Monday 25 March 2013

HOENDER FRIKKADELLE




Dalene Brits

SOETRISSIE EN HOENDER FRIKKADELLETJIES.
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoender-frikkadelle.html

1 kg hoenderborsfilette
2 knoffelhuisies gedruk
1 bossie sprietuie, gekap
30 g fyn vars gekapte koljander/mint blare
250 g vars broodkrummels
15 ml sonneblomolie
5 ml gerasperde gemmerwortel
2 groot eiers
gerasp. skil van 1 suurlemoen
1 bottel soet rissiesous


Slaan hoender in voedselverwerker fyn. Voeg res van bestanddele by, behalwe krummels en rissiesous. Geur na smaak met sout en roer krummels by.
Rol mengsel in klein balletjies en plaas in yskas vir ± 30 min.
Smeer bodem van pan en pak balletjies in vir bak.
Rooster ± 20 min in warm oond en plaas dan rissiesous bo-oor om balletjies te bedek Bak tot gaar en laat afkoel vir vingerhappies.
Bedien warm op rys met slaai daarby vir ’n ete.

Ek het slegs 8 hoenderborsies gebruik wat minder as 1kg was en het nog al die ander bestanddele dieselfde hoeveelheid behou. Die mengsel was net effens klouerig (te klam), maar ek het dit in meel gerol om te kan hanteer.
Uit 8 borsies het ek 24 frikkies gekry groot genoeg vir ete. Vir vingerhappies sal mens dit heelwat kleiner maak. Dit smaak ewe goed koud as warm vir my.25/3/13*

Lekker Resepte vir die Jongergeslag*  
Bron: Oktober 2006 Magriet Buitendag, SKFP 

No comments:

Post a Comment