Tuesday 26 March 2013

LEWER GEREGTE

                                                                                
                                                           LEWER GEREGTE



Soetsuur-lewer met uie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

500 g beeslewer
60 ml (¼ k) koekmeelblom
sout en varsgemaalde peper na smaak
45 ml (3 e) kookolie
2 middelslag-uie, grofgekap
1 groen soetrissie, ontpit en in repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny
½ pynappel, geskil, in skywe en dan in kwarte gesny
Sous
125 ml (½ k) soetrissiesous
30 ml (2 e) olyfolie
2 ml (¼ t) Worcestersous
2 ml (¼ t) sojasous
80 ml (1 derde k) vars suurlemoensap
10 ml (2 t) gerasperde suurlemoenskil
60 ml (¼ k) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) mielieblom
Metode
1. Verwyder die dun buitenste membraan van die lewer. Sny enige vet of are weg en sny die lewer in dun stukke. Was en droog. Meng die meel met die geurmiddels. Rol die lewerstukke in die mengsel.
2. Verhit die olie in ’n swaarboompan. Braai die lewerstukke aan albei kante tot goudbruin in kleur. Voeg die uie, soetrissies en pynappel by en braai liggies verder.
4. Sous: Kombineer al die bestanddele saam. Voeg by die lewer in die pan en braai verder, vir omtrent 2 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Bedien warm op growwe brood of as ligte ete.*Rapport*


Colyn Kook Man Kos
BRANDVLEI SE LEWERKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
Theresa de Vries van ‘n plaas in die Brandvlei-distrik is ‘n geoefende hand. Sy gebruik semels inplaas van die meel, wat sorg dat die lewerkoekies heerlik sag en lig is en jy nie bakpoeier hoef te gebruik nie.
1 kg lewer
200g sagte vet of vetderm,
1 hart of 250g maalvleis,[skaaphart]
2 aartappels
1 groot ui
2-3kop semels beslag moet gebind wees daarmee),
4 eiers
12,5 mℓ fyn sout
30 mℓ Worcestersous,
2 t swart peper.

Maal alles behalwe die eier en semels. Voeg geklitste eier by en voeg semels by tot beslag gebind is maar nie styf nie, dit moet nog van die lepel afdrup. Skep dessertlepelsvol in vlak olie en bak beide kante tot bruin en gaar. Bedien met kapokaartappels.*Colyn Serfontein +Foto*




LEWERKOEKIES MET TAMATIE BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
1 ui, fyngekap
400 g lam, skaap of beeslewer
8 repies spek, opgesny
2 eiers, geklits
2 eetlepels asyn
½ koppie varsbroodkrummels
2 eetlepels pietersielie, fyngekap
sout en gemaalde swartpeper na smaak
olie vir braai
TAMATIE BLATJANG
900 g tamaties, grof gekap
1½ koppie rosyntjies
2 uie, fyngekap
1 koppie strooisuiker
2½ koppie moutasyn
METODE
Braai die ui in‘n braaipan tot deursigtig en sag en laat afkoel.
Sny die lewer in kleiner stukkies en voeg saam met die ui in voedselverwerker en verwerk tot fyn.
Skep in ‘n mengbak en voeg die res van die bestanddele by.
Geur met sout en swartpeper en meng deeglik.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai tot goudbruin aan beide kante.
Bedien met tamatieblatjang.
Tamatieblatjang:
Plaas die tamaties, rosyne, uie en strooisuiker in ‘n kastrol.
Giet die asyn oor die tamaties en bring tot kookpunt.
Verlaag die temperatuur en prut vir ongeveer 2 ure of totdat die megsel verdik het.
Bedien onmiddellik of stoor in gesteriliseerde flesse in die yskas.
Bron: RSG Resepte
n.s>
Henriette Wessels 
Die resep laat my terugverlang na my Ouma - vroeg soggens het haar plaaskombuis altyd na brood geruik....en dan kon sy die lekkerste lewerkoekies maak!

 


GEURIGE LEWER EN PAP


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
1 kg lewer in blokkies gesny.
3 E appelkooskonfyt
2 Uie
2 Tamaties
1 pakkie tamatiepasta 15ml Soyasous 10 ml braai speserye 10 ml Robertson Country knoffel en kruie 10 ml gekneusde knoffel +- 350 ml water Sout na smaak Braai die knoffel, uie en tamaties. Gooi knoffel by en braai. Gooi dan al die res van die bestandele by en roer deur. Giet water oor tot dit redelik souserig is. So om en by 350ml. Gooi sout na smaak en sit op lae hitte en kook omtrent halfuur of tot baie van die sous afgekook het. Solank daar nog sous vir die pap is. Bron: Claudia Bosch vir Pasella**Henriette Wessels 



LEWERKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
Belinda Hattingh
Lewerkoekies:
500gr lewer (gemaal) :
1 ui gerasper :
500 ml vars Broodkrummels :
 10 ml sout:
1 eier geklits:
25 ml asyn :
10 ml worcestersous:
12.5 ml gekapte pietersielie:
50 ml koekmeel:
5 ml bakpoeier.
 Meng alles saam.
Verhit olie oor middelmatige hitte en bak lepelsvol tot gaar en bruin.*6/6/13

 

                                                         Foto Nettie Cilliers
                                                             22/08/2015


LEWERKOEKIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Andre Adriaan Esterhuizen

Lewer koekies........Die resep is oor die 50 jaar oud. Dit was 'n resep van Esmé en Jan op die destydse So maak mens! Die resep is 'n groot sukses.

Bestanddele

1kg gemaalde lewer (skaap, bees of volstruis)

4 groot aartappels, gerasper
2 uie, gerasper
2 eetlepels asyn
1 koppie koekmeel, gesif
2 eiers
6 teelepels bakpoeier
Metode

Meng alles goed saam.

Maak koekies en bak in 'n bietjie olie.
Dit vries baie goed.
Lewer ongeveer 50 koekies** 17/06/2014* 


Lewer met sampioene
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Bedien 4 – 5
500 g lamslewer
2 uie, in fyn ringe gesny
2 handvol sampioene, wit of bruin
4 eetlepels botter
1 likeurglasie droë wit vermoet
250 ml room

Verhit botter in ’n groot pan en braai uie daarin tot ligbruin. Sny lewer in dun skyfies, voeg by en braai vinnig. Skep lewer uit in ’n warm opdienbak.
Voeg sampioene, net so heel of opgesny na keuse, by die pan, voeg vermoet by en roerbraai tot sag.
Skep lewer terug in die pan, voeg room by en prut totdat lewer gaar en die sous effens verdik is. Dien dadelik op met rys en sag gekookte spinasie.*Burger*



Wenke
  • Alle soorte lewer moet óf heeltemal vars óf bevrore wees. Soos alle beenlose vleis bederf dit gou en hou nie meer as twee dae in die yskas nie.
  • Lewer moet skoon ruik en ligrooi wees as dit vars is. Lewer wat te lank gehou word, kan nie weer gevries word nie – dit word sleg en verbruin.
  • Maak lewer deeglik skoon en verwyder die velletjie van lams- en wildslewer om te voorkom dat die vleis taai kook.
  • Vars hoenderlewers het dikwels nog stukkies geel galblaas aan. Dit maak geregte bitter. Koop eerder bevrore, skoon hoenderlewers in pakkies.
  • Gaar gemaalde lewer is gesonde, proteïenryke kitskos. Maak lewerkoekies en bedien met ertjies by … en jou kinders sal dit terdeë geniet!.

Lamslewer en suursous
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Bedien 4 – 5
700 g lamslewer
1 eetlepel olie
1 ui, fyn gekap
2 huisies knoffel, plat geslaan en fyn gekap
125 ml water
skil van een lemoen, gerasper
1 eetlepel suurlemoensap
halwe eetlepel meel
1 eetlepel suiker
1 eetlepel asyn
sout en swartpeper na smaak

Verwyder velletjie van lewer, spoel af en druk droog met papierhanddoeke. Sny in blokkies en maak seker daar is geen drade nie. Verhit olie en braai ui en knoffel saggies tot ligbruin en sag. Voeg lewer by. Meng water, lemoenskil en suurlemoensap en voeg by die pan. Prut 5 minute. Klits meel, suiker en asyn en voeg by die pan. Draai hitte baie laag en roer tot sous verdik. Proe en voeg sout en swartpeper by. Bedien op kapokaartappels.Burger*


Marietjie Le Roux Holmes
Lekker sosaties en skilpadjies vir vanaand !17/5/14
Wilna Dorfling
Lewer in netvet
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Bestanddele:
Netvet
Skaaplewer
1 ui
1 sny brood
Naeltjies
Neutmuskaat
Sout en peper na smaak
Laat lê die netvet in warm water voor jy die lewer daarin sit, want anders kraak dit - en mors nie graag lekker kos nie. Vir elke een skaaplewer nodig jy omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai.
Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die netvet in 6cm stukkies. Skep eetlepel van die lewer daarop. Vou die netvet toe om die lewer..


LEWER MET KRUIESOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
 
KOM ONS KOOK)
500g  Lewer
30ml  Meelblom
5ml  Sout
1ml  Peper
15ml  Marjolein
30ml  Botter
30ml  Olie
75ml  Gekapte ui
250ml Vleisaftreksel
125ml Gekapte pietersielie
30ml  Suurlemoensap

METODE
1. Was die lewer en verwyder die vliesies en sny in repies
2. Meng die meel, sout, peper en marjolein saam.
3. Rol lewer daarin
4. Braai die uie en lewer in die botter en olie
5. Gooi die ander bestanddele oor die lewer
6. Prut todat die lewer gaar is, ongeveer 15-20min .


Maré Nieuwoudt
LEWER IN ROOIWYN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Sny skoongemaakte lamslewer in skywe, doop in eier en in gegeurde koekmeelblom. Braai in olie tot bruin buite-om en pienk van binne. Braai 2 uie, in ringe gesny, en 3 gekneusde knoffelhuisies met stukkies spekvleis tot gaar. Voeg n blikkie tamatiepasta en 250 ml rooi wyn by. Geur met sout, peper, n knippie suiker en Worcestersous. Laat afkook.  Bedien met fyn aartappels

Rene Wessels
Lewerkoekies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Hierdie is my eie resep. Die mates is by benadering want ongelukkig hou ek nie altyd rekord van hoeveelhede nie, jammer.
1 groot skaaplewer[ of bees/wild] skoongemaak en velletjie afgetrek
250 gr spek
2 groot uie
3 groot eiers
2 snye brood.
1 blikkie geroomde sampioene
Bogenoemde sit ek alles deur die vleismeule
Voeg by:
sout en peper na smaak
'n groot handvol gekapte pietersielie
5 ml oreganum
2,5 ml kumin
Knoffelspeserye na smaak
Laastens sif bruismeel by om 'n nie te slap degie te vorm en braai in vlak olie tot goudbruin en gaar

Benhet Nieuwenhuis
Lewer in Netvet (Skilpad)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

netvet
skaaplewer
1 ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout,peper
Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop . Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor. Braai oor 'n stadige vuur .

LEWERKOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

454g gemaalde lewer
1 gekapte ui
1 teel gekapte pietersielie
1 teel asyn of suurlemoensap
2 geklitste eiers
1 teel sout
Knippie peper
2 eetl bruismeel
Meng lewer, ui, pietersielie en asyn. Voeg eiers, sout, peper en bruismeel by en meng deeglik.
Bedek braaipan se bodem met olie en verhit. Skep lepels vol lewer daarin en braai bruin aan albei kante.

LEWERSMEER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

1 lewer ontvlies
500ml botter
2 groot uie gekap
15ml – 20ml sout
10ml suiker
Knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25ml brandewyn
Soteer uie in die helfte van die botter. Bak die lewer in die ander helfte van die botter. Maal nou die lewer en uie deur ‘n fyn siffie. Voeg alle ander bestandele by en meng deeglik. Maal alles weer vir ‘n tweede keer. Plaas in glashouer en bewaar in yskas. Bedien op growwe brood..

SOET-SUUR LEWER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

500g lewer, voorberei (gewas en vel af getrek) en in stukkies gesny
1 groot ui in ringe gesny
1 knoffelhuisie fyn gekap
Sout en peper na smaak
25ml sojasous (2 eetl)
30ml suiker (6 teel)
125ml water (1/2 kp)
Braai uie in botter of margarine (Moenie olie gebruik nie,dit maak die lewer taai) Gooi meelblom in ‘n plastieksakkie, voeg die knoffel, sout en peper by die meel. Gooi die stukkies lewer in die meelmengsel, skud die sakkie goed sodat al die lewer met die meel bedek is. Sit die lewer by die uie in die pan en braai bruin weeskante, voeg water, suiker en sojasous by, en laat dit vir ongeveer 45min prut. Bedien met rys of kapokaartapels. * Watertand wenners*.

GEBAKTE LEWER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Lekker vir ontbyt, maar net so lekker saam met kapokaartappels en beetslaai
500g lewer
50g (15ml) vars witbroodkrummels
1 uitjie fyn gekap
5ml gemengde kruie
1 ml peper
1 eier geklits
125-150g ontbytspek
1 blokkie biefekstrak
150ml kookwater
Stel die oond op 160°C. Was die lewer, trek die vel af en sny die lewer in dun skyfies. Plaas in lae op die boom van ‘ gesmeerde bakskottel van sowat 15 x 25 x 5cm. Meng krummels, ui, kruie, peper en eier goed en smeer oor die lewer. Sny swoerd van spek af en spoel spek in koue water af. Plaas bo-oor die krummellaag. Los ekstrak in kookwater op en gooi oor spek. Bak 45min. *Wenresepte*.

Adéle Van Zyl Filmalter
ROMERIGE LEWER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

30ml botter of margarien
1 middelslag ui, in skyfies gesny
±6 klein murgpampoentjies, in skyfies
450g lamslewer, in blokkies gesny
10ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
150ml hoenderaftreksel
15ml suurlemoensap
2ml gedroogde marjolein
150ml room
Verhit die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die murgpampoentjies by en soteer dit ongeveer 5 minute lank. Bedek die lewer met die koekmeelblom en geur dit met sout en peper. Voeg die orige botter of margarien by die murgpampoentjies en braai die lewer alkante bruin. Voeg die aftreksel, suurlemoensap en marjolein by, asook nog sout en peper na smaak. Verhit dit tot kookpunt en laat dit 5 minute lank prut. Roer die room by en verhit dit tot deurwarm, maar nie tot kookpunt nie. Lewer 4 porsies.

Sandra Visagie
GEBAKTE LEWER MET APPEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

1 pd skaaplewer
1 fyngekapte ui
2 groot appels
sout en peper
6 repies spek
1/2 k water
METODE
Verwyder vel en groot are van lewer en sny in dun skyfies. Kap die appel in blokkies. Snipper die spek in stukkies. Strooi sout en peper oor die lewer en rangskik in gesmeerde vuurvaste bak. Meng appel, uie en spek en gooi bo-oor lewer. Gooi water oor en maak toe. Bak 45 min. in matige oond, haal deksel laaste 15 min af voor mengsel gaar is..


Elda Lombard
Lewerkoekies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

1 1\2pd skaaplewer
1 groot T bakpoeie
1\2 meel
1\2 ui
4 e tamatiesous
Sout peper na smaak
Maal die lewer en kerf die ui fyn
Meng al di bestandele en skep. Lepelsvol in warm. Vet en bak gaar

Adéle Van Zyl Filmalter
LEWERGEREG 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Lewer in repies gesny
1 Green Pepper
1 Geel Pepper
1 Rooi Pepper
1 pak Sampioene
2 groot Uie
1 houertjie Vars Room
Braai uie, sampioene en peppers saam en hou eenkant. Braai
lewer gaar. Meng alles saam in 'n pan, gooi room oor en prut
vir 5 - 10 minute. Bedien met rys..


Adéle Van Zyl Filmalter
Lewergereg
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html

Maak éérs die sous en roerbraai dan die lewer.
Sous
1 groot ui, opgekap
kookolie om in te braai
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
10 ml worcestersous
5 ml suiker
2 ml knoffelsout
10 ml souspoeier
300 ml kookwater
pietersielie na smaak en ekstra om
bo-oor te strooi
Verhit olie en braai die ui daarin tot goudbruin. Meng res van die bestanddele saam, voeg by ui en prut vir sowat twee minute. Hou eenkant.
500 g lewer, skoongemaak en in repies gesny
30 ml koekmeel
30 ml mielieblom
10 ml bakpoeier
sout en swartpeper na smaak
olie vir roerbraai
Rol die repies in die meelmengsel. Laat staan sowat 2 uur. Verhit olie in 'n pan en roerbraai die lewer. Wees versigtig dat die lewer nie te gaar word nie. Giet dan die sous bo-oor en laat prut vir sowat 10-15 minute. Dien op met koes-koes, rys of pasta. Strooi pietersielie bo-oor..

Skilpadjies


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lewer-geregte.html
Deur Melissa van der Colf, SARIE KOS Winter 2009
(10 porsies)

3 – 4 kg vars netvet
1 kg skaap- of beeslewer
2 skaapniertjies
150 g wildsvleis-steak
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml sout
5 ml growwe swartpeper
5 ml brandrissie, gekap
1 takkie vars tiemie
50 ml bruinasyn
50 ml Worcestersous
tandestokkies
Bedek netvet met warm water. Maak lewer en niertjies skoon (of vra jou slagter om dit te doen). Sny steak, lewer en niertjies in klein blokkies. Voeg uie, knoffel, sout, swartpeper, brandrissie, tiemieblare, asyn en Worcestersous by. Verwyder dik rante van netvet. Sprei netvet op werksoppervlak uit en sny in 10 gelyke vierkante. Skep ’n eetlepel vol lewermengsel op elke vierkant. Vou netvet toe en steek die bondeltjies met tandestokkies vas. Braai skilpadjies stadig oor matige kole vir 30 – 45 minute. 

No comments:

Post a Comment