Tuesday 12 March 2013

CHINESE ROERBRAAI GEREGTE / STIRFRY


                                                             Foto>Helena Kruger



CHINESE ROERBRAAI:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/chinese-roerbraai-geregte-stirfry.html

1 Eetlepel olyfolie
1 x 4x Pak gevriesde groente
"Sweet and Sour” sous
1 Koppie rys
500g Steak in repies gesny

Kook die rys in water vir sowat 20 minute totdat dit gaar is en al die water weg gekook is.
Braai die vleis in bietjie olyfolie totdat dit amper gaar is, voeg dan die gevriesde groente by.
Braai alles nou saam.
Skep rys in ’n bakkie met die groente mengsel bo-oor.
Gooi bietjie sous by en meng..*
.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering

Dalene Brits
BLOUKAAS EN SPINASIE BEESREPIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/chinese-roerbraai-geregte-stirfry.html

2 e olie
½ Uie, grof opgesny
1 e suiker
1 e asyn
500g Roerbraai Bees Repies – vir ‘n halfuur laat week in Worcestor sous
1 t Knoffel
1 e Vissous
Opgesnyde vars Chillies
Sout en Swart Peper
100 g Blou kaas
200 g Spinasie
50 g Cashew Neute (opsioneel)
Sesame Saadjies en vars koljander vir Garnering

1. In ‘n wok verhit die olie en voeg die uie by.
2. Braai die uie tot deurskynend, daarna voeg die suiker en asyn by om die uie karamaliseer (wees versigtig die asyn spat as jy dit byvoeg).
3. Braai die bees repies saammet die uie – maar vir ‘n maksimum van 3 min.
4. Voeg al die ander bestandele by (behalwe die sesame saadjies. en die vars koljander) en braai vir niks langer as 2 min.
5. Bedien in klein bakkies vir ‘n voorgereg of bo-op rys as ‘n hoofgereg.
Probeer:
Hierdie vulsel werk ook fantasties vir binne ‘n wrap of saam met rysnoedels.12/3/13
*.*"KAMPKOS EN WENKE"

No comments:

Post a Comment