Tuesday 12 March 2013

BREYANI GEREGTE





 BREYANI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/breyani-geregte.html
(bedien 10)
1kg skaapvleis, in blokkies gesny
vars gemmer, fyn opgesny
10 ml knoffel, fyn opgesny
10 ml sout
250 ml bruin lensies
500 ml water
500 g basmati rys
250 ml olyfolie
300 ml kookwater
6 aartappels, in skywe gesny
3 uie, in dun skywe gesny
50g botter
6 hardgekookte elers, gehalveer
Maak ‘n marinade van:
3 stukke kaneel
5 kardamonsade
2 groen rissies
2 ml borne
5 ml masala
5 heel naettjies
5 soetpepers
safraan
1 tamatie, fyn opgesny
250ml karringmelk
Vryf 5 ml sout en die knoffel en gemmer in die vleis in.
Manineer die viels vir ten minste 3 ure.
Kook die lensies vir 20 minute.
Spoel af.
Was die rys tot die water maklik afspoel.
Verhit 50ml olie in ‘n pan en voeg die rys by.
Voeg 100 ml kookwater by en kook bedek vir 5 minute op matige hitte.
Verhit die res van die olie in ‘n pot en braai die aartappets aan alle kante tot bruin, sowat 4 minute.
Verwyder die aartappels en hou eenkant.
Voeg die uie by en braai bruin, sowat 8 mInute.
Hou ‘n kwart van die ule eenkant.
Voeg die vleis en speserye by die uie en kook bedek vir30 minute.
Haal die vleis uit en hou eenkant warm.
Pak lae aartappels in, gooi die heifte van die rys oor die aantappels en strooi 2,5 ml sout oor die rys.
Die vleis word nou bo-op die rys geplaas.
Nou voeg die lensies met die res van die rys en sout daarna.
Die uie wat jy eenkant gehou het kom nou oor.
Sit stukkies botter op en besprinkel met die oorblywende kookwater.
Maak die pot goed toe.
Kook op hoe hitte vir 5 minute en dan op lae hitte vir 1 uur.
Moet nie die pot oopmaak nie.
Garneer die dis met die eiers en bedien saam met slaai.
12/3/13 **
Dalene Brits*




 



Dagsê kosmaters, graag deel ek met julle my vinnige hoender breyani resep. N treffer in ons huis. Neem ongeveer n uur, dan is dit gereed .

HOENDER BREYANI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/breyani-geregte.html

30ml olie
1 ui opgekap
30ml kerriepoeier
5ml breyani masala
5ml borrie
4hoenderborsies in bite size stukkies gesny
2 koppies rys, afgespoel, en gedreineer
1 liter hoenderaftreksel( gemaak met 4 hoenderaftreksel blokkies)
15ml breyani spesery mengsel
1 blikkie lensies in tamatiesous, gedreineer
1 groot aartappel in groterige blokke gesny, diepgebraai in olie, tot gaar.
Sout en peper na smaak.
Metode.
Verhit olie,en braai uie totdat dit begin glaserig raak,
Voeg al die speserye by, en braai vir so n minuut, indien mengsel te droog is, voeg nog olie by.
Sit hoenderstukke by, en roerbraai tot hoender halfgaar is.
Voeg 1liter aftreksel by, strooi afgespoelde rys oor, sout en peper na smaak, deksel op, en prut totdat rys gaar is, en aftreksel opgeneem is .
Voeg dan lensies en gaar aartappel stukke, by, roer deur, laat vir so 5min staan op afgeskakelde plaat, om deurwarm te word. Smaaklike ete
**
Dorie Niemand* 20/01/2016

No comments:

Post a Comment