Tuesday 12 March 2013

EISBEIN / PORK KNUCKLES




EISBEINS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html
Julle verstaan nie !! Ek het die gerookte Eisbein so 20min. in my elect.Stoompot gekook met uie, wortels,seldery stingel, paar peperkorrels ..
Uitgehaal en in die Kasserol gesit ..oond180*C
Maar toe gooi ek Gewone Sweet Chilli sous oor en n bietjie water in die bak en plaas dit oop in die oond vir so ongeveer20-30min..en dit was baie lekker..
Bak was te klein anders het ek Gekookte heel aartappeltjies ook rondom ingesit
Probeer dit...Helena Chilli Kruger*



Susanna Elizabeth Harrington
Duitse "glasing" vir Eisbein

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html
1/2 koppie bruin suiker,
1/2 koppie lemoensap,
1 teelepel droeë mostert,
3 Eetlepels brandewyn.
Meng alles saam smeer oor eisbein plaas terug in die oond vir omtrent 30 minute by 160g. (Ek maar gewoonlik 'n bietjie meer en gebruik dan die "glasing" sous oor die rys. Heerlik







EISBEIN
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

(Pork Knuckles)
Ingredients:
2 cured and smoked shanks of pork
1 onion, cut into quarters
1 carrot, chopped roughly
1 bay leaf
water

Method:
Add all the ingredients into a large saucepan.
Fill the saucepan with water, enough to cover the ingredients.
Bring the saucepan to the boil.
Reduce heat and allow to simmer for 1 ½ hours or until tender and the skin is soft.
Once cooked, remove the shanks from the saucepan and pat them to dry.
Score the skin diagonally across.
Salt the skin well.
Place the shanks under a hot grill and let the skin crisp up to form crackling.**

Gerrie Van Antwerpen **

Frans Odendaal
EISBEIN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html
Daar is nie eintlik truuks nie jy kook hom maar net in skoon water tot sag , ek gooi wortel en prei by asook gerolde mostertsade maar dis nie noodsaaklik nie. Daarna oond toe , oop , 180 grade vir 'n uur of langer tot die vel bros is. Gepekelde eisbein se vel braai lekkerder as die gerookte , die resourante gooi hom natuurlik in die deepfryer om hom gou bros te kry
..


Lynette Grové
WENNER EISBEIN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

Kook eisbein eers gaar. Koel af, en bak in warm diep olie tot goudbruin. Glo my dis 'n treffer. My restaurant resep.

Berie Smith
Eisbein
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

by Kos vir kampeerders met idees vir kampering .
15 ml kookolie
2 uie, in skywe gesny
3 gepekelde varkskenkels
5 ml mostertpoeier
1 lourierblaar
1 wortel, geskraap
2 swartpeperkorrels
25 ml suurlemoensap
500 ml water
Verhit die kookolie en sorter die uie totdat dit deurskynend is.
Plaas die uie saam met die res van die bestanddele in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt.
Die skenkels moet bedek wees met die water.
Plaas die deksel op, stel die plaat af en laat dit vir 1 ½ uur lank prut, of totdat die vleis sag is.
(6 porsies)
Bedien met suurkool en panbraai aartappels.
.

EISBEIN 2 – BROS GEBRAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

by Kos vir kampeerders met idees vir kampering .
Bykosse by Eisbein is ongetwyfeld kapokaartappels, suurkool en 'n lekker klomp Engelse mosterd en bier om daarmee saam te gaan. Gepiekelde Eisbein veel lekkerder as die gerookte een.
Kook die eisbein in 500 ml witasyn, 500 ml water, 100 ml swart wynasyn, 1 koppie suiker en kerrie blare of mosterd vir 45 minute.
Haal die vleis uit en sit dit in ´n oondpan.
Smeer ´n mengsel van mosterd, heuning en olyfolie oor die vleis.
Braai eerste 30 minute in foelie (moenie dat foelie aan die eisbein raak nie).
Haal foelie af en bak op 190 grade vir nog 25 minute of tot vet hard is.
Gooi orige sous bo-oor laat kook die asynmengsel tot ¼ oor is.
Gebruik die sous om op te dien.
Growwe sout op die vel gestrooi help om dit lekker bros te kry.
.
Carol Elliott Claassen
Eisbein Bredie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

2 eisbeins redelik groot
4 uie
4 wortels
4 aartappels
1 klein kopkool
1 rooi soet rissie
500 ml vleis aftreksel
1 blikkies bier/lager
sout en peper
Plaas eisbein in pot ( plat boom potjie pot) Kerf nou al die groente in groot stukke, en pak rondom die vleis.Sny klein kool net in vier stukke.
Voeg bier by asook vleis aftreksel.Geur met sout en peper na smaak.
Plaas in voor verhitte oond van 180grade C vir 3 ure..

Eisbein: 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/eisbein-pork-knuckles.html

2 Eisbeins,
geur met sout en peper.
2 knoffelhuisies,
50 m olyfolie,
3 uie in skywe
1 blikkie bier.
Oond 160 grade C.
Geur die vleis. Giet olie in kasserol, pak die uie en knoffel in die bak met die olie.
Giet die bier by. Pak die vleis in. Bak vir 3 ure met deksel op.
Skep so elke 30 minute die biermengsel oor die vleis.
Haal die deksel af, verf konfyt oor en bak nog 15 minute.
Bedien met moesterd en kapokaartappel, pampoen en room spinasie of chips en uieringe met klein slaaitjies...12/3/13 .

No comments:

Post a Comment