Wednesday, 27 March 2013

BOONTJIE-SOP / BEAN-SOUP




Quick Pinto Bean Soup with Chorizo

Enjoy this quick version of Mamita’s delicious Pinto Bean Soup with Chorizo
Ingredients
3 Colombian-Style chorizos, sliced
2 corn ears, cut into small pieces
1 cup hogao [resep onder]
1 carrot, peeled and sliced
2 (15 oz) cans pinto beans
6 cups chicken or beef stock
1 medium potato, peeled and diced
1 teaspoon ground cumin
Salt an pepper
1 ripe plantain,peeled and diced
1/2 pound frozen yuca, cut into pieces [los as julle dit nie het nie]
Fresh cilantro
1.In a large pot over medium heat, cook the chorizo until browned,about 5 minutes. Add the stock and corn.Bring to a boil.
Reduce the heat to medium and cook for 15 minutes, add the beans, carrots, hogao, cumin, potatoes, plantain and yuca.
2.Reduce the heat to medium-low and cook for about 35 minutes minutes more, Add more stock if the soup is too thick. Season with salt and pepper.
3.Add fresh cilantro and serve with white rice and avocado on the side.White rice and avocado for serving*Colombian Recipes* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

COLOMBIAN TOMATO AND ONION SAUCE
 (HOGAO)

3 tablespoons vegetable oil
1 cup chopped scallions
2 cups fresh chopped tomatoes
1 clove garlic, minced
1 teaspoon ground cumin
¼ teaspoon salt
¼ teaspoon ground pepper
1. Heat the oil in a saucepan, add the tomatoes, scallions, garlic, ground cumin and cook gently for 10 minutes, stirring until softened.
2. Reduce the heat to low, add the salt and , cook for 10 minutes more, stirring occasionally until the sauce has thickened. Check and adjust the seasoning http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html


Vinnige Boontjiesop
2 Blikkies suikerbone – gedreineer
3-4 Sopbene
2 liter water
Paar repies spek klein gesny en uitgebraai
1 Aartappel in dobbelsteentjies gesny
1 ui fyn gekap
1 pakkie beesstertsop
Sout & Peper, knypie gemengde kruie
Metode:
Braai helfte van uie in bietjie botter, voeg sopbene en gedreineerde bone by, bedek net met water en kook saam tot baie sag.
Voeg ui, aartappel en res van water by en kook tot aartappel sag is.
Maak pakkie sop met bietjie water aan en voeg by.
Laat goed deurkook en druk weer fyn indien nodig.
Geur met sout, peper, kruie en spek. (Proe eers want pakkie sop het reeds sout in)
Roer goed deur. Bedien met vars brood.
Indien dikker sop verkies kan minder water gebruik word .*Susanvs http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html



BOONTJIE EN GROENTESOP
My sop resep amper so. Ek kook eers die rooi droe boontjies tot amper sag. (Ek spoel nie af nie). Dan voeg ek my sopbene met vleis by en kook tot sag. Dan rasper ek geskilde wortels, aartappels en rape, en voeg by die bone-vleisbeen sop. Ek voeg dan so 20 min voor opdiening 'n paar gebreekte stukkies spagghetti by. Met opdiening strooi ek so 'n bietjie fyngekapte pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil by vir garnering. Heerlik!
O ja ek't vergeet ek kook ook so 250ml bacon (blokkies) saam met die vleis. Jeani Strauss http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

Outydse bonesop met broodkluitjies
Sop
100 g spekvleis, in kleiner stukke gesny
1 pak (500 g) droëbone, geweek
3 liter (12 k) water
500 g beesskenkelvleis, in stukke gesaag
1 ui, grof gekap
1 beesvleisaftrekselblokkie
2 ml neutmuskaat
125 ml fyn gekapte vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Kluitjies
8 snye witbrood, korsies afgesny
25 ml botter
15 ml fyn gekapte pietersielie
2 eiers, geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Koekmeel
Sop: Braai die spekvleis in 'n groot kastrol tot gaar. Dreineer die bone en voeg saam met die koue water en skenkelvleis by die spek. Bedek en laat prut tot die bone sag is. Voeg dan die ui, aftrekselblokkie, neutmuskaat en pietersielie by en laat nog ongeveer 'n uur prut. Geur met sout en peper.
Kluitjies: Week die brood in 'n bietjie sop en druk fyn. Giet die oorblywende sop terug in die kastrol. Voeg die botter by die brood en meng goed. Voeg ook die pietersielie en eiers by en geur met sout en peper. Skep lepelsvol van die broodmengsel in 'n bietjie koekmeel en bedek dit heeltemal daarmee. Laat ongeveer 10 minute staan. Druk die bone in die sop fyner met 'n aartappeldrukker en skep die kluitjies bo-op. Laat 12-15 minute lank prut en roer af en toe. Skep die kluitjies uit en giet die sop in 'n sopkom. Skep die kluitjies weer bo-op. Lewer ongeveer 2 liter sop.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

                                                                >Flickr.com<



LEKKER BOONTJIESOP
Dries Coetzee
Lê boontjies in water oornag
Dreineer en gooi skoon water en geswelde boontjies in n pot
Paar stukke sopvleis
2-3 groot uie grof gesny
2-3 Leeks dun gesny
Sout en peper
Kook stadig op matige hitte
Roer so nou en dan net om seker te maak die sop brand nie aan nie
As boontjies en sopvleis lekker sag is druk vleis stukkend met potatoe masher sommer in die pot en by die tyd sal die sop lekker dik wees
As sop te dik word gooi Maar net n bietjie water by.28/5/12**Helena Kruger http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

Maré Nieuwoudt
Winter is definitely here Divas! Tonight I am making this delicious soup. It is always a hit with my family. Why not try it with yours? So quick, easy and delicious!
Bean and griller soup
500 ml carrots, scraped and grated
1 large onion, peeled and grated
1 large celery stick, chopped
2 x 400 g All Gold chopped peeled tomatoes
2 beef stock cubes
1,5 litre warm water
2 x 410 g Koo white beans, drained
salt, pepper and a dash of sugar
4 x Enterprise Traditional Smoked Bacon Grillers, sliced *
Parmesan or Pecorino cheese, grated for sprinkling, if desired
1. Prepare the carrots, the onion and the celery.
2. Dissolve the beef cube in the warm water.
3. Place the carrots, onion, celery, tomatoes and beef stock in a large saucepan and boil together until the vegetables are tender.
4. Season with salt and pepper and flavour with sugar.
5. Add the beans and sliced Enterprise bacon grillers, boil together for 3-5 minutes until well heated through.
* Can be substituted with: Enterprise Microwavable Streaky Bacon
Makes 4 - 6 portions
Serve soup, sprinkled with parmesan or pecorino cheese with buttered wholewheat bread.- Enterprise Deli DIva 22.5.2012 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

Lorraine Weitz Brand
BOONTJIESOP
1 pakkie (500g) suikerboontjies 3 liter kookwater
500g beesskenkelvleis met bene 500g skaapskenkels of stowevleis
1 groot ui 1 blokkie biefekstrak
1 blikkie tamatiepasta 25ml Bisto
10ml Worcestersous Sout en Peper
Week bone oornag. Gebruik 2 liter water en kook tot sag. Voeg vleis, biefekstrak by en voeg res van water (1 liter) by en kook verder tot vleis en bone baie sag is. Meng tamatiepasta, bruinsouspoeier, Worcestersous, sout en peper by en kook vir 10 minute. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

Helena Kruger
BOONTJIESOP MET SPEKBLOKKIES
500g pakkie droë suikerbone,
250g gerookte spek, in blokkies gesny
oornag geweek in koue water
1 varkpootjie
2.5 liter water
1 groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper
65g (1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies
‘n paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak
olyfolie
Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit. Braai varkpootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3 ure of tot bone sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.*Gabrielkolbe* 10/4/12. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/boontjie-sop-bean-soup.html

No comments:

Post a Comment