Monday 4 March 2013

KAASSKONS IN JOU SNACKWICH



HELENA SE KAASSKONS IN JOU SNACKWICH

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html

*Helena se Eie Resep*
4 eetlepels Olie
1 Eier
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout
Metode
Meng alles saam en dan maak jy dit in die “snackwich” gaar!
N.S.jy kan gerasperde ui in gooi, ham, Spek gebraai en ek het dit laat afkoel en gerooster op die kole saam met my braai heerlik..die manne was mal daaroor*Helena Kruger.09/04/2010


                                                              Fotos....Helena Kruger

 

Hier het ek*Die Kaasskons in Snackwich *(*bietjie verander .**Met so ietwat van n Twist..Ek het hulle eerstens in Muffin pannetjie gebak en ek het bygevoeg..[kyk onderaan resep]

HELENA SE KAASSKONS IN JOU MUFFIN PANNETJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html

*Helena se Eie Resep*
4 eetlepels Olie
1 Eier [ uitgelos en 2e Mayonaisse bygevoeg]
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas[ net 1k kaas bygevoeg]
1t sout [net n halwe t sout want die feta is souterig]
**Bygevoeg 1 ring Fetakaas
Bygevoeg 1 groot Jalapeno gekerf
Bygevoeg 4 Peppedews gekerf
So die oond was 180*C en gebak vir 20min.
Metode
Meng alles saam  en skep in jou Muffin pannetjies en bak vir 20min. teen 180*C**3/01/2015*Helena Kruger



  




 






 





Helena Kruger>>
<

Ek het sommer vir vanmiddag se Braai *Kaasskons in die oond gebak[15-20min]180*C en dit toe gesny>









Hier
het ek my KAASSKONS se resep net verdubbel en 1k uitgebraaide Kaiings bygevoeg en hom in n broodpannetjie gebak vir 30min. op 180*C ...Helena Kruger 20/04/2015


KAASSKONS BROOD MET KAIINGS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html
*Helena se Eie Resep*
8eetlepels Olie

2 Eiers

400ml Melk
2 koppies meel
3 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout1k Kaiings uitgebraai en koud
Metode
Meng alles en gooi in jou gesmeerde pannetjie
Bak in voorverhitte oond vir 30min by 180*C



 




 




 

En so lyk hy binne **HEERLIK VERBY**


 



Hier het ek n KAASSKONS BROODJIE* gebak met sommer n *Broccoli en Kaas Cup a Soup* pakkie in en bietjie wit uie soppoeier en 2 e Mayonaisse**Heerlik lig en baie lekker**Helena Kruger 18/06/2015

KAASSKONS BROODJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html
*Helena se Eie Resep*
8eetlepels Olie
2 Eiers
400ml Melk
2 koppies meel
3 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout
1 Pakkie Broccoli en Kaas Cup a Soup
1/4 Pakkie wit uiesoppoeier
2e Mayonaisse
Metode
Meng alles en gooi in jou gesmeerde pannetjie
Bak in voorverhitte oond vir 30min by 180*C
 



***********************************************************************************************************

 



Lekker groot skonse gebak vandag**

Lekker groot skonse gebak***
KAASSKONS
*Helena se Eie Resep*
8 eetlepels Olie
2 Eiers
400ml Melk
2 koppies meel
3 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout
Metode
Meng alles en gooi in jou gesmeerde pannetjie
Bak in voorverhitte oond vir 30min by 180*C**Helena Kruger*20/09/2016

 



Lekker Groot Skonse gebak met *Spinasie en Jalapeno rissie in**Baie lekker*Helena Kruger
KAASSKONS met Spinasie en Jalapeno's
*Helena se Eie Resep*
8 eetlepels Olie
2 Eiers
400ml Melk
2 koppies meel
3 Teelepels bakpoeier
1-2 Jalapenos gekerf [fyn]
2 e Gaar Spinasie
1t sout
Metode
Meng alles en gooi in jou gesmeerde pannetjie
Bak in voorverhitte oond vir 30min by 180*C**Helena Kruger*29/01/2018

 




******************************************************************************





******************************************************************************





 

                            

Elise Kotze
Helena Kruger se Heerlike scon wat ek gebak het. Dit smaak so goed want dit lyk so goed.30/11/13


Bully beef snackwich
Bully beef (blik maak so 6-8 snackwiches)
1 ui
Gerasperde kaas
Mrs Balls hot chutney
Tamatie (opsioneel)
Maak bully beef fyn en meng chutney in, laasgenoemde is net n bindmiddel. Skep op broodjie. Sny dun skywe ui en tamatie op en strooi gerasperde kaas oor. Maak broodjie toe en snackwich tot bruin!.*
Helene Esterhuyze Jacobs
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/snackwich-geregte.html



VULSELS VIR SNACKWICHES
Helena Kruger

enige gaar koue vleisies met rou uie bo-op en kaas smeer broodjie met blatjang...kerrie maalvleis...hoender mayonaise en kaas..tamatie uie en kaas...bacon, rou skyfies uie en kaas...piesang, bacon en kaas..



Christina Stienie Breed

Tuna met mayo, hoender met mayo, maalvleis



Marieta van Bladeren

Vyejam en kaas. Oppas net die jam word baie warm. Moenie brand nie!!!



 Gerrie Van Antwerpen
 OK - almal sal nie hiervan hou nie maar ek het dit in die Transkei (Bisho) by 'n plaaslike inwoner/bakster gekry en dit maak die lekkerste snackwich warm of koud. Twee blikkies Chilli Pichards (Lucky Star verkieslik), een blikkie ertjies en twee blikkies spicey curry mixed vegetables (met die pers etiket van KOO). Maak die pilchards skoon (haal goeters uit... lol) en moenie die sous weggooi nie. Dreineer die ertjies, maak die pilchards fyn (nie te erg nie) en gooi alles bymekaar en meng. Gebruik as vulsel vir snackwiches of jafels. Eet warm of plaas in die yskas wat oorbly en eet koud as 'n snackie laat innie nag.... lol

Ernestine Frick
 Chicken mayo & pine, Savoury mince & cheese, Bacon avo & feta.
 

No comments:

Post a Comment