suurdeeg
1 E (125 ml) suiker
2 K (500 ml) louwarm water
1 K (120 g) meel Deeg:
1,25 kg koekmeel
2 K (400 g) suiker
1 E (15 ml) sout
1 K (250 ml) kookolie
2 eiers
2 K (500 ml) louwarm water ekstra meel indien nodig
Metode:
Maak 'n insuursel deur die fyngedrukte aartappels te meng met die koekie suurdeeg, suiker en louwarm water. Sprinkel die meel oor die mengsel en laat op 'n louwarm plekkie staan tot die mengsel begin borrel. Maak die deeg aan deur die koekmeel in 'n groot mengbak te sif. Vryf die suiker en sout deur, maak 'n holte in die middel en voeg die insuursel, kookolie, eiers en louwarm water by. Knie die deeg - indien dit te slap is, kan ekstra meel bygeknie word. Dit is altyd beter om te begin met 'n deeg wat te slap is en dan ekstra meel by te knie. Moenie dalk dink dat die suurdeeg te min is nie. Wees net geduldig en laat die beskuit lekker lank en stadig rys. Sodra die deeg tot dubbel die oorspronklike grootte gerys het, kan dit afgeknie en in bolletjies in gesmeerde broodpanne geplaas word om weer goed uit te rys. Bak die beskuit 40 minute lank by 200graC tot goed uitgerys en goudbruin. Haal die beskuit uit die panne en sit net so terug in die oond vir nog 10-15 minute om die onderste korsie deeglik deur te bak. Laat die beskuit afkoel en breek uitmekaar. Sny elke beskuit in twee. Droog oornag in die louoond uit. Variasies: * Die louwarm water in die deeg kan deur melk of karringmelk vervang word. * Die kookolie kan deur 1 K gesmelte botter vervang word. * 1/2 K anyssaad kan by die beskuit gevoeg word. * Vervang 2 van die koppies meel in die resep deur 3 koppies All Bran....
Karien Coetzee

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

AARTAPPEL SUURDEEG BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
4 koppies melk
2 koppies suiker
3 eetlepels botter
1 eetlepel skaapvet
3 eiers
2 desertlepels bakpoeier
9 koppies koekmeel
Metode:
Kook die melk, botter, vet en suiker saam. Laat afkoel tot lou. Voeg 2/3 van suurdeeg, eiers, bakpoeier en meel by. Meng goed tot 'n slaperige deeg. Maak goed toe met komberse en laat staan op 'n warm plek om te rys. Knie die aand die suurdeeg met 2 koppies suiker, sout en meel tot 'n stywe deeg. Maak goed toe met komberse en laat staan op 'n warm plek om te rys oornag. Maak die volgende dag bolletjies en laat rys tot die panne amper vol is. Bak vir 1 uur by 180. Gooi uit en breek oop, droog dadelik uit

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

GESONDHEIDSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Smelt saam en laat afkoel.
500gr margarine
2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)
Meng saam:
3 koppies meel
1 koppie wheatbix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
1 koppie klapper
Gebakte neute (opsioneel)
Metode:
Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.
Meng al die droё bestanddele. (Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.) Druk met hande in 2 groot oondpanne.
Bak in oond van 180°C vir 10 min.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdure 30 min.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte
Droog uit in oond by 100°C VIR 4-5 ure (eie keuse)

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

SEMELROOMBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1 kg Bruismeel
8 x 250 ml Semels
500 ml Witsuiker
5 ml sout
500 g Margarien of Botter
1 liter Room (of ½ room en ½ ingedampte melk)
Metode:
Verhit oond tot 180° C .
Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2.
Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam en frummel die smeer daarin.
Voeg die room by en meng goed.
Druk deeg eweredig met spaan in panne.
Sny die deeg in vierkante vn ongeveer 4 x 6 cm.
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin.
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel.
Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek.
Droog beskuit uit in koel oond.
(Voer panne uit met waspapier of bkpapier, want die beskuit is baie bros en geneig om vas te sit.
As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word.)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VET-VRYE ALL-BRAN BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
250 gr All-Bran + 100 gr klapper
1 kg Bruismeel
400gr Suiker
2 tl Pakpoeier
1 tl Sout
1 kop Sonneblomsade/Pekanneute
500 ml Appelsap
½ tl Asyn
½ tl Koeksoda
½ kop afgeroomde melk
3 Eiers
Metode:
Meng ½ tl asyn, ½ tl koeksoda en ½ kop afgeroomde melk (eie karringmelk!).
Laat staan ‘n rukkie.
Klits 3 eiers saam met 500 ml appelsap.
Voeg droё bestanddele by en meng alles saam.
Gooi in een groot of twee kleiner gesmeerde pan(ne).
Bak ± 1 uur by 160° C.
Sit foelie bo-oor.
Sny met elektriese mes.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

VOLKORINGBESKUIT VIR DIABETE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
250 gr Margarien
375 ml Laevet Karringmelk
125 ml Semels
800 ml Volkoringmeel
125 ml All-Bran Vlokkies
125 ml Koekmeelblom
25 ml Bakpoeier
5 ml Sout
90 ml Fruktose
Metode:
Smelt margarine en voeg di karringmelk by.
Meng die droё bestanddele.
Roer melkmengsel by die droё bestanddele.
Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne.
Maak gelyk.
Bak teen 180° C vir 50 minute.
Laat afkoel.
Sny in beskuite.
Droog teen 80° C vir 8 uur of in lou aand.
Lewer ongeveer 50 beskuite.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

KNARSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
5 kop Nutty Wheat
5 kop Bruismeel
½ kop Suiker
3 eetlepels Bakpoeier
500 gr Margarien (gesmelt)
2 tot 3 kop Karringmelk
Sout
Metode:
Meng alles saam, laaste karringmelk.
Sit in groot oondpan, bak ongeveer ¾ uur teen 140° C.
Sny in vingers, droog in koel oond
.)
Carin Ras Wilson

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



VESELRYKE BOSBESSIE BESKUIT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(Ongeveer 90 stukke)
7 X 250ml (1kg)  bruismeel
8ml koeksoda
10ml sout
4 x 250ml semels
250ml pitlose rosyne
250ml sonneblomsaad
250ml droë bosbessies (cranberries)
310ml bruinsuiker
2 ekstra groot eiers
750ml karringmelk
500g botter of margarine gesmelt
Sif die meel, koeksoda en sout saam.  Voeg die semels, rosyne, saad, bosbessies en suiker by.  Klits die eiers en karringmelk saam en voeg om die beurt met die gesmelte botter by die droë bestandele.  Meng goed saam.  Vorm in balletjies en pak in twee gesmeerde panne van omtrent 24 x 34 cm.  Bak omtrent 40min in’n voorverhitte oond teen 180°C. Keer uit op draadrakke om af te koel.  Breek in stukke en droog oornag of 6-8ure teen 50°C.
Variasie:  Vervang die rosyne deur enige neute soos pecan- of pistasieneute.  *Rapport*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Helena Kruger
Wie het dit al gebak!!!!
MALTABELLA BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
500ml Maltabella meel
750ml koekmeelblom
500ml semels
500ml suiker
2ml sout
10ml bakpoeier
10ml kremetart
10ml koeksoda
250g margarien
750ml karringmelk
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer twee panne met margarien.
Meng al die droë bestanddele, insluitende die rysmiddels, in ‘n groot mengbak goed saam. Smelt die margarien.
Laat effens afkoel en voeg die karringmelk by.
Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik deur.
Skep in die voorbereide panne en bak sowat 60 minute lank of totdat die toetspen skoon uit die beskuit kom.
Keer uit, en laat heeltemal afkoel.
Sny in vingers en plaas op bakplate.
Droog uit by 100C. “Boslius”

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Maré Nieuwoudt
BROS GESONDHEIDSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
500 g botter/margarine
1 ½ kop. suiker
2 eiers
500 ml karringmelk
1 kg bruismeel
2 kop. Pronutro Crunch
1 kop. semels
1 kop. sonneblomsaad
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
¾ kop. klapper
METODE:
Smelt die botter en suiker saam. Klits goed. Voeg die eiers by en klits weer goed. Voeg die karringmelk by en dan die res van die bestanddele. (Die deeg is redelik slap). Maak bolletjies, pak in drie broodpanne en laat rys n uur. Bak n uur by 170°C.
Landbouweekblad 20 Maart 1998.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

ELIZE SE VET-VRYE ALL-BRAN BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
250 g All-bran
100 g klapper
1 kg bruismeel
400 g suiker
2 t bakpoeier
1 t sout
1 k sonneblomsade/pekanneute
500 ml appelsap
½ t asyn
½ t koeksoda
½ k afgeroomde melk
3 eiers
Meng ½ t asyn,
½ t koeksoda
½ K afgeroomde melk (eie karringmelk!).
Laat staan 'n rukkie.
Klits 3 eiers saam met 500 ml appelsap.
Voeg droë bestanddele by en meng alles saam.
Gooi in een groot of twee kleiner gesmeerde pan(ne).
Bak 1 uur by 160*C Sit foelie bo-oor. Sny met elektriese mes *net*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Annalise Kriel
LEKKERSTE BESKUIT IN DIE LAND-KOMPETISIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Algehele wenner: Erina Roux, Pretoria
Rooi Rose – 7 Augustus 1996
All Bran-en-Sonneblomsaadbeskuit
(Lewer sowat 1.5 – 2kg beskuit)
500g (500ml; 2k) botter
500ml (2 k) Clover karringmelk
15ml (1 groot e) vanieljegeursel
840g (6 x 250ml; 6 k) Wonder Bake koekmeelblom
50ml (3 groot e + 1 t) bakpoeier
7ml (1 t + 0.5 t) sout
300g (375ml; 1.5k) suiker
750ml (3 k) All Bran, effens fyngedruk
250ml (1 k) sonneblomsaad
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 2-3 broodpanne, afhangende van die grootte van jou panne.
Smelt botter en laat effens afkoel. Roer karringmelk en vanieljegeursel by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg suiker, All Bran en sonneblomsaad by.
Meng goed.
Voeg bottermengsel by droe bestanddele en meng deur. Dit vorm ‘n redelike stywe deeg.
Vorm bolletjies en plaas teen mekaar in die gesmeerde panne.
Bak sowat 45 tot 60 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel, breek bolletjies van mekaar los en pak op bakplate. Droog uit teen 100*C
Pak in lugdigte houers. Verseel tot benodig.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Otto En Petro Marx
Lekker maklike semelbeskuit. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
500gr margerine,
2 kop. Suiker,
2 eiers,
1 pk. All Bran (250gr) of 250gr semels,
500 ml. Karringmelk,
1kg bruismeel,
half tlp. Sout,
1 dstl. Bakp.
Smelt margerine en suiker saam.
Voeg by 1 kop gesnyde rosyne, klits eiers en karringmelk en voeg by suikermengsel,  sif droe bestandele saam en voeg by res en meng goed.
Plaas in bak, sny in blokkies, bak 10 min by 180gr en 1 uur op 130gr. Baie lekker!

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

SIMON SE BESKUIT MET SUURROOM

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Landbou.com
deur PETRO VAN ZYL
Bestanddele
500 g botter óf margarien
500 ml suiker
3 eiers, geklits
250 ml suurroom
125 ml appelgegeurde jogurt
1 kg bruismeel
500 ml muesli
5 ml sout
500 ml Coco Pops-sjokolade-ontbytpap
250 ml veselryke graanvlokkies óf rosyntjie-en-vesel-graanvlokkies
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne goed.
Smelt die botter of margarien en voeg die suiker, eiers, suurroom en jogurt by.
Meng goed. Meng ál die droë bestanddele saam en voeg die suurroommengsel daarby.
Meng goed en verdeel tussen die twee panne.
Bak vir 45–60 minute tot deurgaar. Keer uit, laat afkoel en sny in vingers.
Droog die beskuit oornag uit. Lewer sewe dosyn beskuit

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Betty Jeanson
BROWN RUSKS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(Saartjie Sevenster)
5 cups nutty wheat
5 cups flour
 cups castor sugar
2 tsp cream tartar
2 tsp bicarb
3 tsp baking powder
500 g marg
3 cups of sour milk
1½ tsp salt
1 egg (optional)
Mix together, Put into bread tins and bake for 1 hour or until skewer comes out clean.
Oven at 160 and bake for 1 hour. I throw in 2 cups Jungle energy crunch, 2 crushed wheatbix and sunflower seeds, makes it a nice breakfast rusk.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Marlé Buysse
ALL BRAN BESKUIT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
2 k suiker
2 k karringmelk
4½ k All Bran
3 eiers
1 kg bruismeel
500 g margarien
1 t sout
Maak margarien sag en klop karringmelk, suiker en eiers goed saam. Voeg dit by sagte margarien. Voeg droë bestanddele by en meng. Sit in pan. Bak 45 minute by 180 grade C. Sny met skerp mes wanneer koud en droog uit. HEERLIK!

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Benhet Nieuwenhuis
Heerlike Anys beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(Lewer 65 beskuite)
8k meel
Sout
40ml Bakpoeier
2k Suiker
4 pakkies Anys
400ml botter
4 Eiers
300ml melk
Sif al die droe bestandele en voeg die anys by! Vryf botter met hande in!
Klits eiers en melk saam en meng met droe bestandele
Druk in beskuit pan! Sny met snyer en bak vir 60min by 180c

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Elsa van Heerden
Uit my Kook en Geniet wat ek in 1976 ontvanhg het :-)
Soetmelkbeskuit:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
2kg bruismeel
3t kremetart
3k lou melk
2-3 eiers (opsioneel),
2t asyn
250g botter
2t sout
375ml suiker
3e olie.
Sny botter in klein blokkies en plaas in warm melk.
Voeg suiker en sout en en roer oor matige hitte totdat botter gesmelt het, voeg olie, geklitse eier en asyn by.
Sif bruismeel en kremetart saam en roer louwarm melkmengsel daarin en meng en knie omtrent 10 min tot deeg glad is. Maak bolletjies en pak styf in broodpanne en bak vir 45 min to 1 uur in matige oond (190 grade C) Breek op terwyl warm en droog dadelik in lou oond (120 Grade C) met die deur 'n klein bietjie oop. omtrent 4 dosyn bolletjies

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Gooi-vinnig-bymekaar-beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
VROUEKEUR RESEPTE
60 stukkies
500 g (1 blok) botter
3 eiers
625 ml (2½ k) louwarm water
1,5 kg (12 k) bruismeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) suiker
 Stel oond op 180 °C.
1. Smelt botter. Klits eiers en water en roer by gesmelte botter.
2.Meng bruismeel, bakpoeier, sout en suiker in groot mengbak.
3. Roer bottermengsel by meelmengsel en meng goed.
4. Voer twee oondpanne van 32 cm x 25 cm met bakpapier. Skep deeg daarin en maak gelyk bo-op.
5.Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6.Sny in stukkies en droog teen 70 °C vir 4-5 uur uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Dez Milligan
RUSKS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
2 cups unbleached white flour
2 cups whole wheat bread flour (coarsely ground if possible)
1/3 cup sugar
1/2 tsp. salt
2 tsp. baking powder
1 tsp. cinnamon
1/2 cup melted butter
2 eggs
3/4 cup buttermilk
2 tsp. pure vanilla extract
2 tsp. pure almond extract
Preheat oven to 400 degrees. In a large mixing bowl, thoroughly mix the dry ingredients. Combine all the wet ingredients, pour them into the dry ingredients, and stir until you have a soft dough, similar to biscuit dough. Turn the dough onto a well-floured surface and roll or pat it to about a 1/2 inch thickness. Cut the dough into rectangles about 2 by 4 inches. Bake the rusks about 2 inches apart on buttered baking sheet for about 25 minutes until the tops are crisping and browning a little. Now, eat a few "soft" rusks warm from the oven. Loosely pile the rusks on a baking sheet and keep them in a 200 degree oven all day or all night (about 12 hours) to dry. The finished rusks should be very dry and hard. Cool and store in an airtight container.
Rusks will keep for weeks.
Variations Oatmeal-Raisin Rusks: Reduce the white flour to 1 1/2 cups and add 2 cups rolled oats and 1/2 cup currants or chopped raisins. Almond Rusks: Add 1 cup chopped almonds and omit the cinnamon.
Peanut Rusks: Add 1 cup coarsely chopped peanuts.
Anise Rusks: Omit the cinnamon and almond extract and add 2 tsp. pure anise extract or 1 Tbsp. anisette. 14/8/10♥

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Lida Pieterse
Anysbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Meng saam en laat 1 uur rys:
1 blik kondensmelk,
4 koekies suurdeeg,
6 kp koekmeel,
4 kp lou water,
4 geklitste eiers,
20 ml. sout.
Room saam:
60 ml. olie,
625 ml. suiker,
250 ml. margarien/botter,
1 liter water.
Voeg die geroomde mengsel by die gerysde mengsel en knie 15x250 ml. koekmeel en 60 ml. anys by. Knie goed.
Laat rys nou 1-2 ure (dubbeld in volume). Knie deeg af en knie verder baie goed. Maak balletjies en pak in 4 groot broodpanne. Laat staan op warm plekkie en laat rys tot panne vol is. Bak beskuit by 170 grade C vir 1 uur. Laat afkoel op draadrak en breek in stukkies. Droog uit in oond 100 grade C (Indien dit nie sommer so nat opgeeet word nie)

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Cynthia Moodie Rabie
ALL BRAN  BESKUIT .

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1 kg self raising meel,
1 ½ teel sout,
2 teel bakpoeier,
1 ½ koppie oats,
2 koppies all bran flakes effens fyner gedruk,
1 ½  koppie bruin suiker (ek gebruik sommer wit suiker),
1 koppie sonneblomsaad,
375 gr stork (vir bak) maragarine of botter,
2 eiers,
1 ½  koppie karringmelk,
¾ koppie olie.
Meng droee bestanddele tesame, smelt maragrine. klits eiers, karringmelk, olie en die gesmelte maragrine saam en voeg by droog en meng.
Gooi in gesmeerde koekpan (maak twee klein rollpannetjies) of een groot pan.maak gelyk met koekroller. Bak 1 uur op 180 grade vir 1 uur. laat afkoel , sny in blokkies en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Boerebeskuit / Boerbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Kookuns Resep
Vir die suurdeeg het jy nodig:
22 ml droë gis / 37 g vars gis
7 ml suiker
500 ml louwarm water
60 g meel
Die res van die bestandele is:
500 g botter
300 ml melk, gekook
50 ml kookwater
7 ml sout
2,5 kg meel, gesif
Vir die suurdeeg los jy die gis en suiker in die water op.
Sprinkel die meel oor, roer, bedek met 'n lap en laat staan op 'n warm plek vir 2 ure.
Intussen meng jy die melk en kookwater.
Smelt die botter in die melk en water.
Voeg die sout by en laat afkoel tot louwarm.
Plaas die meel in 'n mengbak en maak 'n holte in die middel.
Gooi nou die melk- en gismengsel in die holte.
Roer met 'n houtlepel tot dit 'n stywe deeg vorm.
Knie die deeg nou. Moet nie dat jou deeg koud raak nie.
Smeer gesmelte botter oor jou deeg. Bedek die deegbak met kleefplastiek en maak dit toe in 'n warm kombers. Laat dit staan op 'n warm plek vir 4 ure.
Wanneer jou deeg goed gerys het maak jy rolle met 'n deursnee van 4 cm elk. Sny 4 cm-grootte stukke hiervan af en pak dit regop en styf teen mekaar in beskuitpanne.
Smeer bietjie gesmelte botter oor die deeg.
Bedek die beskuitpanne met 'n lap en laat staan op 'n warm plek om te rys vir 3 ure. Die deeg moet verdubbel.
Bak nou 1 uur lank in 'n 180°C oond.
Wanneer die beskuit afgekoel het breek jy dit in stukke. Pak dit op 'n draadrak in 'n baie koel oond met die deur oop om uit te droog.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

REGTE EGTE BOERE BESKUIT 


Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html

(SAHuisvrou  - Boerekos .com resep)
Ek bak Ina de Villiers se resep uit Kook en Geniet. Die uitgawe wat ek het dateer uit 1958
Verder, dit hang natuurlik af of jy in SA of elders in die wêreld woon - broer het die resep in NZ probeer maar moes heelwat aanpassings maak om dit te maak werk.
Smelt 1 - 1,5kg botter en voeg 1 1/2 koppie gekookte melk, 1 1/2 k gekookte water daarby.
Plaas 5 kg gesifte meelblom in 'n knieskottel. Maak 'n holte in die middel.
Gooi die bottermengsel, 1 eetlepel sout en 22,5ml aktiewe droë gis in die holte.
Meng alles goed om 'n stywe deeg te vorm. Voeg meer meel by indien nodig
Knie baie goed.
Maak goed toe en laat oornag op 'n warm plek uitrys.
Knie dit die volgende dag af, vorm bolletjies en pak in gesmeerde panne. Laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
Smeer 'n mengsel van eiergeele n melk bo-oor en bak in 'n warm oond (400 tot 450 Fahrenheit.)
Ek gooi sommer nog 'n handvol anys ook in.    9/4/12


Peggy Devine
Lekker beskuit 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
( Kan ook vir die viekantige beskuitpanne gebruik word )
500 ml suiker
375 g botter
500 ml amazi of buttermilk of melk + 25 ml asyn
4 eiers
1.5 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
10 ml sout
2 e vanilla essens of cherrie of enige geur.
Die volgende kan ook bygevoeg word:
1/2 k soneblom sade
1 k canberries of rosyntjies
Meng suiker, botter en amazi en smelt in mikrogolf vir n paar min, tot botter gesmelt het. Laat af koel n rukkie. Klits eiers by, en hou eenkant.
Sif droe bestanddele en gooi amazi mengsel by. Meng baie goed.
Druk in gespuite pan of in 2 gewone beskuit panne. Bak by 180 grade vir 45 min.
Geniet dis HEERLIK!!!

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Tiana Botes
Ta’ Hanna Arangies se krakelinge

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Bestanddele:
2,5 kg (groot pak) meelblom
2,25 l kookwater
25 ml (5 t) sout
375 ml (1½ k) suiker
125 ml (½ k) sonneblomolie
500 g (1 pak) botter, gesmelt
ekstra 500 ml (2 k) meelblom
20 g (2 pakkies) kitsgis
Metode:
1. Smelt ‘n pond botter en gooi ‘n halwe koppie kookolie by.
2. Meng die vloeistof stadig in die meel in, knie en sit die skottel op ‘n warm plek om te rys.
3. Daarna word die deeg gerol en in vlegsels gedraai.
4. Sodra dit uit die oond kom, word die vlegsels los gedraai, in stukkies gebreek en in die oond gedroog.
Dit wat daar uitkom, noem mens krakelinge.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Dalene Brits
Uh uh dankie.... Ek gebruik die volgende reseppie al baie jare nog voordat die panne ontstaan het en het dit maar altyd met die hand gesny.
GESONDHEIDSBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Smelt saam: 500g Margarien
300g(1¾ k) Bruinsuiker
Laat afkoel.
Breek oop: 2 Eiers in die houer met:
500 ml Karingmelk
en voeg by margarien.
Sif saam: 1 kg Bruismeel
15 ml Bakpoeier
2 ml Sout
Roer by meelmengsel:
200 ml Sonneblomsaad
500 ml Semels
125 ml Rosyne (ops)
Roer nou karringmelkmengsel by
en laaste die 750 ml (3k) All Bran
Druk plat in 2 koekiepanne of oondpanne en sny in vingers.
Bak ¾ uur by 150°C tot ligbruin.
Droog uit in koue oond.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Riana Du Plessis


ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Lewer 84 stukke (vry van koring, eiers en melk)
750g rogmeel
100ml glutenpoeier
30ml bakpoeier
`10ml sout
150ml klam bruinsuiker
60ml sonneblomsaad
60ml lynsaad
60ml sesamesaad
30ml papawersaad
270ml margarien gesmelt (250g)
650-750ml water
Sif die meel, glutenpoeier, bakpoeier en sout saam om goed te meng.  Voeg die suiker by en meng goed.
Meng margarien en water en voeg by die droe bestandele, meng tot 'n sagte, klewerige deeg.  Voeg meer water by indien nodig.  Skep die deeg in 2 gesmeerde rolkoekpanne en maak gelyk bo-op.
Bak 45-50min by 180 grade tot goudbruin en gaar.  Laat afkoel, sny die beskuit en droog 8 uur lank by 80 grade.
VARIASIE:  Vervang die water met melk, dan is die beskuit nie melkvry nie.
Voeg 2 geklitste eiers by die bottermengsel, dan is die beskuit ligter maar nie eiers vry nie
Die beskuit is redelik hard, die margarien kan vermeerder word tot 400g maar dan is die beskuit baie ryk.*SA Kookboek

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Carin Ras Wilson
BOERE BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Heiner Lange – fb resepte
750 ml melk
750 ml suiker
500 g botter of margarien
25 ml sout
3,75 kg koekmeelblom
3 pakkies kitsgis
1 liter water
3 eiers,geklits
Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (Indien 'n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op 'n warm plek tot dit in grootte verdubbel het. Bak vir 1 uur in 'n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12.5ml melk en smeer bo-oor.) Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Frieda Greyling
Kookwater Beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Het die resep gekry in een van my ma se resepte boeke ...die beskuit is nou vir die lui huisvrou :)) word sommer vingers gesny.
300 ml semels
800ml kookwater
350 g stork bake
375ml suiker
3 eiers, goed geklits
1 kg bruismeel
10ml sout
15 ml bakpoeier
5ml kremetart
Metode;
*Strooi semels op n bakplaat en rooster tot begin verkleur
*Verhit oond 180 grade
*Smeer 3 panne, 23 x 13 x 7.
*Meng kookwater, botter en suiker in groot bak tot botter gesmelt het.
*Laat afkoel tot lou
*Voeg eiers by en meng
*Sif meel,bakpoeier, sout en kremetart en voeg by
*Voeg semels by
*Roer goed, deeg is slap
*Gooi in panne en bak 1 uur op middelste oondrak.
Keer uit, laat afkoel
Sny in 4cm skywe
Droog in koel oond

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Frieda Greyling
Ouma Plaas se Beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(Amanda Taylor)
Ekke het die resep gekry op Kook en Klets se muur, ek soek altyd iets vinnig en maklik want my mense is lief vir beskuit saam die oggend koffie want hulle kom eet eers half 10 ontbyt. Myne is nou nie so mooi "daint'y" nie, die manne hou van "hompe" want hul drink groot bekers koffie!
1. Kook 500 gram margarien, 2 koppies suiker, 2 telepels sout en 3 koppies melk (of 1 blik ingedampte melk gemeng met 2 blikke water)
2. Laat heeltemal afkoel.
3. Klits 2 eiers en voeg by melkmengsel.
4. Sif 1,5 kg bruismeel en ‘n telepel kremetart,
5. Voeg die 2 mengsels bymekaar en meng goed.
6. Gooi in oondskottel.
7. Bak in matige oond vir I uur.
8. Laat afkoel.
9. Sny en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Berie Smith
BESKUITVINGERS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
[BEPROEFDE RESEP EN BAIE MAKLIK]
650 g (5 x 250 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
50 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml sout
350 g (750 ml) volkoringmeel
150 g (500 ml) verkrummelde Weet-Bix beskuitjies
500 g botter of margarine
500 ml karring-, suur-, of gewone volmelk of geroerde Bulgaarse joghurt
400g (500 ml) suiker
10 ml bruin asyn
2 eiers
Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F). Smeer rolkoekpanne of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die volkoringmeel en Weet-Bix by en meng. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels lyk.
Klits die karringmelk (of dit wat gebruik gaan word) met die suiker, asyn, en eiers tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en meng dit met ‘n houtlepel tot ‘n sagte deeg; krummel nog Weet-Bix by as die deeg onhanteerbaar sag is.
Plaas die deeg op ‘n deegplank wat mildelik met meel bestuif is. Bestuif ‘n rolstok ook goed met meel. Rol die deeg sowat 2,5 cm dik uit. Sny die deeg in repe van nagenoeg 7 x 2 cm elk. Plaas die repe naby mekaar op die rolkoek panne. Bak hulle ‘n halfuur tot mooi bruin.
Breek die beskuite oop en droog hulle dadelik uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Jogurt-en-kondensmelk-beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Vrouekeur
ongeveer 80 stukkies
1,5 kg (9 k) koekmeel
60 ml (4 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
187 ml (¾ k) suiker
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) water
250 g (½ blok) botter
4 eiers
Stel oond op 180 °C.
1. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer suiker by.
2. Roer jogurt, kondensmelk en water tot goed gemeng.
3. Smelt botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
4. Klits eiers en roer by kondensmelkmengsel. Roer afgekoelde botter by.
5. Voeg kondensmelkmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng. Jy kan ook jou hande gebruik.
6. Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in gesmeerde oondpan.
7. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Keer beskuit uit en breek in stukke.
9. Plaas op bakplate en droog oornag uit teen 70 °C met oonddeur effens oop.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Maré Nieuwoudt
Skoonma se Beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Deur Aletta Lintvelt
Vir variasie kan jy ’n ½ koppie klapper of sonneblomsaad by die beslag voeg.
Maak 50 stukke
Voorbereityd 15 minute
Baktyd 26 minute
Ek het dié maklike resep by Esma Marnewick se skoonma gekry (Esma is Weg se assistentredakteur).
Hier op kantoor doen ’n baksel uit tannie Marie se kombuis gereeld die ronde – en dis almal se gunsteling.
Jy benodig
1 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
2 koppies semels
3 koppies All Bran-vlokkies
1 koppie Corn Flakes-vlokkies
750 g botter of margarien
1¾ koppie suiker
50 ml asyn
300 ml melk
2 eiers, geklits
50 ml olie
Só Maak Jy
Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Voeg die semels en graanvlokkies by.
Smelt die botter en meng dit goed met die suiker – hou dit eenkant. Meng die asyn, melk, eiers en olie bymekaar en hou dit eenkant.
Gooi die botter- en melkmengsel oor die meelmengsel en meng dit met jou hande totdat jy ’n deegbol kan vorm.
Verdeel die deeg tussen 2 gesmeerde plat bakplate (ongeveer 44 x 28 x 2 cm). Druk die deeg plat en sny dit in dun vingers.
Bak die beskuit vir 26 minute in ’n oond van 180 ºC. Laat dit afkoel en sny dan die blokkies los van mekaar. Pak die beskuite uit op ’n bakplaat wat met bruinpapier uitgevoer is, en droog dit vir minstens 3 uur (of oornag) teen 100 ºC. - wegtydskrif

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Ria N. Pieterse
BOERBESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Skoonma nou 83jr het Boerebeskuit met aartappelsuurdeeg en broodmeel gebak. Ek het te veel daarmee gesukkel daarom gebruik ek koekmeel. Broodmeel knie 'glyerig' agv die gluten daarin. Ons gebruik olie ipv margarien of botter en dis basies 'n keuse of jy suiker bygooi of nie. Suiker is eintlik die sondebok dat suurdeegbeskuitnie hoog rys nie. Ons wil mos soetbeskuit bak en dan is die beskuit buksies. 1 bottel suurdeeg..
1 kg koekmeel..
1/2 tot 3/4 kop suiker..
1/2 kop olie..
1 tl sout..
Louwater..
Meng jou meel sout en suiker..
Meng olie met jou omtrent 2kop suurdeegwater.. Knie jou deeg geleidelik met suurdeegwater,
indien vloeistof te min is voeg nog suurdeegwater of louwater by.. Knie tot deeg nie meer aan jou hande vassit nie.. Smeer bak en plaas deeg daarin.. Laat rys ten minste 8ure op 'n warm plek, toegedraai in warm kombers of in die winter in die dag.. in 'n toe motorkar wat in die son staan ;D. Knie beskuitdeeg af, knyp bolletjies en laat weer rys in gesmeerde panne. Bak 1 uur op 180*C. Keer uit en breek warm los van mekaar. Droog uit op 90*C.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Berie Smith
OUTYDSE BOEREBESKUIT: 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
[BOEREKOS]
Ouma se plaas beskuit, geniet hom.
500g botter
500 ml kookmelk
10 ml sout
2.5 kg broodmeelblom
500 ml soetsuurdeeg – sien onder
Smelt jouse botter in kookmelk, voeg die sout by en laat afkoel – ek sal so ‘n knippie witpeper ook bygooi. maak ‘n holte in die meelblom en gooi die insuursel en die loumelkmengsel daarin, meng tot ‘n stywe deeg, voeg louwater by indien nodig . knie baie goed en hou op ‘n warm plek. bedek nou die deeg met ‘n vadoek en laat rys tot dubbeld die deeg se volume.
Vat die deeg in jou hande en rol die deeg uit in ‘n lang rol. plaas 2 rolle in elke broodpan wat jy met botter gesmeer en met meel geskud het, sit ook gesmelte botter tussen die twee beskuitrolle . smeer nou botter bo-oor en laat weer op ‘n warm plek rys. as die deeg weer dubbeld sy volume het, bak jy die panne teen 220 C vir 1 uur. toets vir gaarheid keer uit en breek in stukke – ek onthou die beskuit sonder fieterjasies – dit het my aan skerp bergpieke laat dink – droog uit in ‘n koel oond.

SOETSUURDEEG:
15 ml sout
15 ml goue bruinsuiker
250 ml kookwater
250 ml yskaswater
250 ml mieliemeel
250 ml warm water
Gebruik ‘n diep kastrol met ‘n deksel wat dig pas. gooi die sout, suiker, die kook-en kouewater daarin en meng met ‘n houtlepel. strooi die mieliemeel oor. maak die kastrol dig toe en laat oornag op ‘n warm plek staan. die volgende more voeg jy 250ml warm water by , asook genoeg broodmeel om ‘n matige beslag te kry. strooi ‘n bietjie meel bo-oor en sit weer die deksel op. draai die kastrol toe in ‘n handdoek en plaas op ‘n warm plek. binne 1 uur behoort die deeg gereed te wees om te knie – gebruik die soetsuurdeeg mengsel in beskuit, maar moet dit dan nie te veel knie nie.
Met die orige soetsuurdeeg moet jy maar brood bak.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Berie Smith
BOEREBESKUIT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Ina de Villiers se resep uit Kook en Geniet. Die uitgawe wat ek het dateer uit 1958.
Smelt 1 - 1,5kg botter en voeg 1 1/2 koppie gekookte melk, 1 1/2 k gekookte water daarby.
Plaas 5 kg gesifte meelblom in 'n knieskottel. Maak 'n holte in die middel.
Gooi die bottermengsel, 1 eetlepel sout en 22,5ml aktiewe droë gis in die holte.
Meng alles goed om 'n stywe deeg te vorm. Voeg meer meel by indien nodig
Knie baie goed.
Maak goed toe en laat oornag op 'n warm plek uitrys.
Knie dit die volgende dag af, vorm bolletjies en pak in gesmeerde panne. Laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
Smeer 'n mengsel van eiergeele n melk bo-oor en bak in 'n warm oond (400 tot 450 Fahrenheit.)
Ek gooi sommer nog 'n handvol anys ook in.
As jy 'n broodbakmasjientjie het, kan jy net die hoeveelhede aanpas en die masjien laat knie.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Carin Ras Wilson
Rosyntjie mos Resep

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Labels: Resepte: Boerekos
Vir die regte egte boere mosbolletjie resepte benodig mens soetmos. Iets wat nie altyd oral beskikbaar is nie. Hier is raad:
Rosyntjie mos kan gebruik word in plaas van soetmos. Hier is die resep hoe om dit te maak:
150 ml rosyntjies fyngekap
500 ml water
Voeg bogenoemde twee saam in 'n glaspot, maak toe en laat dit staan op 'n warm plekkie om te gis vir so ± 3 - 4 dae. Wanneer die rosyntjies almal bo-op dryf weet jy dit is reg.
Gooi deur 'n sif om die rosyntjies uit te haal.
Nota: Hou in gedagte dat hy nie heeltemal dieselfde gaan smaak het as met soetmos nie, maar dit is 'n alternatiewe opsie
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Berie Smith
BEDERF JOUSELF MET
MOSBOLLE
:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
[uit BEELD - Samarie Smith]
Die tradisie om mos (druiwesap wat in die eerste fase van gisting is) in gebak te gebruik, is waarskynlik deel van ons erfenis van die Franse Hugenote, vertel ’n kosvriendin.
Omdat mos net in parstyd beskikbaar is, is mosbolletjies ’n ware, seisoenale kontreigereg.
Vir diegene wat nie toegang tot gistende mos het nie, is daar darem ’n troos, want mosbolletjies kan ook met gegiste rosyne gemaak word.
Om outydse mosbolletjies met rosyntjiegis te maak is nie vir die haastige kok nie, maar dis soos ons voortantes dit gedoen het as mos nie beskikbaar was nie.
Om dié rysmiddel te maak, word rosyntjies met pit en al in die helfte gesny, 10 minute lank in water gekook en laat afkoel tot lou.
Dit word daarna in ’n erdekan (party mense gebruik ’n kalbas) gegooi.
’n Bietjie aktiewe, droë gis (met louwarm water gemeng) word bygegooi om die gistingsproses aan te help.
Dit word sowat 24 uur in ’n warm plek gelos totdat die rosyntjies dryf.
Die rosyntjies word deur ’n klam kaasdoek gegooi en die gegiste rosyntjiewater gebruik om suurdeegpons van te maak.
Daarvoor word koekmeel by die rosyntjiewater gevoeg en drie uur op ’n warm plek laat rus totdat dit goed deurgerys het.
Hierdie rysmengsel word saam met die ander bestanddele soos koekmeel, suiker, sout, anys en warm water gebruik om die uiteindelike mosbolletjiedeeg aan te maak.
Eet jou mosbolletjie met egte botter sodra dit warm uit die oond uit kom.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Surika Niemand Meyer
Gesondheidbeskuit:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1kg Bruismeel,
250g nutty wheat,
1k neute,
1k oats,
1k sonneblomsaad,
2eiers,
500ml karringmelk,
375ml suiker(ek gebruik bruin suiker)
500g botter,
knypie sout..
As botter sag is,meng en druk in pan.
Bak op 180 vir 20-30 minute.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Stephnie Rademeyer-Maritz
Antoinette se beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
• Reseppie: vir beskuitpanne met drukker werk goed
1kg meel
30ml bakpoeier
10ml sout
250 ml rosyne
125ml sesamsaad
250ml sonneblomsaad
250ml gekapte neute
500ml bruinsuiker
500ml All Brann-graanvlokkies
500gr botter
500ml karringmelk
2 eiers geklits
1. Sif meel, bakpoeier & sout saam
2. Gooi rosyne, sesamsaad, sonneblomsaad, neute, bruinsuiker en All Bran saam.
3. Klits botter en karringmelk saam. Voeg geklitse eiers by. Meng.
4. Voeg vloeistof by droe bestanddele en meng.
180 grade 45-60min.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Yolanda Volschenk
BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
4k meel
2k nutty wheat
2k Meusli
2k semels
1k Klapper
2k bruin suiker
60 ml bakpoeier
knippie sout
500g Stork Bake
500ml Melk
1 pakkie rosyne (250g)
fyn neute as jy wil
Meng die stork en die melk eerste saam. jou botter moet lekke sag wees. dan gooi jy al die ander bestandele saam en meng dit goed met jou hande! druk in oond pan uit en bak teen 180 * vir 45 min. haal uit en sny dadelik. sit terug vir uit droog! dit is heerlik!

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

WESSEL STEYN
BRUIN GESONDHEIDS BESKUIT  

2 k poast toasties (maak als fyn)
2 kg bruismeel,
4 k bruin suiker,
2 tl sout,
1 el bakpoeier
(sif alles saam)
1 k semels,,
1 k nutty wheat,
1k bruinbrood meel,
½ k klapper,
½ k sonneblom saad,
½ k korente of pitlose rosyne,
½ k fyn grondbone of neute
(meng al die boonste bestanddele saam)

4 eiers,
1 k kook olie ,
4k karringmelk,
750gr marg gesmelt
(meng saam en voeg by bogenoemde
meng goed en deel in 2 gelyke dele
sit in gesmeerde panne rol gelyk
strooi sesame saad oor en rol vas met roller
druk met pandrukker
bak in vooraf vehitte oond van 180° c vir ± ¾ uur of tot gaar
laat afkoel, sny deur pak op rakke en droog uit @70° of meer om net een pan te maak, halveer al die bestanddele en bak soos bo
*lekker resepte vir die jongergeslag* 

Riana Du Plessis
CUSTARD AND ALMOND RUSKS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(WOMAN'S VALUE - AUG 1998)
375 g butter
300 g sugar
2 large eggs
1 kg self raising flour
50 ml oat bran
5 ml salt
5 ml baking powder
100 g almond flakes
300 ml ready-made custard
100 ml condensed milk mixed with 150 ml water
Beat butter and sugar together until light. Beat in the eggs, one at a time. Add the remaining ingredients and stir well to make a fairly firm dough. Shape into balls and devide between 2 greased loaf pans.
Bake in preheated oven 180°C for 45 minutes, then remove from the oven and allow to cool. Reduce oven temperature to 100°C .
Break into rusks, spread out on baking trays and allow to dry out in theoven for 4-5 hours.
BAIE LEKKER!
NOta:  Hierdie beskuit werk baie goed in die afdruk panne en is net mooi een pan vol

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Louise Venter
Bruinbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
My skoonma Alet se resep wat ek al so bietjie verander het oor die jare. Altyd heerlik!
1 kg Nutty Wheat
8 teelepels bakpoeier
1 eetlepel sout
2 koppies muesli
1 koppie klapper
2 koppies semels
1 koppie sonneblom, pampoen, lyn en sesame saad saam gemeng by.
2 koppies bruinsuiker
500 gr botter
2 koppies karringmelk
Meng nutty wheat, bakpoeier, sout, klapper, muesli en sade.
Smelt botter en voeg karringmelk by.
Meng meelmengsel en bottermengsel goed.
Skep in gesmeerde oondpan (of beskuitpan)
Bak vir 50 tot 60 minute by 180
Laat dit goed afkoel, sny in vingers en droog uit in die oond oornag teen 60* tot 80*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Christina Stienie Breed
VEERLIGTE BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
WENRESEPTE 3
500 ml. melk
250gm, Margarine
250ml. suiker
1 Liter sterk lou water
1½ pakkies kitssuurdeeg
37½ml.sout
2,5kg. koekmeel
3 eiers goed geklits
25ml. suurlemoensap
Kook die melk, smeer en al die suiker , behalwe 15ml. saam.
Laat afkoel.
Meng 5ooml. van die lou water, die suurdeeg, 7½ ml. sout en die 15ml. suiker wat eenkant gehou is.
Roer genoeg van die meel hierby om n pannekoekbeslag te vorm. Hou dit louwarm tot goed uitgerys is, na 15 min.
Meng die eiers en suurlemoensap goed. Meng die oorblywende sout met die res van die meel.
Voeg die melk-suurdeeg en eiermengsel by en gebruik nog sowat 500ml. louwater om die beskuit mee
aan te maak en te knie. Die deeg moet nie styf wees nie.
Knie die beskuit 20min. lank en smeer dikwels die hande tydens die knieëry. Bedek die deeg en laat dit goed uitrys totdat dit dubbel die oorspronklike grootte is.
Maak bolletjies sonder om die deeg eers af te knie. Die bolletjies moet bietjie kleiner as hoendereiers wees.
Sit jou panne skuins en pak die bolletjies styf teenmekaar. Smeer die hande dikwels met margarine.
Laat die beskuit in die panne rys tot dit gelyk met die rand is. Bak die beskuit (60) min. by 180°C (375°F)
Nadat dit gebreek is, droog oornag by koel oond (60°C) met oond op skrefie oop! Lewer ongeveer 150 lang beskuite

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Louisa Prenzler
Dit is heerlik verby, eet dit sommer sonder koffie
ROOM EN SAAD BESKUIT.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
500gr Margarine
2-3 Koppies Suiker
250ml Room
1 Blik Ideal Melk
`n Hand vol gekapte neute
1 kg Bruismeel
1/2 telepel Sout
2 Koppies All Brand
1/2 Koppie Sonneblomsaad
Smelt botter en voeg suiker by. Voeg room en Ideal melk by. Maak All Brand effe fyn en roer dan alles bymekaar.
Plaas in pan of panne.
Bak 180* vir 15 min dan 160* vir 30 minute.
Droog by 90*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Elize Herholdt
Skurwe Abrahams

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
5 kop koekmeel, ongesif afgemeet
15ml kremetart
12,5ml sout
500 ml suiker
250g botter/marg, by kamertemp
250 ml karringmelk/amasi
10 ml koeksoda
1 eier
1.Voorverhit oond - 200ᵒC. Smeer pan of bespuit.
2. Sif koekmeel, kremetart, en sout saam. Voeg suiker by.
3. Vryf botter/marg in meelmengsel in tot fyn krummels.
4. Meng 25 ml van karringmelk met koeksoda. Voeg by meelmengsel.
5. Klits res van karringmelk en eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om bo-oor te verf. Voeg res by meelmengsel.
6. Meng goed tot deeg.
7. Verdeel deeg in 8 ewe groot stukke.
8. Fatsoeneer elke stuk in wors en druk effe plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke.
9. Plaas stukke effe uitmekaar in pan.
10. Verf karringmelk en eiermengsel oor.
11. Bak sowat 30 min of tot gaar. – Hou dop myne het korter gebak.
12. Laat beskuite effe afkoel, breek hulle oop en droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Elda Lombard
Semelbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1 kg bruismeel
5 ml sout
250 ml spysverteringsemels
250 g botter
125 ml suiker
500 ml karringmelk
2 eiers
Metode
Sif die meel en sout saam en voeg dan die semels by.
Vryf die botter by.
Klits die eiers, suiker en karringmelk saam.
Voeg dit by die meel mengsel.
Meng goed.
Vorm die deeg in balletjies en pak dit in 'n gesmeerde broodpan.
Bak 50 minute by 180°C.
Keer die beskuit uit op 'n draadrak om effens af te koel voor jy dit breek.
Droog oornag in 'n oond by 50°C. EE

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Cheryll Geldenhuys
Maltabelle-beskuit 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
(Huisgenoot Wenrespte 6)
500ml maltabella meel
750ml koekmeel
500ml semels
500ml suiker
2ml sout
10ml bakpoeier
10ml kremetart
10ml koeksoda
250g margarien
750ml karringmelk.
Verhit oond tot 180C. Smeer oondpan (die wat saam met 'n oond kom werk goed. Die met die snyer in is te vlak en dan is dit 'n lekker gemors in die oond!).
Meng droë bestandele goed saam in groot bak. Smelt marg, laat effens afkoel en voeg karringmelk by. Voeg by droë bestandele en meng goed. Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 - 60 min. Droog uit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Elda Lombard
Mueslibeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
700 g botter
750 ml karringmelk
500 ml suike
4 eiers, geklits
1,5 kg bruismeel
45 ml bakpoeier
7 ml sout
300 g graanvlokkies
300 g muesli
METODE
Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol en voeg die karringmelk en suiker by.
Verwyder van die hitte en voeg die eiers by.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die bottermengsel, graanvlokkies en muesli by.
Meng goed.
Vorm die mengsel in balletjies en pak dit in gesmeerde oondpanne.
Bak 45 minute lank in 'n 180°C-oond.
Keer dit uit op 'n draadrak om af te koel, maar breek die balle terwyl dit nog effens warm is.
Droog die beskuit oornag in 'n 50°C-oond.
Hierdie resep maak sowat 140 stukke beskuit. EE

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Elda Lombard
Pampoenbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Baie lekker - Huisgenoot 91
(sowat 36 stukke)
1 kg bruismeel
5 ml sout
540 ml botter
500 ml suiker
250 ml karringmelk
250 ml pampoen-puree (sien onder)
2 eiers
METODE
Verhit jou oond tot 180 C.
Gooi die bruismeel en sout in n groot mengbak.
Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by en meng goed.
Klits die karringmelk, pampoen-puree en eiers saam.
Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne (gebruik 2 broodpanne van so 18 x 12 cm groot) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar.
Toets met n toetspen maak seker dit kom droog uit.
Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny of breek.
Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur uitdroog teen 120 C.
Ek droog my beskuit gewoonlik oornag uit.
Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)
500 g gesnyde pampoen
ekstra water indien nodig
Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar.
Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker.
Ek vind dat n versapper n baie gladder puree gee.
Voeg n klein bietjie water by indien nodig.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Kondensmelkbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
LANDBOUWEEKBLAD
Dié beskuit is ook bekend as smaak-soos-mosbeskuit (as daar anyssaad in is) of verebeskuit. Net soos mosbolletjies, is dit vars uit die oond, met botter gesmeer, ’n groot lekkerte.
1 x 397 g blik kondensmelk
250 ml kookwater
125 g botter of margarien, in blokkies gesny
180 ml suiker
2 eiers
250 ml koue water
11/2 pakkies kitsgis
1,25 kg koekmeel
10 ml sout
15 ml anyssaad (opsioneel)
Meng die kondensmelk, kookwater, botter of margarien en suiker saam tot die botter gesmelt en die suiker opgelos is. Klits die eiers en meng dit met die koue water. Voeg dit by die kondensmelkmengsel en sprinkel die gis oor. Roer liggies deur.
Sprinkel 250 g van die meel oor en meng deeglik. Bedek die bak losweg en laat staan op ’n warm plek vir ongeveer 1 uur tot die mengsel vol borreltjies bo-op is. Voeg die res van die meel, sout en anyssaad (indien gebruik) by en maak aan tot ’n deeg.
Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties en tot dit nie meer aan jou hande vaskleef nie. Sit die bol deeg in ’n geoliede mengbak, bedek losweg en laat rys op ’n warm plek tot dit verdubbel het in volume. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C en smeer 3-4 middelslag-broodpanne met botter of olie.
Knie die deeg af. Knyp gholfbal-grootte bolletjies deeg af en pak dit styf teen mekaar in die panne. Bedek die panne weer losweg en laat rys die deeg vir sowat 15-20 minute. Sit in die oond, draai dadelik die temperatuur af tot 160 °C en bak die beskuit tot goudbruin en deurgaar.
Keer uit, laat effens afkoel, en breek dan in stukkies. Pak op bakplate en droog uit teen 70 °C-100 °C of in die lou-oond. Laat staan tot dit kamertemperatuur bereik het en bêre in lugdigte houers. Lewer ses dosyn beskuit.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Elda Lombard
Ouma bak en brou
Besige Huisvrou Beskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
15ml asyn
350-400ml melk
1 ekstra groot eier, geklits
300g margarien, gesmelt
1kg bruismeel
250ml suiker
5ml sout
Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit 'n diep oondpan van 37x27x5cm met kleef werende kossproei of smeer met botter. Meng die asyn met die melk en geklitste eier en voeg by die gesmelte margarien. Meng die droe bestand-dele saam en voeg margarien mengsel by. Meng deur tot 'n sagte deeg en skep in die voor-bereide pan.
Maak gelyk en merk die deeg af in vingers. Bak ongeveer 40 minute lank tot gaar.
Laat ongeveer 10 minute lank in die pan afkoel, keer uit. Laat nog afkoel en breek in vingers. Droog uit by 100C. Lewer ongeveer 25 stukke.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Jessie Maritz-Vermeulen
Ek het die resep van Saners wat in Neu Zealand bly gerky, dit is baie lekker want dit het baie sade in..het vandag gebak.
Saad-en-neutbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
This is one square meal in a rusk - and it is a health rusk (gesondheidsbeskuit) too, because it is high in fibre and packed with healthy seeds and nuts.
• 1 kg selfraising flour
• 1 cup (250 ml) dessicated coconut
• 5 cups wheat bran (5 x 250 ml)
• 1 tablespoon (15 ml) baking powder• 1 1/2 (7 ml) teaspoon salt
• 1 1/2 cup (375 ml) seedless sultanas (or use pecan nuts)
• 1 1/2 teaspoon (7 ml) anise seed
• 1 cup sunflower seed (250 ml), blanched in boiling water for 30 seconds and drained
• 1/4 cup (60 ml / 50 gram) sesame seed
• 1/4 cup (60 ml) pumpkin seed
• 1/4 cup (60 ml / 40 gram) poppy seed
• 1/4 cup (60 ml) linseed / flaxseed
• 375 gram butter
• 3 extra large eggs
• 1 1/2 cups sugar (375 ml)
• 500 ml buttermilk
• 1/2 cup (125 ml) canola oil
• 1 teaspoon lemon juice
Method
1. Line oven pan with foil or baking paper
2. Sift flour, baking powder and salt together
3. Add bran, nuts and seeds. Mix well.
4. Rub butter into the flour mixture. This is easier if cold butter is grated first.
5. Whisk eggs and sugar together. Add milk, lemon juice and oil to egg mixture and and mix well.
6. Add fluids to flour mixture and mix.
7. Spread mixture into the greased tin.
8. Bake for approximately an hour in an oven preheated to 180°C. Test with a skewer to ensure it is baked throughout before removing from the oven.
9. Cool slightly before turning the tin out.
10. Let it cool down, cut into slices, and then cut the slices into blocks.
11. Dry overnight in a cool oven at about 80°C. Ensure that they dried out completely.
Notes
The original recipe called for sultanas. Because sultanas harden when dried in the oven, replace it with pecan nuts.
You can leave out the anise seed if you do not like the taste of anise.
You can use five cups of wheat bran if you prefer rusks that are darker in colour.

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Dalene Murdoch Kruger
Semelroombeskuit-

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
1kg bruismeel,
5 kop semels,
500ml suiker,
5ml sout,
500gr marg,
250ml room,
blik idealmelk.
Meng droë bestandele, frummel marg in en voeg dan room en idealmelk by. Druk in pan en sny. Bak vi 45min @ 180. Hou dop dit brand maklik! Koel af en droog uit..
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

OUTYDSE BOEREBESKUIT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/beskuit.html
Maak tuis en neem saam wanneer jy gaan kamp of met vakansie of sommer vir by die huis!
Ouma se plaas beskuit, geniet hom.
500g botter
500 ml kookmelk
10 ml sout
2.5 kg broodmeelblom
500 ml soetsuurdeeg – sien onder

METODE:
Smelt jouse botter in kookmelk, voeg die sout by en laat afkoel – ek sal so ‘n knippie witpeper ook bygooi. maak ‘n holte in die meelblom en gooi die insuursel en die loumelkmengsel daarin, meng tot ‘n stywe deeg, voeg louwater by indien nodig . knie baie goed en hou op ‘n warm plek. bedek nou die deeg met ‘n vadoek en laat rys tot dubbeld die deeg se volume.
Vat die deeg in jou hande en rol die deeg uit in ‘n lang rol. plaas 2 rolle in elke broodpan wat jy met botter gesmeer en met meel geskud het, sit ook gesmelte botter tussen die twee beskuitrolle . smeer nou botter bo-oor en laat weer op ‘n warm plek rys. as die deeg weer dubbeld sy volume het, bak jy die panne teen 220 C vir 1 uur. toets vir gaarheid keer uit en breek in stukke – ek onthou die beskuit sonder fieterjasies – dit het my aan skerp bergpieke laat dink – droog uit in ‘n koel oond.
SOETSUURDEEG:
15 ml sout
15 ml goue bruinsuiker
250 ml kookwater
250 ml yskaswater
250 ml mieliemeel
250 ml warm water

Gebruik ‘n diep kastrol met ‘n deksel wat dig pas. gooi die sout, suiker, die kook-en kouewater daarin en meng met ‘n houtlepel. strooi die mieliemeel oor. maak die kastrol dig toe en laat oornag op ‘n warm plek staan. die volgende more voeg jy 250ml warm water by , asook genoeg broodmeel om ‘n matige beslag te kry. strooi ‘n bietjie meel bo-oor en sit weer die deksel op. draai die kastrol toe in ‘n handdoek en plaas op ‘n warm plek. binne 1 uur behoort die deeg gereed te wees om te knie – gebruik die soetsuurdeeg mengsel in beskuit, maar moet dit dan nie te veel knie nie.
Met die orige soetsuurdeeg moet jy maar brood bak.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Bennie Van Niekerk.

No comments:

Post a Comment