Saturday 2 March 2013

HOENDERLEWER GEREGTE


HOENDERLEWER GEREGTE

KERRIEHOENDERLEWERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
in aartappelmandjies

Helena Kruger
250g hoenderlewers afgespoel en in stukkies gesny
26)5ml sout
Vars gemaalde swart peper
5ml fyn komyn
100ml droë broodkrummels
1 eier geklits
olie vir vlakbraai
1 klein ui gehalveer en gesny
25ml koekmeel
5ml kerriepoeier
250ml water of vleisaftreksel
Metode:
Geur die hoenderlewers met die sout, peper en komyn. Rol die lewers in die broodkrummels, doop dit in die eier, rol weer in die broodkrummels. Verhit die olie en braai die lewers tot gaar. Skep uit en hou eenkant warm. Braai die ui in dieselfde pan tot effens bruin. Voeg die meel en Kerrie by en roerbraai 1 min. Gooi de water of aftreksel by en laat prut tot die sous glad en gaar is. Roer gereeld. Giet die sous oor die lewers of sit die sous apart voor. Sit dit voor saam met geroosterde of vars brood.
N.S As jy nie wil kerrie gebruik nie gebruik dan in kerrie se plek lekker Sweet-chilli sousie en braai sommer soetrissies in repies gesny saam met die uie Heerlik!!!Helena "
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 Helena Kruger hier is die regte mandjie resep!***
AARTAPPEL MANDJIES
Rasper 2 aartappels en plaas in water...Spoel so 3-4 keer af en maak bietjie droog. Gooi bietjie Maziena [Mielieblom] oor en plaas in n groot siffie ..plaas n klein siffie bo-oor en diep braai in lekker warm olie vir n rukkie..Mooi voorgereg bakkie of slaai bakkie!!Helena♥ april 2010 > — at DIE GRASDAK BULTFONTEIN.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html

 
 
 
HANNES SE HOENDERLEWERTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
Hierdie is my man se eie resep en altyd 'n wenner
1 pakkie hoenderlewers skooongemaak, en kleiner gesny
50 ml Chuntey
25 ml Nandos Garlic Peri Peri sous (of na smaak)
75 ml Tamatiesous
25 ml Worchestersous
Aromat en Swart Peper
1 Ui gekap
Braai uie en skep uit die pan
Braai Dan jou hoenderlewertjies in olyfolie maar nie droog nie nog pienk binne
Sit die uie terug daarby en voeg al die ander bestandele by
Braai net tot als goed gemeng het en bedien op vars brood
Foto: Henriette Wessels
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.




Heerlike Bros Hoenderlewertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
Ancoise Strydom
Spoel hoenderlewers af en dreineer .
Meng 2 koppies koekmeel
Met n eetlepel aromat,teelepel Suurlemoenpeper
1 xpakkie garlic en redwine
Teelepel knoffel poeier
Doop die hoenderlewertjies elk in 2geklitste eiers en biki melk.
Rol in die meel mengsel en en bak in diep olie tot goudbruin en bros . Bak net n paar op n slag anders trek jou olie water en dit kook gaar en jou bros lagie val af..
Bedien saam
Met n tartare sous of Comeback sous, en Chips
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.



HOENDERLEWERTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
 Elizabeth Steyl Hattingh
Was hoenderlewertjies goed af en klad droog met kombuis papier.verhit bietjie olyfolie en so 50gm botter in n swaarboom pan.
Braai. Fyngekerfde ui tot sag voeg nou lewertjies by.
Voeg hoenderspesrye bietjie peri-peri by en smoor tot lewertjies gaar is voeg nou 1eetlepel tamatie pasta wat met klein bietjie water aangemaak is by roer goed deur en laat so n bietjie prut voeg nou klein houertjie room by.
 En bedien met mash of basmati rys.
1groot ui en 200ml houer room en 1eetlepel tamatie pasta met kwart koppie water gemeng op 500gm hoenderlewers. Hoender spice en peri-peri na smaak. Hoenderlewers moet nie te lank gebraai word nie*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


Esmé Kuipers Liebenberg
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
Meng koekmeel en souspoeier, sout en peper. Rol die lewertjies daarin. Braai in gesmelte botter tot oral verbruin. Los n OXO blokkie op in n bietjie kookwater en
Gooi oor die lewertjies. Bedek en kook tot gaar. Jy kan ook Aromat en klein bietjie Worcestersois bysit.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.


Helena Kruger
HOENDERLEWERS OP 'N STOKKIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
125 ml olyfolie
10 ml gekapte vars pietersielie
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml Italian Salad Dressing
1t gerasperde suurlemoenskil
5ml fyn gekapte ui
1e Sweet-Chilli sous
Metode:
Klits alles bo saam [en as jy wil Peri-Peri bysit voeg dit ook by]
Sny 1 rooi en 1 geel soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers
aan sosatiestokkies [jy kan ook peppedews gebruik]
Plaas in bak, gooi marinade oor en laat vir 1 uur marineer of langer
Oondbraai dan vir 6 minute by 200ºC tot gaar of braai op stadige kole!!!
Helena 15/8/10
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.




KERRIEHOENDERLEWERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
250g hoenderlewers afgespoel en in stukkies gesny
5ml sout
Vars gemaalde swart peper
5ml fyn komyn
100ml droë broodkrummels
1 eier geklits
Lie vir vlakbraai
1 klein ui gehalveer en gesny
25ml koekmeel
5ml kerriepoeier
250ml water of vleisaftreksel
Metode:
Geur die hoenderlewers met die sout, peper en komyn. Rol die lewers in die broodkrummels, doop dit in die eier, rol weer in die broodkrummels. Verhit die olie en braai die lewers tot gaar. Skep uit en hou eenkant warm. Braai die ui in dieselfde pan tot effens bruin. Voeg die meel en Kerrie by en roerbraai 1 min. Gooi de water of aftreksel by en laat prut tot die sous glad en gaar is. Roer gereeld. Giet die sous oor die lewers of sit die sous apart voor. Sit dit voor saam met geroosterde of vars brood.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

ROMERIGE PERI-PERI HOENDERLEWERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 rooi brandrissies, fyn gekap
15 ml olyfolie
60 ml witwyn
60 ml botter
1 blik (410 g) gekapte tamaties
375 ml room
Sout en peper na smaak
1 houer (250 g) skoongemaakte hoenderlewers, kleiner gesny.
Metode:
Braai die knoffel en rissies in olyfolie tot geurig. Voeg die wyn by en verhit tot kookpunt. Kook vir 'n paar minute om die sous effens af te kook. Voeg die botter en tamatie by en prut vir vyf minute. Voeg die room by en prut tot effens afgekook. Braai intussen die hoenderlewers in 'n bietjie olie tot gaar en sit by die sous. Meng liggies, prut vir 3-4 minute. Geur na smaak met sout en swartpeper en sit voor op kapokaartappels, koeskoes of pasta. Genoeg vir vier mense. Van een van ons Kosmaters
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

HOENDERLEWER PATEE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
250 g vars lewers
1 middelslag ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
25 g botter
5 ml gemengde kruie
1 lourierblaar
2,5 ml gedroogde tiemie of een vars takkie
5 ml vars gekapte pietersielie
sout en varsgemaalde peper
1 teelepel fyn neutmuskaat
15-30 ml brandewyn
100 g botter
Metode:
Plaas al die bestandele behalwe brandewyn en 100g botter in kastrol en kook stadig tot ui deurskynend is. Roer af en toe. Onthou om lewer stukkend te sny. Haal af en maak gaar in mikro vir 5 minute op hoog. Onthou om te bedek. Plaas mengsel saam met orige botter en brandewyn in voedselverwerker en vermeng tot sagte puree laat afkoel. Die patee kan lank in yskas gehou word.Helena

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

PATEE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
Ek kook myne op met 1 hoenderekstrak blokkie, ui en green pepper fyn gesny. Dan maak ek fyn en maak dik met maizena. Baie eenvoudig en baie lekker. Van ons Kosmaters
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.
Enige idees om hoender lewertjies lekker te maak?

HOENDERLEWERTJIES
Gooi in 'n bak, sout en peper saam met 'n bietjie droë tiemie.
Kerf een groterige ui en braai tot sag in olie. Skep uit en sit eenkant. Sit nog 'n bietjie olie by en braai die lewertjies tot lekker bruin (so 15 minute).
Los 'n pakkie oxtail soupmix en op in 400 ml water.
Nadat die lewertjies gebraai is, voeg die uie en die soupmix mengsel by saam met 'n spuitjie suurlemoen sap en 'n teelepel suiker.
Vat nou van Nando's se peri peri sous (hang van jou af hoe sterk jy dit wil hê) en voeg by terwyl jy meng en proe.

Prut vir nog 15 min. Bedien saam met vars broodrolletjies*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

 Marieta van Bladeren
In ons huis. Pure sonde!! Braai in baie botter en sit suurlemoensap by net voor opdiening. Eet met lekker crusty brood om daai botter op te vee....*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Silvia Franken-Boonzaaier
Smoor uie,greenpepper,mushroom en spek saam. Gooi lewertjies by kook met bietjie room om te bind.bedien met rys.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html

Margaret van der Heever
Ek meng gewoonlik my meel met paprika en chicken tikka spice n rol dan my lewertjies wat kla gsout n peper is daar in..en dan bak ek dit*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html

Maryke En Zak Aucamp
Al wat ek se is Ina Paarman se peri peri sous maak die hoender lewertjies konings kos*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
 Bianca Viljoen
Braai uie en n rissie (as jy wil peri peri he) braai lewertjies tot gaar n halwe pakkie kaas sous aangemaak met bietjie kook water voeg by en dan room kan ook n bietjie peri peri sous of n warm sousie by gooi as jy het heerlik*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html

Duane Steenkamp
Braai met baie chutney jul sal jul vingers af eet

Stella Ferreira
Braai spice!! Botter en uie, yummy!!

Belinda Hattingh
Meng meel met lekker hoender en barberque spice. Rol die lewertjies daarin en dan in eier en bak in vlak olie tot gaar en crispy.

Anton Andreas Cilliers
Braai uie en green pepper tot sag( stukkies bacon kan ook bygevoeg word). Gooi hoenderlewers by en kook tot gaar. Gooi pakkie brown onion sauce/gravy by om sousie te maak en geniet.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html

Rose Taljaard
Braai Hoenderlewers in pan met hoenderspeserye tot gaar - maak 'n heerlik volroom witsous met sout, swartpeper en klein bietjie suiker (kwart tot halwe telepel) - gooi lewers daarin en Wahla!! lekkerse ooit - kan ook by die witsous 'n bietjie peri peri voeg vir 'n skop.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html



DEEP FRIED CHICKEN LIVERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html
500g chicken livers;
1 egg;
1/2 cup milk;
1 cup flour;
1 tablespoon garlic powder;
2 tablespoons Flippen Lekka Spice;
vegetable oil for frying.

Place the chicken livers in a colander, and rinse with water. Drain the livers well. Whisk together the egg and milk until well blended. Place the flour, garlic powder, and Flippen Lekka Spice in a plastic bag and shake to combine. Heat oil in a deep-fryer or saucepan to 190 degrees C. Shake the chicken livers in the flour mixture. Place the chicken livers in the bowl of egg and milk mixture, and coat each liver. Place the livers, one at a time, into the plastic bag of flour mixture and shake the bag to coat each liver completely. Gently place the coated livers, a few at a time, into the hot oil. Cover the pan of oil with a frying screen to avoid getting burned by spatters of oil that will pop out as the livers fry. Deep fry the livers until crisp and golden brown, 5 to 6 minutes.
Bron: Flippen lekka Spice
Geplaas deur: Dalene Brits 

.


TANGY SWEET AND SOUR LIVERS 


INGREDIENTS
 45 ml (3 Tbsp) cooking oil
500 g chicken livers, finely chopped
30 ml (2 Tbsp) cake flour
1 medium onion, coarsely chopped
3 ml (0.5 tsp) Spur Chicken Spice
Freshly ground black pepper to taste
125 ml (0.5 cup) Spur Durky Sauce
250 g cherry tomatoes
halved pineapple, peeled and cut into quarters
30 ml (2 Tbsp) light brown sugar
Fresh, chopped mixed herbs for garnishing
INSTRUCTIONS
Heat oil in a heavy-based frying pan. Mix chicken livers with the flour. Add to pan and fry for a few minutes.
Add onion and continue to fry. Add more oil if required. Add Spur Chicken Spice, pepper and Spur Durky Sauce.
Add tomatoes, pineapple and sugar and fry lightly for about 10 minutes. Garnish with fresh herbs. Serve immediately.
VARIATIONS
1. Add green or red peppers, coarsely chopped and serve on basmati rice for dinner.
2. Fill mini pita breads for a delicious party snack or light lunch. 
Serve on Melba toast or as a topping/filling with pita breads.
Bron: Spur  #hoenderlewertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoenderlewer-geregte.html                                                                            

1 comment:

  1. Goeie more. Jammer, maar julle vertaling na Afrikaans is treurig!

    ReplyDelete