Sunday 31 March 2013

MELKKOS IN MIKROGOLF


                                                       Foto> Huisgenoot*

Jorina Smiley Claassen Barlow
Hallo julle almal Ek het net nou gou n vinnige mikrogolf maklike melkkos gemaak en deel nou die resep met julle
 MAKLIKE MELKKOS IN DIE MIKROGOLFOONDhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/melkkos-in-mikrogolf.html
1L melk
180ml koekmeel
2ml sout
15ml botter
kaneelsuiker
Mikrogolf die melk ongeveer 10 min oop in diep 2L bak by 100% krag tot kookpunt
Meng die koekmeel en sout
Frummel die botter daarin
Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk en roer dit met n draadklopper totdat klein klontjies gevorm het
Mikrogolf die melkkos ongeveer 4 min oop by 100% krag tot gaar en roer dit af en toe
Sit dit warm voor met kaneelsuiker
Dit is
regtig baie maklik en baie vinnig 30/3/13
SAGOMELKKOS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/melkkos-in-mikrogolf.html

Eileen Geldenhuys 
100 ml (70g) sago
1L melk
30ml (25g) botter of margarien
2 eiers
75ml (40g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
Kaneelsuiker
Metode:
Voeg die sago by 250ml van die melk in `n diep 3,5L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed & laat dit `n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750ml melk & die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15minute oop by 100% krag & roer dit na elke 5 minute
Skei die eiers & klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout & water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag & roer dit ná die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf & vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.

No comments:

Post a Comment