Tuesday 12 March 2013

LENSIE GEREGTE

(Foto geleen)


 Baie lekker en baie vinnig!
LENSIESOP
2 deslps Olyfolie
1 Geelui, fyngekap
1 Selderystingel, in dun skywe
1 Wortel, in dun skywe
1 huisie Knoffel
1 Lourierblaar
Braai saam tot sag, ±5 min.
2 tlps Kerriepoeier
Roer in en braai nog 1 minuut.
1 k Organies ‘plum tomatoes’ geblik
1½ k droë rooi of bruin lensies, afgespoel
6k Groenteaftreksel
1 Suurlemoen in skyfies
Bring tot kookpunt oor medium hitte. Verlaag hitte en simmer vir ±30 min of tot sag.
Verwyder suurlemoen en lourierblaar
1k Grofgekapte vars Spinasie
Voor opdiening voeg spinasie by en simmer

Dalene Brits
Berie Smith
LENSIE BOLOGNASE:
[(Kos is op die tafel)
Lewer 4 – 6 porsies
Spaghetti bolognaise is ’n bekende gunsteling, maar probeer gerus dié vegetariese weergawe. Dit is enige tyd net so geurig en as iemand dit nie weet nie, sal hulle selfs dink hulle eet vleis.
15 ml olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 middelslag wortels, grof gerasper
1 selderystingels, gekap
1 groen of rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
25 ml gedroogde gemengde kruie
200 g (250 ml) rooi lensies, deurgesoek vir klippies
1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties, gekap
1 x 65 g-blik (60 ml) tamatiepasta
625 ml groenteaftreksel
5 ml suiker
10 ml Worcestershiresous
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
10 ml suurlemoensap
20 ml gekapte vars, of 10 ml gedroogde origanum
gaar spaghetti of ander pasta van jou keuse om op voor te sit
125 ml fyngerasperde Parmesaan- of Cheddarkaas
pesto van jou keuse om mee voor te sit (opsioneel)
1.Verhit olie oor matige hitte in ’n kastrol en soteer uie en knoffel tot sag. Voeg orige groente en gemengde kruie by en soteer nog ’n paar minute.
2.Roer lensies, tamaties, tamatiepasta, aftreksel, suiker en Worcestershiresous by en sit die deksel op. Verlaag hitte en prut 20 minute of tot die lensies net sag, maar nie pap is nie. (Die lensies word liggeel wanneer dit gaar is.)
3.Geur lensies na smaak met sout, peper, suurlemoenskil, -sap en origanum. Sit voor op pasta met kaas, lepelsvol pesto (indien gebruik) en ’n bietjie olyfolie.
Wenke:
1. Vervang rooi lensies met bruin lensies en prut 30-40 minute of tot net gaar. Geur met ekstra tamatiepasta en voeg 10-15 ml gemaalde koljander ook by.
2. Gebruik die lensies soos enige maalvleismengsel. Sit dit op gebakte aartappels, in pitas of op bruinrys voor of berei ’n vegetariese lasagne deur dit tussen lae gaar eiervrugskywe of pastavelle, met ’n kaassous bo-oor, te pak. Dis ook ’n heerlike vulsel vir gebakte botterskorsie-helftes of pannekoeke.

Dalene Brits
Lidia Theron
Om verskillende redes, soos dat ek alleen bly en die resep heeltemal te groot is vir my en ook omdat ek nie vreeslike erg brandkos kan eet nie, gee ek my aangepaste weergawe:
LIDIA SE KEKERERTJIE GEREG
1 blikkie kekerertjies
1 blikkie lensies
1 blikkie rooi nierboontjies
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie low fat klappermelk
handvol baba uitjies
groot handvol baba aartappeltjies
Nog 'n halwe ui om saam met my kerriemengsel te braai.,
Braai die halwe ui in olyfolie. Meng die volgende saam (ek gee nie juis hoeveelhede nie, dis net by benadering):
45 ml kerriepoeier
5 - 10 ml borrie
skeut Worcestersous
skeut asyn
± 30 ml chutney
Braai die mengsel vir 'n rukkie saam met die halwe ui. Voeg die res vd bestanddele by, bring tot by kookpunt en prut vir 'n halfuur, of so. Totdat die aartappels en ui gaar is en dit nie meer te souserig is nie.
Ek het dit vir my vir aandete gemaak, saam met twee snye volgraanbrood geëet en ek kan julle beloof dis heerlik. Daar is natuurlik heelwat oor.Vir mense wat lief is vir vleis, eet dit dalk saam met 'n skaap of varktjoppie. Ek eet wel vleis, maar is nie 'n vreeslike groot vleiseter nie, het dit dus net so geët. Heerlike lae GI ete.

Dalene Brits 
BREYANI
(bedien 10)
1kg skaapvleis, in blokkies gesny
vars gemmer, fyn opgesny
10 ml knoffel, fyn opgesny
10 ml sout
250 ml bruin lensies
500 ml water
500 g basmati rys
250 ml olyfolie
300 ml kookwater
6 aartappels, in skywe gesny
3 uie, in dun skywe gesny
50g botter
6 hardgekookte elers, gehalveer
Maak ‘n marinade van:
3 stukke kaneel
5 kardamonsade
2 groen rissies
2 ml borne
5 ml masala
5 heel naettjies
5 soetpepers
safraan
1 tamatie, fyn opgesny
250mol karringmelk
Vryf 5 ml sout en die knoffel en gemmer in die vleis in. Manineer die viels vir ten minste 3 ure. Kook die lensies vir 20 minute. Spoel af. Was die rys tot die water maklik afspoel. Verhit 50ml olie in ‘n pan en voeg die rys by. Voeg 100 mI kookwater by en kook bedek yIn 5 minute op matige hitte. Verhit die res van die olie in ‘n pot en braai die aartappets aan alle kante tot bruin, sowat 4 minute. Verwyder die aartappels en hou eenkant. Voeg die uie by en braai bruin, sowat 8 mInute. Hou ‘n kwart van die ule eenkant. Voeg die vteis en speserye by die ule en kook bedek yin 30 minute. Haal die vleis uit en hou eenkant warm. Pak lae aartappels in, gooi die heifte van die rys oor die aantappels en strooi 2,5 ml sout oor die rys. Die vleis word nou bo-op die rys geplaas. Nou voig die tensies met die res van die rys en sout daarna. Die uie wat jy eenkant gehou het kom nou oor. Sit stukkies bolter op en bespninkel met die oorblywende kookwater. Maak die pot goed toe. Kook op hoe hitte vir 5 minute en dan op lae hitte vir 1 uur. Moet nie die pot oopmaak nie. Garneer die dis met die eiers en bedien saam met slaai.12/3/13

No comments:

Post a Comment