Monday 11 March 2013

VARSWATER VIS GEREGTE



Dis n baie onderskatte vis...my Ouma het dit altyd gebak....nou bak ek dit...sny in dun skywe as jy hom klaar skoongemaak het...dan meng jy biekie mieliemeel met sout, peper en bietjie kerrie poeier...rol dan vis daarin...bak in diep olie tot gaar...hy maak ook lekker vis koekies...of selfs kerrie inle vis...11/3/13


Nicoleen Bishop
BABER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/varswater-vis-geregte.html
Sny die vis in stukke en laat le in suurlemoen en asyn om die modder smaak te vermy! Doop die stukke in eers koekmeel met spices na smaak gemeng en dan in eier (eers meel dan eier) en bak in olie oor lae hitte tot goed gaar. Baie lekker!!12/3/13


Marietjie Venter
Karp Viskoekies                                    

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/varswater-vis-geregte.html
Bestanddele: 
2kg gaar ontbeende vis. 
2kg gaar fyngedrukte aartappels. 
4 Eetlepels droe of 1koppie fyn vars pietersielie.
6 eiers geklits.
4 eetlepels Aromat. 
2 eetlepels fyn swart peper. 
1 eetlepel rooi peper. 
1 koppie suurlemoensap. 
4 groot uie fyn gekap. 
Genoeg olie om diep in te braai

Sit deur meuletjie meng dan die suurlemoensap goed deur bedek vir halfuur meng dan die eiers in en vorm balletjies in handpalm en druk effens plat en bak in matige warm olie diep genoeg om viskoekie te bedek tot bruin aan albei kante. 
Wenk
 sodra die koekie in olie geplaas word skuif vinnig bietjie rond sodat dit nie kleef nie. Plaas op draadrakkie of kombuispapier om te dreineer. Hierdie koekies vries fantasties.


No comments:

Post a Comment