Monday, 11 March 2013

GOUE STROOP TUISGEMAAK


 




Goue Stroop
Tuisgemaakte gouestroop is ‘n groot bederf. Jy kan self gourmet-gouestroop maak deur neute of sade daarby te voeg.
Bestanddele
6 x 250 ml suiker
500 ml water + 250 ml water ekstra
5 ml kremetart
5 ml sout
Metode
Plaas suiker, 500 ml water, kremetart en sout in ‘n kastrol en kook tot dit ‘n amber stroop vorm. Haal van die plaat af en voeg 250 ml koue water versigtig druppelsgewys by terwyl jy aanhou roer. As stroop afgekoel het, kan pistasieneute, haselneute, granaatpitte of ‘n vanieljepeul bygevoeg word.* http://huiskok.wordpress.com/
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html


GOUESTROOP TUISGEMAAK



Tuisgemaakte gouestroop
Marianne Pampoen
Dit is
2,5kg suiker,
1.5lt water
1t sout en
2t cream of tartar.
Roer tot suiker opgelos is en kook op hoog vir ongeveer 45 tot 60 min. Dit mt goue stroop se kleur ht. As dt begin kleur mt jy net oppas dit brand baie maklik. Haal v stoof en gooi nou 500 ml kamer temp water letterlik druppels gewys by. Jy moet baie versigtig wees dit kook op
en glo my dit brand n gat in jou hande waar dt val. Roer dt elke keer deur. Laat koud word en daar ht jy lieflike stroop.
TIP, die stroop sal altyd loperig lyk wanneer warm, maar sal dik wees wanneer koud. Petra gooi so bietjie suurlemoensap by vir ekstra smaak, maar dis opsioneel.Petra Pretorius
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html

EN 'N ANDER WEERGAWE deur aunty yochana
TUISGEMAAKTE GOUE STROOP
Ingredients
200g sugar
50g water
1 kg sugar
600g boiling water
2 slice lemon
Method
1. Pour 200g sugar and 50g water into a large saucepan. On medium heat, twirl the pot around and caramelise the sugar until a dark golden colour.
2. Add the boiling water, the kilo sugar and lemon slices.
3. On low heat boil for 45 minutes until thick (stir it ocassionally if you must or leave it alone to do its own thing).
4. Cool and pour into sterilised jars or bottles. Label and store in a cool place.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html

Shani Reader
Goue stroop
6 x 250 ml suiker
750 ml koue water
15 ml kremetart
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in 'n kastrol.
Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot die stroop ligbruin van kleur is, sowat 15 - 20 minute.
Voeg die res van die water stadig by.
Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html


Maria Venter

Goue Stroop.
 9k Suiker.
 4k Water.
 1t sout.
 1t Kremetart.
 Kook bogenoemde saam totdat stroop sy kleur en dikte het.  Trek van hitte af voeg 2k koue water by maar stadig. by meng*11/3/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html 


Tuisgemaakte Gouestroop
(Sarie se flatervrye resep) 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/goue-stroop.html
6 x 250 ml suiker
750 ml (3k) koue water
15 ml (3t) kremetart
Meng suiker, die helfte van die water en kremetart in ‘n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin is, sowat 15 – 20 min.Voeg res van die water stadig by. Verwyder van hitte en giet in gesteriliseerde flesse.

No comments:

Post a Comment