Friday 8 March 2013

KERRIE VIS




KERRIE-VIS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html

Helena Kruger

1kg stokvis
sout en peper
250ml koekmeel
2 eiers geklits
kookolie vir bak.
Sous:
3 uie in skywe gesny
375ml bruinasyn
60ml water
45ml suiker
5ml borrie
10ml kerriepoeier
1ml paprika
5 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak..nie te veel nie!!!
Metode:
Rol vis in jou gegeurde meel...Druk jou mote een vir een in geklitste eier en braai in olie tot goudbruin...Dreineer...
Sous: Kook alles saam vir so 8-10 min....
Plaas  n laag vis ..n laag uie...n laag sous tot alles op is en plaas in yskas N.S..gebruik n glasbak of plastiek..asb. Hoe langer jou vis le hoe lekkerder is dit ..jy kan dit na dag 2 bietjie omroer stadig..Nice Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 

PIEKELVIShttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html

Vandag het ek bietjie *PIEKELVIS gemaak..Ek het n pakkie *Pickle Fish Spice* gekoop by n Indiese winkel en dit gemaak al wat ek bygevoeg het is n 1/4k Bruinsuiker en 1t Indiese Kerriepaste
ek het my Vis porsies in meel gedruk en toe in geklitste eier en dit in diepolie vinnig gaargemaak. Laat afkoel en die Spice in n kastrol gegooi met 3k Bruin asyn, 1kg gesnyde uie, 1/4k Bruinsuiker en so ook die Kerriepaste. Dit net vir 1min. laat opkook en toe laat afkoel
Lae gepak met vis, sous en uie...Nou gaan ek dit vir 3 dae laat staan in die yskas en dan vir julle laat weet hoe smaak dit teenoor gewone Kerrievis>20/6/2014Helena Kruger




Hantie Van Staden Potgieter

KERRIEVIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html
(KOOK EN GENIET)
Bestanddele:
2 kg vismootjies, in meel gerol
sout en peper
Metode:
Sout en peper die vismootjies, rol in meel en bak in ‘n bietjie kookolie in die pan.
Bestanddele vir die kerrriesous:
4 uie, in ringe gesny
½ k suiker (en meer, na smaak)
3 E kerriepoeier
1 E borrie
3 k asyn
½ k water
6 gekneusde suurlemoenblare
Vir die sous
Meng die bestanddele en kook vir 20 minute.
Onthou om dit nie in ‘n metaalbak te laat staan nie, want dit kan met die asyn reageer en die smaak beïnvloed.
Giet die warm sous en uie oor die gebakte vis.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag.



AANDAG...AANDAG..VRAAG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html
Helena Kruger
Hettie Pretorius laat jy dit op die rak staan of in die yskas...en bottel jy dit warm of afgekoel..
Baie Dankie

Hettie Pretorius
Seel warm in warm bottels, sit 'n rukkie onderstebo om seker te maak deksel het geseel.
Bere in die kas. Moet 2 weke staan sodat grate sag word.
Hou 1 tot 2 jaar in die kas,as jy so lank kan uithou.
Met al die kragonderbrekings hier by ons,probeer ons inle vir 'n alternatief. Het snoek gebruik.*Bottel en Bere*01/7/2014
Hettie Pretorius
Ingelegde kerrie vis:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html
2 kg Vis in stukke gesny, meel om in te rol, bak in warm olie tot amper gaar.
Hou 1 kant (kan afgekoel wees)
SOUS:
8 tot 10 uie in ringe
2 x 750ml wit asyn,
6 tot 8E suiker
4T fyn gemmer.
2E borrie,
2T mosterpoeier.
Kook asyn en u
ie tot net sag,nog kraakerig.
Voeg res van bestandele by en kook deur.
Gooi 'n bietjie in warm gesterliseerde bottels,pak dan 'n laag vis bo-op,dan weer sous hernaal lae tot bottel vol is.
Vul bottels tot bo vol is met die kokende sous.
Seel dadelik.
Sit vir 'n min onderste bo om seker te maak dat bottels geseel het.
Laat afkoel en bere. Moet 2 weke staan voor gebruik,die asyn maak die grate sag. Hou 'n jaar in die bottel.
Ek pak die uie tussen die lae vis en gooi die sous bo oor. Het snoek gebruik. Het altyd kabeljou gebruik,kan dit nie nou in hande kry nie.*Bottel en Bere*3/7/2014

Charmain Venter Hier is 'n maklike kerrievis resep...
KERRIE VIS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html
Metode

2 stokvismootjies
2 uie
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie

Bak vis in olie in pan
Braai uie met kerrie en borrie in aparte pan
Haal uit pan en bedek vis met mengsel, oornag
Die kerrie geur moet as't ware in die vis intrek.



VIR INLE IN BOTTELS

STERLISEER BOTTELS
PAK VIS IN LAE TUSSEN ELKE LAAG SKEP LAAG SOUS TOT HEELTEMAL BEDEK
LAAT BIETJIE AFKOEL EN VERSEEL
LAAT STAAN VIR 3 DAE
VIR DIE HOEVEELHEID VIS HET ONS DIE SOUS 3X GEMAAK OM DIE VIS IN TE LE EN TE BEDEK IN DIE 8 INLE BOTTELS WAT EK GEBRUIK HET
DIT HANG SEKER MAAR AF VAN HOE JY DIE VIS WIL INLE*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html

Anemie Carpenter
Ek het so ruk terug die resep gekry en probeer, Absolute wenner :

FLUKSE FLORRIE SE VIS (INGELEGDE VIS)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kerrie-vis-piekelvis.html
Florrie is 'n diabeet en eet gesond, daarom word die vis nie gebraai in olie nie.
Bestanddele...
1 snoek, of stokvis, of geelstert
10 uie, in dun ringe gesny
1 liter bruinasyn
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels suiker
2 eetlepels gemengde masala
1 teelepel borrie
5 lourierblare
1 teelepel All Spice (wonderpeper)
sout
Metode
Plaas alles, behalwe die vis in 'n kastrol, en laat dit kook totdat die uie sag raak.
Haal die uie uit die sous en hou eenkant.
Sny die vis in happiegroottes en plaas dit in die warm sous.
Laat dit vir 1 minuut kook.
Haal die vis uit.
Plaas 'n bietjie van die uie onder in 'n glasbak en plaas 'n laag vis bo-op.
Herhaal die lae tot bo.
Gooi die sous oor.
Laat staan in yskas vir 2 dae.
**In en om die huis**

No comments:

Post a Comment