Friday 22 March 2013

KOEJAWELKONFYT



Berie Vd Velden Smith
KOEJAWELKONFYT:
 [LANDBOUWEEKBLAD]
10 ryp koejawels, met skil en al in stukke gesny
Water
Suiker
Suurlemoensap
Pak die koejawelstukke in 'n kastrol en voeg genoeg water by om die vrugte te bedek. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vrugte sag is. Gebruik 'n staaf-versapper om die vrugte te verpulp of druk dit fyn met 'n aartappeldrukker. Gooi die mengsel in 'n sif (bo-oor 'n groot maatbeker) en roer dit met 'n houtlepel om soveel moontlik koejawelpuree uit die mengsel te kry. Kyk hoeveel milliliter puree in die maatbeker is en gooi dit in 'n kastrol met dieselfde hoeveelheid suiker en 15 ml vars suurlemoensap vir elke koppie (250 ml) suiker wat jy gebruik. Verhit die mengsel stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot ál die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel nie meer waterig lyk nie en totdat dit stol as jy 'n klein bietjie daarvan op 'n koue piering skep.

Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre op 'n koel, droë plek. Sit voor met roosterbrood of botterbroodjies of gebruik om konfyttertjies mee te maak. Lewer ongeveer 750 ml konfyt.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment