Monday 4 March 2013

JAFFELS



Alda Cilliers

Vulsel vir Jaffels

Vegetariese vulsel
Braai gekapte ui. Wanneer afgekoel, voeg gerasperde kaas van jou keuse by en snipper 'n paar vars koljanderblare daarin. Dis baie geurig en so ietsie anders. Ook lekker vir "Meatless Mondays!"


Anneliese le Roux
Ontbyt Jaffels
met eier, spek en kaas is ook baie lekker , jy kan selfs 'n snytjie tamatie ook by sit of vervang spek met ham


Louise Groenewald

LEKKER HOENDER MAYO TOEBROODJIES

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html
Louise Groenewald
Ek maak gereeld by 'n stalletjie toasted samies en kan nie voorbly met die kiepie mayo nie! My geheim is om net hoenderbors (met been in) te gebruik, sprinkle bietjie Ina Paarman Seasoned Salt oor, dit maak ek in die drukkoker gaar. Dan meng ek die afgekoelde hoender (sonder been en vel) wat fyngesny is met 

Nola mayo en 
Ina Paarman se Green Onion Seasoning. 
Niks anders nie, maak dit die vorige dag reeds, dit raak beter as dit bietjie getrek het. 
Blinkbek lekker!! 


JAFFEL IDEES

 1.Hamburger pattie met tamatie,kaas en eier.
2. Ham,kaas, tamatie.
3.Eiers en kaas.

4. Bacon, avo en feta kaas.
5. Bacon en banana.
6. Kerrie mince.
7. Salami en mozarella kaas
8. Chicken mayo.
9. Cheese en onion.
10. Egg mayo.


Gabri Viljoen Sommer lekker gaar maalvleis met kaas! Ek dink jy sal ook 'n baie lekker hamburger kan maak, met tamatiesmoor en kaas. Smeer botter aan buitekant van broodjies.

Bettie van Deventer
Ek het ook n baie oue en dis myle beter as die liggewig yster wat nou te koop is. Oorskiethoender gemeng met gekapte uie en groenrissies met sweetchillie sous..

Gabri Viljoen
Jy kan gaar bacon en gebakte/scramble eiers daarin sit met tamatie en kaas vir ontbyt jaffels!

Gabri Viljoen

Enigiets wat jy in n snackwich sou sit kan werk.

Dawn Martin
Ek het ook nog twee baie oues en gebruik dit gereeld, gewoonlik mince savoury of soet kerrie, en die breakfast een is n favourite. Ham, kaas tamatie en uie, of sommer bietjie oorskiet stew ook.

Valerie Van Rensburg
Oorskiet kos!

Zelma Holt
Vir vegetariers gebraaide sampioene en ui - heerlik!

Marie le Roux

HAMBURGER JAFFELS

Genoeg vir 8.
Die beste van hierdie resep is dat ’n groot hamburger-rolle tjie netjies in die jaffelpan pas.
BURGER PATTIES 
500 g beesmaalvleis
½ ui - fyngekap
1 eier
hand vol pietersielie - fyngekap
100 g pecorino kaas - fyngerasper
100 g strepiespek - in klein blokkies gesny (streaky)
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie

Plaas maalvleis in mengbak.
Voeg ui, eier, pietersielie, kaas en spekblokkies by.
Meng goed en geur met sout en peper.
Vorm 8 patties en plaas op bord.
Sit patties vir minstens 30 minute in die yskas voor jy dit braai.
Verhit olie in pan.
Braai patties tot bruin en gaar.

GEBRAAIDE UIE

45 ml olyfolie
4 uie - gehalveer en in skywe gesny
1 knoffelhuisie - fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie in ’n diep pan.
Braai uie sowat 3 minute tot die halwe ringe loskom van mekaar.
Verlaag hitte en voeg knoffel by.
Geur met sout en peper.
Maak pan toe met deksel en braai uie tot sag.
Haal deksel af en braai tot bruin.

MAAK JAFFELS SÓ

8 sesamsaad hamburger rolletjies
50 ml sagte botter
8 snye cheddarkaas
8 skywe tamatie

Halveer rolletjies.
Smeer die buitekante met sagte botter.
Sit onderste rolletjiehelfte s op bord, gesmeerde kant na onder.
Plaas ’n patty bo op elk, gevolg deur ’n stuk kaas en ’n skyfie tamatie.
Skep gebraaide uie bo op.
Maak toe met boonste helfte van rolletjies.
Plaas ’n gevulde rolletjie in ’n jaffelpan en sit op ’n warm oondplaat.
Braai sowat 5 minute en draai om.
Braai verder tot brood bros en goudbruin is.
Hou warm eenkant en herhaal met die res.


GROOTMAAT JAFFELS

JAFFELS (80)
5kg Maalvleis
5kg Aartappels
1kg Uie
½ kg Wortels

Rondo Medium smeer

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html

JAFFELSMEER

Hierdie is die smeer wat ons gebruik en dit sit nie vas nie.
500g margarine
1/2 k kookolie
1/2 k warm water 
Klop baie goed tot gemeng.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html 


Kerriemaalvleis jaffels met kaas en paprika

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/jaffels.html

Bestanddele
• sonneblomolie vir panbraai
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel masala
• 1 eetlepel paprika
• sout en peper na smaak
• 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta
• 2 wortels, gerasper
• 500 g maalvleis
• 1 blikkie (425 g) gemengde groente
• 1 koppie gerasperde cheddarkaas
• botter vir smeer
• 2 dik snye brood per persoon

Metode
1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot glansend.
2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
4 Roer die groente by en verhit dit tot deurwarm. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.
5 Smeer die snye aan een kant met botter. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
6 Skep nou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.
7 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om.
Bron: WegSleep

No comments:

Post a Comment